Eikestadnuus - E-Edition - 23 October 2025

Page 1


KlagteoorBotmaskop

Die storm om die Botmaskopontwikkeling teen die hange van Stellenbosch wil net nie bedaar nie.

In die jongste wending het die CapeXit-party ’n strafregtelike klagte teen die Stellenboschmunisipaliteit en die munisipale bestuurder, Geraldine Mettler, ingedien oor wat die party ’n “omgewingsmisdaad” noem

“Ons het gevind die Stellenbosch-munisipaliteit het na bewering ’n ontwikkelaar op Botmaskop toegelaat om munisipale grond te betree – munisipale grond wat staatsgrond is ‘‘Deur dit te doen, het die ontwikkelaar na bewering magtiging ontvang om die munisipale grond te ontwikkel,” verduidelik Leon Lourens, die hoof van die omgewingsportefeuljekomitee van die CapeXit-party.

Lourens en die Kaapstadse raadslid Karl Bodin het verlede Donderdag (16 Oktober) die klagte by die Stellebosch-polisie aangemeld.

Die party voer aan paaie, ’n heining en water-infrastruktuur is op erf 187020 en die aangrensende munisipale grond, erwe 333 en 3363, aangebring. Hierdie konstruksiewerk is glo onwettig aangesien dit deel van die Kaapse Wynland Biosfeerreservaat en ’n verklaarde bergopvangsgebied is.

Lourens het by navraag gesê die beweerde oortredings is ernstig genoeg dat die party dit goedgedink het om ’n strafregtelike klagte aan te meld

“Die munisipaliteit is getaak

om die omgewings te bestuur – veral daar waar bedreigde spesies voorkom,” sê Lourens. “Daarom moet ondersoek ingestel word om te bepaal hoekom hy na bewering toegelaat het dat die ontwikkelaars die grond ontwikkel. Dit lyk asof die nodige ‘huiswerk’ nie [behoorlik] deur die munisipaliteit gedoen is nie.”

Die klagte wat CapeXit teen Mettler gebring het, is ten opsigte van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998; die Nasionale Omgewingsbestuur: Wet op Biodiversiteit (NEMBA), 2004; die Wet op die Bewaring van Landbouhulp-

bronne; en die Wet op Omgewingsbewaring, 1989.

By navraag het die Stellenbosch-munisipaliteit gesê hy is bewus van CapeXit se optrede.

“Die munisipaliteit sien dit eenvoudig as ’n manier om politieke punte aan te teken,” sê Stuart Grobbelaar, ’n munisipale woordvoerder. Hy sê ook geen verdere kommentaar sal verskaf word nie, aangesien die saak nou in die hof is.

Bouwerk aan die landgoed is vroeër vanjaar stopgesit nadat die Stellenbosch-belangegroep ’n dringende aansoek voor die Kaapse hooggeregshof gebring het. Regter Melanie Holderness

het in April ’n tussentydse interduk toegestaan en die betrokke partye verbied “om enige konstruksie, bouwerk of ander werk by Botmaskop met betrekking tot die ontwikkeling van ’n residensiële landgoed te onderneem of voort te gaan” Dit terwyl die belangegroep se hersieningsaansoek vir die projek se omgewingsgoedkeuring oorweeg word.

Ten tye van Holderness se uitspraak het konstruksiewerk vir munisipale dienste en ander infrastruktuur reeds plaasgevind.

Volgens die hofdokumente beskou die ontwikkelaars die

landgoed van 73 eenhede as erwe wat “ten volle ontwikkel is”, met ander woorde die grond kan nie herstel word soos dit voorheen was nie.

Die hele ontwikkeling is vir 77 eenhede goedgekeur

Op ’n bespreking oor die Botmaskop-ontwikkeling by die Toyota Stellenbosch Woordfees wou talle Stellenbossers steeds weet hoe die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, omgewingsake enontwikkelingsbeplanning goedkeuring vir die residentiële ontwikkeling uitgereik het. Die gesprek is deur Kabous Meiring gelei. Hoewel verskeie partye vir die bespreking genader is, was slegs die plaaslike plantkundige dr. Brian du Preez bereid om op die paneel te sit. Du Preez sê hy het simpatie vir die teenkanting wat die ontwikkelaars ontvang Hy meen die ekologiese gevolge vir Botmaskop moet egter nie onderskat word nie.

