Skip to main content

Eikestadnuus - E-Edition - 28 May 2026

Page 1


Ouers kanmisdaad verhoed

Hoewel Cloetesville die afgelope maande minder ernstige misdaadervaar het, is daar steedsbaie werk omtedoen

Só meen die rolspelers watverlede Donderdag (21 Mei) in die Eikestadsaal byeengekom het vir die Cloetesville/ Idasvallei-gemeenskapspolisiëringsforum(GPF) se vergadering

André van der Westhuizen, die GPF-voorsitter, het die belangrikheid van samewerking in misdaadbekamping weer uitgelig.

Hy het verduidelikdie GPF het verskeie fokusprojekte watonder meer geslagsgeweld, sekusuele aanandings, noodhulp-opleiding, padveiligheid en traumaberading in samewerkingmet StellSorg insluit.

Hy het bygevoeg Cloetesville het 19 buurtwagte metnog wat beplan word. Cloetesville-polisiesestasiebevelvoerder, lt. kol. Monique Fortuin,het in haar verslag gesê moorde indie buurt het aansienlik in die afgelope maande afgeneem.Fortuin sê samewerking metdie anti-bende-eenheid enbeamptes van die Openbare Orde Polisie (POP) werk goed om bendegeweld teen te werk.

Hoewel gereelde skietvoorvalle steeds voorkom, het voorvalle vanmoord afgeneem. “Dit is steeds belangrik vir die gemeenskap om enige skietery aan te meld. Ditisonwettig om ’n vuurwapen in ’n residensiële gebied af te vuur en daardie persoon moet inhegtenis geneem word,” het sy verduidelik ’n Onlangse sukseswat Cloetsville-polisie behaal het wasdie opspoor van ’n ammunisie-vonds in Tennetville,nádie polisie ’n wenk vanuit die gemeenskap ontvang het.Fortuinmeen meer sulke wenke is in belang vandie helegemeenskap.

Misdrywe soos huisinbrake en rooftogte neem steeds toe. Fortuinerken vertroue in diepolisie is ’n probleem, maar daar is verskeie projekte wat kom om diéband te versterk.“Maak kontak met ons en indien jy beskerming nodig het, dankan ons dit doen.Dit is ’n proses,maar ons het die inligting van grondvlak af nodig. Saammet die buurtwagte en dieSpiritualCrime Prevention-forum, het ons die gemeenskap nodig.”

KOMMERWEKENDE KWESSIES

Gemeenskapsledehet verskeie kwessies insluitend dieaantal polisievoertuie en mannekrag, misdaad wat “broei” omofnaby huiswinkels, en die behoefte aan meer buurtwagte, uitgelig.

Verhoudings tussen kinders en tieners en selfs grootmense is veralkommerwekkend, sê hulle.Inwoners meen deel van dié probleem is ouers wat nie die verhoudings aanspreek nie.

Fortuin het bevestig dat statutêre verkragting ’n ernstige misdryf is “Wanneer kinders in verhoudingsis byvoorbeeld’n12-jarigemeisie met ’n 17-jarige, en sy swanger raak, sal die kliniek by haar eerste afspraak, ’n geval vanstatutêre verkragting aanmeld,”het sy verduidelik.

“Dit kanveroorsaak dat kinders kriminele rekords gaan hê. Ons moet kyk na onseie huishoudingsendie toegewings wat onsmaak. Uiteindelik gaan my toegewings veroorsaak datmy kind in die tronk beland.”

Stellenbosch-munisipaliteit se burgemeester Jeremy Fasser, het op sy beurt gesê die munisipaliteit poog om die polisie se werk te versterk.

. Virmeer oor die GPF kontak Vander Westhuizenby074 8873375ofAOZenobia Sedeman by 082411 2915.

Ongeluk eis twee

op Winery-pad

JameyGordon

Huldeblykke en boodskappe vanmedelye stroom in vir die Raithby-inwoner WayneDelport, wat saam met nog’nslagoffer in ’n ongelukopdie Winery-paddie afgelope Sondag (24 Mei) gesterf het.

AO Suzan Jantjies,woordvoerder vir dieSomerset-Wes-polisie, bevestigdat ’n saak van strafbaremanslag ondersoek wordnádie ongeluk watnet ná 18:00 aangemeld is.

Jantjies sê volgens ’n ooggetuie het hy ’n hardeknal gehoor en by nadere ondersoek ’n wit Golf GTI aandie brand gesien.

“Dieooggetuiehet daarin geslaag om al diepassasiers uitdie voertuigte help, en het opgemerkdat twee mense bewusteloos was.Brand-en-reddingsvoertuie was op dietoneel om diebrand te blus.

“Tweeinsittendes vandie voertuig, ’n 52-jarige man en ’n driejarige meisie, het tragies gesterf.

“Die oorledene se vrou is na Tygerberg-hospitaal vervoer en ’n vierjarige seun is in dieRooikruis-kinderhospitaal opgeneem. Die oorsaak van dieongeluk is nognie vasgestel nie,” sê Jantjies.

Stuart Grobbelaar, woordvoerder vir dieStellenbosch-munisipaliteit, bevestig dat brand-en-reddingsdienste-personeel by dieongelukstoneel was om te help en gebly het tot allesskoongemaak en diepad veiligverklaar is.

’n Naasbestaande, Leon Fuller, het die familieseskok en hartseer uitgespreek.

