Bloem
Thursday, 23 January 2025
Tel: 051-404-7600
NUUS NEWS
news24.com – Publications
FREE
Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) het goeie ondersteuning in die vorm van die Vriende van Naln-vereniging. Die bestuur van die vereniging bestaan uit, van links, Inge Venter (finansiële beampte), Annelien Diedericks (sekretaris), Corlietha Swart (ondervoorsitter), Leana Lategan, Wyno Simes (kurator van Naln), Paul Colditz (voorsitter) en Igno van Niekerk. FOTO: LIENTJIE MENTZ
Museums is myne, joune LIENTJIE MENTZ Ondanks die vervalle toestand van baie van die provinsiale museums in Bloemfontein, help die gemeenskap om die erfenis in hierdie museums te bewaar en voete daarheen te lok. Werner Pretorius, die DA se woordvoerder vir Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning in die Vrystaatse Wetgewer, sê die agteruitgang van die provinsiale museums in die hele provinsie is skreiend. Hy het einde verlede jaar talle museums, insluitende die Dingolweng SeSotho Letterkundige Museum, die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln), die Waaihoekerfenisterrein en die Ou Presidensie, besoek. “By die meeste van die museums is daar óf geen inligtingsborde nie óf die wat daar is, is heeltemal onleesbaar. Die geboue kort baie instandhoudingswerk en by sommige van die museums is daar nie voldoende opgeleide personeel nie.” Pretorius sê die departement moet sy begroting prioritiseer om onderhoudswerk te doen en dit ook toeganklik te maak en die plekke na buite te bemark. Hy sê benewens die voor die hand liggende instandhoudingswerk, moet daar meer gedoen
word om besoekers na die museums te lok. “Dit help nie museums is Saterdae gesluit nie. Hier is Saterdae dikwels mense van oor die land heen wanneer kinders aan skolesport deelneem. Dit is die perfekte geleentheid vir mense om ons stad se museums te besoek tussen sportwedstryde deur.” Pretorius sê daar is nou wel R3 miljoen begroot vir herstelwerk aan Naln. Hy wil egter weet of dit genoeg is. Die R3 miljoen is glo begroot vir die herstel van Naln se dak. Paul Colditz, voorsitter van die Vriende van Naln-vereniging, sê daar is heelwat uitdagings by die Ou Goewermentsgebou. “Ons moet dringend toestelle kry om vog uit die lug te trek om die manuskripte te bewaar. ’n Nuwe brandblusser-stelsel is ook nodig. ’n Brand kan absoluut vernietigend wees vir die artefakte en manuskripte van internasionale belang wat hier bewaar word.” Pretorius sê van die museums vaar baie goed ondanks reuse-uitdagings. “Daar is baie goeie uitstallings by Naln, en kundige personeel.” Die werk hier word boonop ondersteun deur die Vriende van Naln, wat die Boekekelder waar ou boeke te koop is, bestuur en reël dat daar gereeld boekbesprekings hier aangebied word. Pretorius sê dit is baie jammer dat daar geen vakkundige of kurator by die Ou
Baie instandhoudingswerk moet gedoen word aan Naln se gebou. FOTO: VERSKAF
Presidensie is nie. Dié gebou kort ook dringend onderhoudswerk. Die Queens Fort- Militêre Museum was onlangs 18 maande lank gesluit omdat die departement nie die Centlec-rekening betaal het nie, sê Pretorius. “Met my besoek was die perseel vuil en bossies en rommel begroet jou van die ingang af.” Die Wesliaanse kerk en Waaihoekerfenisterrein word selde besoek, en die terrein is ook onversorg, sê Pretorius. Geen aanduiding word gegee dat dit ’n Wêrelderfenisterrein is nie, en daar is ook geen ander inligtingsborde nie.
’n Kanon by die Queens Fort- Militêre Museum in Oliver Thambostraat wat totaal verweer het. FOTO: VERSKAF
· 42 km · 21 km · 10 km · 5 km Fun Run
In association with the Louzanne Coetzee Foundation & Bloemfontein Striders