Skip to main content

Eikestadnuus - E-Edition - 10 September 2026

Page 1

10 September 2026 - 16 September 2026

46 Years at your service

GRATIS | FREE

• All work guaranteed • Quality maintenance • New installations

Nuus net vir jou sedert 1950

021 887 2155

NM10072033-EN030926

Le m op e es b l er .3 .

Streek se beste jongwyne vereer

Die wenners van die 2026-Stellenbosch-jongwynskou is die afgelope Vrydag (4 September) by die Klein Alto-wynlandgoed in Stellenbosch vereer. Dié skou – ’n jare lange tradisie as deel van die nasionale jongwynskou, wat sedert 1833 aangebied word – het vanjaar se top-presteerders aangekondig en altesaam 21 trofeë is oorhanding. Onder wenners was Beyerskloof, Spier, Vergenoegd Löw en Klein Alto. Foto: Yaël Malgas

‘Wynland-plase onveilig’ Yaël Malgas

I

nwoners van landelike gebiede is altyd op hul hoede, en die onlangse vlaag huisrowe op plase in die Wynlande laat inwoners beslis twee keer oor hul veiligheid dink. Só sê Erica de Villiers van die Klapmutsplaaswag. ’n Paartjie van dié dorp het die jongste slagoffers geword wat onder skurke deurgeloop het wat klaarblyklik die Wynlande teiken. Die afgelope Sondag (6 September) omstreeks 02:15 het ’n verdagte toegang tot

Wees voorbereid, maan Klapmuts-wag ’n woning op die Damarakloof Protea-pad, Klapmuts, verkry. Volgens die huiseienaar het hy ’n man opgemerk. Die verdagte het glo twee skote afgevuur toe hy gewaar is en voor hy gevlug het. “Geen beserings is aangemeld nie,” sê Thembakazi Mpendukana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder. “Die ondersoek is aan die gang en niemand is nog in hegtenis geneem nie.” Die Klapmuts-polisie ondersoek ’n saak

van poging tot huisbraak. In ’n afsonderlike voorval verlede Vrydag (4 September) is twee mense, onderskeidelik 56 en 60 jaar oud, op ’n plaas in die Koelenhof-gebied deur drie mans in hul woning oorval. Dit was omstreeks 21:45 toe die paartjie agterkom drie mans, almal met klapmusse aan, het toegang tot die woning verkry. Hulle was met ’n panga en mes bewapen, het die paartjie gedreig, kontant geëis en

die ligging van die kluis gesoek. Die man se hande is deur die verdagtes agter sy rug vasgebind, met sy vrou wat glo langs hom moes sit. Nadat die verdagtes ingelig is dat daar geen kontant of kluis is nie, het hulle met drie skootrekenaars, twee selfone en ’n windbuks gevlug. Volgen kapt. Nathalie Martin, ’n woordvoerder vir die Stellenbosch-polisie, is geen beserings aangemeld nie. Martin versoek enigiemand met inligting oor die voorval om die Stellenbosch-polisie by 0218095015 te kontak. Na bladsy 2.

.


2

Eikestadnuus

NUUS NEWS

 Van bladsy 1. “In hierdie stadium word die saak steeds ondersoek en die polisie kan nie bevestig of dit verband hou met ander huisrooftogte op plase in die Stellenboschgebied nie,” sê Martin. SYNDIKATE GLO BETROKKE Huisrooftogte op Stellenbosse plase het sedert April vanjaar ’n kommerwekkende tendens geword. Op Vrydag 24 Julie is ’n egpaar omstreeks 21:00 in hul plaashuis op die wynplaas Neethlingshof op die Polkadraaipad op “brutale wyse” aangeval. In dié voorval het die verdagtes ook klapmusse gedra, het die polisie destyds bevestig (“Landelike veiligheid onder die loep,” Eikestadnuus, 30Julie). Soortgelyke gevalle is in onder meer Raithby, Stellenbosch-kloofweg, Bonniemile en Agter-Paarl aangemeld. Sers. Suzan Jantjies, Somerset-Wes-polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie in daardie gebied vermoed dat ’n sindikaat huise in die Raithby-omgewing teiken (“Syndicate targeting farms,” 25Junie). Benedicta van Minnen, woordvoerder oor polisietoesig en gemeenskapsveiligheid vir die DA in die Wes-Kaap, sê die toename in voorvalle is “uiters kommerwekkend”. Luidens ’n verklaring wat vandeesweek uitgereik is, sê Van Minnen altesaam 133 aanvalle op boere in die provinsie is tot dusver aangeteken. “Vir mense wat op plase woon en werk, is hul huisedikwels afgeleë eiendomme waar hulp dalk ver weg is. Misdadigers wat hierdie kwesbaarheid uitbuit, moet deur die volle mag van die

10 September 2026

reg in die gesig gestaar word,” sê Van Minnen. Sy voeg by hierdie statistieke moet ’n wekroep vir wetstoepassingsowerhede wees. Sedert April het inwoners op plase van Raithby tot Klapmuts onder gewapende diewe met klapmusse deurgeloop. WEES VOORBEREID De Villiers sê ten spyte van pro-aktiewe optrede deur inwoners blyk dit verdagtes is goed georganiseerd vir die aanvalle. “Op die R304-pad is daar soveel wegkomkans. Ons, as die Klapmuts-plaaswag, is goed georganiseerd, ons strukture is in plek en tog gebeur die voorvalle steeds. Die groepe bly een tree voor,” sê De Villiers. Sy verduidelik wat goed in Klapmuts werk, is die kommunikasie tussen boere, die plaaslike polisiekantoor, private sekuriteitsmaatskappye sowel as die Stellenbosch-munisipaliteit se verkeers- en wetstoepassingsdepartemente. Byna daaglikse patrollies werk ook goed as afskrikmiddel vir skelms, maar De Villiers sê verdagtes is baie bewus van hierdie patrollies. “Hierdie voorvalle gebeur nie wanneer ons besig is met patrollies nie; dit is in die stiller ure wanneer hulle toeslaan.” Die Klapmuts-plaaswag is agt jaar gelede gestig, ná die dood van Joubert Conradie op sy Klapmuts-plaas in 2017, juis om misdaad in die landelike gebied van die dorp te bekamp. “Die plaaswag se raad is altyd om veiligheid op te skerp met diefwering, paniekknoppies en ’n safe room. Ons wil nie paniek saai nie, maar mense moet paraat en voorbereid wees,” maan De Villiers.

