Skip to main content

Eikestadnuus - E-Edition - 18 December 2025

Page 1

18 Desember 2025 - 24 Desember 2025

GRATIS | FREE

Nuus net vir jou sedert 1950

46 Years at your service • All work guaranteed • Quality maintenance • New installations

021 887 2155

NM10039828-EN041225

Idasvalleier mik hoog

V

an spelkompetisies tot ’n meestersgraad in Afrikaans – met lof – vir ’n Idasvallei-leerder...

Tes-Adri Page was in 2010 ’n “skraal klein meisie” van Idasvallei in Stellenbosch met ’n voorliefde vir tale, gedigte en skryf. Maar onlangs het sy by die Universiteit Stellenbosch (US) se Desember-gradeplegtigheid haar meestersgraad in Afrikaans ontvang – met lof! Deur die loop van die afgelope 15 jaar is sy deurlopend deur haar ma, Tes-Ri Page, ondersteun en aangemoedig. Terselfdertyd het sy nie gehuiwer om elke geleentheid aan te gryp nie – soos dié wat deur die Woorde Open Wêrelde-projek (WOW) moontlik gemaak is. “Ek was 11 jaar oud en in gr. 5 in die Laerskool Idasvallei toe ek die eerste keer aan ’n WOW-spelkompetisie deelgeneem het. Ek het nie geweet wat om te verwag nie. Ek was verbaas toe ek tot die eindronde deurgedring het, maar terselfdertyd het dit my ook baie gelukkig gemaak.” En sy onthou nog die wenwoord: “Halssnoer”. WOW is vanaf 2003 ’n bemagtigingsprojek van die Toyota Stellenbosch Woordfees. Kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste bemagtig leerders en opvoeders deur hul taalkennis en -vaardighede te slyp. Die Sanlam WOW-spelfees is tans die grootste spelkompetisie in Suid-Afrika en word in al nege provinsies aangebied. Tes-Adri glo sy het haar liefde vir taal en onderrig by haar ma

Van spelstryd tot graad – met lof

Die Idasvalleier Tes-Adri Page en haar trotse ma, Tes-Ri, by haar gradeplegtigheid. Foto: Stefan Els

geërf. “ ’n Taalaspek was altyd by alles waaraan ek deelgeneem het, betrokke – van spelkompetisies tot die skoolkoerant,” vertel sy. “Al hierdie geleenthede om voor mense op te tree, het ook gehelp om my selfvertroue te bou. Vandag word ek gemotiveer wanneer ek studente tutor of vir hulle klasgee – om die lig in ’n student se oë te sien wanneer hulle verstaan, om

“Vandag word ek gemotiveer wanneer ek studente tutor ... om die lig in ’n student se oë

te sien wanneer hulle verstaan...”

mense te kan help.” Dié liefde vir tale en om ander deur middel van taal te bemagtig, blyk ook uit die feit dat South African Sign Language (SASL) een van haar vakke op voorgraadse vlak was. Om die pot aan die kook te hou en haar familie te ondersteun, was Tes-Adri die afgelope paar jaar ’n fasiliterende dosent en tutor vir die Verlengdekurrikulum-program, waar sy die akademiese-geletterdheidmodule hanteer het. “Die doel van die module is om studente toe te rus met die nodige vaardighede om akademies te kan skryf, akademiese

tekste te verstaan en dit krities te ontleed. Die fokus is op taal en geletterdheid.” Sy was ook ’n tutor vir Afrikaanse taalaanleer op tweedejaarsvlak: “Die verwagting is dat die studente reeds in Afrikaans kan kommunikeer. Ek moes hulle help om krities in Afrikaans te kan dink en kommunikeer.” Gedurende die afgelope twee jaar moes sy dikwels gedurende die dag klasgee terwyl sy in die aande aan haar tesis gewerk het. Vir haar meestersgraad het Tes-Adri die gebruik van prente in die onderrig van Afrikaans-

vreemdetaalaanleer ondersoek. As tutor het sy agtergekom dat visuele voorstellings en tegnologie as hulpmiddel vir verstaanbaarheid gebruik kan word: “Ek het prente as ’n brug gebruik sodat die betekenis van die woord of sin in die doeltaal verstaan kon word. “Dit was duidelik dat die studente die prente geniet het en dat hulle sodoende die inhoud van die teks beter verstaan het,” verduidelik sy. Vir haar ma, Tes-Ri, was haar werk in die dekaansafdeling van die fakulteit natuurwetenskappe by die US sedert 2003 soos ’n rigsnoer op hul pad. “Ek het baie lief vir my werk en my mense geword. Dit het my weer moed in die lewe gegee, omdat hulle my so goed ondersteun. Om ’n enkelma te wees, is nie speletjies nie – veral as jy nie meer ouers het op wie jy kan staatmaak nie.” Danksy die feit dat permanente werknemers van die US se kinders gratis kan studeer, kon Tes-Ri hierdie en baie ander geleenthede aan haar dogter bied. Sy spog graag oor die feit dat Tes-Adri ook klavier speel en die Royal Schools of Music se gr.-5-eksamen geslaag het. “Ek het nie woorde nie. Al die lof en eer gee ek aan my Here wat my die krag en wysheid gegee het om haar groot te maak. Ek is so trots ek kan dit aan die hele wêreld uitbasuin – dankie God!” Vir Tes-Adri is haar akademiese reis nog glad nie agter die rug nie: “Ek het van kleins af gewéét van die universiteit. Ek sou ná skool na my ma se werk toe stap en daar sit en wag. Ek het altyd geweet ek sal eendag hier wil studeer.” En die volgende mikpunt op haar lys? “ ’n Werk. In alle erns, ’n PhD. Ek wil baie graag verder studeer.”


