Skip to main content

Eikestadnuus - E-Edition - 26 February 2026

Page 1

26 Februarie 2026 - 4 Maart 2026

GRATIS | FREE

Nuus net vir jou sedert 1950

46 Years at your service • All work guaranteed • Quality maintenance • New installations

021 887 2155

NM10048549-EN260226

Stellenbosch ready to tee-off! Ernie Els will also feature on the greens. Photo: Christian Petersen/Getty Images/AFP Stellenbosch is buzzing with energy as Stellenbosch Golf Club hosts the Investec South African Open. With over 30 000 tickets sold, this “Tribute to History” promises unforgettable drama. From Thursday 26 February to Sunday 1 March, defending champion Dylan Naidoo (pictured) will lead a world-class field featuring international heavyweights, local heroes and rising stars. The stakes couldn’t be higher as history beckons in the country’s second oldest town. Photo: Tyrone Winfield

Charl Schwartzel will also be part of the field at the Investec SA Open. Photo: Michael Reaves/Getty Images/AFP

US golfer Patrick Reed will be planning to make his mark. Photo: Stuart Franklin/Getty Images

Rising star Casey Jarvis will hope to continue his winning ways. Photo: Tyrone Winfield

‘Tieners’ val wag aan

Jana Scheepers

’n Veiligheidswag van die Dogs and All-veiligheidsmaatskappy is die afgelope Sondag (15 Februarie) helder oordag in Franschhoek aangerand en met ’n mes in die maag gesteek. Hy is in ’n ernstige toestand na ’n hospitaal vervoer. Volgens Kurt Maske, ’n vrywilliger verbonde aan die Franschhoek First Responders, het die voorval om ongeveer 17:00 plaasgevind, waarna hy en sy span die veiligheidswag bygestaan en op ’n ambulans gewag het. Die voorval het glo op die hoek van Uitkyk- en Hoofstraat plaasgevind, waar die veiligheidswag deur vier onbekede mense – vermoedelik tieners – aangeval en in die maag gesteek is.

In hospitaal ná met mes gesteek

Maske het gesê die man is slegs een keer gesteek, maar die steekwond het vermoedelik organe getref, wat die situasie vererger en baie bloeding veroorsaak het. Hy weet nie wat tot die onderonsie gelei het nie, maar weet dat die vier mense die veiligheidswag agtervolg en hom toe aangeval het. Maske se broer het blykbaar ná die voorval die strate ingevaar op soek na die verdagte wat die wag gesteek het, waarna hy hom glo vasgetrek en die polisie ontbied het. Kol. Frederick Rossouw, die bevelvoerder van die Franschhoek-polisie, het die voorval bevestig en gesê iemand is wel

in hegtenis geneem. Hy kon egter nie bevestig of dit ’n minderjarige is nie. Die Franschhoek-polisie ondersoek ’n klag van aanranding. Volgens Rossouw het die veiligheidswag patrolliewerk vir die Franschhoek Safety Initiative (FSI) gedoen. FSI is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat op skenkings staatmaak om Franschhoek te beveilig. Hy het beklemtoon dat die FSI ’n wesenlike verskil in die dorp se veiligheid bewerkstellig en nou saam met die polisie werk. Volgens ’n verklaring deur die FSI patrolleer die inisiatief Hoofstraat en waar geld dit toelaat ook omliggende gebiede

om die dorp vir inwoners, ondernemings en toeriste te beveilig. Die FSI is in 2022 gestig. Luidens die FSI patrolleer vier opgeleide wagte gedurende die somer sewe dae per week, terwyl twee wagte gedurende die winter ontplooi word. Die organisasie beoog om nog wagte aan te stel. Die inisiatief werk ook nou saam met Pepler Alarms se beheerkamer. Die veiligheidspan is direk met die beheerkamer verbind, wat in staat is om die polisie en wetstoepassing tot optrede te aktiveer. Stuur e-pos na fhoekpatrol@gmail.com vir meer inligting oor die FSI, asook om ’n bydrae tot die organisasie se werk te maak. Eikestadnuus het by FSI navraag gedoen, maar die organisasie wou nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Eikestadnuus - E-Edition - 26 February 2026 by Novus Media - Issuu