K9-eenheid slaan toe Yaël Malgas

bosch-munisipaliteit, het verduidelik verlede week Die Stellenbosch-muniwas die eerste keer dat sipaliteit se honde-eendie K9-eenheid opleiding heid is nog nie eens in die veld gedoen het. amptelik van stapel Vier honde en hul gestuur nie, maar hanteerders is in die pronk reeds met sy eenheid, wat vroeër vaneerste sukses. jaar in die gebied gestig is. Ná hul opleiding kan Die honde-eenheid, die honde onder meer oftewel K9-eenheid, soos dwelms uitsnuffel, asook dit algemeen bekend is, tydens hoërisiko-wetshet verlede week die toepassingsoptredes en eerste keer aan optredes in gevalle van onwettige in die gebied deelgeneem. besetting help. Die afgelope Saterdag Soortgelyke eenhede (5 September) het K9 is in die Kaapse metro Juno en sy hanteerder, en die Swartland-muAnwar Jansen, ’n motor nisipaliteite gestig. Die deurgesoek. Luidens inisiatief word deur die ’n verklaring van die Wes-Kaapse departement Stellenbosch-munisivan polisietoesig en paliteit het dié voertugemeenskapsveiligheid ig ’n verbintenis met in samewerking met bende-bedrywighede en plaaslike munisipaliteite die vermoede was vuurbedryf. wapens en dwelms word Die Wes-Kaapse LUR heel moontlik daarin vir polisietoesig en vervoer. gemeenskapsveiligheid, Die munisipale TakAnroux Marais, het die tiese Reaksie-eenheid en K9-eenheid geprys. die K9-eenheid het die “Elke onwettige voertuig op die R44 naby vuurwapen waarop Klapmuts voorgekeer en Anwar Jansen en K9 Juno van die Stellenbosch-munisipaliteit beslag gelê word en elke deursoek. se nuwe K9-eenheid het verlede week begin werk en het reeds hoeveelheid dwelms Ten spyte daarvan dat sukses behaal met ’n dwelmvonds. wat uit ons strate verdie voertuig voorheen wyder word, is ’n stap deur wetstoepassers deurgesoek kom. Die Klapmuts-polisie het in die rigting van veiliger is, was dit Saterdag die eerste die verdagte in hegtenis geneem gemeenskappe en ’n Wes-Kaap keer dat dwelms gevind is. en sal die nodige ondersoek waar mense snags rustig kan Tydens sy ondersoek van doen. slaap en werk toe kan stap sonder die voorpaneel het Juno onder Stuart Grobbelaar, ’n om oor hul skouers te loer,” sê meer op tik en Mandrax afgewoordvoerder vir die StellenMarais.

Ex-traffic cop jailed of corruption 104 Dorp Street, Stellenbosch Central, Stellenbosch

(muhammad.brinkhuis@novusmedia.co.za) 084 735 7866

A former senior traffic official of the Stellenbosch Municipality is heading to prison after being found guilty of corruption while in his position at the local municipality. Elvis Frank Nontyi (55) was sentenced to six years in prison by the Bellville Specialised Commercial Crimes Court last Friday (4 September). The former senior superintendent was employed at Driver’s Licence and Testing Centre and found guilty of issuing learners and driver’s licenses in exchange for money to the tune of R5 550

between 17 March and 19 July 2022. Using his access to the National Traffic Information System (NaTIS), Nontyi authorised to test applicants for learners and driver’s licences including the issuing thereof. Three of Nontyi’s six year sentence is suspended for five years. He was also declared unfit to possess a firearm. Major-General Mathipa Makgato, provincial head of the Hawks, was pleased with the sentence, which “sends a strong message to those who abuse their authority for personal gain”.

Fake pistol found A man was arrested by officers of Stellenbosch Municipality’s Law Enforcement, after he was allegedly found in possession of an imitation firearm on Saturday 5 September. The suspect was stopped in Hofman Street in Stellenbosch Central and found with the weapon hidden under his vehicle seat. The man apparently admitted ownership and the firearm, along with drug paraphernalia, was seized by Law Enforcement officers. The suspect was taken to Stellenbosch Police Station for processing, confirmed police spokesperson Captain Nathalie Martin, confirmed.

