Skip to main content

BloemNUUS E-Edition - 15 Mei 2025

Page 1

Thursday, 15 May 2025

GRATIS

Valmea en William Kinnear oorhandig die kinderserpies aan Millicent Wright (regs) van Childline Free State. Foto: Lientjie Mentz

Breiprojek laat die harte dié winter warm klop LIENTJIE MENTZ Flukses van oor die land heen het gehelp om 904 serpe te brei vir Childline Free State. Die serpe gaan help om talle kinders warm te hou hierdie winter.

Valmea Kinnear het ’n projek begin waarmee sy gemik het om 1 000 serpe bymekaar te maak. “Ons het baie naby gekom, en ek glo ons gaan nog kry,” het sy verlede week gesê toe die vragte serpe aan Millicent Wright van Childline Free

State oorhandig is. Kinnear se man, William, het ’n resuse-bydrae gelewer deur die eerste 100 serpe, op ’n breimasjien, in net 28 dae te maak. “Van daar af het mense van so ver soos Durban, Nylstroom en

Kroonstad gehelp om serpe te maak,” vertel Valmea. “In Kroonstad het 35 vroue gehelp om sommer heelwat van die serpe te brei.” Een vrou het laat weet sy het ’n serp gehekel om deur haar eie trauma te

werk. Sy het net een serp gemaak, maar sy sê dit het vir haar siel baie beteken. Wright sê dit is wonderlik dat mense in die gemeenskap so passievol is om tyd af te staan om kinders warm te hou.

Verslag bevestig stand van sake in Mangaung

Metro se sake is beroerd LIENTJIE MENTZ Talle inwones van die Mangaung-metro sit hande in die hare oor munisipale rekeninge wat onakkuraat is, dienste wat afgesny word en stadige of geen reaksie van amptenare. Dirk Kotze, DA-raadslid, sê die DA in die metro het nou gevra dat 'n volledige forensiese oudit godoen word na die metro en Centlec se rekening-stelsels. Die DA gaan ook die ouditeur-generaal (OG) oor die versoek inlig. Kotzé sê dit kom ná die bevindinge van die OG voor die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge (SCOPA) wat talle van die metro se geldelike uitdagings uitgelig het. “Die metro het slegs 45% van sy basiese diensleweringsteikens bereik, maar 111% van sy begroting aan daardie dienste bestee,” sê Kotzé. In die verslag is uitgewys dat R1,34 miljard bestee is in ongemagtigde uitgawes en 'n bykomnede R277 miljoen in onregmatigde uitgawes vir die 2023-’24 geldjaar. Die DA versoek dat met die oudit ondersoek gedoen word na alle residensiële, kommersiële en instellings se munisipale rekening die afgelope vyf jaar. Só 'n ondersoek behoort ook moontlike onregmatighede, bedrog

In die verslag is uitgewys dat R1,34 miljard bestee is in ongemagtigde uitgawes en swakhede in die stelsel uit te wys. Hy sê hiermee saam kan ook die talle behoeftige huishoudings uitgewys word wat nie die gratis basiese elektrisiteit ontvang wat hulle regmatig toekom nie. Tydens ’n nuuskonferensie Vrydag 9 Mei het die uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, gesê die onstabiliteit waarna die OG verwys het, is beter noudat senior bestuurders aangestel is. “Daar was oor 'n tydperk sewe waarnemende stadsbestuurders. “Die makro-struktuur is nou in plek en ons is nou in die proses om ook mense op middelbestuursvlak in veral die ingenieursafdeling aan te stel,” het hy Vrydag gesê. “Die metro werk hard om die onreëlmatighede wat deur die OG uitgewys is, reg te stel – veral wat betref dienslewering, oortyd en bestuur van finansies.” Hy het gesê een van die maatreëls wat nou getref word om dienslewering in die metro te bevorder, is ’n skofstelsel. “Die hooffokus van dienslewering is die stabilisering van water, sanitasie en paaie.” Nthatisi het gesê mense moet

Die Bram Fischer-gebou, hoofkantoor van die Mangaung-metro. Foto: Lientjie Mentz

Gregory Nthatisi, uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro. Foto: Teboho Setena

onthou dat die bevindinge van de OG terugdateer na die tydperk 2022-’23 en 2023-’24, en nie die huidige termyn nie. Braam Voster van die VF Plus, sê egter die onstabiliteit sal voortduur. “Dit is waar dat die administrasie nou afdelingshoofde aangestel het, maar daar kort nog baie werk aan die mikrostruktuur,” sê hy. Voster het Vrydag in die metro se spesiale raadsvergadering oor die

Voster sê in die aanpassingsbegroting is die voorwaardelike toelae verminder met R235 miljoen tot R906 miljard in hierdie geldjaar. “Die metro kry hierdie toelae op ’n silwer skinkbord om inwoners se lewensgehalte te verbeter met projekte. Hierdie is geld van belastingbetalers wat inwoners toekom. “Instede daarvan gebruik die metro geld uit die operasionele begroting om onderhoudswerk te doen.”

aanpassingsbegroting verwys na die deel van die voorwaardelike toelae deur nasionale tesourie wat weerhou word omdat die metro dit die vorige geldjaar nie bestee het nie. “Die nasionale tesourie ken finansiering vir spesifieke projekte toe. Omdat die metro so lank neem om projekte af te handel, kom daar ook min nuwe projekte op die tafel nie. “Die enigste mense wat daaronder ly, is die inwoners van die metro.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
BloemNUUS E-Edition - 15 Mei 2025 by Novus Media - Issuu