

YaëlMalgas
Reddingswerkers het gisteroggend (Woensdag 27Augustus) gereed gemaak om ’n stapper te vind wat die vorige dag in die Jonkershoeknatuurreservaat na sy dood geval het
Reddingswerkers en polisiebeamptes van Stellenbosch was Woensdag op die toneel nadat ’n man Dinsdag geval het toe hy en ’n groep plantkundiges na orgideë op soek was Beamptes van die Wes-Kaapse mediese nooddienste het by navraag gesê hulle werk om die slagoffer se oorskot van die berg af te kry Verdere besonderhede sou verskaf word wanneer die reddingsoperasie voltooi is
Die oorledene is prof Donovan Kirkwood, kurator van die Universiteit Stellenbosch (US) se botaniese tuin Kirkwood het in 2018 die leisels van die tuin oorgeneem en het sedertdien hard gewerk om onder meer te verseker dat wilde en bewaringsgraad-plantversamelings behoue bly Kirkwood het destyds met sy aanstelling aan Eikestadnuus gesê hy was veral opgewonde om sy liefde vir biodiversiteitsbewaring en die kweek van plante te kombineer
Dié hoogs ervare plantkundige was Dinsdag saam met internasionale besoekers van die Cambridge Universiteit se botaniese tuin en Amazon Horticulture Die US het in ’n verklaring bevestig Kirkwood en sy kollegas, saam met beamptes van CapeNature, was op ’n bewaringsuitstappie om die Penaea formosa, ’n kritiek bedreigde plantspesie, te ondersoek en te versamel “Donovan was uniek, met ’n passie vir bewaring en opvoeding Hy was ’n geliefde kollega en leier van sy span Ons innige meegevoel gaan aan sy familie, vriende en kollegas,” sê Hein Swanepoel, senior direkteur van Suncom en Kirkwood se lynbestuurder
sal voel nie, maar die hele land
“Donovan het die bewaring van byna uitgestorwe plantspesies passievol nagestreef en ’n enorme bydrae tot die bewaring en herstel van seldsame plantspesies gelewer – veral binne die Kaapse floristiese streek, een van die wêreld se grootste biodiversiteitsbrandpunte Omdat hy geglo het dat die kleinste tuin ’n wêreldwye impak kan hê, het sy toewyding aan vernuwing en bewaring die maatstaf vir akademiese botaniese tuine reg oor die wêreld gestel,” sê Nel
Volgens ’n kollega, Anita Nel, die hoof van vernuwing en kommersialisering, is dit nie net die US wat Kirkwood se verlies
Onder sy leierskap het die plaaslike botaniese tuin ’n bewaringshub vir Kaapse flora – veral fynbos – geword
Die US beskryf Kirkwood as “aangenaam, vindingryk en altyd bereid om sy kennis te deel en ’n positiewe [bydrae te lewer]” Kirkwood het gewerk om die geskeidenis van die botaniese tuine te behou en teruggegaan na die oorspronklike, geskiedkundige uitleg van die tuin
Professore Léanne Dreyer en Nox Makunga van die departement plantkunde en dierkunde sê in die paar jaar wat Kirkwood by die botaniese tuin betrokke was, is dit van ’n pragtige plek na ’n “lewendige, wetenskaplike voorpunt en polsende, fantastiese wetenskaplike sentrum van uitnemendheid” omgeskep “Don was enigmaties, entoesiasties,
kleurvol, vriendelik en uiters talentvol met ’n ongelooflike passie vir plantkunde en bewaring Ons harte is seer, maar ons sal vertroos word deur die wete dat hy selfs in sy laaste oomblikke van lewe gedoen het wat hy absoluut met sy hele hart liefgehad het
“Hy sal baie gemis word en ons opregte meegevoel aan Rosie, sy pa en die res van sy binnekring Ons verbind ons daartoe om sy nalatenskap te eer en sy visie by die US- Botaniese Tuin te handhaaf,” sê hulle
Teendruktydwasdiereddingsoptredeom Kirkwoodseoorskotvandiebergaftekry, steedsaandiegang.
Yaël Malgas
Bring die weermag om in die voortslepende bendegeweld in Cloetesville in te gryp!
Dít was ’n voorstel van die opposisie van die Stellenbosch-munisipale raad ná nog ’n skietdood in Cloetesville die afgelope Sondag (24 Augustus)
Die Cloetesville-polisie het vandeesweek bevestig hulle ondersoek die dood van ’n man ná ’n skietery in Davidsestraat in die buurt
Inwoners meen waar die White
City-gebied voorheen as die veiliger deel van Cloetesville beskou is, is daardie dae ook nou verby
Volgens AO Zenobia Sedeman, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het die oorledene en sy vriendin vermoedelik in die erf in Davidsestraat gesit toe hulle deur twee onbekende mans genader is
“Die twee mans het reguit na die oorledene gekom en hom gegroet Die oorledene het na sy hek gehardloop toe een van die verdagtes omgedraai en na die huis teruggekom het en op die oorledene begin skiet het,” het sy
verduidelik
Vier skote is glo afgevuur Die oorledene is deur paramedici op die toneel dood verklaar
Volgens ’n Cloetesviller, wat met Eikestadnuus gesels het, is die beste manier om die bendegeweld hok te slaan om dit te voorkom
“Dit is kinders wat met vuurwapens hier in die strate rondhardloop Dinge gaan rof by die skole ook – daar is boeliegedrag, afknouery en selfs messtekery
“Die ouers in die gemeenskap moet ook aangespreek word, want hulle is
deel van die probleem Die kinders kom in die huis met daardie wapens en hulle doen niks,” meen die jare lange inwoner
Die inwoner, wat lid is van verskeie plaaslike misdaadbekampingsorganisasies, meen die geweld kan gestop word, maar bieg sonder die hele gemeenskap se inkoop raak die stryd uitmergelend
Die polisie sê die motief vir die voorval is nie bekend nie
Enigeen wat inligting het oor die voorval word gevra om die ondersoekbeampte, kapt Rian Wiese, by 082 778 9952 te bel
A weekend of unprecedented celebrations marked a historic milestone for South African wine as the Institute of Cape Wine Masters (ICWM) hosted two landmark events that showcased both tradition and groundbreaking achievements.