Die “TWEE INSITTENDESVAN DIE VOERTUIG,’N52-JARIGE MAN EN ’N DRIEJARIGEMEISIE, HETTRAGIES GESTERF.”

Volgens homisDebra en haar kleinseun steedsindie hospitaal waar hulle mediese behandeling ontvang. Fuller het verder gedeel dat Delport virsygesin as broodwinner gelewe het.

“Aswerknemer by diedepartement van arbeid was hy nie net virjare lank ’n bekende, vriendelike gesig wat altyd behulpsaam was nie, maar ookpligsgetrou en toegewyd –sywerk wassy passie. Hy was ’n vriend duisend;’n goeie mens met’ngoeie hart,” sê Fuller. Delportseniggie, CherylWilliams, het ’n hegte bandmet homgekoester, asook metsytweebroers wat hom oorleef

“Vriendelik en grapperig –dit was altyd hy,” deel sy,terwyl sy terugdink aan hul kosbare kinderdae by hulouma

e’Bosch-erfenisprojek vier

Werk om Stellenbosch se erfenis te bewaar, sosiale kohesie aantewakker en om kinders besigtehou invakansiesis’ngroottaak, maareen watdie span agter die e’Bosch-erfenisprojek reeds vir 15 jaar aanpak.

Vrywilligers, rolspelers en die span van e’Bosch het die afgelope Saterdag (23 Mei) verjaarsdagvieringe byDie Laerin Stellenbosch gehou

Dié organisasie is in 2011 gestig ná ’n koffie-afspraak van dr. Sias Mostert, Johann Murray en prof. Matilda Burden. “Met die aanvang van die projek sou ek nie geglo hetdie pad na eenheid, na nasiebou, na aanvaardingvan mede-Suid-Afrikaners, na diebou van respek tussen verskillende kulture en gemeenskappe sou so lank kon wees nie. Of só styl of moeiliknie,” hetBurdenby die vieringe gesê.

Tog meen Burden die werk wat reeds gedoen is, het ’n daadwerklike verskil in talle Stellenbossers se lewegemaak. Burden hetinwoners uitgedaag om vrae vir mekaartevra, om te luistereerderas om aannames te maak en om vir mekaar om te gee.

e’Bosch is ’n gesamentlike projekmet die organisasie, die Stellenbosch-munisipaliteit en die Universiteit Stellenbosch as hul hoofvennote

Deur die erfenisprojek ishonderde kinders van Vlottenburg en Klapmuts tot Raithbybesig gehou metmusiek,sport en kunstydensskoolvakansies.Nadat die kinders gevra het vir nog projekte het die organisasie sy naskoolprogram gestig en hoop om volgende jaar 40 deelnemendeskole te hê.

RolspelersvanalStellenboschse14“dorpies”hetdieafgelopeSaterdag(23Mei)byeengekomomdiee’Bosch-erfenisprojekse15deverjaarsdagtevier

Benewens die werk metkinders het e’Bosch oor die jare vele suksesverhale gehad danksy die leierskapsprogram. Hierisplaaslikes vaardighede geleer om voor te vat in hul “dorpies”.

STEGGIESGEPLANT

Leticia Pietersen,stigter vanKingdom Development Projects, het jare gelede die leierskursus voltooi,wat haar aangespoor het om haar eie gemeenskapsorganisasieinKlapmuts te stig.Syhet Mostert seaansporing om steggies in haar gemeenskap te plantter harte geneem.

“Wanneer ek vandagkyk na die 15 jaar sien onsaldie steggies watgeplant is vir dievolgende 15 jaar en die 15 jaar daar-

na;dit is wat onsmoetdoen. Ook sodat die kinders later self hierdie projek kan vorentoe neem,” vertel Pietersen. Hellene Fischer van Wemmershoek het ookdestydsdie leierskursus voltooi Hoewel sy jaarliks belowe sy gaan “uittree” uit e’Bosch sê sy die kinders in haar dorpiekan niewag virvakansietyd nie. “Ek is dankbaar vir e’Bosch se ondersteuning, want nou kan ek die kinders uitneem. Daar is van ons kinders wat nie eens weet waarisdie dorp nie. Hulouers kan niebekostig om vir ’n taxidorp toe te betaal nie. So wat e’Bosch doen is vir hulle soos Kersfees elke vakansie,”verduidelik Fischer. Sy het harde woorde vir dieStellenbosch-munisipaliteit gehad en hetaan

burgemeester Jeremy Fasser gesê om meer ondersteuning virdie organisasie te bied. Fasser hetopsybeurt gesê deur die kulturele programme, jeugbetrokkenheid,opvoedkundige ondersteuningsinisiatieweenmaatskaplike ontwikkelingsprojekte, hete’Boschgewys dat die bewaringvan erfenisendie opheffing van gemeenskappe hand aanhandgaan. e’Boschsevlagskipprojek, die jaarlikse skoolkore-fees,vind op 17 en 18 Septemberplaas, maar intussen is daartalle opleidingsessies,vakansieprogramme, sportdae en diejaarlikseerfenislesing wat op diespyskaart is . Virmeer or e’Bosch, hulprojekte of om ’n lid te word,besoek www.ebosch.co.za.

Foto:Yaël Malgas

Shift in ward bounds

Residents of 15 municipal wards within Stellenbosch Municipality will have to ensure they are registered to vote in the correct ward as changes were recently made to various ward boundaries.