2 Eikestadnuus

18 Desember 2025

NUUS NEWS

Lesers: ‘Dis nie net baba Newman’

Yaël Malgas

Stellenbosch se plaaslike staatshospitaal is ’n “panado-hospitaal”. Dit is hoe talle Stellenbossers die hospitaal beskryf waar die 10 maande oue Mileeck Newman op Vrydag 21 November gesterf het (“Herrie nadat seuntjie sterf”, Eikestadnuus, 27 November). Die Newman-familie, van Jamestown, voer aan die hospitaal se nalatigheid het tot die baba se dood aanleiding gegee. Sedert nuusberigte oor die 18-jarige Tammy Newman se ervaring by die plaaslike hospitaal en die seer van haar seuntjie se sterfte, het ander inwoners begin uitpak oor hul ervarings by die hospitaal. Voormalige pasiënte wat na Eikestadnuus uitgereik het, het vertel van mediese personeel wat ure lank rondstaan en gesels sonder om na pasiënte om te sien. Ander ma’s het gekla oor hul kraam-ervarings. Een Stellenbosch-ma sê sy is op Woens-

dag 30 Julie na die Stellenbosch-hospitaal om aan haar seuntjie die lewe te skenk. Sy sê hoewel alles aanvanklik goed genoeg gelyk het om haar en baba huis toe te stuur, het dinge vinnig begin skeefloop. “Die volgende dag het ons agtergekom hy is bleek en ons is terug na die hospitaal. By die hospitaal het die studente-dokters vir ’n aar gesoek om bloed te trek, maar hulle het gesukkel en hy was pimpel en pers van hoe hulle gesoek het. Hy is toe opgeneem. “Vrydag [die volgende dag] is ons gesê hy is sonder ’n anus gebore en die melk was besig om sy magie vol te maak omdat hy nie kon ontlas nie. ’n Verpleegster het verduidelik dat die studentdokter hom die verkeerde medikasie gegee het en die dokters moes probeer om die uitwerking daarvan om te keer.” Die ma sê ’n gaatjie moes in haar baba se kop geboor word om ’n aar te vind en “hy het verskeie pype gehad wat uit hom gekom het”. Hoewel die baba later die dag na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas is, was

sy longe baie swak. “Sy longe was baie swak op die ventilator en hoewel hulle probeer het om hom op sy eie te laat asemhaal, was sy hartjie te swak. Hulle het hom toe van die masjien afgehaal ... dit is die ergste om te sien hoe jou kind hulpeloos daar lê en jy kan niks vir hom doen nie,” vertel sy. Nog ’n leser wat sy ervaring gedeel het, sê nadat hy een Saterdag van 08:00 tot 14:00 gesit en wag het vir hulp, het hy besluit om uit te stap. “Die Stellenbosch-hospitaal se personeel is verskriklik arrogant, onvriendelik, ongevoelig en soms baie onprofessioneel,” meen Gerrit Hendricks. “Ek het net ná 08:00 daar aangekom en daar was nie baie mense nie en my leêr was reeds by die verpleegsters. Ek het geduldig gewag terwyl die personeel geskater het van die lag en uitgegaan en met KFC en McDonalds teruggekom het. Ek het net ná 14:00 besluit om te loop. Niemand het my geroep nie,” sê hy. Hendricks het “ten duurste” liewer ’n private dokter gaan spreek. Sy kleinseun het glo ’n soortgelyke ervaring gehad.

By navraag het die Wes-Kaapse departement van gesondheid gesê hulle beskou al die kommentare, voorstelle en klagtes van pasiënte in ’n ernstige lig. Die plaaslike staatshospitaal, wat meer as 5 000 pasiënte dien, ontvang maandeliks egter slegs ’n handjievol amptelike klagtes, wat die departement sê steeds baie kommerwekkend is. Die bestuur raai pasiënte aan om liefs direk met die hospitaal se bestuur te gesels indien die diens nie na wense is nie. Die departement voeg by direkte kommunikasie maak dit ook makliker vir hulle om terugvoer te bied en om uiteindelik probleme op te los. “Ons wil ook die gemeenskap gerusstellend verseker dat duidelike stelsels bestaan om ons personeel te ondersteun en ook om hulle verantwoordelik te hou wanneer nodig. Elke bekommernis en klagte word ernstig opgeneem en ondersoek,” het Sandra Maritz, ’n woordvoerder van die departement, gesê. Sy het bygevoeg die baba Newman-geval word spesifiek ondersoeken die departement is in kontak met die familie.

Japie eers in Stellenbosch-treindiens geleidelik herstel Februarie weer in hof Yaël Malgas

Die saak teen die vermeende kindermoordenaar Elizabeth Japie van Jamestown is tot Dinsdag 25 Februarie 2026 uitgestel. Japie staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend moord en dwarsboming van die gereg, nadat haar suster se sesjarige seuntjie, Zandré Japie, op 3 Mei 2024 in haar woning in Jamestown dood aangetref is. Japie word verdink van die moord nadat haar suster glo haar seuntjie na Japie in Stellenbosch gestuur het nadat Zandré se ma na bewering nie vir hom in ’n skool plek kon kry nie. ’n Paar dae nadat hy in Stellenbosch aangekom het, was die seuntjie egter dood. Japie se saak is tydens haar verskyning in die Stellenbosch-streekhof op Woensdag 10 Desember tot aanstaande jaar uitgestel om haar regsverteenwoordiger tyd te gee om met die saak vertroud te raak. Dit is nadat haar oorspronklike regsverteenwoordiger aan die saak onttrek het en die daaropvolgende prokureur in November nie by die hof opgedaag het nie. Japie het toe aangedui sy sal van ’n regshulp-prokureur gebruik maak.