The festivities began on Friday 22 August with a prestigious awards luncheon at Lanzerac Hotel and Spa in Stellenbosch Hosted by the Pinotage Association, Lanzerac and the ICWM, the event celebrated both the 100th anniversary of pinotage and the first bottled pinotage under the Lanzerac label
The centrepiece was the graduation of four new Cape Wine Masters, including Jacques Lombard, who made history as the programme’s first-ever blind graduate Since the ICWM’s inception in 1983, only 120 candidates have achieved this elite self-study qualification, making this year’s achievements particularly remarkable Joining Lombard were Bradley Wood, a specialist urologist from Johannesburg, Riaan van der Spuy, cellarmaster at Swartland Winery, and Janine van Zyl, sommelier and international account manager at FirstPour
The graduates were honoured with trophies across four categories; wood-dominated proceedings, scoring a hat-trick with awards for sparkling wine (presented by Villiera Wines), viticulture (Jordan Winery) and research-paper excellence (Kleine Zalze Wines) Van Zyl received the brandy trophy, presented by Van Ryn Brandy Lombard’s journey into wine began after losing his sight at age 26 in 1996, when he joined a tasting group for visually-impaired wine enthusiasts founded by Hermann Kirschbaum His dissertation examined biogenic amines in wine, dispelling common myths about sulphites
Van der Spuy explored high-altitude viticulture's potential for South African marketing strategies, while Van Zyl investigated digital marketing opportunities for local wineries Wood's research concluded that the Cape South Coast offers optimal
terroir for quality Syrah production
Beyers Truter, Pinotage Association chairperson, led a special Grand Pinotage tasting featuring prestigious producers from recent decades The session concluded with Lanzerac Commemorative Pinotage 2021, honouring the world's first bottled pinotage from 1959
The weekend’s celebrations culminated with the annual ICWM black-tie dinner at Beyerskloof on Saturday 23 August, where major industry awards were announced
Ken Forrester, known as “Mr Chenin”, received the 2025 Wine Personality of the Year award for his extraordinary contribution to South African wine and dedication to championing chenin blanc As founding chairperson of the Chenin Blanc Association since 2000 Forrester transformed perceptions of the cultivar from workhorse grape to celebrated varietal
Dr Winifred Bowman earned the sixth Dave Hughes Trophy, recognising her dedication as international judge, wine writer, and ICWM mentor
The ICWM's Vision 2030 programme continues expanding with three 2024 candidates: Narissa Pieters (Rustenberg), Kelsey Shungking (Mullineux & Leeu) and Lerato Molekeki (Beck Family Estates) International partnerships with the Gerard Basset Foundation support sustainable candidate
development
Currently, 29 students are enrolled in the five-year programme – the highest figure ever – with nine new candidates joining this year The weekend’s events showcased not only South African wines rich heritage but its commitment to inclusive excellence and future growth.
The Electoral Commission of South Africa (IEC) confirmed the elections of next year’s elections. The IEC has registered 34 new political parties since the
“A registered voter who has moved since they last registered is urged to
Hoop kom vir Stellenbosch se haweloses nadat die munisipale raad Maandag (25 Augustus) planne vir dagdienste vir haweloses in die middedorp goedgekeur het.
U-Turn Homeless Ministries het ’n aansoek aan die munisipaliteit gerig om ’n deel van Erf 235, langs die dorp se taxistaanplek en die Bergzicht-opleidingsentrum, te huur om dienste bedags aan hawelose mense beskikbaar te stel. Die dienste sal in ’n bus gehuisves wees – met toilet- en stortgeriewe – wat met die hulp van Nina Manzi, ’n mobiele sanitasiefasiliteit, beskikbaar gestel sal word. Volgens U-Turn se aansoek is hul plan om daagliks dienste aan tot 80 individue te verskaf deur hulle toegang tot kos, klere en ablusiegeriewe te gee. Besoekers sal ’n koepon gebruik in ruil vir die dienste Mense wat van die fasiliteit gebruik maak, sal ook toegang hê tot berading en sal na ander nodige dienste verwys kan word. Dié organisasie sonder winsbejag bied reeds vir byna drie dekades hulp aan haweloses Benewens die organisasie se planne om ’n U-Turn-diensbus op die perseel staan te maak, verlang die organisasie ook ruimte vir berading en stoorplek, asook ’n tent vir ’n verskeidenheid aktiwiteite Ná fase 1 hoop U-Turn om hul dagdienste na sewe dae per week uit te brei en ook nood-verblyf te bied. U-Turn Ministeries hoop om die sentrum in November te open, wat dan vir ’n jaar as ’n proefprojek sal dien
Eikestadnuus was onder die crème de la crème van SuidAfrika se gemeenskapspers by die vierde jaarlikse Avbob- FCJ Excellence Awards-galadinee wat Vrydag (22Augustus) by die Protea-hotel Stellenbosch in Technopark gehou is.