The adjustments to wards boundariesismade by the Municipal Demarcation Board (MDB), whichdelimits ward boundaries ahead of Local GovernmentElections, in accordance with the prescribed norms for each municipality.

Changesinward boundaries means that voters may have to reregisterwith the Electoral CommissionofSouthAfrica (IEC) to cast their votes during the municipal elections on Wednesday 4November

Noluvo Plaatjie, aspokesperson for the IEC in the Western Cape, warns that residents can only vote at the voting station where they are registered “The lawrequires you to register in the ward where you reside (Electoral Act 38(3)).On Election Day, you can then only vote in theward whereyou are registered (Electoral Act 38(1)),” sheexplained.

Apublic participation process to glean comments from the community on the changes to ward boundarieswas held last year. In Februarythisyear policitical parties of theStellenbosch Municipality signedoff on thenew designations.

Residents who wish to en-

Stellenboschcouncillors Ayanda Tomose (ANC) and Marius vanStade (GOOD) signing off on the officialchanges to local ward boundaries in February. Photo: Good Stellenbosch/Facebook

sure theyare registered in the correctward for the upcoming elections, can do so by checking the voters’roll by sending a SMSwith theirID number to 32810.Theywill receive aSMS confirming wherethey are currentlyregistered.

Alternatively, voters canvisit www.elections.org.za andselect

“Check Voter Registration” status from the main menu, Plaatjie implored.

“The IECwouldlike to emphasisethe importance for voters to check and update their voterregistration details regularlyinordertoavoid disappointmentonElection Day.

“The IECwouldalso like to encourage citizens who arenot yetregistered to vote, to do so

whilethere is stilltime –especially the youth,”Plaatjieadded.

“Voter registration needs to happen before the proclamationofthe electiontakesplace because the Voters’ Roll closes on proclamationday.After that, no changes canbemade to the voters’ roll.The date on which proclamationwilltake place is notyet announced.”

Stellenbosch localswho will be voting for the first time can register onlineorwaitfor the national registrationweekend scheduled for Saturday 20 and Sunday21June.

When checking your status, take the relevant identity documentation –IDbook,smart card or atemporary identity certification –along.

The Stellenbosch office of the DepartmentofHomeAffairs will also be open this weekend to ensure residents have the relevant identity documentations.

Ward borders ammended

Residents in thefollowing wardsshould note changes have been made to their municipal ward boundaries:

 Stellenbosch Central area – wards7,8, 10 and 22;

 Franschhoek – Ward 2;

 Kylemore

Ida’sValley

Khayamandi

Cloetesville

Ward 4;

wards5and 19;

wards12, 14 and15;

wards11, 17 and 21;and

Klapmuts – ward 18

Nuwewinkelsentrum geopen

DienuweNewinboschSquare-winkelsentrum is eergister (Dinsdag26Mei)amptelik geopen. Dié sentrum teen die heuwel spog metwinkelssoosPick nPay,Crazy Store en Clicks en kryeersdaagsook dokterspreekkamers en ’n Wimpyby. Ontwikkelaars, argitekteendie kontrakteurs vandie bouprojekhet byeengekomomdie voltooiing vanhul werk te vier. Stellenboschseburgemeester,JeremyFasser(tweede vanlinks), wasbyderhand om amptelikdie lint te knip.Byhom is SamKellbrick (Dorpstraat), Jannie Kruger (Dorpstraat)enJBWiese (PnP Properties).Benewens die winkelswat reeds ingetrek het, salNewinboschSquarebinnekort ook vir Steers en Mica Hardware as huurders verwelkom. Foto:YaëlMalgas

Training for sports coaches

Thee’Bosch Heritage Project, in collaboration withthe Stellenbosch Academy of Sport and CSV Construction, will host askills development session.

The Sports&Recreation Coaching &Training Workshop will be hosted at theMarkötterIndoor Sports Facility.

Attendees will receiveacertificate for completion of thetheoreticaltraining and apractical

assessment

Locals looking to join the session on Saturday 13 June must reserve their place before Friday 5June.

Formore information or to reserve your seat, contact Belinda Foster viaemail on heritage. ebosch@gmail.com or send a Whatsappmessage to 083 402 1856. Alternatively, call Leticia Pietersen on 083 987 3597.

Jamestowner binnekort op kassie

YaëlMalgas

Klavier, skaak en hokkie is deel van kleinAlexis Newman se weeklikse skedule.

Nou het dié besige Jamestowner toneelspel by haar vele buitemuurse aktiwiteite gevoeg en sal sy eersdaags op die kassie te sien wees.

Die borrelende agtjarige is ’n leerder aan die Laerskool Eikestad. Sy moes verlede jaar ’n paar dae van skool verpas nadat sy ’n rol in Beter as gister losgeslaan het.

“Dit was baielekker,” vertel sy oor haarervaringopdie stel van dié nuwe kykNET-dramareeks. Haar pa, Charl, het verlede jaar gewonder hoe hy sy jongste kind in toneelspel kankry. Hy het toe die regisseurs-paaren mede-Jamestowners Cornéen René van Rooyen gevra en ’n paar wenke ontvang. Dié twee is die skrywers en regisseursagter Alles Malan en Summertide Nadat hulle op ’n advertensie op soeknameisies vir ’n nuwe reeksafgekom het, hetAlexis en haarouers verlede AprilnaKaapstadvir haar heel eerste oudisie gereis.Daar het Alexis dadelik die

vervaardigers laatskaterlag.