Terwyl die Kaapse Stadsraad planne beraam om teen 2050 beheer van treine oor te neem, is die Wes-Kaapse Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) steeds besig om plaaslike dienste te herstel. Treindienste tussen Stellenbosch en Eersterivier word tans bedryf. Dit verbind pendelaars aan die groter Metrorailnetwerk. Hoewel Stellenbosch as geheel verskeie stasies het, is slegs die Stellenbosch- en Du Toit-stasies in gebruik. Volgens ’n woordvoerder van Prasa word die Koelenhof- en Muldersveli-stasies steeds geëvalueer. Dié twee stasies vorm deel van Prasa se herstelplan om stasies te herstel en op te gradeer. Die plan volg nadat Metrorail treindienste tydens die Covid-grendeltyd opgeskort het. Dit het tot vandalisme van spoorinfrastruktuur en stasies gelei. Sedertdien het die spooragentskap werk gemaak om treindienste in die provinsie stelselmatig te herstel. Treindieste in Stellenbosch is verlede

Maart hervat. Pendelaars reis van die Eikestad na Eersterivier, of andersom, waar hulle dan oorklim na ’n ander trein om by hul gewenste bestemming uit te kom. “Die heropening van bykomende stasies sal afhang van die voltooiing van uitstaande herstelwerk, veiligheidsinspeksies en sertifisering deur die Spoorwegsekuriteitsreguleerder (SSR),” het ’n Prasa-woordvoerder bevestig. Talle pendelaars was ná die pandemie genoodsaak om treine vir taxi’s te verruil. Volgens Prasa het sowat 60000 plaaslike pendelaars maandeliks van die Stellenbosch-spoordiens gebruik gemaak en die strewe is om meer mense terug na treine te lok. “Passasiersgetalle het sedert die herstel van dienste geleidelik verbeter. Hoewel die getalle steeds aan die herstel is, vergeleke met pre-Covid-vlakke, word Prasa aangemoedig deur die groeiende pendelaarsvertroue en gaan hy voort om betroubaarheid te verbeter om meer passasiers te lok.” Veiligheid en die betroubaarheid van die

treindiens bly pendelaars se grootste bron van kommer. Die Kaapse Stadsraad sê egter hy kan die Kaapse spoordiens beter bestuur. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het vroeër vandeesmaand gesê die Stad Kaapstad sal beheer oor spoorwegdienste, bates en infrastruktuur neem, met private maatskappye wat die dienste onder kontrak sal bedryf. Intussen het Prasa aangedui herstelwerk aan infrastruktuur – insluitend elektriese kabels, seinstelsels en stasiefasiliteite – sal voortgaan en veiligheidswagte word ontplooi om die infratruktuur te beveilig. ’n Enkele treinkaartjie in die Stellenbosch-korridor kos R10. ’n Weekskaartjie (retoer; Maandag tot Vrydag) beloop R60, terwyl ’n Maandag-tot-Saterdag-kaartjie R70 kos. ’n Maandelikse kaartjie kos R180. “Ons bly verbind tot die herstel van volle spoorwegdienste reg oor die Wes-Kaap, insluitend die Stellenbosch-korridor, as deel van ons mandaat om bekostigbare, veilige en betroubare openbare vervoer te verskaf,” sê Prasa.

Some roads under construction will have stop-and-go in place As the festive season starts, the Western Cape Department of Infrastructure will continue its work on the road network. Contractors working on road construction projects are taking a break from Friday 12 December to Monday 12 January 2026, so certain road closures will take place during this period. This includes the Franschhoek Pass

(R45/ MR191), which is open with a section where one lane of traffic can proceed when it is safe to do so; a stopand-go is in place on the Klapmuts/ Simondium Road (MR205); as well as a stop-and-go in place on the Hemel-enAarde Road (MR269). “Road maintenance and expansion projects are vital to keep our road net-

work in shape and responding to transport needs. Motorists are advised to treat all roadworks as active construction sites, even if no construction is underway. For safety, comply with all speed reduction signs, road closure signs, and stop and go arrangements,” said Tertius Simmers, provincial minister of Infrastructure.

Get the best in Blinds and Shutters

IRNA VAN WYK: 082 572 2740 STELLENBOSCH: 021 883 3783 • SOMERSET WEST: 021 851 0176 • GANSBAAI: 068 042 5818 SWELLENDAM: 082 572 2740 • WORCESTER: 082 452 5072 • MOSSELBAAI: 082 449 3653 www.stellenboschblinds.co.za • info@stellenboschblinds.co.za NM10039827-EN041225


NUUS NEWS Eikestadnuus 3

18 Desember 2025

Mayor tells of his first year Yaël Malgas To become the mayor of the town you grew up in is an experience most will never know, but for Stellenbosch’s executive mayor Jeremy Fasser it has been his reality in 2025. The Cloetesville resident spoke to Eikestadnuus about his first year on the job, including the challenges and change that come with being in the hot seat. “Growing up in Stellenbosch, I experienced the town very differently from how I do today. Serving as mayor has given me a fuller picture – the challenges, the promise and the shared responsibility we have towards one another,” Fasser said. “Growing up in Cloetesville, I witnessed both inequality and hardship, but also immense beauty and untapped potential. It was within this potential that I found guidance through mentors who kept me on the right path, broadened my horizons and shaped my outlook on life.” He may well not have known it at the time, but being part of the local theatre group at the Breughel Theatre provided the building blocks of a future career in politics – confidence and projecting outwards. “I was never in leadership roles in my early years. Theatre played a big part in my life and later, when I became an entrepreneur and started my own business, I learnt the importance of accountability and responsibility. That experience helped me understand what leadership truly means; taking ownership of decisions and their consequences.” Fasser took the reins of Stellenbosch Municipality in November 2024, after former mayor Gesie van Deventer stepped down. She was at the helm of the municipality from 2016 until last November, with Fasser serving as her deputy after her re-election. This meant he didn’t go into his newe-