Die prysuitdeling, aangebied deur die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste (FGJ) in vennootskap met die titelborg Avbob, het erkenning gegee aan werk wat in 2024 gepubliseer is Altesaam 541 inskrywings is ontvang, met deelnemers wat hul voorbeeldige werk in verskeie afdelings ten toon gestel het, met voorblaaie en agterblaaie, gratis koerant van die jaar, harde nuus en boeiende menslike verslaggewing wat die inskrywings oorheers het
Die beoordelaarspaneel was ’n groep ervare bedryfsprofessionele mense en die beoordelingsproses is deur dr André Gouws van Akademia oorsien
Eikestadnuus is aangewys as die derde beste gratis gemeenskapskoerant in Suid-Afrika – ’n gesogte eer vir dié titel, wat sedert 1953 nuus aan die groter Stellenbosch-gebied lewer Sandton Chronicle het die eerbewys as die gratis koerant van die jaar gewen, terwyl Northcliff Melville
Eikestadnuus is verlede week as die derde beste gratis koerant by die vierde jaarlikse Avbob- FCJ Excellence Awards in Stellenbosch aangewys Op die foto oorhandig Nakedi Pilane, Avbob se sakeontwikkelingsdirekteur (links), die sertifikaat aan die redaksionele uitgewer Tasmin Cupido Foto: Forum vir Gemeenskapsjoernaliste/Piet van Wyk
Times in die tweede plek was Tasmin Cupido, redaksionele uitgewer van Eikestadnuus, het gesê: “Ons is verheug en geëerd om onder die drie beste gratis koerante in die land erken te word Hierdie erkenning is ’n bewys van ons span se toewyding om gehaltejoernalistiek te lewer wat werklik ons gemeenskappe dien
“Elke storie wat ons publiseer,
weerspieël ons verbintenis om ons lesers en adverteerders in te lig, te betrek en met hulle te skakel Terwyl ons hierdie prestasie vier, motiveer dit ons ook om voort te gaan om in alles wat ons elke week doen, na uitnemendheid te streef ”
Eikestadnuus was ook ’n finalis in die agterblaaie-afdeling en het uiteindelik die sesde plek behaal Die afdeling is deur Suid-Kaap Forum gewen, met Vaalweekblad wat tweede geëindig het en Zululand Observer wat die topdrie afgerond het
Verskeie ander titels en joernaliste van die Novus Community Media-stal het ook onder die top10 van die verskillende koerant-, fotografie- en skryf-afdelings geëindig, met sommige wat die topdrie in van die afdelings gehaal het Die uitstaande omgangstaal-skryfwerk van Unathi Obese van City Vision het verseker dat hy as die wenner van die omgangstaal-skryfwerk-afdeling weggestap het, terwyl Samantha Lee-Jacobs van People’s Post derde in die hardenuus-skryfafdeling geëindig het
In die afdeling selfoonfotografie, ’n nuwe afdeling vir die 2024-weergawe van die toekennings, was Alida Buckle van Weslander tweede, terwyl Lee-Jacobs derde geëindig het
Die boer Sydney Claassen van die Pinehaven-plaas in Annandale het Donderdag (21Augustus) sy gemeenskapsuitreik met ’n skenking aan die Dorothea Spesiale Skool voortgesit.
Claassen is een van vyf boere van Pinehaven “Gemeenskapsbetrokkenheid is een van die hoekstene van ons onderneming,” sê hy Dié Stellenbosser sê nadat hy aan die Hoërskool Stellenzicht matrikuleer het, het hy besef hy wil meer doen as om net ’n werker op ’n plaas te wees. Hy het besluit om oor die daaglikse bedryf van ’n plaas by Kaap Agri te studeer. Sedertdien het hy en sy vennote Pinehaven in ’n suksesvolle kommersiële plaas opgebou, wat onder meer groenboontjies, koolgewasse en ander groente aan een groot kleinhandelaar verskaf. Die plaas verskaf ook vars groente aan plaaslike skole.
Die skenking aan Dorothea was deel van ’n uitreik saam met Agrimark, wat ondersteuning aan Claassen en sy kollegas bied.
“Ons het in 2016 begin en in 2019 ’n kommersiële plaas geword. Ons het die afgelope paar jaar 30% van die tyd foute gemaak, maar danksy dit het ons 70% van die tyd sukses behaal,” sê hy
“Daar is soveel kleiner kommersiële boere wat bogemiddeld vaar, maar sukkel om by die nodige hulpbronne uit te kom om hul kapasiteit na die volgende vlak te neem My hoop is om die skakel tussen die boer en die gemeenskap te verbeter sodat meer boere hul onderneming kan bou en die gemeenskap beter voedselsekuriteit kan hê.”
Die plaas verskaf ook deeltydse werk aan kliënte van die Hope Revolution-rehabilitasiesentrum
Yaël Malgas
Soggens vroeg wanneer Lee Hoffman na Klapmuts Primêr ry, staan die skool helder verlig soos die baken van hoop wat hy glo die skool sal wees.
Hoffman het aan die begin van die derde kwartaal die leisels by die skool oorgeneem Hy was voorheen by skole in Mitchells Plain en Simonstad
Nou is Hoffman aan die stuur van een van die grootste laerskole in die Kaapse Wynlande met ’n leerdertal van byna 1 500 kinders
“Klapmuts het ’n unieke konteks en kom met uitdagings, maar die skool moet as ’n baken van hoop in die gemeenskap staan,” meen Hoffman
Die nuwe hoof sê hy het die afgelope weke gewerk om die ritme van die skool te leer deur na die skoolgemeenskap te luister ’n Deel hiervan was om met die personeel te gesels oor wat hul uitdagings is
Die skool akkommodeer tans verskeie leerders met leer-uitdagings en wat addisionele ondersteuning nodig het Hoffman sê hierdie uitdagings het ’n geleentheid geskep om na ander skole in die streek uit te reik en by hulle te leer
WERKSESSIE KOM
Benewens om kennis uit te ruil, is dit ook ’n manier om bande te smee, meen hy “Daar is soveel skole in ons streek wat verskeie leerders akkommodeer en ons het na hulle uitgereik om by hulle te leer Ons hou binnekort ’n werksessie met ons kollegas oor neurodivergente onderrig,” verduidelik hy “Uiteindelik is ’n leerder van Klap-