“Daar was baie kameras. Ek het met die juffrou gepraat en dan het hulle gesê ek moet dit weer doen, maar anders probeer. Hulle het vir my gesê hoe om my gesig te verander. Ek wasnie senuweeagtig nie –dit was lekker,” onthou sy.

‘SYKRYDITVANHAARPA’

Wekelaterhet Charl die oproep gekry datAlexis die rol van die sesjarigeKatinka salvertolk.

“Sy is sooshaar pa –nie bang of skaam nie. Alexis kry dit beslis van hom,” vertel haar ma, Rolanda, skertsend.

Charl sê die ideewas nooit om Alexis ’n aktrise of ster te maak nie, maar liewerdat toneelspel nuwe deure vir haar sal oopmaak

“Indien sy nie die ervaring geniet het nie of dit nie weer wil doen nie, dan sal sy nie. Ons het hard gewerk omseker te maak sy is goed voorbereienhet haar woorde geken op die stel, maar onswou nooit te veel druk op haar plaas nie.Ons is baie trots op haar, veralomdat sy ’n rol gekry het, ná haar eerste oudiese,” vertel hy. Haar broers Carlisle en Kallum was veral trots.

Charl sê Alexis se gawe om

vinnigemaatjiestemaak en aan te pasbyverskeie situasies het tot haar sukses op die reeks bygedra.

Beter as gister is die Van Rooyens se jongste reeks en handel oor vierfamiliesenfokus veral op die mans se rol in elke gesin. Elton Landrewvertolk die rol van Katinka se nors 62-jarige oupa wat onverwags uitvind hy het ’n kleindogter.

Ook in die rolverdeling is bekendes soos FrankRautenbach, Neels van Jaarsveld en June van Merch. “Ons het onlangs ’n advertensie op die televisie gesien en toe sê sy ‘daar is my kollega’oor Frank,” vertel Rolanda

Alexis se tonele is oorwegend oor naweke verfilm en wanneer nodig het haar skool haar verfilmingskedule akkommodeer.

Só goedwas sy voorbereid dat lede van die gesoute vervaardigingspan nie kon glodit was die Jamestowner se eerste produksie nie.

‘SYWILAANALLESDEELNEEM’

Rolanda sê dit het haar glad nie verbaas dat Alexis die verfilming geniet het nie, aangesien sy daarvan hou om nuwe ervarings te hê

“Sy wil aan alles deelneem, of dit atletiek is en al wensynie.

Verlede jaar het sy haar ingeskryf vir die skool se swemgalaen vroeër vanjaar moes ek net keer of sy het dieselfde gedoen.”

Rolanda bieg sy het ook die tyd op die stel geniet,want hoewel Alexis nie altyd besef het hoe beroemd haar kollegas is nie, was dit vir ma en pa genotvol om die Suid-Afrikaanse sterre te ontmoet.

Hoewel Alexis nou haar debuut voor die kamera gemaak het,sê dié gr.2-leerder haar droom is om

’n dokteroftandaartsteword. Maar sou sy genooi word om aan ’n tweede reeksvan Beter as gister deel te neem, is sy gereed. Intussen oefen sy klavier vir Eisteddfods, speel hokkie en maak seker haar tuiswerk is gedoen. “Ons gee alle eer aan Godenis dankbaar vir almal se ondersteuning,” sê Charl oor die ervaring. . Beterasgister begin Dinsdag30 Junieom20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

HelpinghandsatDevon ValleyCaring andLearningCentre

In the heartofDevon Valley, the small butmightyDevon Valley Caring and Learning Centre is changing lives–one childat a time

The DevonValley Caring and Learning Centre hasbeenona mission to keep local littleones safe and getthem school-ready, thankstothe generoussupportof long-time sponsorsSchmidhauser, Rosey&Vittori and McGeer Kitchens Cape Town,thatmission just gotasignificantboost.

FROM AGARAGE TO AGROWINGDREAM

Whatbegan six yearsago in the garage of founder ChriseleneDavids with just sevenchildren has blossomedintoanearly childhood developmentcentre, nowaccommodating morethan 30 children. Davids, whowas born and raised on afarm in DevonValley,has dedicated her lifetoupliftingthe very communityshe grew up in –one deeply familiarwith social challenges and hardship.Many families in DevonValleyare made up of seasonal workersliving belowthe breadline

The centre currentlywelcomes 32 children under agefive each morning forearly childhood education, and an additionaleight children in the afternoon for aftercare –alifeline forworking parentsinthe community.

Last year,six of their graduates

received awards forbeinginthe topfive at the twolocal schools.

UPGRADED FACILITIES, BRIGHTER FUTURES

The centre hasgrown from Davids’garagetotwo container classrooms,withplans to adda third.Itisthese classrooms which regularlyreceive much-needed upgrades, courtesy of construction, electrical and plumbing specialists Schmidhauser

The company, whichhas been runsuccessfullyacrossthree generations on thevaluesof family,care, communityand unconditional support, stepped in to upgrade all plumbingand electricalsystems at theschool,as well as installnew infrastructure to supportfutureexpansion. Counselling psychologist and teacher HeatherKirkwood, who hasbeeninstrumentalinthe development of thecentre, says Schmidhauser’s support hasbeen unmatched. “Wedon’t receiveany supportfromthe governmentand the parentsonlypay anominal fee,”she explains, underscoring howcriticalthiskind of sponsorship is to thecentre’ssurvivaland growth

While Schmidhauser’s work addedtothe centre’s buildingand infrastructure,the sponsorship from Rosey& Vittori, aCapeTownbasedpremium fashion house and manufacturer,means thelearners’

parentsand other DevonValley localsare learningnew skills.The offcutsfromRosey &Vittori are used to teachlocals howtosew andgainnew skills,and someupskilledsewershaveevengone on to startselling their handiwork.