Stellenbosch executive mayor Jeremy Fasser chatting to locals in the heart of the town.

position blindly, but there has been many surprises along the way. “Change is never easy and requires courage and persistence. As executive mayor, I am continually surprised by how many people want to be part of positive change and are willing to offer their guidance and support,” he says. “For me that is the most rewarding part of the role – building bridges between people from different backgrounds, united by a solution-driven approach and a shared determination to get things done.” Finding solutions for “the valley of possibility” is a challenging and taxing task. In a town bursting at the seems challenges like residential developments, traffic congestion, housing and basic service delivery remain hot button issues for locals. Fasser felt the responsibility of running a municipality. “The challenges have been significant; balancing expectations, working within limited resources, managing budget cuts and serving diverse communities. Navigating the complexities of local government, the responsibilities of an executive mayor and increasing regulatory demands has required adaptability and resilience.” This is why Fasser keeps his family close. “My family keeps me grounded by

reminding me of who I am beyond the title. They are my foundation, my perspective and my constant support,” he shared. “When the job becomes demanding, they remind me of my strength, my values and how far I have come – the trials, the sacrifices as well as the celebrations and achievements. They keep me firmly rooted in what I stand for and provide me with the emotional support and love that sustains me through every season.” The past year has not been without controversy, critique and complaints for Fasser and the municipality, but the mayor is proud of initiatives that create real opportunities, “especially for communities that have historically been left behind”. “One of my proudest accomplishments has been delivering a budget that prioritises service delivery, financial sustainability and a continued commitment to improving the quality of life for all residents of Stellenbosch. I see the budget not merely as a document, but as a tool to provide dignity, empower communities and create ecosystems for development,” he said. “A well-informed, balanced, community-driven budget remains one of my greatest accomplishments, one that translates policy into action and improves the daily lives of our residents.” He added the municipality receiving its sixth clean audit outcome affirmed the financial leadership required to ensure service delivery is implemented and projects reach completion. For Fasser service delivery is at the heart of his mayoralty. As Stellenbosch heads into 2026 and gears up for the local municipal elections all eyes will be on him and the municipality as residents consider who will get their vote. Fasser says he will be focusing on the job, “continuing to build inclusive growth, strengthen service delivery and create lasting legacies of opportunity and unity”.

GESLUIT VIR FEESTYD: Eikestadnuus se kantoor is van vandag (Donderdag 18 Desember) gesluit. Die kantoor sal op Maandag 12 Januarie 2026 heropen, met die eerste 2026-uitgawe wat op Donderdag 15 Januarie 2026 beskikbaar sal wees.

Dr Buisman loves treating all ages from babies to the elderly. SERVICES: Acute Illness, Chronic Conditions, IV Drip Clinic, Wound Suturing, ECG 071 202 3987 | info@buismed.co.za Stone Square Shopping Centre, Welgevonden, Stellenbosch www.buismed.co.za NM10018900-EN030725

(muhammad.brinkhuis@novusmedia.co.za) 084 735 7866

Dwarsrivier se Lanquedoc-brug voltooi Rasaad Adams Die nuwe Lanquedoc-brug, ’n langverwagte infrastruktuurprojek in die Dwarsriviervallei, is verlede Donderdag (11 Desember) amptelik deur die Stellenbosch-munisipaliteit geopen. Dit word as ’n belangrike mylpaal vir die gemeenskap en omliggende gebiede beskou. Die brug vervang die ou enkelbaanoorgang, wat Lanquedoc vir baie jare bedien het, maar wat nie meer aan die groeiende verkeers- en veiligheidsbehoeftes van die gebied kon voldoen nie. Die toestand van die vorige brug en die beperkte toegangsroete was ’n groot bron van kommer vir inwoners – veral tydens spitsverkeer en noodgevalle, met talle klagtes oor verkeersopeenhopings

en veiligheidsrisiko’s. Die nuwe brug en sy gepaardgaande infrastruktuur bestaan uit ’n breër, moderne tweerigtingvoertuigbrug, ’n verbeterde ingangsroete na Lanquedoc, asook opgegradeerde geriewe vir slegs voetgangers en fietsryers. Die oorspronklike brug is behou en as ’n toegewyde voetgangers- en fietsryerskruising herontwikkel, wat veiligheid en toeganklikheid verder verbeter. Beplanning vir die projek het reeds in 2019 begin, met bouwerk wat in Mei 2024 begin het. Die projek van R45 miljoen is volgens die munisipaliteit betyds en binne begroting voltooi, wat tot groot trots aanleding gegee het. “Hierdie projek wys wat moontlik is wanneer ’n munisipaliteit, sy inwoners en vennote rondom ’n gedeelde visie van

vooruitgang saamwerk,” het die munisipaliteit verlede week in ’n verklaring gesê. Die nuwe brug word as ’n sleutelbydrae tot verbeterde mobiliteit, verhoogde veiligheid en langtermynsosio-ekonomiese ontwikkeling in die Dwarsriviervallei gesien. Die munisipaliteit het ook sy dank uitgespreek teenoor die Lanquedocinwoners, grondeienaars, raadslede, munisipale personeel, ingenieurs en die konstruksiespan vir hul samewerking en ondersteuning tydens die boufase. Met die voltooiing van die projek staan die Lanquedoc-brug as ’n simbool van verantwoordelike beplanning en gemeenskapsamewerking – ’n infrastruktuurbelegging wat na verwagting die gebied vir dekades sal dien. NM10040026-EN041225


