9 Julie 2025 - 15 Julie 2025 | Tel 021 853 0211 | www.districtmail.com
GET YOUR 3RD GRA T FREEIS
SERVICE ON US
www.carcareclinic.co.za
Strand-liga vier 90 jaar
D
ie Strand-rugbyklub het die mooiste drie nog gedruk toe die klub die afgelope naweek nege dekades van rugbysukses gevier het.
Die bekende rugbyklub het Saterdag (5 Julie) sy 90ste bestaansjaar met ’n spoggeleentheid in die Strand-stadsaal gevier. Deel van die vieringe was voormalige en huidige spelers sowel as administrateurs en ondersteuners wat almal in samesyn en hul Sondag-beste bymekaargekom het. Die geleentheid is gevul met geskiedenis en erfenis – nie net om ’n sportklub te vier nie, maar ’n plaaslike instelling wat in 1935 gebore is. DIE STIGTING Die klub is gestig ná ’n wegbreek van verskillende plaaslike rugbyklubs deur twee broers, bekend as die Khan-broers, wat ’n visie vir gemeenskapseenheid gehad het. Oor nege dekades het dit van ’n amateur- in ’n gedeeltelik professionele klub ontwikkel. RYK GESKIEDENIS Die klub is in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby verweef. Een van sy grootste prestasies is dat twee van sy spelers, Hennie en Turkey Shields, lid was van die Proteas-rugbyspan – die eerste span vir bruin spelers wat ’n internasionale toer onderneem het toe hulle in 1971 na Engeland gereis het om wedstryde teen vier plaaslike spanne te speel.
Klubrugby kom ’n lang pad
Die Proteas was die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan vir bruin spelers tydens die Apartheid-era. Die Shields-broers was ook deel van die Proteas wat in 1976 teen die All Blacks gespeel het. Een van die spelers wat voor die eenwording van alle nasionale rugbyspanne in 1992 deur die Protea-geledere gekom het en die finale o.21-kaptein was, is Rodger Daniels, wat tans die voorsitter van die Strand-rugbyklub is. “Ek is al 46 jaar lid van die Strandrugbyklub en buiten myself en die Shields-broers het ander spelers die blou van Strand gedra en vir die Proteas gespeel. “Dit sluit in spelers soos Peter, Hennie en Turkey Shields se ander broer, asook Jaap Bekkers, wat die eerste Protea-kaptein was,” sê Daniels. Hy sê deur die jare het spelers soos Naties Jacobs, Naiam Thomas, Naftalie Engelbreght, Quinton Daniels, Ernest Lodewyk, Ramone Samuels, Dillon Leyds en Tristan Leyds die blou van die klub en nasionale truie gedra. PRESTASIES Die klub se geskiedenis is gevul met soveel toekennings as wat dit onderskeidende spelers het. Vir Daniels is die klub se grootste
Voormalige Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalfederasie- Protea-bekendes en hul gades.
Hennie Shields, ’n voormalige speler van die Strand-rugbyklub en Proteas-rugbyspan.
prestasies sy oorwinning van die Rapport-toernooi in Stellenbosch en sy oorwinning oor die Northern Kings, om die gesogte Elsie Kearns-beker te verower. Daniels is trots op die vriende wat die klub onderweg gemaak het deur wedstryde, soos die vurige spel teen Maties onder die leierskap van Karel du Plessis.
Die voorsitter, Rodger Daniels, en Francois Bonthuys, die Westelike Provinsie-unie se uitvoerende raadslid en ’n voormalige WP-Curriebeker-speler.
Die beamptes van die Strand-rugbyklub in 1985.
“Natuurlik speel ons plaaslike derbies teen die Helderberg-rugbyklub, ddie St. Georges-rugbyklub, die Macassar-rugbyklub, die All Saints United-rugbyklub en Sir Lowrians, wat die sport in ons gemeenskappe aangedryf en gevoed het,” verduidelik Daniels. UITDAGINGS Met dinge wat byna ’n eeu lank bestaan het, is die klub deur die meule van omstandighede. “Die grootste uitdagings waardeur ons in die gesig gestaar word, is finansieel,” sê Daniels. “Om ’n klub te bestuur, kos geld en ons wil seker maak ons het die hulpbronne om baie spelers speelgeleenthede te gee.” Die klub het tans 120 geregistreerde spelers van o.20 tot by sy A-span. Om te verseker dat die klub genoeg toerusting en goed instandgehoude infrastruktuur het, is geen maklike taak nie, maar Daniels beskryf die bestuur as ’n klein maar gedugte span wat die stigtersbroers se visie van eenheid behou het.
Na bladsy 3