muts Primêr ’n gelukkige kind; ’n kind wat honger is vir leer en veilig voel Ek wil ’n ouergemeenskap sien wat betrokke is en die skool beskerm Ek wil personeel sien wat as een beweeg om die belange van die kind sowel as die gemeenskap te bevorder. My hoop is die skool word een waar die skoolvlag met trots gehys en die skoollied uit volle bors gesing word ” Hoffman sê om dié droom te verwesenlik, het hy teruggegaan na die skool se leuse – Lieben Und Arbeiden “Liefde en arbeid – ons as skool werk met ons leerders met liefde en respek Hierdie twee kan nie geskei word nie [Ons werk ook] met doelgerigte arbeid Daar is sekere kernprioriteite en die departement van onderwys se visie is
gehalte-onderrig vir elke kind, in elke klaskamer en in skole in die provinsie Vir ons beteken dit doelgerigte arbeid met programme wat hierdie visie altyd in ag neem ” Hoffman streef om eenheid te hou in die skoolgemeenskap en gebruik nou die skool se sosiale media vir die doel “Ek het gewonder hoe ons die skool se Facebookblad as meer as net ’n kennisgewingbord kon gebruik ‘Stories van Hoop’ is begin Dit is om ouers, leerders, onderwysers – almal – ’n stem te gee, want dis inklusief Terselfdertyd spreek ons hoop “Niemand gaan my oortuig niks goeds gaan uit Klapmuts kom nie Soms is ons so vasgevang in ’n groef van ellende, maar ek wens die leerders kan
sien wat ek in hulle sien Ek het self in ’n landelike gebied met min geleenthede grootgeword, maar daar was mense wat vir my omgee het Daarom moet ons hoop dryf en hulle te wys wat moontlik is ”
ONDERWYS ROEP HOM
Hoffman het in Tulbugh saam met sy grootouers gewoon voordat hy as tiener by sy ouers in Kaapstad kom woon het Hier het hy later by Simonstadskool gematrikuleer “Al die tekens was daar dat ek die onderwys moes kies, maar ek het dit nie destyds besef nie,” sê Hoffman skertsend Ná matriek het hy by Stuttafords gewerk waar ’n kollega hom geïnspireer het om te studeer ten spyte daarvan dat hy nie seker was van ’n loopbaan in die onderwys nie “Sy het verduidelik as ek gaan studeer, het ek darem iets agter my naam Teen daardie tyd was dit egter al September; ek het nie die registrasiegeld gehad nie, maar ’n vriend neem my toe met sy bakkie na Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Mowbray-kampus om in te skryf ” Ten spyte van haakplekke het Hoffman met sy studies begin en hier het hy een van sy grootste mentors, dr Hendrik Theys, ontmoet Hoffman sê Theys het gewys wat dit is om meer te doen as wat gevra word om uiteindelik in ander, veral jongmense, te belê Hoffman meen ’n skool is ’n dryfveer vir ’n gemeenskap om die grootste impak te maak, maar g’n hoof kan dit alleen doen nie
“Ons moet saam aan die suksesverhaal van hierdie gemeenskap kan skryf met Lieben Und Arbeiden ”
Dis tyd om huis toe te kom.
Geniet die herontmoeting met vriende, herleef ou herinneringe, en ervaar die Matie-gees by die Universiteit Stellenbosch se 10de jaarlikse Tuiskomsnaweekvan Donderdag 11 September tot Saterdag 13 September 2025, op die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse.
Moenie hierdie onvergeetlike oomblikke misloop nie:
Matieland Konsert – Met Nataniël, Margit Meyer-Rödenbeck, Dean Smith en ander Gholfdag – Slaan af met mede-Maties op die Stellenbosch-gholfbaan Teatervertoning – Laat jou wegvoer deur ons opkomende studentesterre.
Matie-wynmakersvertoning – Vier 100 jaar van Pinotage Klas- en koshuisreünies – Haal in met klasmaats.
One of the greatest voices of our generation, eighttime nominee and two-time Grammy Award-winning jazz vocalist Gregory Porter will return to South Africa later this year to thrill local fans with a three-city arena concert tour.
Presented by Showtime Management and Griza Enterprises, the Love is King SA 2025 Tour begins at GrandWest on Saturday 12 November followed by shows in Johannesburg and Durban.
Porter has a longstanding connection with South African audiences, having previously performed at the Joy of Jazz Festival in 2014 and 2015. He captivated local audiences with his first solo and sold-out six engagement concert tour in January.
Hailing from New York, Porter is easily recognised by his signature cap and “deep booming baritone” voice His smooth, soulful sound blends jazz, gospel, soul and blues is often likened to legends like Nat King Cole, Donny Hathaway and Bill Withers.
The highly-talented musician, actor and recording artist is seen as a major figure in contemporary jazz music, coasting both critical acclaim and commercial success globally, especially in the UK and Europe with an extensive following across Africa. He is a distinguished modern jazz icon whose soulful voice and moving storytelling have earned him Grammys, a devoted global fanbase and a reputation as a soulful bridge between classic and contemporary music
In 2023 Porter released his first-ever holiday album Christmas Wish. He has hosted the podcast The Hang, a conversation series featuring his famous friends, as well as his own cooking show The PorterHouse, in which he shared recipes inspired by his local community, experiences from touring the globe, and family cooking traditions.
The concert at the Grand Arena at GrandWest starts at 20:00. Tickets, ranging from R800 to R1 500, are on sale at www.showtime.co.za or www ticketmaster co.za.
Die Toyota Stellenbosch Woordfees vier vanjaar 25 jaar van kuns, kultuur, stories, smaak en vermaak met ’n omvangryke program, winskopies en ’n tema wat jou nooi om “deel” te neem en deel te wees.
Met byna 400 aanbiedings in 12 afdelings gaan gesing, gedans, gekyk, gekuier en sommer baie gedeel word. Die kaartjies lóóp en is aanlyn by Quicket te koop. Die fees word van Saterdag 11 tot Sondag 19 Oktober tydens die ikoniese Stellenbosse lente aangebied Bring jou kampstoel, kombers en kuiermense vir die Toyota-musiekfees se gewilde opelugkonserte by die Jan Marais-natuurreservaat. Die fees bring die vibe en die vibey na die ’Bos met vertonings deur Will Linley, die Soweto String Quartet, Early B, Mandisi Dyantyis en Die Piesangskille.