Handré Basson, ’n medeontwikkelaar van Botmaskop, bieg hulle sit met die hande in die hare terwyl gewag word vir die departement en die munisipaliteit om die nodige dokumente en bewyse aan die hof te verskaf. Hy meen die vertraging van die projek “val die belangrikste reg in Suid-Afrika – eiendomsreg – aan”.

“Ons [kopers] het huis verkoop in Johannesburg, gesinne afgeskuif, [hul kinders] in skole ingeskryf en huis begin bou, want hulle trek in [by Botmaskop],” het hy verduidelik. Volgens Basson is 28 eiendomme oorgedra, met feitlik die helfte van die eienaars wat in Stellenbosch in huurhuise woon.

Die gespreksleier, Kabous Meiring, en die plantkundige, dr Brian du Preez, in gesprek oor die Botmaskop-ontwikkeling by die Toyata Stellenbosch Woordfees. Foto: Yaël Malgas

Inbrake staan al op agt

reaksie hierop gesê hy syfers nie, maar het veer vier tot vyf sake erdie jaar aangemeld is, aantal klagtes van op plase e Franschhoekdie drie verdagtes reeds mense ondervra, n hegtenis geneem en verdagtes wat er is, nog met die plase verbind kon word

glo om hierdie vooropenbaar, sal die dersoeke verantwoord-

Courchevel-gasteplaas beure kommentaar

Students escape snatchers

Stellenbosch police confirmed a case of kidnapping is being investigated after an incident involving a student last week. According to police a student was walking in Du Toit Street in the Stellenbosch CBD on his way to his car, around 01:30 last Wednesday (15 October) when he saw a white BMW next to his parked vehicle In it he spotted one of his friends and approached the car to investigate

The student was grabbed and forced into the BMW

A person at the back of the vehicle pointed a firearm at his head and demanded his cellphone The friend managed to jump from the vehicle, as did the complainant, who ran to De Lapa pub in Bird Street. Both were taken to hospital. No arrests in the case had been made yet.

 Anyone with information on the incident is asked to call Stellenbosch police on 021 809 5015.

Franschhoek nie, het estig Foto: Jana Scheepers

Front man puts in the hard yards

When the Cape Town Marathon was cancelled because of gale-force winds on Sunday 19 October, 24 000 runners had to hang up their running shoes for the day.

For most, that meant heading home disappointed, but for Francois van Coke, front man

of rock band Fokofpolisiekar, it meant lacing-up anyway “I wasn’t about to let that stop me,” he said “I was running to raise funds for a new playground and jungle gym for the kids at ATKV Abbasorg Educare Centre in Cloetesville. I’m determined to make it happen anyway.”

Van Coke decided to run the 42 km and challenge himself to raise R1 for every metre he ran, with the ambitious goal of reaching R42 000 for Breadline Africa, the NPO building early-childhood education facilities across South Africa

On Thursday 6 November, the day of the official handover

Pasiënte kan nou weer sien

Waar daar eens net wasigheid was, kan 20 pasiënte nou duidelik sien danksy ’n jaarlikse gemeenskapsinisiatief deur dr. Steve Steyn en Mediclinic Stellenbosch. Steyn en sy kollegas het vir die sesde keer danksy hul borge gratis katarak-operasies aan inwoners van Stellenbosch en die omliggende gebied verskaf As deel van Oogsorg-bewusmakingsmaand in Oktober hou Steyn, ’n oogspesialis, jaarliks ’n pro bono-dag. Vir talle van die staatspasiënte was verlede Donderdag (16 Oktober) se operasie hul tweede katarak-prosudere. Lucy Nonzenzele (80) van Jamestown sê hoewel die katarakte nie pynlik was nie, is sy bly sy kan weer sien. “In die nag het my oë so erg gejeuk. Elke keer wanneer ek dit gevryf het, het dit erg getraan. Ek sal nou beter televisie kan kyk,” sê die tuinier

Die lense vir die betrokke prosedures is oudergewoonte deur Isoclear geskenk. Volgens Steyn is dit nooit ’n probleem om vrywilligers vir die pro bono-dag te kry nie danksy sy kollegas wat altyd

bereid is om te help. Die narkotiseurs dr. Rozali Spies en dr. Auret Lochner was vanjaar deel van die span en altesaam 20 pasiënte is in een oggend gehelp

Die Paarliet Ken Gombard sê verlede Donderdag se katarak-operasie was anders as sy eerste. “Tydens die vorige operasie kon ek sien hoe die naald na my oog kom. Ek kan natuurlik niks voel nie, maar ek kon sien hoe hulle die ou lens opbreek. Hierdie keer kon ek niks voel of sien nie en dit was alles vinnig verby ”

Die gratis operasie was vir Jasmine Dollie (58) ’n groot verligting Sy was reeds drie jaar lank op die waglys vir ’n katarak-operasie by die Tygerberg-hospitaal. Dollie, van Belhar, sê dié hospitaal sou haar eers in November kon bystaan. Volgens Steyn bly die gemeenskapsinisiatief ’n hoogtepunt op sy kalender.