4 Eikestadnuus

18 Desember 2025

NUUS NEWS

G’n planne vir aftree Yaël Malgas Diens met deernis is die slagspreuk van Geluksoord in Onder-Papegaaiberg en is al die afgelope 45 jaar die dryfveer agter suster Connie Lindoor se jare van diens. Lindoor (69) het onlangs haar 45ste jaar by die tehuis vir bejaardes gevier en sê sy het geen planne om af te tree nie. “Daar is ’n Vader hierbo en so lank Hy my die krag gee om na die oumensies te kyk, sal ek. Dit is nog lekker om elke oggend te kan opstaan en te weet ek kom hier werk,” vertel Lindoor. Hoewel sy deesdae in Eersterivier woon, is Lindoor oorspronklik van Idasvallei. Tydens haar skooljare aan die Hoërskool Lückhoff het sy eers gedink sy sal ’n onderwyser word, maar verpleging was

uiteindelik haar loopbaan en sy sê sy dank die Here dat Hy haar tot hierdie diens “geroep het”. Volgens Lindoor se kollegas het nie ’n dag verbygegaan wanneer dié gesoute geneeskundige nie haar beste vir die inwoners van die oord gegee het nie. Tania van Zyl sê dit is veral Lindoor se koelkop kalmte wat haar inspireer. Vir Anessa Fuller, Lindoor se lynbestuurder, is dit besonders om te dink Lindoor het self die meeste van die oord se stelsels ingebring toe sy op 1 Desember 1980 begin werk het. Lindoor vertel: “Dit voel soos gister. Ek kan onthou op my eerste dag toe ek hier ingestap het, was hier nie veel nie – net een trollie, nie juis toerusting nie – maar ons het dit laat werk. Ek moes op ’n stoel staan om in die kas te kom waarin ons al die medisyne aangehou het. Buiten

’n noodgeval het die streeksgeneesheer net op Donderdae ingekom om al die pasiënte te ondersoek. Ek is in die diepkant ingegooi, maar ek het geswem,” vertel sy skertsend. Voor haar dae by Geluksoord het sy by die Tygerberg-hospitaal gewerk. Die reis was destyds ’n groot struikelblok, want as sy die bus terug Stellenbosch toe gemis het, was dit dit. Die pos by die oord was ideaal en toe vorder sy van baba’s na bejaardes. Lindoor kan nie oor die oord se inwoners uitgepraat raak nie. Sy sê die nommer-een-reël van haar beroep is om lojaal teenoor haar kliënte te wees – nie dat sy hulle “kliënte” noem nie, want vir haar is die tehuis se inwoners familie. “Wanneer hulle gelukkig is, is hul familie tevrede, en dit is die belangrikste. Soggens kom ek

Suster Connie Lindoor ontvang haar sertifikaat vir 45 jaar getroue diens by Geluksoord in Onder-Papegaaiberg. By haar is Anessa Fuller en Ide-Marie Venter.

in, gaan van kamer tot kamer en hoor wat is hul kwale, pyne en hoe lyk hul dag. Soms moet jy bemoedig of moed inpraat, maar die meeste van die tyd is dit net om ’n oor te bied.” Lindoor meen enigeen wat ’n

verpleegster wil word – veral vir bejaardes – moet deernis, lojaliteit, respek en geduld hê. Dit is eienskappe waaroor Lindoor beskik. “Hierdie is nie iets wat jy vir ’n salaris doen nie – dis vir die liefde van die saak.”

Vakansiepret in Stellenbosch Meer as 800 kinders van Stellenbosch en 15 omliggende dorpies het Maandag (15 Desember) met ’n skoolvakansie-program begin. Persoonlikheidsontwikkeling is vir die eerste keer bekendgestel. Die program word deur 18 dorpie-koördineerders en fasiliteerders aangebied. Die fasiliteerders is jeug uit die dorpies wat opgelei is om onder meer kunsvlyt, drama, sportafrigting en persoonlikheidsontwikkeling aan te bied. Die program duur tot Vrydag (19 Desember) en hervat op Dindag 6 Januarie 2026 vir vyf dae. Die hoogtepunt van die program is ’n voorlopergeleentheid vir die Olimpiese Ruimte-parade, wat op Saterdag 10 Januarie plaasvind. Ouers wat nog hul kinders wil inskryf, kan Amanda Horne van die e’Bosch-kantoor by 061 595 4085 bel, of met die e’Bosch-span by Dorpstraat 166, Stellenbosch Sentraal, gaan gesels. Links is die e’Bosch dorpie-verteenwoordigers van Klapmuts, Meerlust, Groendal, Idasvallei, Stellenbosch Sentraal, Cloetesville, Lanquedoc, Vlottenburg, De Novo, Elsenburg, Khayamandi, Jamestown en Wemmershoek. Stellsorg het sy jaarvergadering op Donderdag 20 November gehou. Links by die direkteur van Stellsorg, Bettie Nieuwoudt (regs), is Felicity Coetzee, wat op die jaarvergadering ’n toekenning vir haar 42 jaar lange diens by die vereniging ontvang het. Sy is tans hoof van die Jessie Keet-crèche in Idasvallei. Foto’s: Elsabé Retief

LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer T13657/2014 passed by TRUSJOL PROPERTIES CC W I T H R E G I S T R AT I O N N U M B E R 2002/074719/23 in favour of BO LI born on 12 April 1978 and YANG LIU born on 13 June 1979 MARRIED IN COMMUNITY OF PROPERTY TO EACH OTHER in respect of ERF 140 DEVONVALE, SITUATE IN THE M U N I C I PA L I T Y A N D D I V I S I O N O F STELLENBOSCH, WESTERN CAPE PROVINCE and ERF 153 DEVONVALE, SITUATE IN THE MUNICIPALITY AND DIVISION OF STELLENBOSCH, WESTERN CAPE PROVINCE which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds: Western Cape at Cape Town, 2 Riebeek Street, Cape Town City Centre, Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at Stellenbosch on 10 December 2025. Du Plessis Myburg Verbeek Incorporated, Ref: rd AD5237. Office 301, 3 Floor, Eikestad Mall, 43 Andringa Street, Stellenbosch, 7600, Tel: ( 0 2 1 ) 8 0 8 1 8 1 8 , E m a i l : louise@dmvinc.co.za. NM10041172-EN181225

Stellsorg is trots op hulle Die direkteur van Stellsorg, Bettie Nieuwoudt, by twee presteerders wat vanjaar deur die vereniging bemagtig is. Links is Ethan Agulhas, ’n graad 7-leerder by die PJ Olivier-kunsskool, en regs is Raymond Jenner, wat vier jaar lank ’n klas-assistent by St Paul Primêre Skool was en tans ingeskryf is vir ’n maatskaplike hulpwerkkursus. En hy het as straatveër begin!