NOTICE OF ENVIRONMENTAL AUTHORISATION PROCESS (BASIC ASSESSMENT) No�ce is given in terms of the NEMA EIA Regula�ons (2014, as amended) for a Basic Assessment process for an Environmental Authorisa�on applica�on" • Project: Proposed ZAWC2089 Beyerskloof 25m Telecommunica!ons Mast (DEADP Ref: TBC) • Applicant: Helios Towers (HTSA Towers (Pty) Ltd) • Competent Authority: Western Cape Department of Environmental Affairs and Development Planning (DEADP) • Lis�ng No�ce: Lis!ng No!ce 3 (GN R.985, as amended by GN R.324) Ac!vity 3 (construc!on of a 25m telecommunica!on mast outside an urban area) • Development Overview: Construc!on of a 25m monopole telecommunica!on mast and a 70m² (10m x 7m) base sta!on compound enclosed by a 2.4m high palisade fence • Loca�on: Por!on 27 of the Farm Nooitgedacht No. 74 (Beyerskloof Wine Estate), Stellenbosch Local Municipality • Coordinates: La!tude: -33.890222° Longitude: 18.823604° Opportunity to Par�cipate: Interested & Affected Par!es (I&APs) are invited to register and comment on the Dra� Basic Assessment Report (BAR), which is available upon email request to the appointed EAP, Monique Uys (ACE Environmental Solu!ons). Public Comment Period: 11 September 2026 to 12 October 2026 (30 calendar days) Monique Uys, ACE Environmental Solu�ons (Pty) Ltd E A P A S A R e g: 2019/761 Tel: 082 071 7170 / 066 189 7256 Email: eap@ace-env.co.za / monique@ace-env.co.za Physical Address: 1 Noodhulp, Bela Bela, 0480 Postal Address: PO Box 782 Bela Bela, 0480 Website: www.ace-env.co.za NM10072163-EN030926

NM10072958-EN100926


10 September 2026

NUUS NEWS

Eikestadnuus

3

Jongwyne in geskiedenis geweek Yaël Malgas

Die volledige lys jongwynwenners:

Dit blyk ’n belowende jaar vir Stellenbosch se wynmakers te wees, indien die wenners van die Stellenbosch-jongwynskou enige aanduiding is. Die jare lange tradisie van die jongwynskou is verlede Vrydag (4 September) by Klein Alto voortgesit. Stellenbosch is deel van die nasionale jongwynskou, wat in 1833 begin het. Beyerskloof, Spier en Vergenoegd Löw het almal met vier trofees weggestap, met Beyerskloof wat in die rooiwyn-afdeling gedomineer het. Die kampioen shiraz, shiraz (hout), merlot (hout) en die top-pinotage kom almal uit dié stal. Vir Buddy Hendricks, assistent-wynmaker by Beyerskloof, is vanjaar se toekennings ’n goeie aanduiding van wat kom. “Ek is baie tevrede met die uitslag,” sê Hendricks. “Ek sien veral uit na die shiraz en merlot aangesien daar lank gestoei is om dié wyne in nuwe hout te sit en die belegging werp nou vrugte af. Dié besluit begin homself nou wys.” Altesaam 21 trofees is oorhandig, met die gasheer, Klein Alto, wat weggestap het met die Allan Bell-trofee vir kampioen- cabernet sauvignon (hout), die Vinfruco-trofee vir algemene kampioenrooi tafelwyn en die Boland Bank-trofee vir kampioen- rooi versnit (hout).

Mia Boonzaier van Flagstone ontvang die trofee vir dié wynprodusent se sauvignon blanc van Bertho van der Westhuizen. Foto’s: Yaël Malgas

Mvuselelo “Vusi” Dalicuba ontvang een van Vergenoegd Löw se vele trofees tydens die 2026 Stellenbosch-jongwynskou. Bertho van der Westhuizen oorhandig die trofee.

Neethlingshof se Gewürztraminer het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Stellenbosch Voedsel en Wynsfees-trofee verower. Volgens De Wet Viljoen, die voorsitter van die Stellenbosch-jongwynskou, is vanjaar se skouwyne ’n bewys van Stellenbosch se ryk wyngeskiedenis. “Stellenbosch is uniek, want dit is een van die ouer wynstreke. Ons sit met ’n pragtige terroir en ons sit met geskiedenis – niks kan hierdie geskiedenis koop nie. Die kwaliteit was nog altyd hier,”

meen Viljoen. Hy voeg by die wynmakers van die streek het uiteindelik almal dieselfde doel. “Ons wil wyn maak wat vir die verbruiker ’n genotvolle wynervaring gee en dít is wat Stellenbosch uniek maak. Ons het ’n track record en dit sal ons altyd op ’n ander vlak as die res plaas.” Benewens die prysuitdeling was dit ook ’n geleentheid vir die streek se wynmakers om skouers te skuur en om ’n paar wenke van die wynlegende Bennie Howard (Kaapse wynmeester) te ontvang.

• Westelike Graanboere-trofee, witversnitwyn – Benguela Cove-wynlandgoed sauvignon blanc/sémillion; • PJ Carinus-trofee, chardonnay – Vergenoegd Löw chardonnay (hout); • Die Koöperatiewe Kelders-trofee, chenin blanc – Spier chenin blanc (hout); • DP Pongrasz-trofee – Flagstone sauvignon blanc (hout); • Standard Bank-trofee, ander wit kultivar – Spier alberino; • Stellenbosch Voedsel en Wynfees-trofee, natuurlike soet witwyn – Neethlingshof Gewürztraminer; • CDS/Demtos-trofee, hout verouderde witwyn – Vergenoegd Löw chardonnay (hout); • Grotto-trofee, algemene kampioen wit tafelwyn – Vergenoegd Löw chardonnay (hout); • Tassenberg-trofee, rooi versnit – Spier cabernet sauvignon/merlot/shiraz; • Boland Bank-trofee, rooi versnit hout – Alto cabernet sauvignon/cabernet franc (hout); • Stellenbosch Distriksbank-trofee, cabernet sauvignon – Kaapzicht; • Allan Bell-trofee, cabernet sauvignon (hout) – Alto; • Denel-trofee, merlot (hout) – Beyerskloof; • Swartlandse Koöp Wynmaatskappy BPK-trofee – Beyerskloof pinotage; • Stellenbosse Wynroete Koöp BKP-trofee, pinotage (hout) – Flagstone; • Absa-trofee, Shiraz – Beyerskloof; • Mondi Timbers Products-trofee, shiraz (hout) – Beyerskloof; • Bakke Industrie-trofee, ander rooi kultivar – Flagstone Wyne; • Vinfruco-trofee, algemene rooi tafelwyn – Alto; • KWV-trofee, versterkte wyn – Vergenoegd Löw; en • Consol-trofee, kampioen-meerlot – Spier.