“Dit is ’n voorreg om dit te kan doen. Ons doen moeite vir mense in ons gemeenskap. Om iemand te help, is die wonderlikste ding in die wêreld; dit is maar waaroor die lewe gaan,” sê Steyn.

Spies sê sy is bly om te weet pasiënte wat jare lank vir die operasies moes wag,

of the new centre, he will run from Bellville to Cloetesville to keep the momentum going Van Coke has previously tackled the Two Oceans Ultra-marathon for various causes.

 Support his run on the “Francois van Coke – Running for a Playground” page on the GivenGain crowdfunding online platform

is gehelp, veral omdat baie pasiënte digte katarakte ontwikkel het.

“Sommige staatsinstansies sê eenvoudig hulle het nie meer plek op die waglys vir katarak-operasies nie, want hulle is te besig met operasies vir noodgevalle Dit is wonderlik om te weet ons doen die operasie en die volgende dag sal hulle weer kan sien,” sê Spies. Steyn bedank almal wat hand bygesit het vir die dag, asook Mediclinic Stellenbosch wat sy teater vir die operasies beskikbaar gestel het.

Jasmin Dollie, Herman van der Westhuizen, Jasmina Mohamedit, Susanna Swart en Elizabeth Waries is van die pasiënte wat onlangs gratis karatarak-operasies ondergaan het, danksy ’n inisiatief van die oogspesialis dr Steven Steyn en die span van Mediclinic Stellenbosch Foto: Yaël Malgas
Francois van Coke is trading the stage for the road, running to raise funds for ATKV Abbasorg Educare in Cloetesville

Skitterend!

Cloetesville se klein skoonheid Aeesha Moses het weer naam gemaak by die skoonheidskompetisie Toddler and Tween of the World SA Die kompetisie het vandeesmaand in Klerksdorp, Noord-Wes, plaasgevind en hier was sy die vierde prinses in die afdeling 4-5 jaar. Aeesha het die kroon vir liefdadigheid (Crown for a Cause) sowel as beste gewone drag, Blue’tique (tweede prinses), fotogenesiese model (eerste prinses) en model-talent (tweede prinses) gewen

Van emmers tot sterre

YaëlMalgas

Hoewel Amapretty maandeliks meer as 40 000 luisteraars op Spotify lok, is daar een doel waarna die groep steeds mik – om by die jaarlikse Stellenbosch-liggiefees op te tree.

Die fees, wat deur die Stellenbosch-munisipaliteit aangebied word, is ’n droom waarna die viermanskap van Idasvallei steeds mik Amapretty is een van die gewildste Afrikaanse ghom-groepe in die land Tog meen Gio Petersen (19), Brooklyn Julius (19), Raheeq Iyaam “Jaydee” Francois (18) en

Drie van die vier lede van Amapretty Brooklyn Julius (19), Raheeq Iyaam “Jaydee” Francois (18) en Gio Petersen (19) sit in die Julius-gesin se voorhuis wat ook as hul ateljee dien Cheray “Mr Saggie” Jacobs (34) is die vierde lid van die groep

of op die verhoog staan, skree mense my naam Dieselfde mense wat nie in my geglo het nie, skree nou die hardste En dis hoekom ons mense mekaar moet ondersteun Ons Kaapse mense is vinnig om te spog met hul eie op radio en plaaslike nuus, maar ons moet dit méér doen – nie net as iemand se naam trend nie, maar van dag een af Want ondersteuning bou ’n nalatenskap en dit maak ’n movement sterker ” Verby is die dae dat musiekmakers vir blootstelling moes wag – Amapretty het ’n sosialemedia-sensasie geword en TikTok is steeds die platform waar veral

PUBLIC NOTICE: 178/2025

Notice of Feasibility Study to determine the mechanism for the provision of tourism functions and services on behalfofStellenboschMunicipality