Kirkwood explains:“With the gorgeous offcutsoffabricwe receive, we canprovide skills to many of thelocal seasonal workers. They have createdbeautiful items forhomeuse (curtains, bedding,tableware), pencil cases, school bags andclothes.They also produce washable sanitary pads to assist in keepingthe girls in school.Not onlydoesitmean

empowermentfor the community, butitalso meansthese fabrics don’t end up in landfills.”

McGeer Kitchenshavebeen exceptional in their continued supportwithdesigning and manufacturingpremium bespoke cabinetry to upgradeand build newclassrooms. Distinctive Spaces have createdbeautiful spaces throughpremium artificialgreenery,green walls, planters,hedges anddécor solutions forcommercialand residential use.

COMMUNITY STILLINNEED

While the Schmidhauser upgrademarks an important

cian BrentCharlesMottramreada storytothe learners.

milestone forthe centre,and the continuedsupportfromRosey &Vittori,McGeerKitchensCape Town andDistinctive Spaces helps both the learnersand the broader community, the centre is still in need of support.

The DevonValleyCaringand Learning Centre is ashining example of what passion, community spirit,and the rightpartnerships canachieve.Ifyou or your business wouldliketocontribute –whether through donations, supplies or volunteering –your supportcouldadifferencetothe children andfamilies

ContactChriseleneDavidson 084879 1493 or HeatherKirkwood on 082448 6469

It wasn’t all work at DevonValley Caring and Learning Centre.Electri-
Jamestownsejongstetelevisiester,Alexis Newman (8), saam methaar troste ouers, Rolanda en Charl. Foto:YaëlMalgas

Cloetesvillekry unieke stem

Yaël Malgas

Pastor Dirkie, Aunty Babsie en Jerome van Cloetesville ken jy dalk nie,maar hierdie karakters wat deur Kevin Peter Jooste geskep is, sal almal in hul eie gemeenskappe herken.

Jooste (46) het vier dekades gelede met sy gesin van VlottenburgnaCloetesville verhuis.

Die CloetesvillerKevin PeterJooste(46) het sy buurt aan die gons metsy kortverhale

“Hierdie gemeenskap het my grootgemaak. Ek ken die strate,die draaitjies en dit is die mense wat dié maak. Ons almal weet vandie euwel in die gemeenskap, diebendes, gesinsgeweld, dwelms...”

Maar vir dié voormaligeHoërskool Cloetesville-hoofseun is sy gemeenskap soveel meer as net hierdie dinge.“Cloetesville is my plek en ek is liefvir hierdie plek.”

Dit is juisinsygemeenskap waar Jooste inspirasie vir sy kortverhale vind. In Aunty Babsie van die WhiteCity vertel hy van’nouma se obsessiemet haarTurkse sepies, en Skarrelkind: Die verhaal van Attie bied ’n “tikkop” ’nles of twee.

Jooste is ’n opgeleidesjef, hetjare lank in die gasvryheidsbedryf gewerk en altyd ’n passie vir skryf gehad. Sy verhale kom na hom soos lappieswat soms eers geweef en reggemaak moetword,terwyl ander deur die kommentaar op sy verhaleopFacebook geïnspireer is “Om die waarheid te sê,soms weetek self nie waar die storie gaan eindig nie,” skerts hy.

Nes sy gemeenskap talle uitdagings het, het Jooste sy eie. Kankeris15jaar gelede by hom gediagnoseer en hy ontvangsteeds by die Tygerberg-hospitaal behandeling.

Togsêhysydiagnose het hom baie geleer

“Ekwas ’n tyd lank self stout, maar die kanker het my lewe omgeswaai.Mypa is jare terug oorlede,my suster is vermoorenek het vir driejaar na my ma, watverledejaar oorledeis, omgesien.Dit is moeilik, maar ek is betrokke by die Angelikaanse kerk, sing in die koor en het goeie ondersteuning van my vriende en familie.

“Dit ismos maar hoeons is –saam met die hartseerisdaar altyd ’n komiese element. Kyk net metdie onlangsestormweer die fototjies wat gemaak is vandie burgemeesterwat in die strate af is op ’n bootjie...ekisdankbaar vir die Here wat my steeds deurdra.”

Jooste sê hy is ’n amateur-skrywer en hetdestyds ’n vervolgverhaalvan 17episodes vir Son op Sondag geskryf en al bydraeopLit.net gehad.Hyisook lid van’nplaaslike digtersgroep

Diekortverhale wat Jooste op sosiale media deel,isstories waarmee die gemeenskap homkan vereenselwig. Aunty Babsie isbyvoorbeeld deels deur sy wyle ma, Roseline, geïnspireer. Sy wasdikwels só vasgevang in haarsepies dat sy metdie televisie geraas het.

Jooste hoopomminstens15kortverhaleteskryf om ’n bundel saam te stel.

“Kindersvan Cloetesville moet sien die wêreld is groter. Daar is geen rede vir enigiemand om terug te staan nie –tel op diepen en papier en skryf!”

