Donderdag 7 Augustus 2025
Tel: 051 404 7600
GRATIS
’n Tydelike reëling is getref sodat besoekers aan die Langenhovenmark Saterdae nog agter die nuwe heining mag parkeer. Foto’s: Lientjie Mentz
Doen deeglike impakstudie in LHP, word wyd gevra
Skool al ‘gevoel’ LIENTJIE MENTZ
Hoewel die skool wat vir Langenhovenpark beplan word talle voordele vir die woonbuurt inhou, is daar tog kommer dat dit infrastruktuur onder druk kan plaas as ’n behoorlike impakstudie nie gedoen word nie. Jan-Hendrik Cronje, DA-wyksraadslid, asook Dulandi Leech, voormalige wyksraadslid en nou lid van die wetgewer, sê die DA is in gesprek met die departement van onderwys, die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die departement van openbare werke oor die vordering van die Langenhovenpark Comprehensive School. Dit volg op die oprigting van ’n heining om die twee terreine wat vir die skool en sportterrein geoormerk is. Die oop stukke veld het jare lank as parkeerplek vir besoekers aan die Langenhovenmark gedien. Die een terrein is op die stuk grond van 8ha noord van die terrein van die Langenhovenmark en strek van Dirk Oppermanstraat aan die een kant tot by Boerneefstraat; in die suide grens dit aan Jochem van Bruggenstraat. Die ander stuk grond lê direk wes van die markterrein.
Cronje sê hulle is dankbaar oor die netjiese heining wat nou hier opgerig is. “Ek het hard baklei vir die heining. Daar was lank ’n probleem met die bosbewoners teen die koppie wat inwoners en die kinders by EduPlus geterroriseer het. Die die heining bring ’n groter mate van veiligheid vir inwoners. “Ons wil nog net vra dat die laaste 36m van die heining ook voltooi word om die koppie van inwoners af te kamp.” Leech sê op haar beurt die vestiging van ’n sportterrein sal positief vir die woonbuurt wees. Dié terreine is reeds in 1982 vir ’n skool gesoneer. “Daar is egter sedertdien talle meenthuiskomplekse gebou en die invloei van inwoners het aansienlik meer geword as die oorspronklike profiel van die woonbuurt. Daar is dringend ’n nuwe impakstudie nodig wat die druk op die infrastruktuur en die toekomstige insluiting van ’n skool daarop, kan weergee,” sê Cronje. “Die DA stem saam dat ’n nuwe skool in die woonbuurt nodig is, maar dit is ook belangrik dat die beplanning reg gedoen word. “Ons wil nie sien dat dit nog ’n voorbeeld van mislukte infrastruktuur in die Vrystaat is nie.” Leech sê die vestiging van ’n skool hier sal kinders in die woonbuurt toegang gee tot ’n skool
Kevin en Janet Chang is twee van die stalletjiehouers op die weeklikse Langenhovenmark. Hulle verkoop varsgebraaide mielies.
naby hulle; dit sal ook werkgeleenthede vir onderwysers wat in Langenhovenpark woon, beteken. “Dit is vir ons ’n positiewe stap, maar ons hoop die geboue word van die begin af goed gebou en daar word nie eers net tydelike klaskamers opgerig nie.” Sedert die voltooiing van die grootste deel van die heining verlede week is parkeerplek by die mark minder as in die verlede. Ds. Leon Oosthuizen, bedryfshoof van die mark, sê daar word planne gemaak. “Ons kan nog parkeerplek vir sowat 80 motors aan die oostekant van ons terrein inrig,” sê hy. Hy sê hul frustrasie is dat hulle nie behoorlike kommunikasie vanaf die departement van onderwys kry om hul eie beplanning te doen nie. Cronje sê ’n tussentydse reëling word getref dat besoekers aan die mark op die perseel van die skoolterrein in Jochem van Bruggenstraat kan parkeer. “Ons vra nou dat daar ’n openbare vergadering met die gemeenskap gehou word om die invloed van die skool op die woongebied te bespreek,” sê Cronje. Daar is reeds leerlinge wat hulle by die Langenhovenpark Comprehensive School ingeskryf het en nou tydelik by die Laerskool Sand du Plessis skoolgaan.
Motors staan geparkeer weerskante van die nuwe heining wat ’n skool-en-sportterrein langs die Langenhovenmark omhein.
Jan-Hendrik Cronje en Dulandi Leech by die netjiese nuwe heining in Langenhovenpark.
Kom wys jou slag op rolbalbaan Net enkele plekke is oor vir spanne om hulle in te skryf vir BloemNuus se Engorolbaldag op Vrydag 15 Augustus. Elke span het vier lede. Mense wat nog nie voorheen rolbal gespeel het nie, is welkom. Besoek die webblad bloemnuus. co.za gratis vir ’n skakel om in te skryf. NM10021987-BL070825
BreakfastBuffet 08:00 – 12:00 | Kids (0–5 years): R50
R E S TA U R A N T & C O F F E E B A R
6 Du Plessis Rd, Pretty Gardens, BFN Tel: 064 136 3552
WED / THURS / FRI SATURDAY SUNDAY TUESDAY BREAKFAST BUFFET – R80 BREAKFAST BUFFET – R80 BREAKFAST BUFFET – R100 BRUNCH BUFFET – R150 Scrambled Eggs, Bacon Cheese Grillers, Potato Wedges Grilled Tomato Pancakes, Flapjacks Fruit Salad, Yoghurt Rolls, Mu�ins Regular Tea or Co�ee
Fruit Salad / Yoghurt Pancakes / Wa�les Scrambled Eggs Spinach / Potato Wedges Pap & Relish Bacon / Wors Rolls / Butter / Jam, Mu�ins
FROM 08:00 – 13:00 Fruit Salad / Yoghurt Bacon, Beef, Chicken, Fish Pancakes / Wa�les Mince, Wors ,Pork Sausages Pap & Relish, Mielie Tert Scrambled Eggs, Vegetables, Scrambled Eggs, Spinach / Potato Wedges, Bacon / Wors / Pork Sausage Creamed Spinach, Mixed Vegetables, Potato Wedges, Pap and Relish, Rice Savoury Mince, Rolls / Butter / Jam Cocktail Buns, Fruit Salad Mu�ins Pudding, Mielie Tert, Mu�ins Pancakes, Wa�les, Yoghurt NM10022710-BL070825