Skip to main content

Eikestadnuus - E-Edition - 10 October 2024

Page 1

GRATIS | FREE

10 Oktober 2024 - 16 Oktober 2024

EikestadNUUS Nuus net vir jou sedert 1950

44 Years at your service • All work guaranteed • Quality maintenance • New installations

021 887 2155

X1YA63L5-EN101024

Noodpersoneel op die Helshoo­g­tepad ná Dinsdag se ongeluk. Foto: Yaël Malgas

Padongeluk eis fietser Idasvalleier sterf na kopstamp Yaël Malgas Roderick Louskitt het op ’n mistige Dinsdagoggend ouderge­woonte werk toe gery toe hy vandeesweek in ’n ongeluk omgekom het. Die Idasvallei-inwoner was in die dorp se rigting onderweg op die Helshoogtepad langs die

Nietvoorbij-sokkerveld. Volgens inligting het die 42-jarige op die voetpaadjie padgegee vir stappers en in die proses in die pad beland. ’n Aankomende vragmotor het glo probeer uitswaai vir hom, maar Louskitt het sy kop teen die bak van die voertuig gestamp. ’n Stellenbosser het vertel

werkers van die Stellenboschmunisipaliteit het ná die ongeluk ingespring om te help en ook verseker dat Louskitt bedek was voordat nood­personeel op die toneel was. Lt.kol. Monique Fortuin, die stasiebevelvoerder van die Cloetes­ville-polisie, het bevestig die polisie het om 06:45 op die toneel gereageer waar ’n vrag­motor en fiets betrokke was. Familie was Dinsdagoggend op die toneel waar noodpersoneel die toneel

opgeruim het en verkeersbeamptes verkeer op die besige pad gereël het. Edwin Clarke, Louskitt se pa, het op die toneel gesê sy seun het daagliks fiets gery. “Hy was gereeld op sy fiets – elke oggend en elke aand. Ons bly in Cloetesville, en as hy kom kuier het, het hy uit Idasvallei gery. Dit was maar sy ver­voer,” sê Clarke oor sy oudste seun. “Sy ma het in September verjaar en ons was almal weg

vir haar 60ste verjaarsdag. Ons was almal Hermanus toe – ek, die vrou en die kinders en die kleinkinders. “Net gisteraand het ons almal nog op die familie se Whatsappgroep gepraat en ou foto’s van hul kinderdae gedeel, en dat dít nou vanoggend gebeur . . .” vertel Clarke. Louskitt laat sy vrou, Janine, en drie kinders agter. ’n Saak van strafbare manslag word deur Cloetesvillepolisie ondersoek.

Kidnappings and extortion are on the rise in the Boland Yaël Malgas Cases of kidnapping are on the rise nationally, locally a student is one of the latest victims of this crime spree. According to the crime statistics published by the South African Police Service, 233 cases of kidnapping were reported in the province between April

and June. In nine of these a ransom was demanded, five involved cases of extortion and one was classified as human trafficking. On Thursday 3 October, a local student was walking from a restaurant in Plein Street to her residence when she was snatched. According to police the 20-year-old was walking at

approximately 02:40 when an unknown vehicle with two occupants stopped and kidnapped her. “In the course of events the suspects demanded a ransom from the family of the hostage,” Captain Frederick C van Wyk, a provincial spokesperson, said in a statement. “They immediately paid the money after which the victim was released on

Friday (4 October).” After the ordeal she was immediately taken for medical examination. Two suspects have since been charged with kidnapping and extortion after investigation by the multidisciplinary team led to the arrest of the suspects. V To page 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Eikestadnuus - E-Edition - 10 October 2024 by Novus Media - Issuu