Ushering in a brand-new season The tourism team of Visit Stellenbosch ushered spring in and celebrated the official opening of their new home on Tuesday 1 September. The office of the local tourism organisation moved from Church Street to 141 Dorp Street and the team is ready to welcome local and international visitors. According to Annemie Liebenberg, CEO of Visit Stellenbosch, it is very apt that the office is now located in the historic Dorp Street, which used to be the only route in and out of town. Open the door at the new Visit Stellenbosch offices and discover your hometown in a new way by giving the Visit Stellenbosch team a call on 021 886 4310 or send an email to info@visitstellenbosch.org. Photo: Yaël Malgas

Get the best in Blinds and Shutters

Popular Sheerweave Roller Blinds

IRNA VAN WYK: 082 572 2740 STELLENBOSCH: 021 883 3783 • SOMERSET WEST: 021 851 0176 • GANSBAAI: 068 042 5818 SWELLENDAM: 082 572 2740 • WORCESTER: 082 452 5072 • MOSSELBAAI: 082 449 3653 www.stellenboschblinds.co.za • info@stellenboschblinds.co.za NM10072949-EN100926


4

Eikestadnuus

NUUS NEWS

10 September 2026

PES programme throws local job seekers a lifeline Yaël Malgas Local job seekers flocked to StellCare in Ida’s Valley last Thursday (3 September) in hopes of getting one of the 500 job opportunities on offer. This is the fifth year StellCare, a registered NPO and child protection organisation, is facilitating the Presidential Employment Stimulus (PES). Through the programme, unemployed locals from Stellenbosch and Eerste River receive training to ultimately work as a school or early education development support assistants, community safety members, cleaners or get placed at StellCare’s various businesses. Bettie Nieuwoudt, StellCare director, explained that given the specifications of the PES, the locals accommodated by the programme must be from Cloetesville, Ida’s Valley and old Kayamandi. “The need [for employment] in the community is great as we can see from all the job seekers who apply year after year. Part of the restriction of the programme is that 70% of the candidates must be firsttime applicants,” she explained. Despite the wet weather, job seekers flocked to StellCare’s office on Helshoogte Road last week hoping to get employment for the next nine months. One such hopeful is Ncumisa Mlotywa (39) from Kayamandi. Over the years Mlotywa has held many different jobs, but she is currently unemployed. “Honestly, my hope is that the work doesn’t end, but I know this is only temporary work. This is my first time applying through StellCare and the

A notice at the gate of StellCare after dozens of applicants applied for work through the local organisation last Thursday. Photos: Yaël Malgas

recruitment process has been well-managed. There are so many people sitting at home without employment, so this brings a bit of hope,” she said. Returning applicants include Susanna Adriaanse (56), Madelein Philander (41) and Zandré Michaels (25). Michaels was previously employed as a teaching assistant at Pieter Langeveldt Primary two years ago, a period that he labelled an enriching experience. “The poverty in our community is too much,” he said. “This opportunity to apply for work is almost like Santa coming to town... it gives us a chance to find work and earn our own money. Everyone here wants that opportunity and dignity to work for something.” None of the applicants may receive a social grant and Nieuwoudt said some applicants prefer not to apply for grants, so that they can qualify for the PES programme. “The programme is not enough to help every unemployed person in the community, but it is a start and makes a tangible difference in the lives of the successful applications,” she said.

Work seekers from Kayamandi, Cloetesville and Ida’s Valley applied for the positions available through StellCare.

Alenor Pietersen voor haar woning en eetplek in Pniël, waar sy besoekers van naby en ver met haar smullekker kontreikos bederf. Foto: Yaël Malgas

Kookboek van Pniël-vrou te kry Yaël Malgas Pniëllers en besoekers van oor die wêreld heen is bekend met Alenor Pietersen se smaaklike tuisgebak en nou deel sy haar smullekker-resepte in ’n splinternuwe kookboek. Alenor’s Kookboek is voorverlede Vrydag (28 Augustus) in die laaste dae van Vrouemaand bekendgestel by Alenor se restaurant en woning. Die skep van die kookboek was nie sonder struikelblokke nie en die eerste weergawe van die boek is twee jaar gelede laat vaar nadat dié projek platgeval het. Daarna het Alenor vir nog twee jaar met ’n nuwe span gewerk om ’n nuwe kookboek te skep. “Elke keer wanneer ons Alenor besoek, het sy iets verander, uitgebrei en haar onderneming laat groei. Dit is net wie sy is en dit is gepas dat ons hierdie formidabele vrou en haar kookboek in Vrouemaand vier,” meen René Momberg, bestuurder van Stellenbosch Township & Village. Alenor se onderneming is deel van Stellenbosch Township & Village, ’n organisasie wat plaaslike entrepreneurs help om hul bestaande toerisme-onderneming uit te brei en volhoubaar te maak. In Alenor se geval het hulle ook hulp om vennote, soos die Greater Stellenbosch Development Trust, gevind wat die Pniëller se kookboek ’n werklikheid help maak het. Vir Alenor voel die kookboek steeds onwerklik. Sy vertel met die eerste boek

