Skip to main content

Eikestadnuus - E-Edition - 27 November 2025

Page 1

27 November 2025 - 3 Desember 2025

GRATIS | FREE

Nuus net vir jou sedert 1950

NM10035672-EN061125

Ma pak skuld op Stellenbosch-hospitaal

Herrie nadat seuntjie sterf Yaël Malgas

K

ommentaar en klagtes oor die Stellenbosch-hospitaal het die afgelope week op sosiale media ingestroom nadat ’n Jamestownfamilie hul ervaring gedeel het van hoe die 10 maande oue Mileeck Newman in die hospitaal gesterf het. Mileeck is verlede Vrydag (21 November) deur sy ma, Tammy (18), na die plaaslike staatshospitaal gehaas nadat hy volgens die familie gesukkel het om asem te haal. Tammy se ouer suster, Jodine, het na afloop van Mileeck se dood ’n inskrywing op Facebook geplaas oor wat die gesin as die hospitaal se nalatigheid beskou. “Hy het net vinnig begin asemhaal; wou niks eet of drink nie. Hy was so pap,” het sy geskryf. Jodine het vertel haar suster moes Yaël Malgas A language expert and passionate teacher is how the community will remember Mlamli Matshingana, deputy principal of Khayamandi Primary School who was fatally wounded at the school last Friday (21 November). The provincial education department said learners had already been dismissed when the 54-year-old decided to sit under a tree, where he was approached by an armed man who had entered the school premises and shot him. “The department is deeply shocked and saddened by the fatal shooting of a deputy principal in what appears to have been a targeted attack on Friday afternoon,”

personeel glo ure lank smeek om haar seuntjie te help. “Sy huil, sy smeek, ‘asseblief, verpleegster, help net my kind met minstens ’n drup; julle betaal mos nie daarvoor nie’. Die verpleegster aan diens het my sussie uitgelag – gemorste!” lui die inskrywing. Jodine het vandeesweek aan Eikestadnuus gesê Tammy is te emosioneel en oorweldig om met die media te praat, maar die familie voel hul ervaring móét gedeel word sodat die hospitaal verantwoordelik gehou kan word. Na afloop van Jodine se plasing op sosiale media het talle ander Stellenbossers hul slegte ervarings met die hospitaal gedeel. Klagtes oor die gehalte van diens, ’n gebrek aan duidelike antwoorde oor gevalle en nalatigheid was onder die klagtes wat deur inwoners uitgelig is. Jodine beweer al wat haar susterskind ontvang het, was Panado, waarna hy “styf getrek” en sy ogies toegemaak het.

Die Stellenbosch-hospitaal. Foto: Yaël Malgas

Tammy het die onwerklikheid van haar seuntjie se dood Sondag (23 November) op sosiale media gedeel. “Nooit het gedink ek sal ooit die mammie wees oor wie se baba almal inskrywings sou maak nie. Ek sien die afgelope tyd al die mammies wat hul kinders verloor en ek vra myself hoe gaan ek dit ooit kan hanteer soos dié mammas dit hanteer? En kyk vandag... Maar al wat ek kan doen is om net daarmee saam te lewe en my sterk te hou. Ek weet my baba is op ’n beter plek,” meen sy. By navraag het Sandra Maritz, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, bevestig Mileeck is Vrydag in die hospitaal oorlede nadat die seuntjie se toestand vinnig agteruitgegaan het. “Volgens ons rekords het mej. Newman haar baba die nag van 21 November na die Stellenbosch-hospitaal se noodsentrum gebring. Hy is met aankoms geassesseer en in die vroeë oggendure deur ’n dokter ondersoek. Hy is toe

Teacher’s murderer sought Bronagh Hammond, a spokesperson for the department, said. The incident apparently occurred around 13:10 in view of some learners and staff members. Provincial police spokesperson Sergeant Wesley Twigg, a Western Cape provincial police spokesperson, confirmed police are investigating the murder. “Police attended to the crime scene where they found the victim with a gunshot wound to his body,” he said. “The victim was declared dead at the scene by medical personnel. The motive for the attack forms part of the police inves-

tigation.” Hammond said the shooting is believed to be a targeted attack. On Wednesday morning (26 November), Captain Nathalie Martin, spokesperson for Stellenbosch police, said no arrests have been made. Eikestadnuus recently spoke to a local involved in crime prevention, who confirmed the local township is seen as a red zone and hotspot area for serious contact crimes such as murder, attempted murder and assault. Hammond added that counselling and trauma support teams have been dispatched to the school to assist staff and

Tammy Newman (18) van Jamestown met haar 10 maande ou seuntjie, Mileeck.

in die kinderafdeling opgeneem. Op die oomblik toe mej. Newman gevra het oor ’n oorplasing na ’n ander fasiliteit, het die baba se toestand vinnig agteruitgegaan. Ten spyte van die mediese span se pogings om hom te resussiteer, is hy ongelukkig oorlede,” het Maritz verduidelik. Sy het bygevoeg beide die hospitaal én die departement beskou die kommentaar van die familie in ’n ernstige lig. “Die hospitaal het ’n gedetailleerde hersiening van die sorg wat verskaf is, begin, sodat ons ten volle kan verstaan wat gebeur het.” Intussen het Tammy ander mammas, wat soortgelyke ervarings deurgemaak het, gevra om met haar in verbinding te tree “om op te staan vir almal en almal kan opstaan vir my”. Sy meen hoewel dit niemand se geliefde sal terugbring nie, dit ’n volgende mens se lewe kan red.  ’n Gedenkdiens vir Mileeck word vandag (Donderdag 27 November) om 19:00 by Mountain View-weg 196 gehou. learners, who are understandably devastated by the senseless act of violence. “We extend our heartfelt condolences to the family, friends and the entire school community during this difficult time. This is a tragic and deeply disturbing incident, and we urge law enforcement to ensure the perpetrator is swiftly brought to justice,” she said. Matshingana was previousy a language education specialist for the Department of Basic Education. With his love of isiXhosa, he had also been a poetry judge for the Franschhoek Literary Festival’s poetry competition for learners.  Members of the public with information about the shooting to contact CrimeStop on 08600 10111 or use the MySAPS anonymously.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Eikestadnuus - E-Edition - 27 November 2025 by Novus Media - Issuu