ALDIEOPERAS,KOREENAKKOORDE
Gehore word weer bederf deur topkore. Voces Cordis is terug met ’n boeiende program onder leiding van André van der Merwe, wat ook die alombekende Universiteit Stellenbosch-koor dirigeer. Die Tygerberg-kinderkoor, Voices+ en lede van die Universiteit van Johannesburg-koor (Miracle Tree) tree ook vanjaar by die fees op. Aurum Cantores vier Afrikaanse koorwerk met twee blinknuwe uitvoerings in Sing jou lied. Ander kore op die program is Cape Town Camerata, Overberg Women’s Choir (O fire of the Spirit) en die bekroonde Zolani-jeugkoor (New South African Gems)
OPDIEVERHOOG
Die Spier-toneelprogram sluit in die lang verwagte terugkeer van Breyten Breytenbach se Boklied onder regie van Marthinus Basson, Die ander dogter met Sandra Prinsloo, Liefde, Lafras met Antoinette Kellermann, die wenner van die Reinet Nagtegaal-teksprys vir teater, Huis van sand deur Dianne du Toit
Die gewilde Toyota-musiekfees se opelugkonserte by die Jan Marais-natuurreservaat is vanjaar weer deel van die Woordfees-program.
Albertze, sowel as die naaswenner, Die kabinet, deur André Gerber
GRATISENPENSIOENAFSLAG
Die Woordfees wil almal deel maak van ’n betekenisvolle en gedeelde ervaring met ’n rits gratis- en afslagitems Die Diskoersprogram is heeltemal gratis met ’n mondvol gespreksreekse oor wetenskap, politiek, kuns, wyn en die groot honderd vir Afrikaans as amptelike taal.
Jaco van der Merwe bewys met sy uitstekende Filmfeesprogram – ook heeltemal gratis – daar is steeds behoefte om flieks op die grootskerm te sien. Die Clermont-Ferrand- internasionale kortfilmfees is die wêreld se grootste kortfilmfees – naas Cannes die grootste filmfees in Frankryk. En ’n aantal wenners is gratis by die Woordfees te sien Pensioentrekkers van 65 jaar en ouer kry elke Dinsdag 10% afslag op ’n lys uitgesoekte programitems Besoek die fees se webtuiste vir nog besonderhede
Die Toyota Stellenbosch Woordfees bedank graag die volgende maatskappye en instellings, wie se volgehoue ondersteuning die fees moontlik maak: Het Jan Marais Nationale Fonds, Toyota, die Universiteit Stellenbosch, Netwerk24 en Spier-wynlandgoed – om maar net ’n paar te noem.
Besoek woordfees.co.za vir die volledige program en nadere inligting
THURSDAY 28 AUGUST
Franschhoek: The monthly Unlock the Violin Sonata concert series presents the Strauss op 18 in E-flat major at the FRANSCHHOEK DUTCH REFORMED CHURCH at 11:00 The concert features pianist Gerhard Joubert and violinist Johanna Roos, who will discuss the work and history of the music before the performance Tickets are available online through Quicket
Stellenbosch: Fundamano 3 unpacks the secrets of creativity across mathematics, music and several other disciplines, including quantum physics, at the DROSTDY THEATRE at 20:15 The Fundamano production is dedicated to showcasing the creative side of maths, while each show is a journey of discovery, surprise laughter and unveiling of maths Ticket prices range from R80 to R160 via Webtickets
VRYDAG 29 AUGUSTUS
Stellenbosch: Elke laaste Vrydag van die maand verkoop ACVV UTOPIA lemoenkoek en sjokolade brownies, gebak deur ons sjef Die verkope word gedoen by Utopia se hoof ingang, 162 Dorpstraat om 10:30
SATURDAY 30 AUGUST
Stellenbosch: OUDE WERF HOTEL holds an evening where the soulful music of Maxine Ceasar meets great food and wine A four-course meal will be paired with wines from Neethlingshof Estate The event runs from 18:00 to 21:00 Tickets cost R595 per person Book via Dineplan or send an email to reservations@oudewerf co za
SUNDAY 31 AUGUST
Stellenbosch: Acclaimed vocalist Joseph Clark, celebrated for his powerful interpretations of the music of Queen will be joined by guitar virtuoso Axe Lourens on the stage of the DROSTDY THEATRE at 15:00 Together they will take the audience on a musical journey with powerful renditions of timeless classics, spanning decades and genres in Joseph Clark Undercover They will bring new life to some of the world’s most beloved songs; from rock and pop to soulful ballads, when they cover hits such as “Hotel California”, “Let
It Be” “Every Breath You Take” Queen hits and more Tickets costs R260 each and can be book online through Webtickets
WEDNESDAY 3 TO FRIDAY 5 SEPTEMBER
Stellenbosch: The Stellenbosch University Drama Department presents Atrocious Incarnation by Moniq Gouws, featuring Mateo Komlosy and Lukona Mkunyana, at the ADAM SMALL LAB THEATRE at 19:30 daily The production centres on two scientists, two secrets and two sides In a wartime laboratory where logic meets lunacy, two brilliant buffoons discover consciousness can be bottled, transferred, and thoroughly botched Tickets, at R80 each, are available via Quicket
SATURDAY 6 SEPTEMBER
Stellenbosch: SIP THE SEASON marks the start of spring from noon to 15:00 Set across the Oude Werf and Stellenbosch hotels, the experience invites guests to sip wines from 14 participating wineries, taste, wander, and connect Enjoy MCC tastings, seasonal small plates and live music as you move between the two iconic venues Limited tickets at R295 per person includes food bubbles, and entertainment; book via Quicket
MAANDAG 8 SEPTEMBER
Stellenbosch: Met Apologie: Ter Nagedagtenis aan Roelof Temmingh (1946-2012) word om 19:00 as deel van die Endler-konsertreeks by die ENDLER-SAAL aangebied Die werk van die bekende wyle komponis sal deur Anmari van der Westhuizen, Liesl Stoltz, Minette du Toit-Pearce, Johanna Roos, Winand Grundling, Marina Pienaar, Roelof Temmingh Jnr , en Liezl-Maret Jacobs opgevoer word Kaartjies is aanlyn deur Webtickets te koop
FRIDAY 12 SEPTEMBER
Technopark: MEALS ON WHEELS holds its annual general meeting at Protea Hotel Stell at 10:30 To RSVP or for more information, call 021 851 6610 or 063 499 3110, or send an email to info@mealsonwheelswc org za
Stuur alle kalender-inskrywings na eikestadnuus@novusmedia co za
In accordance with the approved Spatial Development Framework (SDF) / Integrated Development Plan (IDP) / Budget Time Schedule / Process Plan 2026/27, the Stellenbosch Municipality plans to embark on an IDP public participation process, which entails area–based engagements in the form of IDP Publ c Participation Open Days. The Stellenbosch Municipality encourages participatory democracy and invites all members of the public to attend our IDP Public Participation Open Days for their ward / area as scheduled below.