het sy met ’n uitgewer in Johannesburg gewerk en sy het slapelose aande gehad, waar sy gewonder het waar in die land is haar boek. Die kool was uiteindelik nie die sous werd nie, maar Alenor se tweede probeerslag het beter gegaan. “Ek voel so trots op myself dat ek die boek kon voltooi. En indien daar ’n resep is wat nie reg is nie, moet jy net jou verstand gebruik en bietjie meer water of sout bysit waar dit nodig is,” verduidelik sy. Ten spyte daarvan dat Alenor “nie baie geleerdheid het nie” het sy haar eie resep vir kerrievis, hoenderlewertjies en haar wenresep vir lepelbrood neergepen. Nes vele ander bobaaskokke het Alenor by haar ouma, Matilda “Tella” Meyer, leer kos maak. Dit was ook Ouma Tella wat vir Alenor geleer het hoe om brood sonder kniewerk te maak. “Om te dink dit is deur my lepelbrood dat ek hierdie mylpaal bereik het,” skerts Alenor. “Ek het nie geweet ek sal eendag só ver kom nie. Ek pluk die vrugte en ek salueer my ouma wat my leer kosmaak het. Vandag kan ek mense bemoedig om aan te hou.” Gaste by die bekendstelling het kans gehad om van Alenor se kontreikos te proe en natuurlik was dit veral die lepelbrood wat ’n wenner was. Benewens die kontreikos-ervaring wat gaste kan geniet bied Alenor deesdae ook ’n noenmaal- (high tea) ervaring. Vir meer oor Alenor se aanbod en om die boek in die hande te kry, skakel 083 289 0818.

.

NEMA BASIC ASSESSMENT: NOTICE OF PUBLIC PARTICIPATION PROCESS The proposed expansion and upgrade of existing tourism infrastructure on Rickety Bridge and Basse Provence Farms, Franschhoek, Western Cape. DEA&DP REFERENCE NO.: 16/3/3/6/7/1/B4/12/1437/26 Notice is hereby given of a public participation process in terms of the NEMA Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations 2014 (as amended): Rickety Bridge (Pty) Ltd proposes the expansion and upgrade of existing tourism infrastructure on Rickety Bridge Farm (Remainder and Portion 1 of Farm 1085) and Basse Provence Farm (Remainder of Farm 1066, Portion 10 of Farm 1049, Portion 1 of Farm 1058, and Portion 1 of Farm 1065), Franschhoek. The proposed development includes activities listed in terms of the NEMA EIA Regulations (2014) as amended by Government Notice 327 in Government Gazette 40772 of 7 April 2017 and a Basic Assessment is therefore being undertaken for it. The relevant activities are as follows: Listing Notice 1: Activities: 9; 12; 19; 28; 45; 48 Listing Notice 3: Activities: 6; 14; 17; 18 and 23 The proposed development also includes “water uses” in terms of the National Water Act (Act 36 of 1998) which will be applied for and the Basic Assessment Report includes a Heritage Impact Assessment as required by Heritage Western Cape following the submission of the Notice of Intent to Develop (Basse Ref: HM/ CAPE WINELANDS/ STELLENBOSCH/ FRANSCHHOEK/ FARM 1066-RE and Rickety Bridge Ref: HM / CAPE WINELANDS / FRANSCHHOEK / FARM 1085 PORTION 1 AND 1085-RE). Please be informed that a pre-application Basic Assessment Report is currently available for review for a 30-day period upon request from MS-EC Environmental Consultants from 10 September 2026. If you or your organisation require further information, would like to participate in the Basic Assessment process and provide comment on the pre-application Basic Assessment Report, please ensure that you register and/or submit comment, in writing, to Monique Sham of MS-EC Environmental Consultants via email monique@ms-ec.co.za on or before 12 October 2026. NM10072758-EN100926


10 September 2026

ADVERTORIAL

All discards must go somewhere

Clean starts with me, you, us. There is no “away”. Every single thing you throw away has to go somewhere. Stop. Let’s think for a moment about where that somewhere is, and whose responsibility it is. Even when you are responsible and put all your rubbish in a bin, it is not really away, is it? It is collected and has to go, well, somewhere. That somewhere is the landfill site. It is still not gone. And it is still not away. It is simply elsewhere. Perhaps it has left your mind, but it has not left your space. The Cape Winelands District Municipality together the local municipalities has embarked on an awareness campaign aimed at a cleaner Cape Winelands district. “We all need to rethink our habits when it comes to waste,” said Dr Elna von Schlicht, executive mayor of the Cape Winelands District. “Our future depends on how we behave today.” Every local municipality is responsible for the collection and removal of household waste. To help reduce the amount of waste sent to landfill sites, many municipalities have been distributing clear bags to households for them to place recyclable waste in. These bags are collected and taken to Material Recovery Facilities (MRFs), where recyclable items are sorted and prepared for sale to recycling companies. The level of recycling varies across the Cape Winelands. Some areas have well-developed recycling programmes, while others are continuing to expand and strengthen their waste-management and recycling initiatives.

NUUS NEWS

Dam levels stable but care needed The national Department of Water and Sanitation (DWS) reports that dam levels across the Western Cape, have remained relatively stable this week, with only slight changes recorded in the key water supply systems. According to the latest data, The Cape Town System Dams (combined) decreased from 75,81% last week, to 75,00% this week. The Western Cape State of Dams recorded a decline from 79,73% to 79,53%, while Theewaterskloof Dam, the largest dam in

the Cape Town Water Supply System, has declined from 76,03% to 75,94% this week, reflecting a decrease of only 0,09 percentage points. Mkhevu Mnisi, acting provincial head of the DWS, emphasised that changing and unpredictable weather conditions underscore the need for continued water conservation. He urged residents, businesses and industries to use water responsibly and avoid wastage to safeguard the sustainable management and future resilience of the Western Cape’s water resources.