Jooste sê hy skaaf tansaan twee verhale. Eenhandeloor ’n vriendegroep en in’nander is daar drama in die huis omdat familielede nie oordie weg kom nie. . Volg Kevin PeterJoosteopFacebook en verlustig jou in diéCloetesviller se unieke stories.

From Saagmeule to the High Court

Ayoung woman from the local community of Saagmeule in Wemmershoek has made history, not only for herself, but for her family and the community that raisedher.

AmyDavids(24) wasrecently admitted as an attorney of the High Court,becoming the firstattorney in herfamilyand a beaconofhopefor those whoshareher roots.

Growing up in Wemmershoek left adeep imprint on Davids. She fondly recalleda childhood filledwith simple joys – playing kennetjie,marbles, rope skipping, tol-kap, andcatching tadpoles in the pond

Yet, alongside those warm memories, she also witnessed the harsh realities many communities face: drug abuse, teenage pregnancy and domestic violence.

“I resolved early on thatI did not want thatlife,” she reflects. That quiet,determined resolve became the foundation on which her ambitions were built.

Davids attended BridgeHouse School from Grade 1to12, where she was actively involved in netball, hockey, tennis, swimmingand dance. She also served on the school’sStudent Leadership Council and went on to complete her LLB at theUniversity of the Western Cape (UWC) over four years.

She describes UWC as asocially conscious andpolitically aware institution, onethatdeepened her sense of purpose.

HURDLINGCHALLENGES

Theroad to qualificationwas not easy Achievements aside,Davids is candid aboutthe immense difficultiesshe faced alongthe way.

Financial, emotional andsocial challenges followed her from childhood intoher professional training.

Oneofthe greatest challenges she faced was managing her health while tryingto meet the intense demands of studying law andcompleting her articles.

Davids describes her articles period as oneofthe hardest seasons of her life, “emotionally, mentally, physically and financially”. Falling ill repeatedly onlymade things more difficult.

She also carried the weight of being a young woman of colour in aprofession where the starting lines are not equal for everyone. “There were moments of not feeling fully seen,”she says, acknowledging the pressures constantly placed on women of colour to prove themselves.

Yet she leaned on her faith, her family andsmall acts of self-care to carry her through.

When the day of her admission finally arrivedthe emotion was overwhelming. Seated in the Western Cape High Court with her parents, sister, godparents and boyfriend by her side, Davids felt thefull weight of the moment. “It was surreal and deeply emotional,”she recalls. “I feltas thoughIhad broken throughabrick wall.”

The significance went beyond apersonal milestone; it represented generational change. She is thefirst attorney in her family –a fact that carries profound meaning. Being admittedasanattorney of the High Court was, for her, thecrossing of areal Rubicon, theculmination of years of sacrifice, discipline, faithand perseverance.

CHAMPIONINGACCESSTOJUSTICE

Admission secured,Davidsisalready looking beyond herself. She is passionate about access to justice for communities such as in Wemmershoek and plans to run community workshops in future, covering practical legal and financial education, from understanding contractsand legal processes to knowing one’srights. She also intendstopursue pro bono and public-interest work as she ultimately hopes to run her ownpractice, business or branch –a space where she has theautonomy to lead in away that reflectsher values and vision.

Davids’ area of focus is familylaw,a field she was drawn to precisely because of its immediacy and human stakes.

“Family-law matters are life-altering. They involve children, homes, safety, finances and futures. It is profoundly human and is where communities such as mine often need themost support.”

Looking five to 10 years ahead,she envisions leading her own practice or heading abranch, always doing work that is meaningful and people-centred.

But thelegacy she wishes to leaveisfar simpler in its essence. “I want to show that where one comes from does not determine where one is going,”she says.

“I want people from communities such as Saagmeule to know faith, perseverance and courage can take one further than ever imagined,” she passionately shares.

Foryoung people in Wemmershoek and beyond, particularly young women, her message is equally direct:seek support,do not internalise discouragement and never stop moving forward.

AmyDavids pictured on the stepsofthe Western Cape HighCourt following heradmission as an attorneyearlier this month.
Amydressed in herlegal robes, celebrates her achievement with herproud familyoutside the court.Fromleftisdad Isaac, Amy, mom Lynette and sister Hope

Worksspeaktooneanother

TheSpier Arts Trust, in collaboration with KleinKaroo Nasionale Kunstefees (KKNK) visual arts curator Liza Grobler, presents ’n Greep uit Grenslose Gesprekke,anexhibition currently on showatHUB Gallery to Thursday 25 June.

Following her roleascurator of the 30th KKNKvisual arts programme this year, Grobler brings aconsidered selectionof thatwork to the HUB Gallery in Cape Town. ’n Greep uitGrensloseGesprekke,a phrasetranslating as “byte from limitless conversations”, raws from the curatorial frameworkthat shapedthe 2026 festival’s visualarts programme.

At the festival, this took theform of 22 distinctvisual arts projects spanning installation, video, painting and site-specific work.

The HUB Galleryexhibitionisa distilled continuation of the offering aselection of works broughttogether for howthey speak to one another across differences. At

itscore is an interest in connection, not through similarity, but through contrast.

“Whatbegan in the Karoo as a wide-ranging conversationnow shifts into acity context,” Grobler explains. “Byselecting works that remain in dialogue with one another, the exhibitionbecomes away of carrying thatconversation forward, but allowing it to be seen differently.”

