Skip to main content

BloemNuus E-Edition - 24 April 2025

Page 1

Donderdag 24 April 2025

Tel: 051 404 7600

GRATIS

Reën ontbloot stad se gebrekkige infrastruktuur

Herstelwerk bly volop LIENTJIE MENTZ Die laaste paar weke se aanhoudende reën het ’n groot invloed op die stad se verkrummelende strate gehad.

Erich Bruhns (56), wat glo die naweek deur sy pa, Gert (85), in ’n voorval by ’n huis in Bainsvlei geskiet is. Erich het in die hospitaal aan sy wonde beswyk. Foto: Facebook

Pa in hof ná seun se dood LIENTJIE MENTZ Gert Bruhns (85) het Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van moord nadat hy na bewering op Saterdag 19 April sy seun, Erich (56), in Bainsvlei geskiet het. Erich is by ’n woonhuis is Meadhurstlaan in die nek geskiet, waarna nooddienste hom na ’n hospitaal gebring het. Hy het Sondag aan sy wonde beswyk. Gert is kort ná die voorval in hegtenis geneem nadat hy glo van die toneel probeer vlug het. Sers. Mahlomola Kareli sê die polisie het hom naby die N1-snelweg in hegtenis geneem en ’n gelaaide vuurwapen en ekstra ammunisie is by hom gekry. Gert se saak is na 29 April uitgestel, wanneer hy tydens sy hofverskyning om borgtog kan aansoek doen.

Talle nuwe slaggate het oornag gevorm met geen hoop dat die Mangaung-metro sal inspring om dié te vul nie. Inwoners merk wel op dat weldoeners oral hard werk om slaggate te vul. Danksy die Hillandale-huiseienaarsvereniging is 53 slaggate verlede week in Lucas Steynstraat wat verander in Frans Kleynhansweg, reggemaak. Dit was 'n reuse-verligting vir talle motoriste wat daagliks in die straat ry en woes moes koes vir die diep slaggate wat tydens die reën in Maart en April begin vorm het. Sommige van dié slaggate was op gevaarlike dele van die pad, soos die afdraai vanaf Frans Kleynhans na die Woodland Hills-landgoed. Die slaggate is baie vinnig opgevul en motoriste kan dié bedrywige pad nou met heelwat meer gemoedsrus ry. Du Plessisstraat in Langenhovenpark, wat ’n groot probleem is omdat die pad baie nou is en gevaarlik wanneer motors uitswenk weens slaggate, is onlangs danksy Iclix en Raubex reggemaak. Danksy ’n borgskap van Raubex aan die Brandwag-woonbuurtvereniging, is nog 17 slaggate in Brandwag gevul. Jaco Bezuidenhout van dié vereniging sê hulle het sowat 450kg teer daarvoor gebruik en daar is nog oor. Strate in Brandwag wat aandag gekry het is Klercklaan, Pierre Ollemanstraat, Nettletonstraat en James Scottstraat. Die Westdene-woonbuurtvereniging vul twee tot drie keer ’n maand slaggate in dié gebied. Michael Deutschmann, bestuurder van die Westdene-woonbuurtvereni-

Slaggate wat gevorm het by die afrit na die Woodland Hills-landgoed in Frans Kleynhansweg voordat dit herstel is. Die Westdene-woonbuurtvereniging maak gereeld slaggate in dié woonbuurt reg − twee tot drie keer per maand. Foto’s: Verskaf

ging, sê Tau Pele skenk teer en die vereniging mik om sowat 25 tot 30 op 'n keer te vul. Dit is egter net ’n druppel aan die emmer. Die DA in die Mangaung-metro vra dat die metro dringend ’n plan opstel om die stad se infrastruktuur wat ernstig agteruit gaan te herstel. Die stormwaterstelsel kort dringend werk, juis omdat reën weens verstopte stormwaterafvoerpype paaie oorspoel en die waterskade vererger. Paul Kotzé, DA-raadslid, sê in plaas daarvan dat die metro voorbereid is op die seisoenale reën, reageer die metro slegs op krisisse, wat net die skade aan infrastruktuur vererger en groot druk op beperkte hulpbronne plaas. “Slaggate, slote waar herstelwerk gedoen is en nie weer opgevul word nie en onveilige paaie stel inwoners se lewe in gevaar. Namate die metro se

infrastruktuur verval, word die koste van herstelwerk meer. “Ons versoek dat ’n noodplan saamgstel word om waterlekkasies te verminder, met spanne wat lekplekke binne 24 tot 48 uur herstel,” sê Kotzé. Van die ander stappe wat die DA voorstel, sluit in dat alle opgrawings waar herstelwerk gedoen word, ná die tyd behoorlik opgevul word en dat die straat weer geteer word. “Die ongeluk oor die feestyd toe ’n inwoner dood is nadat hy in die stormwaterkanaal in Hospitaalpark beland het, wys die tragiese gevolge van die metro se agterlosigheid,” meen hy. Hy sê Vrystaatse munisipaliteite het oor die afgelope agt jaar R3,8 miljard verloor aan voorwaardelike toegifte van die Nasionale Tesourie wat nie gebruik is nie. Mangaung het R1,9 miljard verloor wat gebruik kon word om infrastruktuur op te knap.

Die stuk pad by die afdraai na Woodland Hills nadat die pad danksy die Hillandale-huiseienaarsvereniging reggemaak is.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
BloemNuus E-Edition - 24 April 2025 by Novus Media - Issuu