Apply to cast a special vote during municipal elections While election day is on Wednesday 4 November, when all South Africans can vote at the voting stations where they are registered, there is also an opportunity to apply for a special vote to make your mark at your voting station on Monday 2 or Tuesday 3 November. In order to qualify, voters must apply to the IEC between Monday 21 September and Monday 12 October. “This opportunity to vote on 2 or 3 November is based on the voter applying for a special vote in the period as set out in the Election Timetable,” explained Michael Hendrickse, provincial electoral officer.

“Voters cannot simply walk in to the voting station without having applied and having received a response for the IEC. Only the IEC can receive and approve a special vote application, not any candidate or political party.” Voters are reminded that for local government elections, a voter can only vote at the voting station in the voting district where they are registered. To apply for a special vote, visit www.elections.org.za or send your ID number to via SMS to 32249 (R1 per sms). Alternatively, collect and submit a completed special vote application form at the local IEC Office.

5

SPECIALS AVAILABLE AT ALL STORES 10KG CHICKEN LEG ¼

R44000

each

VIS FABRIEK 2PLY TOILET PAPER 18'S

4X1KG CHICKEN NECKS

R4999

R7400 each

3KG CHIPS

R4500 each

2KG PRE-PACKED FISH FINGERS

1.4KG CALAMARI STEAKS

.

R12999 each

R16950 each

1KG SUPREME STRIPS

The objective of the campaign is to: • teach us all that reducing our waste is easier than we think; • show us how to recycle, and why it is so important that we start waste reduction and recycling in our homes, places of work and schools; • encourage understanding and respect between residents and waste reclaimers; • ultimately ensure that only waste which absolutely cannot be recycled, repurposed or reused is sent to landfill; and • clear up myths and misunderstandings we may have about waste and how to manage it. Did you know you can contact your local municipality and speak to its waste-management team to find out more about waste management in your area? Most areas have a variety of recycling businesses and initiatives. If you prefer not to put your glass, tins, plastic and paper in your clear bag for municipal collection, you can find out where to take your recyclables. You may even get some money back! Always remember that there is another person on the other side of your waste. Only clean items can be recycled, so rinse out tins, glass containers, milk bottles, yoghurt containers and other recyclables before putting them out for recycling. Keep an eye out for our two competitions, which open on Thursday 10 September. The first competition is open to Grade 9 learners from schools in the Cape Winelands. To enter, and stand a chance of winning one of five R500 vouchers, learners need to show how they pause, pocket and place their waste in the right bin. Grown-ups also have an opportunity to win one of five R500 vouchers. All they need to do is show that “clean spaces = beautiful places”. Any clean place can be a beautiful space! Share your clean office, classroom, garden, road, shop or business with us. Clean starts with me, you, us.

R6299 each

240G SHRIMPS

5M LIGHT DUTY FOIL

R2799 each

R999 each

1KG SOVEREIGN STRIPS

R6299 each

700G SEAFOOD MIX

R4499 each

800G CATERING PRAWN MEAT

R10999

.

For more information have a look at the advertisement in this newspaper and visit “Cape Winelands DM” on Facebook to keep up to date with all the happenings.

Eikestadnuus

each

OFFER VALID FROM 9 - 13 SEPTEMBER 2026.

WHILE STOCKS LAST

T&C's Apply. Picture of the product may di�er to the one instore. NM10072951-EN100926

SAMXXX-AL090926


6

Eikestadnuus

KUNS & VERMAAK ARTS & ENTERTAINMENT

Eerlike soeke na waarde van lewe Dis laat in die aand, iewers in die toekoms. Krapp is op sy verjaarsdag alleen en sit tussen bokse vol herinneringe en die brose oorblyfsels van ’n lewe wat verbygegly het.

probeer om iets van jouself te bewaar. Vir hierdie produksie word die stem van die jonger Krapp nou met Nel opgeneem terwyl hy self naby aan dié karakter se jonger ouderdom is. Die opname word só deel Wanneer hy na ’n opname van ’n groter tydkapsule: sou van sy jonger self luister, word Nel die rol oor jare of selfs hy gekonfronteer met die dekades weer besoek, sal ’n Carel Nel speel Krapp in afstand tussen wie hy was en ouer Carel Nel letterlik na sy Krapp se laaste band by wie hy geword het. eie jonger stem luister. Die die Toyota Stellenbosch In Krapp se laaste band, akteur, die opname en die proWoordfees 2026. Samuel Beckett se donkerduksie sal dan saam verouder. komiese en diep menslike Dit verdiep een van Bec-kett ondersoek na herinnering, tyd, liefde se sentrale vrae: wat bly uiteindelik van en verlies, vertolk Carel Nel die titelrol. ’n lewe oor? Die feite wat ons opteken, die Die produksie word vervaardig deur die herinneringe wat ons bewaar, die mense regisseur, Stefan Benadé, wat ook vir die vir wie ons lief was – of bloot die stem van Afrikaanse vertaling, ontwerp, choreograiemand wat ons eens was en later skaars fie, musiek en verhoogbestuur verantwoor- herken? delik is. Dit maak in Oktober sy debuut op Met humor, ongemak en genadelose eerdie Spier Toneel-program van die Toyota likheid beweeg Beckett tussen die absurde Stellenbosch Woordfees en word deur die en die pynlik bekende. Nel dra die wêreld fees ondersteun. van Krapp alleen op die verhoog: sy rituDie produksie neem Beckett se eenele, herinneringe, mislukkings, verliese en voudige uitgangspunt – ’n laataand in oomblikke van onverwagse teerheid. die toekoms – ernstig op. Vanuit daardie Krapp se laaste band word van Saterdag wêreld word Krapp se verhouding met sy 3 tot Maandag 5 Oktober op die planke van Ideie verlede en met die man wat hy eens asvallei Primêre Skool opgevoer. Vertonings begin was opnuut ondersoek. om 20:00 op Saterdag en Maandag, en 19:00 op Wat vir een generasie nuut en modern Sondag. Besoek Quicket vir kaartjies van R210 tot is, word vir ’n volgende generasie reeds ’n R260. Kaartjies is ook by die deur van R240 tot oorblyfsel: nog ’n voorwerp waarin ’n mens R290 beskikbaar.