The exhibition brings together artists from across SA andbeyond. Many of these

artists would not typically be shownalongside oneanother, but here they meet on an equalfooting. The result is anon-hierarchicalexhibition that prioritises exchange overcategorisation.

Included are worksoriginating from key moments within the KKNK programme, including the landmark anniversary exhibition Plek/Place,aswell as site-specific andtime-based works extending beyond traditionalgallery formats. Also referenced is 2026 KKNK festival artistnomThunzi Mashalaba, whose solo exhibition So, ILet SilenceExplain was central to theprogramme

Theexhibition reflects acommitment to supporting artists andcurators beyond the festival, extending visibility, strengthening partnerships and creating space forconversations that mightnot otherwise happen.

More than arecap, it is acontinuation: aquieter, more concentrated encounter thatasks what happens when work is lifted from one context andallowed to speak again in another.

Jazzysounds of young musos at Artscape

The23rd annualArtscapeYouth Jazz Serieswill be atwo-day masterpiece showcasefeaturing youth jazz soloistson Friday12June and the School Jazz Bands on Saturday 13 June.

This year’s project, directed by Amanda Tiffin, head of Jazz StudiesatUCT, associate professor,vocalist and pianist,encompassed masterclass programmeswhere the youngmusicianslearntfrom those experienced in theindustry.

This year’s selected participantscomprise 15 young musicians who were auditionedtobepart of the 2026 programme They are Connor Johnson (piano), Ethan Herman (drums),Eyo Nzazi (bass), Cole Krieling (guitar), Franco von Wieligh(saxophone),HencoBester (saxophone), Ryan Jacobs (bass), Sibabalwe Gobe-Gysman (vocals), Hlelo Zungu (vocals), Liam Petersen (drums), Mackenzie Hendricks (vocals),

Michael de Goede (saxophone), Talicia Mariti(vocals), Zakhiel Davids (trumpet) andKyle Damons (piano). The programme received asignificantly higher number of applications(more than90%) in 2026.

To celebrate 23 years of mentoring young jazzmusiciansTiffin has invitedsix people, bothpast andnew, as mentors.

Some have participatedmore than once andhave all goneontohighly successful professional musical careers, award-winning recording artists, touring performers, musical directors anddedicated educators while others will be making their debuts. They are Nomfundo Xaluva-Dyantyis, Bradley Prince, Marc de Kock, Brathew van Schalkwyk, Damian Kamineth and Chadleigh Gowar

The mentors will also perform as aband, bringing their talent andexpertise to the Artscape stage in what promisestobea

very special and sparkling edition of the Youth Jazz Series.

The project, launched in 2003, has gone throughmanydifferent formats, and passed through the hands of some of Cape Town’s topjazz professionals and music legends who have mentored young aspiring jazz artists annually.

Many participating young musicians have gone on to establish themselves as successful professional musicians, recording artists andeducators.

The programme hasalso provided a major platform for young jazz musicians throughmentorship, the lasting connections made amongyoung participants, and the experience of performing on amajor stage with extensive publicity .ForticketenquiriescallArtscapeDial-a-seat 0214217695orvisitwww.artscape.co.zaformore information.

Dorpskalender

WOENSDAG3JUNIE

Jamestown:KomkuiergeselligsaambyBabbel &BreienlaatdiebreipenneklapomJamestownse kindersenbejaardeswarmtehou.Diegroepkom elkeWoensdagvan10:00tot11:00bydieJAMESTOWN-BIBLIOTEEKbyeen.Beginnersleerblokkies breiendiéwatkan,breimusseenserpe.Wolen breipennewordverskaf.Kontakdiebiblioteekby 0218088373of0218088372virnoginligting.

VRYDAG5JUNIE

Onder-Papegaaiberg:HUISHORISONbiedvan 12:00tot16:00dieKuier-en-Koop-markdagaan. GenietmiddagetebyVillageThyme,tuisgebaktekoek, roosterkoek,pannekoek,beskuit,koekies,pasteieen quiche.Komsoek’nskatbydieopgeknaptetweedehandseboekwinkel,witolifanteenklereenkryjou plaaseiers,plante,houtwerkenhandwerk.

SATERDAG6JUNIE

Stellenbosch:DieLutherse-gemeentenooialmal nasyjaarlikseDUITSEWINTERFEST.Smulaan ’nkontinentaleontbyt,aartappelpannekoeken appelsous,heerlikeDuitsekoekmetkoffie,teeof warmsjokolade,Bratwurstmettradisionelesuurkool, aartappelslaaien’npretzel,asookGlühweinenbier Duitseboeke,koek,brood,konfytenvleisspesialiteite isooktekoop.Skakel0218875030ofstuure-posna info@lutheranstellenbosch.co.za.Besoekookgerus www.lutheranstellenbosch.co.za.

Stellenbosch:GermanpunkrockcrewBonsaiKitten willperformattheDAISYJONESBARatSummerhill WineEstate.SinceformingaroundfrontwomanTiger LillyMarleenin2005,thebandhasbuiltareputation acrossEuropeforexplosiveshowsthatmovebetween dive-barchaosandfull-throttlerockspectacle.OpeningtheeveningisCapeundergroundoutfitAliveAt Midnightat20:00,bringingtheirrawpunkrocksound tothevineyards.Doorsopenat18:00.Ticketscanbe bookedonlinethroughQuicket;thevenueiscashless. Stellenbosch:DieAZALEAHOF-AFTREEOORD houwinterkermisvan08:30tot13:00byhulperseel by VanRiebeeckstraat11.Daarsalverskeievarsgebak bydieteetuinweesenbesoekerskanookuitsienna pannekoek,kerrieenrys,boereworsrolle,sopasook handgemaaktekunsvlytentydlosemooigoed.Parkeerplekenkaartfasiliteitesalbeskikbaarwees.

