Skip to main content

Bloemnuus E-edition 24 Julie

Page 1

Donderdag 24 Julie 2025

Tel: 051 404 7600

GRATIS

Dieretuin voldoen geensins, maar geld vloei na poste

Werk agter toe hek adverteer LIENTJIE MENTZ

Die Mangaung-metro, wat in 2020 die Bloemfontein-dieretuin weens wanbestuur moes sluit, is nou weer in die spervuur.

Stal uit op fees wat fyn smaak vier Kunstenaar Pauline Gutter se laaste uitstalling in Suid-Afrika voordat sy weer na Amerika vertrek, is op 1 en 2 Augustus op die Monte Bello-wynfees te sien. Hier is sy by een van die kunswerke in die uitstalling Pastoral Ornaments, waarvoor werk onder meer in haar studio in die Vrystaat geskep is. Lees meer oor die fees op bl. 3. Foto: Francois van Vuuren

Dit terwyl ’n uitspraak van die Vrystaatse Hooggeregshof nog van krag is dat die dieretuin nie kan oopmaak voordat aan streng voorwaardes voldoen word nie. Dit sluit in dat toepaslike permitte van die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme bekom moet word en dat daar aan regulasies vir die beskerming van spesies voldoen moet word. DA-raadslid Thomas Ferreira het dringende vrae aan die uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, en die stadsbestuurder, Sello More, gestuur oor die besluit om interne poste vir die dieretuin te adverteer terwyl dié instansie nog gesluit is. Ferreira sê sover hy kan agterkom, is 28 gespesialiseerde poste onlangs geadverteer. “Die metro se besluit om personeel aan te stel vir ’n gerief wat nie in werking is nie, is niks anders nie as ’n baantjies-vir-boeties-skema,” sê Ferreira. “Totdat die dieretuin op internasionale peil gebring word, en toepaslike dierepermitte verkry is en die gerief amptelik as ’n uitstalruimte geregistreer word, is enige ander uitgawes onreëlmatig.” Ferreira sê die metro het reeds sowat R6 miljoen vir die dieretuin begroot. “Dit kom nadat gespesialiseerde

Nadat die Bloemfonteinse dieretuin in 2020 gesluit is, mik die Mangaung-metro nou daarna om dit te heropen. Foto: Lientjie Mentz

Dit kom nadat gespesialiseerde poste geadverteer is wat nie nou bestaan nie poste geadverteer is wat nie nou bestaan nie. Die DA vind dit kommerwekkend, veral in die lig van die wetlike aspekte wat nagekom moet word voordat die dieretuin weer geopen kan word.” In sy begrotingsrede in Mei het Nthatisi gesê die heropening en herontwik-

keling van die dieretuin gaan oor drie jaar gebeur, teen R29 miljoen. Hy het gesê die dieretuin verteenwoordig ’n noodsaaklike punt vir besoekers aan Bloemfontein en moet as opvoedkundige bestemming dien. “Daarom is dit belangrik om die dieretuin te heropen en tot sy voormalige glorie te herstel,” was sy woorde. Die besluit om die dieretuin te heropen, kom ná 'n raadsbesluit om nie meer die dieretuin na Kwaggafontein te skuif nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bloemnuus E-edition 24 Julie by Novus Media - Issuu