.

10 September 2026

Dorpskalender | Town calendar VRYDAG 11 SEPTEMBER Stellenbosch: Die sanger-liedjieskrywer Luna Paige stel om 19:00 haar nuwe Afrikaanse album, Die Reisigers, by die DROSTDY-TEATER bekend. Die album is ’n versameling liedere geïnspireer deur haar Camino de Santiago-pelgrimstog en reise deur Suider-Afrika en Europa, maar dis meer as net ’n album – Luna verpak die musiekversameling in ’n spesiale boek met persoonlike staaltjies, al die lirieke en oorspronklike kunswerke deur Theo Paul Vorster. Sy word op die verhoog vergesel deur die bekroonde kitaarspeler Mauritz Lotz, met André Scheepers op klawers en elektronika. Bespreek jou plek aanlyn deur Webtickets. Stellenbosch: The E’BOSCH HERITAGE PROJECT holds its annual lecture at the Stellenbosch University Museum from 18:00 to 19:30. The guest speaker is DrCoetzee Bester, who will speak on “Heritage for the next 30 years”. For more details, contact Belinda Foster on 083 402 1856 or heritage.ebosch@gmail.com. TUESDAY 15 SEPTEMBER Stellenbosch: African Drumming Tuesdays at the STELLENBOSCH UNIVERSITY MUSEUM will be held from 13:00 to 14:00. It aims to enhance wellness and well-being on campus, with sessions free and open to all. Phone Ricky Brecht on 021 808 3660 or email rickyb@sun.ac.za to book your place. WOENSDAG 16 SEPTEMBER Stellenbosch: Die ledevergadering van die STELLENBOSSE HEEMKRING word om 19:00 in die konferensiekamer van die NG kerk Stellenbosch-Wes gehou. Die spreker is dr. Phillip Louw, die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Die onderwerp is “Die WAT op pad na die volgende honderd jaar”. Die WAT, wat sedert 1930 in Stellenbosch by die US gehuisves word, is die mees omvattende woordeboek van Afrikaans. Die bespreking sluit in ’n kort historiese oorsig van die eerste eeu van die WAT; die rol van die WAT as omvattende woordeboek; ’n verduideliking oor hoe die WAT van ’n standaardwoordeboek soos die HAT verskil;

’n blik op hoe die WAT saamgestel word (vanaf materiaalversameling tot die skryf van die woordeboekartikels); en toekomsplanne vir die WAT. Almal is welkom; RSVP teen Maandag 14 September per e-pos by sbosheemkring@gmail.com. Aansoekvorms vir nuwe aansluitings is ook beskikbaar. Stellenbosch: Join the Wednesday Museum Walkabouts exploring SU MUSEUM’S collections from 13:00 to 14:00. The initiative aims to share the facility’s permanent art and historical collections with the public. Admission is free. To RSVP, contact Ricky Brecht on rickyb@sun.ac.za or 021 808 3660. THURSDAY 17 SEPTEMBER Somerset West: The REACH FOR RECOVERY breast cancer support group invites residents of Stellenbosch to a free talk by specialist surgeon DrDewald Coolen on “The role of robotics in breast cancer surgery”. The talk will be held at 09:30 for 10:00 in the Training and Development Room at Mediclinic Vergelegen. All welcome; refreshments will be served after the talk. Call 082 357 0497 for more. THURSDAY 17 AND FRIDAY 18 SEPTEMBER Ida’s Valley: Music lovers are invited to the annual e’Bosch School Choir Festivals. Harmony, hope and youthful talent will be on display at the IDA’S VALLEY PRIMARY SCHOOL hall, with two inspiring evenings that will unite learners from schools across Stellenbosch. High school choirs will perform on 17September, followed by the young on 18 September. Both start at 18:00. Admission costs R20 and tickets are available at participating schools. Alternatively, send an email to school.ebosch@gmail.com. VRYDAG 18 SEPTEMBER Idasvallei: Die STELLENBOSCH-KRIEKETKLUB bied ’n karaoke-aand vanaf 19:00 tot 23:45 by die skoolsaal van St. Idas Primêre Skool aan. Belangstellendes word genooi om hul stembande op te warm en by die geldinsamelingsgeleentheid hul hart te kom uitsing. Musiek word deur GerryOeke en DJ Ettie verskaf. Kaartjies kos R100 elk.

Jou nuwe gedrukte koerant in Afrikaans aanlyn én op die rakke.

Jy kan Die Papier

digitaal deurblaai!

Koop die e-koerant aanlyn elke week teen R35 of teken maandeliks in teen R140. Die Papier. Jou nuwe Afrikaanse koerant. www.diepapier.co.za


sementwerke

cement works

Sedert 1954 Since

10 September 2026 - 16 September 2026

( 021 873 1154 • sales@lategans.co.za • www.lategans.co.za NM10072034-EN030926

Brons vir Jefthas Pniël-meester skitter op wêreldbyeenkoms

The local Fairtree DP World Cannondale Race team are back on the trails and took on the Race2theSea at the weekend.

