Skip to main content

Eikestadnuus - E-Edition - 12 March 2026

Page 1

12 Maart 2026 - 18 Maart 2026

GRATIS | FREE

Nuus net vir jou sedert 1950

46 Years at your service • All work guaranteed • Quality maintenance • New installations

021 887 2155

NM10050733-EN120326

DONORS PULL THE PLUG

Former chancellors of Stellenbosch University retired judge Edward Cameron (top) and businessman and philanthropist Johann Rupert (bottom) are leading the charge for new leadership at the institution. – Read more on page 3.

Erwe word dalk opgeveil Openbare-deelnameproses kom Yaël Malgas

I

n ’n dorp en buurt waar behuising so skaars soos hoendertande blyk te wees, sal 17 voornemende huiseienaars dalk die kans kry om ’n erf in Idasvallei te koop.

SUPPORT FLUSHED OUT: Dr Nicky Newton-King, chairperson of the SU Council, whose term ends on 1 April 2026.

Die stryd oor die Botmaskop-ontwikkeling duur voort in die Kaapse Hooggeregshof waar die Stellenbosch-belangegroep (SBG) onder meer die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, die Stellenbosch-munisipaliteit, asook die ontwikkelaars van die Botmaskop Fynbos-landgoed, Staytus, voor die hof gedaag het. Die belangegroep se aansoek vra die hof om die goedkeuring vir die omstrede projek te hersien en tersyde te stel. In April 2025 het die hof bepaal dat enige verdere

Op Februarie se maandelikse raadsvergadering het die Stellenbosch-munisipale raad ’n voorstel bekend gemaak om 17 erwe in dié buurt te verkoop, spesifiek met die oog op aanvullende behuising. Die erwe, wat deel van Lindida in Idasvallei is, wissel tussen 118 m² en 234 m² groot met die huidige waardasies van die gronde wat tussen R97 977 en R129 529 is. Volgens raadslid Rozette

“INDIEN NIE AL DIE ERWE PER VEILING VERKOOP IS NIE, SAL ’N TWEEDE RONDE GEHOU WORD WAT DAN OOP SAL WEES VIR ALLE STELLENBOSSERS OM DIE ERWE AAN TE KOOP.” du Toit, wat die item ter tafel gelê het, is ’n haalbaarheidstudie van stapel gestuur om te kyk of die erwe geskik sal wees vir behuising en wat die implikasies vir die munisipaliteit sal wees om die grond te ontwikkel vir hierdie doel. “Die grond is nie genoeg vir ’n behuisingsprojek nie,

Die 17 erwe in Lindida, Idasvallei, wat die Stellenbosch-munisipaliteit beoog om op veiling te plaas vir aanvullende behuising in die buurt. Foto: Stellenbosch-munisipaliteit

daarom die voorstel vir aanvullende behuising,” het sy verduidelik. Jong professionele mense wat vir die eerste keer huis koop blyk die teikenmark vir die erwe te wees met boorlinge van die buurt wat voorkeur sal kry. Die 17 erwe is erf 11554 tot 11570 in Talanastraat, om die hoek van Lindidaweg.

Botmaskop weer in hof konstruksiewerk vir die luukse woonbuurt aan die hange van Botmaskop opgeskort moet word tot die hof finaal kan uitspraak lewer oor of al die nodige prosedures vir die ontwikkeling gevolg is. Die SBG sê die natuurskoon van Botmaskop, waar die ontwikkeling geleë is en wat aan ’n gedeelte van die berg grens wat onder stappers en fietsryers gewild is en waar die plantkundige dr. Brian du Preez

’n bedreigde spesie van die Moraea-plantfamilie ontdek het, sal in die slag bly. Die SBG voer aan die omgewingsmagtiging wat in 2021 deur die Wes-Kaapse departement goedgekeur is, is nie geldig vir die huidige projek nie. Die SBG betoog ook die skade wat verder aan die berg weens die ontwikkeling aangerig sal word, sal “katastrofiese gevolge” hê.

Volgens die raadsitems sal dit nie nodig wees vir die munisipaliteit om basiese munisipale dienste te verskaf nie. Daar is reeds ’n stormwatersloot wat tussen die erwe en bestaande huise loop, maar dit sal opgeknap moet word saam met water-, riool-. en stormwaterverbindings. Na bladsy 3

Die saak is in Februarie 2025 deur regter Melanie Holderness aangehoor, wat haar uitspraak oor die saak voorbehou het. Sy het wel laat verlede jaar gesê die hof het genoegsame bewyse onder oë gehad om die tydelike interdik teen die Botmaskop Fynbos-landgoed toe te staan. Geen verdere bouwerk of ander werk kon tot op hede by die beplande landgoed gedoen word nie. Die SBG sowel as die respondente het Dinsdag en Woensdag (10 en 11 Maart) in die hof verskyn. Uitspraak word later vanjaar verwag.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook