Bloem
Donderdag 16 Januarie 2025
Tel: 051-404-7600
NUUS NEWS
netwerk24.com – Streeknuus
GRATIS
Drie gr. 1’s aan die Laerskool President Brand (PBS) is van links Eduané Naudé, Kiara Taljaard en Ariella Hlongwane.
Glimlag breed oor hul nuwe hoofstuk Altesaam 70 leerlinge het gister saam met hul ouers vir gr. 1 by die Laerskool President Brand (PBS) in Pellissier aangetree. Al die gr. 1’s het tydens die saalopening ’n klokkie gelui wat die begin van hul skoolloopbaan inlui. Hier in haar klas is Lente Janse van Rensburg, wat al 38 jaar lank ’n onderwyser is en dit nog baie geniet. Saam met haar is een van haar nuwe gr. 1leerlinge, Lieben Snyman, en sy mamma, Marelize, wat in 1994 ook in juf. Lente se klas by PBS was. FOTO’S: LIENTJIE MENTZ
Suzca Nolte (regs) se seun Evan het gister sy skoolloopbaan aan die Laerskool President Brand, waar sy ’n onderwyser is, begin. Hier is hulle saam met pappa Marco.
Matrieks oortref 90% LIENTJIE MENTZ Die Vrystaat spog vanjaar nie net met die beste uitslae in die land vir 2024 se seniorsertifikaateksamen nie, die provinsie het dit sommer gedoen met ’n goeie slaagsyfer van 91%. Wat net so ’n groot prestasie is, is die Vrystaat se 48,2%baccalaureus-slaagsyfer – wat ook die beste in die land is. Boonop is dit die sesde jaar agtereenvolgens dat die Vrystaatse matrieks met die topplek in die land spog. Twee leerlinge van Grey-kollege (sekondêr) is onder die tien topleerlinge wat betref 2024 se matriekpresteerders in die Vrystaat. Chris Goosen staan tweede in
die provinsie, naas Susan Bender van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem. Chris is ook onder die tien topleerlinge in rekeningkunde (98%) en wiskunde (95%) in die Vrystaat. Hy het nege vakke geneem en onderskeidings in al sy vakke behaal. Sy ander vakke was: lewenswetenskap (96%), toegepaste rekenaartegnologie (96%), Afrikaans eerste taal (96%), Duits tweede addisionele taal (95%), lewensoriëntering (94%), fisiese wetenskap (92%) en Engels eerste addisionele taal (85%). Chris was ook een van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Netwerk24 se Matrikulant van die jaar-finaliste.
Izak du Plessis was onder die tien topleerlinge, asook onder die tien topleerlinge in rekeningkunde. Hy het 98% in rekeningkunde behaal. Vir sy ander sewe vakke het hy alles onderskeidings gekry. Dit is: lewenswetenskap (97%), fisiese wetenskap (94%), lewensoriëntering (94%), wiskunde (93%), Duits tweede addisionele taal (91%), Afrikaans eerste taal (89%) en Engels eerste addisionele taal (86%). Vier van die Vrystaat se sewe onderwysdistrikte was ook onder die tien topdistrikte van die 77 in die land. Motheo, die distrik waarin Bloemfonteinse skole val, se slaagsyfer was 92,2%, en die baccalaureus-slaagsyfer was 50,1%.
Chris Goosen van Grey-kollege is tweede in die Vrystaat. FOTO: LIENTJIE
Izak du Plessis van Grey-kollege is vierde in die Vrystaat. FOTO: LIENTJIE
MENTZ
MENTZ