In addition to the IDP Public Participation Open Days, alternative platforms wil be available to community members and stakeholders to submit their written comments in preparation for the drafting of the 4th review of the 5th Generation IDP 2022 - 2027 by using the following platforms:
• Municipal Website: www.stellenbosch.gov.za; • WhatsApp: 067 427 1556; • Email: idp@stellenbosch gov za; and • “IDP Written Submission” forms will also be avai able at al libraries and ward ofces dur ng normal of
ce hours. The public participation period commences on Monday, 8 September 2025, and the closing date for input is Tuesday, 30 September 2025 at 16:30
Yaël Malgas
In the heart of Cloetesville is a school with world-class classrooms where innovative staff have taken up the challenge to integrate the school with iLearning and have exceeded expectations
This according to Michelle Lissoos, director of iStore Education and the iSchoolAfrica Education Trust, who recently visited the Dorothea Special School Here Lissoos and visitors were shown how Dorothea Special School has incorporated the iPad and the accompanying software into their school day to help all learners, no matter their learning challenges, reach their academic potential
iSchoolAfrica’s journey with the school started six years ago with a donation of 16 iPads Since then additional donations, training and assistance has helped the school became the world’s first Apple Distinguished School which caters to learners with special needs
Lissoos said Dorothea school is a shining example of why iStore Educa-
tion and iSchoolAfrica was first created in 2009 “Dorothea is the epitome of what we at iSchoolAfrica believe: that every child should have access to the right tools to success The staff have integrated iLearning into everything they do and it has become a world class school because of it ”
The trust helps mainstream and special schools, including those for deaf, blind and differently abled learners through the iSchoolAfrica Inclusion Programme
“Taking the first steps was daunting but worth it,” principal Anthea Williams said “We are in awe of the raw talent we see in our learners, which has shone through thanks to the integration of the iSchoolAfrica programme into curriculum We are so grateful to the iSchoolAfrica team for all the have done to help Dorothea ”
Now learners with severe intellectual disabilities (SID), profound intellectual disabilities (PID) and autism spectrum disorder (ASD) use iPads to do mathematics, improve their fine motor skills, make posters and even create animated comic strips
For therapists like Geraldine Jacobs, the iPads have become another tool with which to provide speech-and-language therapy to non-verbal learners and provide a means for learners to communicate their wants and needs
In teacher Jasmin Meyer’s Grade 3 ASD class, learners were recently taught about the dangers of pollution and the negative effects it has on both the environment and people
After creating hand-made posters, the learners had to create digital versions of their work, which included animations Through the skills learnt in class these children may one day become graphic designers or videomakers, which according to Williams is the ultimate mission of the school
She said the school’s mission is to help learners intergrate into the society at large
“Our learners have the potential to be active, contributing members of society who can prosper It is simply a case of providing them with the right resources to enhance and strengthen that potential so they can successfully integrate into society and the working world ”
The Apple-related skills Dorothea’s staff have acquired haven’t been limited to Dorothea, as its staff work with neighbouring mainstream schools, such as Rietenbosch “Dorothea SS is driven by its learners’ needs and works with them to prosper,” Williams said “We’re in the business of creating hope, and with partners such as the iSchoolAfrica Education Trust we will continue to do it.”
Yaël Malgas
By die Laerskool Rietenbosch groet Mario Jooste nie met “goeie middag” nie, maar liewer “Ni hao”
Dié gr.6-leerder is eersdaags op pad China toe waar hy Suid-Afrika in die Chinese Bridge-kompetisie sal verteenwoordig en sy talent in Mandaryns ten toon sal stel.