Notice is hereby given that the Stellenbosch Municipality is commencing a feasibility study in terms of Section 78(3) of the Municipal Systems Act (Act 32 of 2000) to determine the most appropriate mechanism for the provision of the Municipality's tourism functions

The purpose of the study is to evaluate var ous service delivery options in accordance with Section 78(1)– (3) of the Act, and to determine whether the service should be provided:

1 Internally, through the Municipa ity's own administration;

2 Externally, by way of a service delivery agreement with another organ of state, mun cipal entity, or private service provider; or

3 Through a partnership or joint venture arrangement

The feasibility study will include:

An assessment of the Municipality's internal capacity to deliver the service;

An analysis of potential benets, risks, and cost implicat ons of different mechanisms; Consultation with organized labour, the local community, and other affected stakeholders; and Acomprehensive evaluation of the social, economic, and environmental impacts of the preferred option

Upon completion, the study's ndings and recommendations will be submitted to Council for consideration and decisionmaking in accordance w th Section 78(4) of theAct

Interested and affected part es are hereby invited to submit written comments, representations, or enquiries to:

Lesley van Gensen

Manager: Economic Development and Tourism

Stellenbosch Municipality

nd2 Floor, NPK Building, corner Ryneve d and Van Riebeeck Street

Stellenbosch, 7600

Email: sharon pedro@stellenbosch gov za

Date: 23 October 2025

PUBLIEKE KENNISGEWING: 178/2025

Kennisgewing van 'n Haalbaarheidstudie om n meganisme vir die lewering van toerisme-funksies en -dienste namensdieStellenboschMunisipaliteit

H ermee word kennis gegee dat die Stellenbosch Munisipaliteit 'n haalbaarheidstudie oods ingevolge Artikel 78(3) van die Wet op Munisipale Stelsels (Wet 32 van 2000) ten einde die mees gepaste meganisme vir die lewering van die Munisipaliteit se toerisme-funksies te bepaal

Die doel van die studie is om verskeie dienslewer ngsopsies te evalueer ooreenkomstig Artikel 78(1)–(3) van die Wet en om te bepaal of die diens gelewer moet word:

1 Intern deur die Munisipalite t se eie administrasie;

2 Ekstern deur middel van 'n diensleweringsooreenkoms met 'n ander staatsorgaan munisipale entiteit of private diensverskaffer; of

3 Deur 'n vennootskap of gesamentlike onderneming

Die haa baarheidstudie sal die volgende insluit: n Beoordeling van die Munisipaliteit se interne kapasiteit om die diens te lewer; n Ontled ng van moontlike voordele risiko's en kostegevolge van verskillende megan smes; n Raadp eging met georganiseerde arbe d die plaaslike gemeenskap en ander betrokke belanghebbendes; en n Omvattende evaluering van die sosiale ekonomiese en omgewingsimpakte van die voorkeur-opsie

Na voltooiing sal die bevindings en aanbevelings van die studie aan die Raad voorgelê word v r oorweging en besluitneming ingevolge Artikel78(4) van die Wet

Belangstellendes en geraakte partye word hiermee uitgenooi om geskrewe kommentaar, voorleggings of navrae te rig aan:

Lesley van Gensen

Bestuurder: Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme

Stellenbosch Munisipaliteit

2de Verdieping, NPK-gebou, hoek van Ryneveld- en Van Riebeeckstraat

Stellenbosch, 7600

E-pos: sharon pedro@stellenbosch gov za

Datum: 23 Oktober 2025

Turningsciencefearintofun

It is official; the best physical science teacher in the country is right here in Stellenbosch and can be found in a classroom at Rhenish Girls’ High School.

Lana Schreuder was named best physical-science teacher by the national Department of Basic Education (DBE) for “leading with passion and purpose” at the 2025 National Teaching Awards

Knowing that science can often be a daunting subject for learners, she believes it is important to maintain a balance between working hard and having fun in class

“I have an absolute passion for teaching physical sciences, and I just love seeing that passion develop and evolve among my learners,” Schreuder relates “They often start out a little anxious about the subject, and it definitely is a challenging subject, but I’m fuelled by those ‘light-bulb’ moments when you can see a learner grasp something for the first time ”

Schreuder had her sights set on being a science teacher since her own days at school “My dad was also a science teacher many years ago, and I’m sure that had an influence on me I had a wonderful physical-sciences teacher when I was at school, and I knew at school already that I wanted to be a science teacher ”

