Skip to main content

Bloemnuus 27 February 2025

Page 1

Bloem

Donderdag 27 Februarie 2025

Tel: 051-404-7600

NUUS NEWS

GRATIS

IDP en begroting-oorsigproses hersien

Jou inset tel LIENTJIE MENTZ Inwoners van die Mangaung-metro word aangemoedig om voor die spertyd van Vrydag 28 Februarie insette te lewer tot die metro se integrale ontwikkelingsprogram (IDP) en die begrotingoorsigproses. Jan-Hendrik Cronje, DAwyksraadslid, sê die gemeenskap se insette is noodsaaklik om die regering vir die behoorlike besteding van geld verantwoordbaar te hou. Die IDP is ’n wetlik bindende strategiese plan wat die munisipaliteit se ontwikkelingsvoorkeure oor vyf jaar rig, en dit moet jaarliks hersien word. “Hierdie proses gee aan inwoners die mag om ’n invloed te hê op besluite oor infrastruktuurprojekte, maatskaplike ontwikkelingsprogramme en geldelike toewysings,” verduidelik hy. Cronje sê al word miljoene rande aan kritieke diense toegewys, het die ouditeurgeneraal se verslag ernstige onderbesteding gewys vir die

metro se dienslewering en begrotingsimplementeringsplan vir die tweede semester tot op 31 Desember 2024. Dit sluit R274 miljoen in wat bestee moes word aan gemeenskapsdienste, waarvan net 2,4% bestee is. Dit het onder meer gelei tot parke wat nie onderhou word nie, onvoldoende vullisbeheer en die agteruitgang van openbare geriewe. Van die beplanningsafdeling se R57 miljoen wat begroot is, is slegs 7,24% bestee, wat ’n drastiese oponthoud met infra­struktuurprojekte tot gevolg gehad het. Van die R131 miljoen wat vir paaie en stormwater­instandhouding begroot is, is slegs 5,02% bestee. Paaie is in ’n swak toestand en oorstroom elke keer dat ’n reënbui val. Bykomend tot die erge onderbesteding, gaan inwoners onder die watertekort en die gevolge van verouderde infrastruktuur gebuk. Hoewel R138 miljoen begroot is om die waterinfrastruktuur op te

knap, is nog net R56 miljoen bestee. Nog niks van die begroting vir die beplande Pellissier-reservoir is gebruik nie, hoewel dit vanself­sprekend is hoe dringend dit nodig is. Cronje sê geskrewe insette vir die IDP se oorsig vir 2025-’26 kan gestuur word na IDPcomments@ mangaung.co.za, asook aan die betrokke wyksraadslid. ) Intussen is twee lede van die parlementêre portefeulje­komitee vir samewerkende regering die week in die Vrystaat om ondersoek in te stel na die agteruitgang van dienslewering en die geldelike wanbestuur van die metro. Die DA-parlementslede Marina van Zyl en Cathlene Labuschagne woon vandeesweek vergaderings by om inligting in te win oor die geldelike regrukplan van die metro wat nie gevolg word nie. Die DA is ook bekommerd oor die burgemeester se duur plan om die Bloemfonteinse dieretuin oop te maak terwyl belangrike dienslewering in die stad verbrokkel.

Praat ’n hond uit ’n bos op die kassie ’n Hele paar Bloemfonteinertjies is deel van die vierde seisoen van die prettige kykNET-program Kyk wie praat. Hier is Mari Wagner van die Laerskool Willem Postma saam met die aanbieder van die program, De Klerk Oelofse. Nog ’n leerling van Willem Postma, Naledi Tsubella, was ook ’n deelnemer. Lees op bl. 3 meer oor die leerlinge en ’n onderwyser aan die Laerskool Universitas wat ook in dié seisoen te sien is. FOTO: VERSKAF

20% OFF

ON ALL OFFICE, INDOOR- & OUTDOOR FURNITURE INCLUDING DECOR & ACCESSORIES.

SALE Tuscany Diningroom Suite

Sideboard

R14 999

Lyla Recliner Leather Choc Brown (Aghulas Butterscotch is R12 599)

R9 399

Chair

R2 499 each

Table

R9 999

Rustic Dining Chair

R2 699 Tractor Kitchen Stool

R2 299

Valid until 1 March.

Find us on @KloppersSA

Loch Logan Waterfront, Henry Street, Bloemfontein | Tel. 051 400 5500 | www.kloppers.co.za | Valid until 01/03/25 while stocks last. X1YDM8XH-BL270225


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bloemnuus 27 February 2025 by Novus Media - Issuu