Bo is die wonderlike vroue wat die Stellsorg-bakkery bestuur en heerlike brood, kolwyntjies en ander smaaklike lekkernye bak asook al die verversings vir die vergadering gebak het. Van links is Mina de Ruiter, Moira Gabriels, Annebel Kirkwood, Sharon Lawrence, Melanie Juman en Mariska Hendrikse. Hulle is deel van die 1 055 mense wat deur die nasionale gemeenskapsindiensnemingsfonds gesubsidieer word en vir wie Stellsorg tydelike werk in en rondom Stellenbosch gevind het.


NUUS NEWS Eikestadnuus 5

18 Desember 2025

Staan Misha by

Yaël Malgas

wens voordat ek self geweet het,” vertel Mischa. Mischa Leith het vanjaar Die tiener sê wat sy op haar laerskool-loopbaan dié skool se sosialemediamet puik punte afgesluit platforms gesien het, maak en het nou hulp nodig om haar nog meer opgewonde haar hoërskool-droom te vir 2026. bewaarheid. Mischa sê sy skrik nie vir die uitdaging van die skool Die 13-jarige was vanjaar in die hartjie van Kaapstad ’n gr.7- leerder van St. Idas nie en is gereed vir die Primêr, waar sy as hoofleier koshuislewe. talle akademiese pryse inDit is juis die koshuisgeld geryg het. Sy sê haar akadewat Julies nou hoop om miese sukses is deels aan die deur ’n BackaBuddy-veldtog skool se puik onderwysers te Die susters Mischa Leith (13) en in te samel. danke. Megan Julies Julies sê die familie “Die lesse wat hulle behoort die skoolgeld te kan aangebied het, was lekker. Dit was nie dek, maar die koshuis is ’n bykomende net gewone lesse waar hulle net praat nie, uitgawe en om beide te dek, is ’n uitdaging. maar dit was in hoe hulle die werk ver“Dit is nie dat ons net verwag mense duidelik het. My gunstelingvak was gewis moet inspring en help nie. Ons is oop ekonomiese en bestuurswetenskappe,” sê vir voorstelle oor borgskappe en ander dié Eersterivier-tiener. maniere om die geld in te samel,” vertel Haar ouer suster, Megan Julies, het Julies. seker gemaak Mischa het ’n uitmuntende Mischa het vir ’n merietebeurs by Jan akademiese voorsprong en het haar met van Riebeeck aansoek gedoen, maar sal die hoërskool-aansoekproses gehelp. eers volgende jaar in April hoor of sy dit Saam het hulle onder meer aansoek sal ontvang. Intussen moet die koste vir die gedoen by Stellenbosch-skole, sowel as by koshuis gedek word voordat die skole in skole in Worcester – en by die skool wat Januarie heropen. Mischa uiteindelik gekies het, die HoërMischa weet nog nie wat sy ná skool wil skool Jan van Riebeeck in Kaapstad. doen nie, maar entrepreneuerskap en die “Ons het aansoek gedoen by skole in regte is opsies. Stellenbosch en dit was nie suksesvol nie. “Ons sê altyd sy moet ’n prokureur Omdat ons addisionele skole moes kies, het word, want sy hou van debatvoering,” sê ek skole gekies wat puik presteer en vir Julies. my was Jan van Riebeeck onder daardie Dit is ook geen verrassing dat Mischa skole,” verduidelik Julies. een van die Wêreld van Woorde (WOW) se “Ek wil net die beste vir haar hê en drie top-redenaars is nie. Sy sien ook daarindien dit Jan van Riebeeck is, of dalk ’n na uit om by haar hoërskool se debatspan ander skool, maak dit nie saak nie. Ek wou aan te sluit. baie graag hê sy moes na ’n skool gaan wat Mischa is ook op die netbalbaan aktief haar meer geleenthede vir die wye wêreld en het verlede jaar by St. Idas Primêr met kon bied. Dié skool het meer om te bied en Franse lesse begin. dit was belangrik,” meen sy. Hoewel haar ousus haar soms aanspreek Die susters sê hulle het ’n neef wat by om te studeer, bedank sy Julies vir al die dié skool was en het dus gedink dit is ’n hulp met alles – van modelinge tot motigoeie opsie. veringspraatjies. “Ek het eintlik nie geweet sy het vir my  Besoek https://www.backabuddy.co.za/ by Jan van Riebeeck aansoek gedoen nie, campaign/it-takes-a-village-to-raise-a-kid om want ek het nie gedink ek sou daar inkom Mischa te help om ook haar potensiaal te verwenie. Ek het by my familie gehoor daarvan, senlik. want hulle het my toe almal begin geluk-

First black-owned cellar opens In the six years since Paul Siguqa acquired Klein Goederust in Franschhoek, the estate has been transformed from a neglected farm into a thriving boutique winery and tourism destination. “This is the classic case of farmworkers who gave their children a vision of the future. They not only dreamed, but also worked hard, invested their own resources and partnered with industry to turn that vision into reality,” Dr Ivan Meyer, provincial minister of Agriculture, Economic Development and Tourism, said during the official opening of Klein Goederust. The local winery opening is a first for South Africa’s wine industry – the country’s first black-owned wine cellar. Speaking at the event, Meyer hailed the opening as “a triumph for real transformation and inclusive growth in one of South Africa’s most iconic sectors”. He emphasised that the milestone demonstrated what is possible when government, industry and entrepreneurs work together. The wine industry contributes more than R56 billion to the GDP and supports more than 290000 jobs, with 98% of wine cellars located in the Western Cape. Through programmes such as the Comprehensive Agricultural Support Programme (CASP), the provincial Department of Agriculture provided funding for vineyard establishment, equipment and production inputs. “This project aligns with my four ministerial priorities: agricultural support; food security; market access; and business support,” Meyer added. These interventions ensure success is not reserved for a few, but shared across communities.

