23 Oktober 2025 - 29 Oktober 2025
GRATIS | FREE
Nuus net vir jou sedert 1950
NM10030748-EN021025
Klagte oor Botmaskop Yaël Malgas
Die storm om die Botmaskopontwikkeling teen die hange van Stellenbosch wil net nie bedaar nie. In die jongste wending het die CapeXit-party ’n strafregtelike klagte teen die Stellenboschmunisipaliteit en die munisipale bestuurder, Geraldine Mettler, ingedien oor wat die party ’n “omgewingsmisdaad” noem. “Ons het gevind die Stellenbosch-munisipaliteit het na bewering ’n ontwikkelaar op Botmaskop toegelaat om munisipale grond te betree – munisipale grond wat staatsgrond is. ‘‘Deur dit te doen, het die ontwikkelaar na bewering magtiging ontvang om die munisipale grond te ontwikkel,” verduidelik Leon Lourens, die hoof van die omgewingsportefeuljekomitee van die CapeXit-party. Lourens en die Kaapstadse raadslid Karl Bodin het verlede Donderdag (16 Oktober) die klagte by die Stellebosch-polisie aangemeld. Die party voer aan paaie, ’n heining en water-infrastruktuur is op erf 187020 en die aangrensende munisipale grond, erwe 333 en 3363, aangebring. Hierdie konstruksiewerk is glo onwettig aangesien dit deel van die Kaapse Wynland Biosfeerreservaat en ’n verklaarde bergopvangsgebied is. Lourens het by navraag gesê die beweerde oortredings is ernstig genoeg dat die party dit goedgedink het om ’n strafregtelike klagte aan te meld. “Die munisipaliteit is getaak
Party soek politieke gewin, sê munisipaliteit
Die gespreksleier, Kabous Meiring, en die plantkundige, dr. Brian du Preez, in gesprek oor die Botmaskop-ontwikkeling by die Toyata Stellenbosch Woordfees. Foto: Yaël Malgas
om die omgewings te bestuur – veral daar waar bedreigde spesies voorkom,” sê Lourens. “Daarom moet ondersoek ingestel word om te bepaal hoekom hy na bewering toegelaat het dat die ontwikkelaars die grond ontwikkel. Dit lyk asof die nodige ‘huiswerk’ nie [behoorlik] deur die munisipaliteit gedoen is nie.” Die klagte wat CapeXit teen Mettler gebring het, is ten opsigte van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998; die Nasionale Omgewingsbestuur: Wet op Biodiversiteit (NEMBA), 2004; die Wet op die Bewaring van Landbouhulp-
Arts help 20 gratis om weer te sien -3
bronne; en die Wet op Omgewingsbewaring, 1989. By navraag het die Stellenbosch-munisipaliteit gesê hy is bewus van CapeXit se optrede. “Die munisipaliteit sien dit eenvoudig as ’n manier om politieke punte aan te teken,” sê Stuart Grobbelaar, ’n munisipale woordvoerder. Hy sê ook geen verdere kommentaar sal verskaf word nie, aangesien die saak nou in die hof is. Bouwerk aan die landgoed is vroeër vanjaar stopgesit nadat die Stellenbosch-belangegroep ’n dringende aansoek voor die Kaapse hooggeregshof gebring het. Regter Melanie Holderness
het in April ’n tussentydse interduk toegestaan en die betrokke partye verbied “om enige konstruksie, bouwerk of ander werk by Botmaskop met betrekking tot die ontwikkeling van ’n residensiële landgoed te onderneem of voort te gaan”. Dit terwyl die belangegroep se hersieningsaansoek vir die projek se omgewingsgoedkeuring oorweeg word. Ten tye van Holderness se uitspraak het konstruksiewerk vir munisipale dienste en ander infrastruktuur reeds plaasgevind. Volgens die hofdokumente beskou die ontwikkelaars die
Amapretty – van emmers tot musieksterre -4
landgoed van 73 eenhede as erwe wat “ten volle ontwikkel is”, met ander woorde die grond kan nie herstel word soos dit voorheen was nie. Die hele ontwikkeling is vir 77 eenhede goedgekeur. Op ’n bespreking oor die Botmaskop-ontwikkeling by die Toyota Stellenbosch Woordfees wou talle Stellenbossers steeds weet hoe die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning goedkeuring vir die residentiële ontwikkeling uitgereik het. Die gesprek is deur Kabous Meiring gelei. Hoewel verskeie partye vir die bespreking genader is, was slegs die plaaslike plantkundige dr. Brian du Preez bereid om op die paneel te sit. Du Preez sê hy het simpatie vir die teenkanting wat die ontwikkelaars ontvang. Hy meen die ekologiese gevolge vir Botmaskop moet egter nie onderskat word nie. Handré Basson, ’n medeontwikkelaar van Botmaskop, bieg hulle sit met die hande in die hare terwyl gewag word vir die departement en die munisipaliteit om die nodige dokumente en bewyse aan die hof te verskaf. Hy meen die vertraging van die projek “val die belangrikste reg in Suid-Afrika – eiendomsreg – aan”. “Ons [kopers] het huis verkoop in Johannesburg, gesinne afgeskuif, [hul kinders] in skole ingeskryf en huis begin bou, want hulle trek in [by Botmaskop],” het hy verduidelik. Volgens Basson is 28 eiendomme oorgedra, met feitlik die helfte van die eienaars wat in Stellenbosch in huurhuise woon.
Rhenish has country’s best science teacher - 5