Yaël Malgas

Cyclists back in the saddle

S

legs ure nadat hy in Suid-Afrika geland het, was die meestersatleet Christo Jefthas die afgelope Saterdag (5 September) agter op ’n bakkie om deur die Dwarsriviervallei se strate te ry. Jefthas (71) van Pniël was onder die seniors van Suid-Afrika wat aan die Wêreldmeesters-atletiekkampioenskap in Suid-Korea deelgeneem het. Dié gesoute atleet en afrigter het met ’n bronsmedalje teruggekeer, nadat hy die derde plek in die 2 000 m-hinderniswedloop behaal het. Benewens sy prestasie op die baan het dié “goue oue” ook sewende plek in sy ouderdomsgroep vir die driesprong geëindig. “Dit is onbeskryflik,” vertel Jefthas oor sy prestasies in Daegu, Suid-Korea. “Gewoonlik sien ons slegs hierdie soort prestasies op die televisie, maar daar is Pappa toe self op die podium,” skerts hy. Jefthas het jare lank by PC Petersen Primêr skoolgehou en deur sy loopbaan ook rugby en atletiek afgerig. Bekendes, soos die rugbyspelers Oswin Mentoor, Edwill van der Merwe en Herschel Jantjies, was in sy hande. Op die vraag oor waar sy atletiektalent van kom, vertel Jefthas hoe hy as kind moes weghardloop nadat hy en sy makkers vrugte van bome gesteel het en hoe

Christo Jefthas wys sy bronsmedalje wat hy by die Wêreldmeesters-atletiekkampioenskap in Suid-Korea verower het. Saam met hom is familie en vriende van die Dwarsriviervallei. Foto: Yaël Malgas

hy dan vir ’n tweede keer die hasepad moes vat wanneer sy pa van die diefstal uitgevind het. Dit blyk Jefthas het sedertdien nooit ophou hardloop nie. As ’n bejaarde hardloop hy steeds op die Helshoogtepad, en van Pniël af na Groot-Drakenstein of Simondium. Dié roetes was deel van sy voorbereiding vir die wêreldkampioenskap. In Daegu was die omstandighede ’n uitdaging. “Dit was warm – een dag 33°C en ander dae tot 40°C. Dan skielik is daar ’n stortreën wat vinnig verby is, maar dan moet jy in daardie klimaat aan jou items deelneem,” vertel Jefthas. Tog was die fisieke voorbereiding nie Jefthas se grootste uitdaging nie.

Jefthas meen om die R70 000 in te samel wat nodig was om deel te neem, was die grootste struikelblok. Hy bedank almal wat sy geldinsamelingsbraai ondersteun het, veral Yvette Myburgh en haar man vir die organiseringswerk. Vroulief Esmie Jefthas sê solank haar man se gesondheid hou, voorsien sy nie ’n tyd wanneer hy nie by sport betrokke sal wees nie. “Hy is baie gedissiplineerd en sy toewyding aan sy eie oefening en afrigting is ooglopend. Ek is baie trots, want dit was sy droom om teen die beste, wêreldklas-atlete te kompeteer en homself daarteen te meet,” verduidelik sy. Dwarsrivier-inwoners meen Jeftha se prestasies spreek vir hulself en hy is beslis die vallei se trots.

Reg vir aksie op die sokkerveld Spelers van Crystal Palace FC in Cloetesville pronk in hul splinternuwe wedstryduitrustings danksy ’n borgskap van GH Building Supplies in Plankenbrug. Die bestuur van die plaaslike sokkerklub het hul dank aan die maatskappy, veral die bedryfsdirekteur, Bertus Kriel, vir die borgskap en die ondersteuning uitgespreek. Die klub is steeds op soek na verdere steun. Kontak André Smit by 078 819 3448 of andresmit693@gmail.com vir nog inligting of om betrokke te raak.

The Fairtree DP World Cannondale Race team is back in action and took on the Race2theSea 2026 this past Saturday (5 September). The cyclists were Luyanda Tobigunya (finished 43rd overall), Kwazi Mbhamli (64th), Ziandro Jordaan (44th), Ethan Michaels (65th), Kusaselihle Ngidi (58th), Winile Majavu (349th) and Yomlelela Mfazwe. Unfortunately, Mfazwe could not complete the race. According to team manager Chris Norton, the new start venue added a fresh dimension to the race, with the Franschhoek, Aasvoël and Sonderend mountain ranges rising around riders as they gathered at the line, and the challenge and reward of the Rusty Gate Pass within the opening 20 kilometres. From the summit, sweeping views across the Overberg opened up before familiar gravel roads returned, dropping below the wind turbines, through the ripening canola and wheat fields, and on towards the finish at the gorgeous Benguela Cove on the Whale Coast. “The headwind was a massive factor in the race and our team did extremely well to keep up the pace. Ziandro’s second place in the amateur category is a testament to the hard work the team has put in. All riders showed massive improvements from last year’s race, which is really encouraging,” Norton pointed out. The team is straight back into racing with the Ford Trailseeker Wellington race coming up this Saturday (12 September). “We had excellent results in 2025, so we are looking forward to the same this year. Our goal is to win both the men’s and women’s titles in the Exarro Cat at Wines2Whales, something that we have achieved at the Absa Cape Epic, but never at Wines2Whales.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Eikestadnuus - E-Edition - 10 September 2026 by Novus Media - Issuu