Skip to main content

BloemNuus E-edition - 3 April 2025

Page 1

Donderdag 3 April 2025

Tel: 051 404 7600

GRATIS

Voorvalle van roof in Bloemfontein is in die nuus nadat ’n video versprei is wat wys hoe insittendes van ’n motor in die middestad beroof word. Foto: Lientjie Mentz

Stad met verrotte kern LIENTJIE MENTZ

Hoewel die twee slagoffers van ’n rooftog in die middestad, waarvan ’n video verlede week die ronde gedoen het, nooit die misdaad aangemeld het nie, is verdagtes reeds in hegtenis geneem. Volgens sers. Mahlomola Kareli, ’n woordvoerder van die polisie, word die nege verdagtes wat in hegtenis geneem is ook rakende ander sake ondersoek. Die video wat wys hoe mans die deure van ’n blou voertuig in Bloemfontein se middestad ooppluk en onder meer ’n handsak uit die passasier se hande probeer ruk, het op die sosiale media die ronde gedoen. Kareli sê kort nadat die polisie van die video bewus geword het, het hulle twee verdagtes in hegtenis geneem, sowel as ’n man wat na bewering ’n

onwettige immigrant is wat van die gesteelde eiendom gekoop het. Danksy die hulp van gemeenskapslede is nog drie verdagtes in hegtenis geneem. Nog drie is boonop deur die distriktaakspan in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is oor waar dié verdagtes is. Hulle het almal op Maandag 31 Maart in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn en sal in aanhouding bly tot Dinsdag 8 April, wanneer hulle om formele borgtog kan aansoek doen. Die polisie se ondersoek duur voort. Intussen het nog inwoners BloemNuus laat weet dat hulle iets soortgelyks oorgekom het. Tanya Reynolds, met drie kinders saam met haar in die motor, het op 24 Februarie op haar man gewag nadat sy hom afgelaai het om na die kantoor van die Werkloosheidsversekeringsfonds te gaan. Geen parkeerplek is by die kantoor beskikbaar nie,

Charlotte Maxekestraat naby die kantoor van die Werkloosheidsversekeringsfonds, waar twee mans onlangs probeer het om ’n vrou wat in haar motor gewag het te beroof. Foto: Teboho Setena

en sy ry gewoonlik om die blok. Terwyl sy in Charlotte Maxekestraat gewag het dat hy vir haar kom sê of hulle hom kan help, het twee mans haar van weerskante van die motor genader, en een het sy vingerpunte

deur die passasierskant se ruit gesteek en probeer om die ruit te breek. Sy het op hom geskreeu en die ruit probeer opdraai. Toe het sy weggery. “Gelukkig het die Here ons veilig gehou daardie dag,” sê sy. Die voorval op video het onder bespreking gekom toe raadslid Sibongile Tsoleli, die burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid en vervoer, Dinsdag ’n vergadering met die Mangaung-metro se afdeling vir verkeer en wetstoepassing gehou het. Tsoleli sê sy het die video gesien en mense het vrae oor hul veiligheid in die middestad. Sy sê die metro het pas ’n beleggingsberaad gehou om beleggers na die stad te trek. “Beleggers gaan nie belê in ’n stad wat nie veilig is nie,” het sy gesê. Sy sê die stad se wetstoepassers moet waaksaam wees by die brandpunte in die stad. “Ons het CCTV-kameras oral in die stad wat vir ons wys waar die misdadi-

gers aktief is.” Tsoleli meen die metro se wetstoepassingseenheid moet saamwerk met ander wetstoepassingssagentskappe sodat al die gebiede in Mangaung beskerm word. “Ons verstaan julle werk met beperkte hulpbronne en ons moet maniere oorweeg om meer hulpbronne beskikbaar te stel,” het sy op die vergadering gesê. Die misdaad in die middestad spoel ook oor na nabygeleë gebiede soos Hilton. Pieter Lotriet, wyksraadslid van wyk 21, waarin Hilton val, sê die DA het ’n verslag aan die metro se hoof vir veiligheid en wetstoepassing, Israel Kgamanyane, oorhandig met klagtes van onveilige toestande waarmee die inwoners worstel. Die narratief is dat regeringsbeamptes ná werk na hul huise in veiligheidskomplekse gaan waar veiligheid privaat bestuur word, terwyl inwoners van Hilton uitgelewer is.

Verskaffers van auto elektriese onderdele En batterye vir motors en vrag motors. Suppliers of auto electrical parts and batteries for cars and trucks. ONS HET VERHUIS NA WE HAVE MOVED TO 3A Grey Street, Hilton, Bloemfontein | 051 430 9125

Electro City bedien die Handel sowel as oop vir die publiek. Electro city wholesales and retails to the public.

www.electro-city.co.za

NM10006037-VI030425


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook