Bloem
Donderdag 30 Januarie 2025
Tel: 051-404-7600
NUUS NEWS
netwerk24.com – Streeknuus
GRATIS
Skool ’n skouer van troos LIENTJIE MENTZ Die hele Bloemfonteinse skoolgemeenskap is in rou gedompel oor die drie kinders wat Vrydag in ’n motorongeluk dood is, nie ver van die Laerskool Dr. C.F. Visser nie. ’n Troosdiens is op Dinsdag 28 Januarie by die skool gehou om die lewe van Leané van Papendorp (8) en haar nefies, Ryan (6) en Ayden Smit (8), te gedenk. Tennique Joubert (8), wat saam met hulle in die motor was, sterk aan in die Pelonomi-hospitaal nadat sy daar ’n operasie ondergaan het. Leané se ma, Adri Jonck, het die oranje Chevrolet Spark bestuur waarin sy Vrydag die kinders skool toe geneem het, toe die bestuurder van ’n Toyota Hilux kort ná 07:00 by die verkeerslig by die Aljo’s Superspar op die N8 in hulle vasgery het. Op die troosdiens het Riekie Venter, skoolhoof van Dr. Visser, vir die ouers van die kinders wat in die ongeluk betrokke was, gesê dat die hele skoolgemeenskap en die land saam met hulle rou. “Ek hoop julle vind gerusstelling daarin dat almal by die skool vir hulle lief was. Hul fisieke plekkies is nou leeg, maar hul pragtige menswees sal altyd in ons gedagtes bly.” Bertus Smit, wat Vrydae by die skool die Christenprogram Vissies vir Jesus aanbied, het die kinders en ouers vertroos en gesê dat Ryan, Ayden en Leané se liggies nou in die hemel skyn. Die drie onderwysers wat vir die kinders klas gegee het, Marlie Visser, Cailynne Goetsch en Bianca du Plessis het daarna elk ’n roosboom by die skool geplant ter nagedagtenis aan die drie leerlinge wat oorlede is. Die kinders, ouers en
Hul pragtige menswees sal altyd in ons gedagtes bly - Riekie Venter
Die toneel van die ongeluk waarin die drie kinders oorlede is. Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag. FOTO: TEBOHO SETENA
onderwysers het daarna die geleentheid gekry om blomme neer te lê voor foto’s van Ryan, Ayden en Leané. Die hele oggend lank het trane vrylik oor kinderwange gevloei, en sommiges het onbedaarlik gehuil oor hul maats wat nie meer daar is nie. Talle kinders het Jonck, wat duidelik nog baie seer het ná die ongeluk, ’n stywe drukkie gegee en haar getroos. “Dit was nie tannie se skuld nie,” het een leerling vir haar gesê en vir haar ’n blommetjie gegee. Kinders het ook drukkies vir die twee boeties se ouers, Martin en Yolandé Smit, gegee. Tennique se ouma en oupa Madelein en Cornelius Barry was ook by die skool om ’n blom by die kinders se foto’s neer te lê. ) ’n Roudiens vir die drie kinders vind op Saterdag 1 Februarie om 11:00 in die NG kerk Bloemfontein-Noord (Klipkerk) plaas.
Madelein Barry (links), Tennique Joubert se ouma, gee Adri Jonck ’n drukkie op Dinsdag se troosdiens.
Die foto’s wat by die Laerskool Dr. C.F. Visser opgesit is vir Leané van Papendorp (8) en Ryan (6) en Ayden Smit (8) se troosdiens. FOTO: LIENTJIE MENTZ
FOTO: LIENTJIE MENTZ
Tennique Joubert (6) word in die Pelonomi-hopitaal behandel nadat sy ernstig beseer is in Vrydag se motorongeluk. FOTO: VERSKAF
Congratulations to the Free State and Northern Cape class of 2024! Premium Care. Personal Touch
Address: Old Mazelspoort Road, Linquida, Bloemfontein Tel: 051 412 4200 | Email: bbfiahinfo@busamed.co.za
*All Medical Aids Accepted
w w w.busamed.co.za X1YD6YWH-BL300125