Fresh out of university and armed with a BSc degree in mathematical sciences and a teaching qualification, she started her career at De Kuilen High School in Kuils River

There she found an “exceptional” mentor in Gerhard Roux, who also

taught physical science

“I still remember going to his office almost every morning to ask if I understood something correctly or whether my lesson plan was the best way to teach a topic to my learners ”

According to the provincial education department, it was Schreuder’s 21st-century approach to teaching, grounded in engagement, exploring, explaining, elaborating and evaluation, making the particular discipline comprehensible and meaningful to learners

“Showing them the science through experiments, simulations or videos, and helping them discover how the theory we learn in class is applicable to every-day situations or in industry, helps them stay engaged and interested ”

Schreuder has been teaching for 18 years, three of which were spent in England She joined Rhenish in 2014 and has since completed a master’s in education at Stellenbosch University

In her thesis, she focused on the anxiety that often goes with teaching

science The thesis title was “Physical Sciences teachers’ awareness of science anxiety among Physical Science learners”, which identified that more and more learners were showing anxiety towards the subject

“I wanted to learn from my learners and then from other science teachers what we can do to support learners with academic anxiety and strategies we can implement in our classrooms to help reduce this,” Schreuder explains

“I believe the knowledge I gained from this study is helping me to make Physical Sciences more enjoyable to learners ”

Sectors involving science, technology, engineering and mathematics (STEM) are often still male-dominated fields, but Schreuder is happy to take on the challenge of turning this tide

“My learners see me – a woman in science – every day, and they see my passion, resilience and hard work,” she points out

“It is important to be an example to them In addition, my learners get the opportunity to engage in many science-related activities outside the classroom, through national science essay competitions, science olympiads, science expos, science master classes, and visits to and from tertiary institutions

“Exposure to activities such as these help them become more confident in the STEM fields I believe teaching at a girls’ school gives me the opportunity to empower women in science ”

The Stellenbosch-based teacher is humbled and honoured by the award, believing that she represents all teachers who are passionate about teaching physical sciences and striving to inspire their learners to excel in their own way

Kluge praat in Tuinweek

Stellenbosse tuinliefhebbers kan uitsien na ’n wonderlike opening vir die dorp se Tuinweek.

Die wêreldbekende tuinboukundige Leon Kluge van Franschhoek vertel Vrydag 31Oktober van sy onlangse verwerwing van ’n string pryse by die Singapoerse tuinfees Sy geïllustreerde relaas sal alles beskryf wat agter die skerms in Singapoer by die grootste Asiese blomgebeurtenis gebeur het

Kluge is bekend vir sy goue medaljes vir sy Suid-Afrikaaanse fynbosuitstallings by die Britse Chelsea-blommeskou (reeds ses keer sedert 2016), maar daar is ook ander Hy is bekend daarvoor dat hy dikwels die inheemse Suid-Afrikaanse fynbosprag met die plaaslike blommeskat van die verskillende gasheerlande of -streke kombineer Die titel van sy Singapoer-uitstalling was juis “Between Two Worlds”

Die geleentheid word deur die bestuur van Masandise-studiehulp, ’n liefdadigheidsinstelling wat behoeftige eerstegenerasie-studente finansieel, opvoedkundig en persoonlik bystaan, aangebied

Die lesing vind om 10:00 in die Hofmeyrsaal in Kerkstraat, Stellenbosch, plaas Toegang beloop R250 per persoon BesoekPlanktonvirbesprekingsaanlyn

Lana Schreuder, physical science teacher at Rhenish Girls’ High School, has been named the country’s top physical science teacher for 2025
Leon Kluge

Leerders spel in Eikestad

Altesaam 539 leerders van 350 skole uit agt provinsies het vanjaar aan die eindronde van die Sanlam-WOW-Spelfees deelgeneem.

Stellenbosch het behoorlik gegons met meer as 500 leerders van 350 skole van oor SuidAfrika heen wat na die Eikestad gereis het om in die nasionale eindronde van die 16de SanlamWOW-Spelfees te kom klank en spel.

“Die spelfees is een van die hooffokuspunte van die WesKaapse onderwysdepartement (WKOD) en is deel van die provinsiale plan om taal in die provinsie te verbeter,” verduidelik Ebrahim Peck, die WKOD se onderwyskundige hoof van die intermediêre- en senior fase.