Mario is een van die skool se 12 leerders wat lid van die Chinese buitemuurse klub is Die 12-jarige het in Junie saam met sy klasmaat Lyle Zimry aan die Chinese Bridge-kompetisie vir laerskole deelgeneem Die twee het met die eerste twee plekke weggestap
“Ek het voorheen – in 2023 –aan die kompetisie deelgeneem, dus was ek nie hierdie keer so senuweeagtig nie Ek was baie gelukkig en trots toe hulle sê ek het gewen,” vertel Mario Die skool se klub word deur die Confucius Instituut van die Universiteit Stellenbosch (CISU) b h ti Hi k l d di
KRUIEKENNER 1435
BETREKKINGS 3600
BETREKKINGS GESOEK 3670
AANSUIWERINGSBEGROTING 2025/2026 EN HERSIENDE DIENSLEWERING EN BEGROTINGSIMPLEMENTERINGSPLAN 2025/2026
Hiermee word kennis gegee dat dieAansuiweringsbegroting en HersiendeDiensleweringenBegrotingsimplimenteringsplanvir 2025/2026 op 25 Augustus 2025 kragtens artikels 28 (2)(e), 28 (2)(5) en 54 (3) van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (Wet 56 van 2003) en Artikel 23 (5) van die Munisipale Begrotings-en Rapporteringsregulasies, deur die Raad goedgekeur is. Die begroting word hiermee bekendgemaak aan die publiek kragtens regulasie 26 van die Munisipale Begrotings-enRapporteringsregulasies
IngevolgeArtikel 21Avan die Munisipale Stelsels Wet ( Wet 32 van 2000), stel die Stellenbosch Munisipaliteit hiermee die gemeenskap in kennis dat die aansuiweringsbegrotings dokumentasie gedurende kantoor-ure beskikbaar sal wees by die ondergemelde munisipale kantore en biblioteke Die goedgekeurde dokument is ook op die munisipaliteit se webwerf(www.stellenbosch.gov.za)beskikbaar
Die munisipale kantore en biblioteke waar dokumente geplaas gaanwordisasvolg:
MunisipaleKantoor,Pleinstraat,Stellenbosch; MunisipaleKantoor,Hugenoteweg,Franschhoek; MunisipaleKantoor,Hoofweg,Pniël; Wykskantore; Biblioteek,Pleinstraat,Stellenbosch; Biblioteek,Sonnebloemstraat,Ida’sVallei,Stellenbosch; Biblioteek,Langstraat,Cloetesville,Stellenbosch; Biblioteek,Masithandanestraat,Kayamandi,Stellenbosch; Biblioteek,Hoofweg,Pniël; Biblioteek,Reservoirstraat-Wes,Franschhoek;en Biblioteek,LeRouxStraat,Groendal,Franschhoek GMettler MunisipaleBestuurder
ADJUSTMENTS BUDGET 2025/2026 AND AMENDED SERVICE DELIVERY AND BUDGET IMPLEMENTATION PLAN 2025/2026
Notice is hereby given that the Adjustments Budget for 2025/2026 and Amended Service Delivery and Budget Implementation Plan was approved by the Council on 25 August 2025 in terms of Sections 28 (2)(e), 28 (2)(5) and 54 (3) of the Municipal Finance ManagementAct (Act 56 of 2003) and Section 23 (5) of the Municipal Budget and Reporting Regulations. The budget is hereby made public in terms of regulation 26 of the Municipal Budgeting and Reporting Regulations.
In terms of Section 21Aof the Municipal SystemsAct (Act 32 of 2000), the Stellenbosch Municipality hereby informs the community that the adjustment budget documentation will be available during office hours at the under mentioned municipal offices and libraries. The approved document is also available onthemunicipality'swebsite(www.stellenbosch.gov.za).
The municipal offices and libraries wherethedocuments will be placedareasfollows:
MunicipalOffice,PleinStreet,Stellenbosch; MunicipalOffice,HugenoteWay,Franschhoek; MunicipalOffice,MainRoad,Pniël; Wardoffices; Library,PleinStreet,Stellenbosch; Library,SonnebloemStreet,Ida’sValley,Stellenbosch; Library,LongStreet,Cloetesville,Stellenbosch; Library,MasithandaneStreet,Kayamandi,Stellenbosch; Library,MainRoad,Pniël; Library,ReservoirStreetWest,Franschhoek;and Library,LeRouxStreet,Groendal,Franschhoek.
GMettler
MunicipalManager
UHLENGAHLENGISO KULWABIWO-MALI LUKA-2025/2026
ULUNGISO LONIKEZELO LWENKONZO KWAKUNYE NESICWANGCISO SOPHUNYEZO SOHLAHLO LWABIWO-MALI LUKA-2025/2026
Sazisa malunga nokuphunyezwa koHlengahlengiso kuHlahlolwabiwo Mali kwakunye Nohambiso lweNkonzo oluhlaziyiweyo nesiCwangciso sokusetyenziswa koHlahlo lwabiwo-mali lonyaka wama 2025/2026 liBhunga ngomhla wama-25 kuAugust ka-2025 ngokwesahluko sama-28 (2)(e), 28 (2)(5) no 54(3) soMthetho wokuLawula iiMali zikaMasipala (Isicatshulwa-Mthetho sama-56 ka-2003) nesahluko 23 (5) soHlahlo lwabiwo-mali lukaMasipala nemiGomo yokunika ingxelo Oluhlahlo-lwabiwo mali lukaMasipala likhutshwa esidlangalaleni ngokomgqaliselo woMthethomgaqo wama-26 kuMthetho woHlahlo-lwabiwo mali lukaMasipalanemiGaqoyokunikaingxelo.
Ngokwesahluko sama-21AsoMthetho kaMasipala ongokwenziwa kwezinto (Isicatshulwa-Mthetho sama-32 ka-2000) likaMasipala waseStellenbosch wazisa uluntu ukuba umqulu wohlahlo lwabiwomali elihlengahlengisiweyo uzakufumaneka ngee-yure zomsebenzi kumagumbi okusebenzela kamasipala ezikhankanyiweyo ngezantsi apha Lomqulu ophunyeziweyo u k w a f u
p a l a (www.stellenbosch.gov.za)kunyenakwezindawozilandelayo: iOfisikaMasipala,PleinStreet,Stellenbosch; iOfisikaMasipala,HugenoteWay,Franschhoek; iOfisikaMasipala,MainRoad,Pniël; nakwiiOfisizooCeba; iThalaleencwadi,PleinStreet,Stellenbosch; iThalaleencwadi,SonnebloemStreet,Ida’sValley,Stellenbosch; iThalaleencwadi,LongStreet,Cloetesville,Stellenbosch; iThalaleencwadi,MasithandaneStreet,Kayamandi,Stellenbosch; iThalaleencwadi,MainRoad,Pniël; iThalaleencwadi,ReservoirStreetWest,Franschhoek; iThalaleencwadi,LeRouxStreet,Groendal,Franschhoek. NguG.Mettler UmphathikwaMasipala
Kingdom Development Projects (KDP) het Saterdag 9 Augustus sy jaarlikse Vrouedag-sportfees by die Kanonkop-sportveld aangebied.
