Skip to main content

BloemNuus E-edition - 28 August 2025

Page 1

Donderdag 28 Augustus 2025

Tel: 051 404 7600

GRATIS

Daar was Dinsdag groot opwinding by die Hoërskool Sentraal, wat as die alghele wenner van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks aangewys is. Die spankapteins van die skool se eerste spanne is van links Elnita Wessels (meisiehokkie), Miggie Liebenberg (seunshokkie), Charles Liversage (skoolhoof), Marli van der Merwe (netbal) en CJ Hertzog (rugby). Foto: Lientjie Mentz

Wesgrow blaas eindfluitjie LIENTJIE MENTZ

Ná ’n taai, hoogs mededingende Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks, wat in Augustus tot ’n einde gekom het, is die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein as algehele wenner gekroon.

Twee skole van Bloemfontein spog met drie van die vier afdelingbekers. Hier is Tanya Kotze (links) van die Hoërskool Sentraal, wat die netbalbeker gewen het; en van die Hoërskool Jim Fouché is Stefanie Frey, hokkiehoof en afrigter van die eerste hokkiespan. Foto: Lientjie Mentz

Gesonde, mededingende en opwindende skolesport is die hooffokus van die reeks, wat spog met die grootste massadeelname in ’n sportgebeurtenis van sy soort in die wêreld. Sentraal hou ook die netbalbeker vir 2025 omhoog. Op ’n glansgeleentheid by die skool op Maandag 25 Augustus, is ook aangekondig dat die Hoërskool Jim Fouché aangewys is as die wenner in die seunshokkie-afdeling asook die alghele wenner in hokkie. Die afgelope seisoen het in Februarie begin, en van die begin af was dit duidelik dat skole goed voorberei was vir strawwe kompetisie.

Charles Liversage, skoolhoof van Sentraal, sê om as algehele wenner gekroon te word, is ’n groot genade en die vrug van harde werk. “Ons het van die begin af ons mikpunt gestel om teen volgende jaar die reeks te wen. “Dat ons dit reeds vanjaar reggekry het, is ’n groot bonus.” Die Hoërskool Diamantveld van Kimberley se o.19A-rugbyspan het die reeks as onoorwonne afgesluit en die beker gelig op ’n uitstekende seisoen. Diamantveld was ook die alghele wenner van die rugby-afdeling. Net so het Jim Fouché die res van die skole streepsuiker gegee in die o.19A-seunshokkieafdeling, terwyl Witteberg, van Bethlehem, die o.19A-meisiesafdeling gewen het. Sentraal het die kroon gespan op ’n puik netbalseisoen deur die o.19A-netbalreeks te wen. Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die afdeling vir meisiehokkie gewen. Om die finale en algehele wenner

Op die geselligheid Maandag is die borge en direksielede van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks van links Rynhardt Smidt (Universiteit van die Vrystaat − UV), Henri Wilken (Hoërskool Jim Fouché), Ruan Botha (Skilltracer), Jeannine van Zyl (Novus Media Gemeenskapsnuus), Gys Coetzee (Bethlehem Voortrekker Hoërskool en uitvoerende direkteur van die Wesgrow-reeks), Deon van Wyk (sporthoof van die Hoërskool Sentraal), Charles Liversage (hoof van die Hoërskool Sentraal), Lacea Loader (UV), Dirk Pretorius (Wesgrow), Spoed Johan Smit (SuperSport), Francois de Kock (Hoërskool Diamantveld) en Neil de Klerk (VKB). Foto: Conrad Bornman

van die reeks te bepaal, word prestasie van alle spanne, van o.14 tot en met o.19, in berekening gebring. “Hoewel sommige spanne se seisoene met meer uitdagings gepaard gegaan het, was dit wel ’n belewenis om die deelname tussen skole te sien en die kameraderie van spansport te aanskou,” sê Gys Coetzee, skoolhoof van Voortrekker en voorsitter van die Wesgrow-reeks Dit was lekker om twee leerlinge wat hul talente in die reeks geslyp

het, op die internasionale verhoog te kon sien deelneem. Fano Linde van Voortrekker en Jacobus Grobbelaar van die Hoërskool Fichardtpark kon as Wesgrow-alumni die o.20 rugby-wêreldbeker lig. ■ Sowat 429 leerlinge per skool het op naweke deelgeneem. Tydens die toernooi is 28 interskool-naweke beslis − sewe per skool. Altesaam het 96 hokkiespanne, 112 netbalspane en 72 rugbyspanne aan die reeks deelgeneem.

O P E DA G 2025 12 SEPTEMBER 13:00 - 16:00

13 SEPTEMBER 08:00 - 13:00

RE GISTREE R VAN DAG! Duinlewerikstraat 16, Monumentpark X15, Pretoria.

s o l-t e c h .c o.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
BloemNuus E-edition - 28 August 2025 by Novus Media - Issuu