Dr Ivan Meyer, provincial minister of Agriculture, Economic Development and Tourism, and Paul Siguqa, owner of Klein Goederust in Franschhoek.

The initiative also aligns with the Western Cape’s Growth for Jobs (G4J) strategy, which aims to achieve breakout economic growth of 4% to 6% by leveraging high-potential sectors such as agriculture and agri-processing. Klein Goederust integrates farming, tourism and hospitality, creating jobs and celebrating cultural heritage. “The opening of Klein Goederust Wine Cellar in Franschhoek will contribute to economic growth and job creation,” Meyer said. “The owner’s hard work, compassion and perseverance led to the opening of this wine cellar. “Both the owner, Paul Siguqa, and winemaker Rodney Zimba are children of farmworkers. They did not only dream, but put hard work and their own resources, and their support from many in the industry into their vision, from farmer to farm owner, and now the owner of a wine cellar is a success story in the Western Cape. “Klein Goederust is a beacon of hope and excellence. It shows genuine transformation is not only necessary, it is achievable and sustainable.”


6 Eikestadnuus

18 Desember 2025

SPORT

GENERAL & HOME SERVICES VERVOER van tuin- en bourommel, meubels en garage-skoonmaak. Skakel 083 519 4565

)$( 446 $4") #&2.5'!8&-.'&8'72%+87/013&'!.-,7-*.

ELEKTRIES 1810

!%

*)$'!+.-

/,( ")) #,$( *)$'!+.- .001& ! #>N'!%= ! #>%%9%>= ! 'N=P:,=P%>= ! :,=PNA! B,*PNA%= ! =<@;%= ! ,N>*@A=

=,L%=" =%>;N*% + =?,>%= <O3$ .HI 0I0 MFF0 .HH EHI .77E 8C5G0F.)62-53K&/2 ME D-1 >5O(OO&4 >Q" ?--J3

+' *--'"( -. -#' &.$$.,!"%) *=1;@25 5F"B7E *6FE? .B.2E %2"@B7) )20E2FE #"7B?"F0 B7E?"=="?B17E $F2EE6F2 ! -=13 F"?2 .F1>=2:E &=2:27? ! ?D2F:1E?"? F2.=";2:27?E 'F"B7 ;":2F" B7E.2;?B17

#$ "!%'& *$!,(', +&%% )&##&!" (2==8 G/9 +49 G<<C 1F .=6:>B7),>?A):"B=,;1:

! A@: ,L=@ =%LLNA! A%: ,??LN,A*%=

+-%!!%!%!$'/+!%!)")

"! $8+$::3)@/ > $::3 $84")20 $::3 *B8"@ ! *:"C #"C8242::3)@/ '8@82"B 4")@C)@/ '<CC82 ! ("0;)"0

6?7 55. .56, &</- %"229 65A 115 A6=6 (!%##%#%%#&"(#%#'$'

Stellenbosch bodybuilder Jaco Jonker taking the top spot in the Overalls Line-Up of the United World Sports & Fitness Federation World Championship, held in Thailand in November. With him is fellow South African and one of Jonker’s clients Regan de Neijs (left).

Flexing his way to a world title Yaël Malgas

)*#""""'%#&(+$!"$$'

Balancing a business, a bodybuilder’s schedule and being a world winner is a lot of work, but for Stellenbosch’s Jaco Jonker its all in a day’s work.

VOERTUIE

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

BUY ALL CARS FOR CASH! Call: 084 844 0000

/- ,$ +%,+0% "*&% *. %#')* )!(

&"))*'%

#"!$% $"&!(#&&

*******.(&*#,,,0

In November the 31-year-old travelled to Thailand for the United World Sports & Fitness federation (UWSFF) World Championship where he competed in the Mr Jean Model, Men’s Physique, and won the Overalls Line-Up, earning his UWSFF Pro Card. “Competing at the UWSFF World Championship in Pattaya, Thailand, was an unforgettable experience. The international standard was extremely high and earning my Pro Card on a world stage was a proud moment – not only personally, but also as a South African athlete,” he says. Jonker started competing in bodybuilding four years ago. It was the discipline and structure it required to succeed that first drew him to the sport. Now, bodybuilding has become the way he taught himself to have consistency, mental strength, patience and self-belief. It is also these characteristics he helps his clients of FitNation Academy develop. As founder and owner of the fitness and lifestyle coaching brand, he offers hands-on coaching, personal training and structured guidance for both competitive athletes and individuals working toward a healthier lifestyle. “I am not only a competitor but also the founder and owner of FitNation Academy. At the world championship, I coached and prepped four athletes, all of whom placed in their respective categories, with the youngest being 19 years old and the oldest 33. While competing myself, I coached each athlete throughout the entire process, ensuring they stayed focused, on plan and mentally prepared.” The Stellenbosch High School alumni says despite the challenges of competing, which includes managing business and bodybuilding, the physical strain, and balancing his own competition goals, his perseverance and passion keeps him going forward. “A common misconception people have is that bodybuilding is only about physical appearance. In reality, it requires mental resilience, discipline, education around health and nutrition, and long-term commitment.” To qualify for the world championship Jonkers and his fellow team members had to stick to the demands and highly structured way of preparing for the competition. “It includes detailed nutrition

Stellenbosch body-builder Jaco Jonker on stage at the United World Sports & Fitness Federation World Championship, held in Thailand in November.

planning, intense training schedules, posing practise, recovery management, and constant mental focus. Preparation can take several months and requires complete commitment,” he explains. The local Shaye Best Classic has become one of Jonker’s favourite competitions. The competition is one of the biggest cash-prize bodybuilding events in the country. “I have competed at the Shaye Best Classic for three consecutive years, and I plan to compete again next year. At my most recent Shaye Best Classic, I received sponsorship for my flights and accommodation in Pattaya, which made competing at the world championship possible. The Shaye Best Classic also served as the qualifying platform that allowed both myself and my athletes to compete internationally. I would highly recommend the Shaye Best Classic to first-time competitors. It is exceptionally well run and offers an incredible experience while still exposing athletes to a high-level competitive environment.” Jonker says bodybuilding, when approached correctly, can be a powerful tool for personal growth and he would especially recommend it for younger people. About his own journey Jonker says he looks forward to growing further as a mentor. “I want to show others what this sport can offer both physically and mentally. I am also focused on expanding the FitNation Academy brand, which will soon branch into broader nutrition- and sport-focused offerings.”


SPORT

18 Desember 2025

Eikestadnuus 7

Netbal-unie bedank alle rolspelers

Die bestuur van Stellenbosch se netbal-unie pronk met hul sertifikate. Die unie het die afgelope Saterdag (13 Desember) die jaar met sy prysuitdeling afgesluit. Die spelers, administrasie en ondersteuners sien uit na ’n blaaskans voordat hulle die 2026-seisoen aanpak. Onder die klubs teenwoordig was Tigers, Newtons, Blue Birds, Victory, Black Pumas, die Cloetesville Rangers en die Primrose-netbalklub.

Die mees toegewyde spelers van die onderskeie spanne is vir hul prestasies gedurende die afgelope jaar vereer.

Die unie se skeidsregters is vir hul harde werk deur die jaar bedank.

Sorbet

Phototherapy Mask

Safeway

2000 Watt Salon Series Limited-Edition Hairdryer

now

now

31900

save 8000

55900

save 14000

Safeway

Salon Series Metal Clipper

now

47900

save 12000

Sorbet Face & Neck Massager now

51900

save 13000

save on festive

Safeway Salon Series Limited-Edition Straightener

20% electrical

now

39900

save 10000

self-care

BaByliss For Men

Precision Cut Cordless Hair Clipper

now

47900

save 120 2000

Safeway Salon Series Limited-Edition Hair Curler now

31900 save 8000

Sorbet Hairbar 1600 –1900 Watt Hairdryer now

Offers valid until 24 December 2025, while promotional stocks last. Products are only available in selected stores. Not all products are available for online purchase. Photographs are for illustration purposes only and products may vary in store depending on availability. For more information, visit www.clicks.co.za or phone our Customer Call Centre on 0860-254-257 (within South Africa) or +27 21 460-1009 (outside South Africa). Prices are applicable to cash and credit/debit card sales only, including any discounts differ when claiming from medical aid. We reserve the right to limit quantities. Prices apply to South Africa only and may and reductions and may differ vary in Botswana, Namibia, Eswatini and Lesotho. Prices include V.A.T. Errors & omissions excepted. We accept all major credit and debit cards.

Receive 5X cashback boost

on all purple sticker items* Valid 15 to 25 Dec 2025, while stocks last.

99900 save 30000

join now and start earning cashback

Cashback boost (5 x 2%) + normal cashback, and will reflect in the next cashback load. *Cashback boost not applicable to free item.


sementwerke

cement works

Sedert 1954 Since

( 021 873 1154 • sales@lategans.co.za • www.lategans.co.za

1 8 Desem ber 20 25 - 24 Desem ber 20 25

SCC six-a-side tournament

Plenty of boundaries, tumbling of wickets, an overall community spirit and fun day out for the entire family was the order of the day when Stellenbosch Cricket Club hosted its annual six-a-side tournament at the Ida’s Valley Sports Ground on Saturday 13 December. The competition has been an annual highlight on the local cricketing calendar, this year drawing 12 teams from across the region to vie for the coveted title. In the end, though, it was The Uso’s who walked away with the title, winner’s prize and trophy, crowning a day of competitive fun. The winning team comprised (behind from left) Reagan-Reece Carolissen, Keeron Dreyer, Enslin Johannes (captain), Peter Minnis and Austin Adonis (manager); (front) Johnwin Lewis, Calum Moses and Curt Oliver. Stellenbosch CC thanked all the teams who participated and all the tournament sponsors for their generous support. The club also announced its upcoming fundraising events: a dance on Friday 27 February 2026 and a golf day on Friday 27 March 2026. For more information on the fundraisers, phone Brian Minnis on 084 425 9440 (dance) or Shirle Cornelissen on 083 412 3670 (golf day).

NM10039829-EN041225

Hard-hitting action in Ida’s

Just 4 Fun came up short in the final against overall winners, The Uso’s. Brandon Layman (left) of Just 4 Fun received the runners-up prize from Stellenbosch CC vice-chairperson Shirle Cornelissen.

Team Phoenix won the plate division. Here Alvizo Pool (left) receives their team prize from Stellenbosch CC secretary Riaan Arnolds.

A heartfelt Thank you to all our generous sponsors that supported us through this year. May you have a blessed and prosperous new year

NM10040079-EN181225


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Eikestadnuus - E-Edition - 18 December 2025 by Novus Media - Issuu