“Die spelfees is een van die belangrikste kontak- en interaksiepunte met die Universiteit Stellenbosch (US) se Woorde Open Wêrelde-inisiatief (WOW). Ons is trots om al jare hierby betrokke te wees.”

Die spelfees is die vlagskipprojek van WOW, ’n bemagtigingsinisiatief deur taal- en kultuurprojekte by die US se afdeling vir sosiale impak en transformasie. Die onderskeie grade van elke taal is by lesinglokale van die universiteit

ingedeel.

Vanjaar is ook die eerste jaar dat die spelfees ’n ombud by elke graad ingesluit het en aan wie ouers hul vrae kon rig. “Ek moet seker maak dat geen foute insluip nie. As ’n ouer nie met iets saamstem nie, nader hulle my en ons klaar dit uit,” verduidelik Denise Priga-Ritter, die ombud van die gr.1-leerders.

Al die beamptes van die spelfees is onderwysers van oral in die land. “Almal wat hier werk, moet hulle laat tuis voel sodat die kinders dit net kan geniet. Al die beamptes moet liefdevol wees, want dit is ouers wie se kinders hier sit – hulle én die onderwysers moes baie opofferings maak,” sê Gail Saaiman, die spelfeesbestuurder van die gr.1-klas. “Ek het al baie plooie by WOW bygekry, maar geniet dit vreeslik.”

Fiona van Kerwel, WOW se bestuurder, benadruk hoe belangrik dit is dat die spelfees ’n feestelike ervaring vir die jong deelnemers is “Ons slyp nie net hul taalvaardighede nie, maar werk ook om hul selfvertroue te bou. Ons stel hulle bloot aan geleenthede by die US en ons wil dit as ’n vriendelike omgewing aan hulle wys – een waar hulle ondersteuning het.”

The Methodist Church of Southern Africa, Stellenbosch Circuit, under the leadership of Reverend Loyiso Molosi, helped brighten Kayamandi High School up this month This year the church is celebrating a year “Relocated and Repositioned for Mission and Ministry – The Other Side Awaits” Local members decided to reach out to the high school to give its hall a facelift. Armed with donations of paint and volunteers, the group spent two Saturdays (4 and 18 October) painting the school facility According to circuit steward Brother Anele Nofemele, it is important for the community to show support and care to the learners and this is just one project to show this support.

Photos: Yaël Malgas

Die Hoërskool Cloetesville-matrikulant Candice Claims vier haar

Atlete wys hul staal op die baan

Leerders van Paul Roos Gimnasium het op Dinsdag 23 September aan die eerste PRG-Spele deelgeneem Die dag was ’n groot sukses en goeie voorbereiding vir die nuwe atletiekseisoen Foto: Dian Lategan

Rugby an outlet for youths

In an initiative aimed at keeping high schoolers on the field and off the streets Khayamandi High School has introducing rugby as a sport code.

“I once imagined myself wearing a Khayamandi rugby jersey with number 10 on the back, taking the winning penalty,” Siwaphiwe Kula, a Grade 12 learner of Khayamandi High, said.

“When I was imagining this it made me feel like a Springbok player, feeling as if the whole

world is watching, waiting for me to pop that extra joy in their hearts by slotting the penalty.”

For the 19-year-old, starting rugby at the school has been a dream since the 2023 Rugby World Cup He and his fellow learners watched the tournament and knew there was interest among the learners to do more than simply watch matches

Siwaphiwe played rugby for a local club, and after the World Cup many learners dubbed him Siya Kolisi, after the Spring-

bok captain. “My role-model in rugby is Damian Willemse, who started being a professional player at the age of 18 playing for the DHL Stormers.

“Rugby means a lot to me because it is the only thing I know and love. When I’ve had a bad day or am feeling sad, I just go to the field and kick the rugby ball.”

With the matric learner’s help, rugby will be added the school’s other sport codes: soccer, netball, handball and basketball

Siwaphiwe said too many learners spend their down time “engaging in wrong things,” such as drugs and alcohol abuse and fighting among boys

“As a young person with potential it must be depressing and hard to accept one is hamstrung by lack of opportunity, so all the talent inside has no constructive way of getting out. It would be a pleasure and a dream come true for many learners if they get a chance to show their potential, something that is sure to change lives.”

Siwaphiwe Kula, a Grade 12 learner at Khayamandi High, is committed to starting rugby at the school

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.