SUNDAY7JUNE

Stellenbosch:TheBulletsreturntotheDAISY JONESBARaspartofSundaySessionsforanotherafternoonoftimelessfavourites,oldschool charmandthekindofsongsthatfillafloorwithout tryingtoohard.TheHelderbergsix-piecehasbuilta followingaroundtheirchemistryandenergy,moving effortlesslythroughloungeclassics,oldiesandrock

TheShow-off by LuzambaZembaispartofthe exhibition at HUB Gallery Photo: Jonathan Pinkhard

( 0218731154 sales@lategans.co.za www.lategans.co.za NM10057235-EN070526

Topteams tied up

Therewas plentyofstick action on display when thefirst hockey teams of Paul Roos Gymnasium andSACSlocked horns at the Maties Astrolast Wednesdayevening (20 May). Thecountry’s topunder-19A boys’teams put on awonderfully competitivedisplay and couldn’tbeseparatedby the final whistle, as the encounter ended in a3-3 stalemate. HereSACSplayerLitha Kraai tries to outsmart LoganLackay of PRGduringthe tough tussle.

Photo: Jan vanZyl

BlueStarsonoorwonne

Blue Stars United is dieenigste plaaslike klubrugbyspan van Stellenbosch en omgewing wat onoorwonne in die verskeie Westelike Provinsie ligas is.

Dit volg nadat dié span vanKlapmuts die afgelope Saterdag (23 Mei) met twee punteinsyNoordelike liga-wedstryd teen die Blakes-rugbyklubgeseëvier het. Beide spanne het die naweekonoorwonnebetree, en hulle het onderskeidelikdie eerstetwee plekke op die punteleer beklee.

Soos verwag hetdie wedstryd virgroot opwinding gesorg en toeskouers op die rand van hul sitplekkegehou,met gesamentlik12drieë watindie wedstryd op die Cloetesville-sportterrein aangeteken is. Met die afskop wasdit duidelik dat die tuisspan sterk en vasberade opgedaag het. Sy spel was uitstekend en die wedstryd het deurentydkop-aan-kop verloop, met beide spanne wat mekaar geen duim grond gegee

Sege nie vir agterosCloetesville beskore

het nie –die rustydtelling van 17-14 in Blakes se guns vertel hierdie storie.

Met die begin van die tweede helfte het die besoekers momentum opgebou en vinnigtwee drieë gedruk om voortou te neem. Blakes het verwoedgeveg en weer gaan druk en sodoende sy bonuspuntdrie behaal

Die spanne se voorspelers het mekaar meedoënloos aangevat en geen genade is getoon nie, metveraldie vaste vyf van Blakes wat die besoekers harde bene in die skrums laat kou het. Die span van Klapmuts se agterlyn was egter sy troefkaart, metsy algemene spel en flinke hantering watdie tuisspan raadop gehadhet.

Met slegstwee minute speeltyd oorhet dit gelyk asof Blakes die oorhand soukry toe hulle met vyf punte voorloop.

Maar die Blue Stars United-span het nie

gaan lê nie. In die laaste oomblikke van die wedstryd het die senter, Marshallino Brits, ’n briljante skop vorentoe geplaas wat perfek in die hande van sy spanmaat, Enrico du Preez, beland het. Du Preez het daarin geslaag om te druk en die telling 43-43 te maak

Alle oë was toeopdie losskakel,Diego Booysen, wat koelkop gebly het om diebal suiwer deur die pale te jaag om sy span ’n dramatiese 43-45 oorwinning te gee.

In die ander Noordelike liga-derbyhet Stellenbosch-Coronations vir Excelsior behoorlik laat lesopsê deur met 19-41koning te kraai, terwyl Faure op sy wen-momentum voortgebou het deur Whistling Wheels met25-20 te klop.

Intussen bly ’n eerste wen nie virCloetesville beskore nie. Dié span het met 8-53

teen Morning Star verloor.

In Superliga Chet Pniël Villagers die voorlopers in die liga, Rangers, met 25-31 in Surrey Estategeklop, terwyl Kylemore op sy beurt in Oranjezicht met 18-27oor Gardens geseëvier het

Franschhoek koninsySuperliga Awedstryd teen SK Walmers nie sy vertoning van die vorige naweek teen die Maties naboots nie. Die plaaslikespanhet op die Groendal-sportterrein met 8-54 die knie gebuig.

Die uitslag van die geskeduleerdeSLAwedstryd tussen Vander Stel-Evergreens en die UCT IkeysisreedsverledeWoensdag (20 Mei) beslis, met VDE wat alle punte verbeur en die studente wat volpunte(0-28) uit die kragmeting neem.

Benewens Kylemore geniet alle plaaslike spanne die komendenaweek ’n ruskans. Die span van die Dwarsriviervallei is komende Saterdag (30 Mei) teen Delft Unitedopdie Kylemore-sportterrein in aksie.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Eikestadnuus - E-Edition - 28 May 2026 by Novus Media - Issuu