Sowat 600 mense het byeengekom vir ’n dag wat nie net oor sport gegaan het nie, maar oor gemeenskapsamehorigheid, die krag van vroue en die oorwinning van uitdagings
Ten spyte van die koue wind en reën het die sokker- en netbalspelers, afrigters, ondersteuners en vrywilligers hul staan gestaan en hul sit gesit Sportmangees het geseëvier en die gees van die deelnemende gemeenskappe was sterker as enige storm KDP, wat deur die Klapmuts-inwoner Leticia Pietersen begin is, het ’n duidelike doel met dié sportdag – om landelike gemeenskappe te verbind, jong mense hoop te bied en die ongesiene bydraes van vroue in sport te vier
“Die Vrouedag-sportfees het gewys dat sport die vermoë het om brûe te bou, harte te verbind en hoop te bring – selfs in die middel van ’n storm Dit was nie net ’n sportdag nie; dit was ’n viering van volharding, gemeenskap en die onbreekbare gees van vroue,” het sy verduidelik
Die Vrouedag-sportfees is die ontmoetingspunt van twee distrikte – die Stellenbosch- landelike sportunie (onder leiding
van Desmond Engelbrecht) en RODSA van die Rawsonville-sportunie (onder leiding van Ellias Kannemeyer)
“Hierdie vroue, wat soggens voor dagbreek opstaan om kos te maak, sporttoerusting gereed te kry en kinders veilig by hul bestemmings te kry, word dikwels nie genoeg erken nie Hierdie dag was vir hulle – die stil heldinne van die gemeenskap,” het Pietersen gesê
Tydens die fees het die o 15-, o 17-, o 18en twee senior spanne dinge op die sokkerveld uitgespook, terwyl die o 16-, o 19- en senior spanne van Stellenbosch en Rawsonville mekaar die stryd op die netbalbane aangesê het
Stellenbosch het in al die netbalwedstryde met die louere weggstap, terwyl Stellenbosch ook die o 17- en senior A-sokkerwedstryde beklink het Rawsonville was in hul noppies met hul seges in die o 15-, o 18- en senior B-wedstryde
“Een van die mees aangrypende oomblikke was toe Stellenbosch se senior netbalspan hul goue trofee aan Rawsonville oorhandig het – ’n gebaar van sportmanskap en waardering wat trane in baie oë gebring het,” het Pietersen bygevoeg
Benewens die aksie op die sportveld is inspirerende toesprake ook deur verskeie gasprekers gelewer KDP bedank al die borge wat die dag moontlik gemaak het.
By die Vrouedag-sportfees in Stellenbosch (van links) was Brian Minnies (voorsitter van die Stellenboschsportforum), Gillian Joubert (KDP se ondervoorsitter), Leticia Pietersen (die stigter en president van KDP), die raadslid Ndipiwe Olayi (Stellenbosch se burgemeesterskomiteelid vir sport, jeug en kultuur), Desmond Engelbrecht (voorsitter van die Stellenbosch- landelike sportunie), die raadslede Deon Carinus (KWDM) en Aron Pietersen (Breedevallei-munisipaliteit) sowel as Edward Pietersen (die KDP-voorsitter)
Avid trail runners and walkers are invited to celebrate the end of the winter months with the Change of Season Trail Run, presented by Sportsmans Warehouse, at L’Avenir Wine Estate, just outside Stellenbosch this Sunday (31 August) Participants will enjoy scenic vineyard and orchard trails, with a choice of a 6 km (R165) or 11 km (R195) route. The shorter option is ideal for beginners and families, while the longer course offers a fun challenge with some flowing single-track. Registration opens at 08:15, with the long route starting at 09:00 and the 6 km event at 09:15 All finishers will receive a medal and there will be refreshment stations, coffee from 08:00, food stalls, live timing, and lucky draws After the run, participants can relax at the dam with L’Avenir’s award-winning wines and enjoy the farm’s family-friendly atmosphere Children under 18 pay just R65 for pre-entries Online entries at www.dirtopia.co.za close on Friday 29 August. For enquiries, send an email to info@dirtopia co za or a WhatsApp message to 078 343 3572
Avril Fillies
Twee spanne van Pniël Villagers, die o 20- en tweede span, is vanjaar se kampioene in hul onderskeie afdelings van Superliga C, nadat hulle Saterdag 16 Augustus teen Atlantis tuis kragte gemeet het
Al vier spanne het die seisoen met vier bonuspunte geëindig en speel in die topses-kompetisie, wat volgende Saterdag (6 September) op City Park in Athlone met die kwarteindstryde begin
Saterdag 16 Augustus is beslis ’n dag vir Pniël Villagers om te onthou, want al vier spanne moes al hul vaardighede ten toon stel om Atlantis in toom te hou
Die o 20-span het geskiedenis gemaak deur ál sy wedstryde van die seisoen te wen – ’n 100% wenrekord – en het ná ’n spanningsvolle oorwinning van 17-12 as die kampioen van die WP Superliga C uit die stryd getree
Die derde span wou nie dat die o 20’s hom oorskadu nie en het ’n goeie seisoen agter die rug Hy het tweede geëindig, nadat hy verlede jaar die
kampioen was Hy het Atlantis met 22-7 geklop
Die tweede span het sy oorheersing in die liga bevestig deur ook as Superliga C-kampioen gekroon te word, ná ’n indrukwekkende 34-5 oorwinning oor Atlantis
Die eerste span het in ’n kragmeting wat die deurslag sou gee oor wie tussen Pniël Villagers en Atlantis die topses sou haal, sy staal getoon. In ’n opwindende wedstryd op ’n nat veld het Villagers die knoop deurgehak en Atlantis met 34-22 verslaan
Die halftydtelling was 24-15 in Pniël se guns Ondanks sterk weerstand van Atlantis het die Pniëllers vasgebyt en volgehou met puik spel
“Die bestuur is baie trots op die spanne, veral die twee kampioene Die sukses kan toegeskryf word aan toewyding en gees Dis ’n bewys van die klub se groei en karakter Met dié oorwinnings agter die rug kyk Pniël Villagers nou met vertroue vorentoe, na die topses-uitspeelrondes Sterkte aan al ons spanne – Die Pniël- en Dwarsrivier-gemeenskap is trots op julle,” sê Winston Stubbs, klub-voorsitter