




















Een van die groot hoogtepunte van die skoolkalender vind op Saterdag 30 Mei plaas wanneer die rugby spanne van HTS Drostdy en Worcester Gimnasium mekaar pak. Dit is vanjaar ’n groot voorreg om mnr. Abrie le Roux, die personeel, spelers en ouers van die Bosvarke by die Donkies te ontvang. Hierdie dag wek tradisioneel baie belangstelling onder die groter Worcester- gemeenskap en is ’n geleentheid vir ons almal om bymekaar te kom en die talente van ons leerders saam te vier. Die leerders geniet die dag ook baie en neem in goeie gees deel. Natuurlik is hierdie wedstryde altyd
1. Waarna sien jy uit vir die komende kragmeting teen die buurskool?
Ek sien uit na die gees tussen die twee skole, die derby en ook die mededingende aspek van die wedstryde.
2. Wat is jou voorspelling vir die wedstryd?
Dit gaan nie maklik wees in enige sin nie, ongeag hoe enige twee van die spanne vroeër die jaar al presteer het nie. Op ’n derby-dag gaan dit alles oor wie die meeste die oorwinning wil hê.

baie mededingend en spanningsvol.
Dit is ons as personeel en ouers se verantwoordelikheid om vir ons kinders die voorbeeld ten opsigte van sportmangees en gesonde mededinging te stel.
Ek wil by voorbaat elke afrigter en skeidsregter bedank vir hul onbaatsugtige werk.
Mag die spelers hulle beloon deur tot hul volle potensiaal te speel.
Ondersteun asseblief die OOV en Donkie Republiek wat hard gaan werk om die dag nog meer van ’n belewenis te maak.
Aan albei skole se borge – ’n groot

3. Het jul span enigiets in jul voorbereiding in aanloop tot dié wedstryd verander?
Nee, ons glo aan ons plan en sal slegs ’n videosessie oor die teenstanders hou, maar niks verander in hoe ons hulle benader nie.
4. Hoe inspireer jy jou span op en weg van die veld af?
Op die veld probeer ek die beste spel lewer en so

woord van dank, maar spesifiek aan One Insurance, die hoofborg van die dag. U ondersteuning maak spesiale dae soos hierdie moontlik.
Ná die verskriklike storm wat ons gemeenskap so baie hartseer en skade berokken het, is hierdie ’n geleentheid om net weer saam te kom en lekker rugby te kyk.
Kom geniet die dag saam met ons. Trek u rooi of blou ondersteuningsdrag aan en kom maak Worcester trots.
Ons sien daarna uit om u te ontvang.
- Louis Steyn, skoolhoof van HTS Drostdy
hard werk as wat ek moontlik kan. Ek
sal ook – as dit nodig is – my woorde gebruik om hulle moed in te praat, maar my spel moet die meeste van die praatwerk doen.
Weg van die veld af probeer ek uit die moeilikheid bly en ook so hard werk as wat ek kan – in verskeie aspekte, soos my skoolwerk – en probeer vir hulle die belangrikheid van respek teenoor almal wys. Ek toon respek teenoor enigiemand, maak nie saak wie dit is nie.
5. Wie is jou rolmodel?
My rolmodel is albei my ouers, hulle werk regtig hard om my al die geleenthede te gee wat hulle kan en het altyd my beste belange op die hart.
Dis van die min mense wat groter sukses wil hê vir jou as vir hulself.
- o.19A-rugbykaptein, Werno Ramsauer, HTS Drostdy

1. What are you looking forward to in the upcoming match against the neighbouring school?
I’m really looking forward to the upcoming derby because it is always a match filled with excitement and pride. It gives both teams the opportunity to show how hard we have worked throughout the season up to this point.
2. What is your prediction for the match?

I don’t want to speak too soon, but I predict a very competitive game.
3. Has your team changed anything in your preparation leading up to this match?
Yes, we have focused more on discipline, communication, and match intensity during training ses-
sions. We are also trying to make sure that every player is mentally prepared and confident for the big match.
4. How do you inspire your team on and off the field?
I inspire my team by always staying positive, working hard, and leading by example. I also try to encourage my teammates and remind them that rugby is not a one-man sport and that we are stronger together, both on and off the field.
5. Who is your role model?
My role-model is myself because I believe I am hardworking, I never give up, and I always try to better myself at every practice.
–
u19A-rugby captain, Arthur Kana, Worcester Gimnasium





















































































































































































































08:30
09:30
10:40
11:50
13:00
15A vs o. 15A
19C vs o. 19C
19B vs o. 19B
14B vs o. 14B
vs o.14A
vs Paarl Boys High o.19G
15C vs Paarl Boys
vs Paarl Boys High o.16E
16B vs o. 16B
vs Paarl Boys
vs Paarl Boys High o.15F
vs Paarl Boys









