Skip to main content

Bloemnuus - E-edition - 8 Mei 2025

Page 1

100 Hoera’s vir Afrikaans!

Donderdag 8 Mei 2025

Tel: 051 404 7600

GRATIS

Liefde vir taal landwyd, grootskaals gevier

Afrikaans toer land plat LIENTJIE MENTZ

Met die viering van Afrikaans wat vandag, op 8 Mei, 100 jaar oud is, is in ’n reis met nege reuse-letters wat “Afrikaans” uitspel op Donderdag 1 Mei in Bloemfontein aangedoen. Die Afrikaans Amptelik 100lettertoer het dieselfde dag vroeg by Sol-Tech se kampus in Centurion vertrek en het Vrydag by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl aangekom, waar die amptelike feestelikhede vandag begin. ’n Span van die Solidariteit-beweging, waaronder lede van AfriForum en Solidariteit, het die vragmotor met die reuse-letters wat “Afrikaans” uitspel daarop, vergesel terwyl die 1400km van Pretoria tot in die Paarl afgelê is. Die toer het Donderdag in Kroonstad en Bloemfontein aangedoen, waar hulle ingewag is deur geesdriftiges wat foto’s geneem het en hul liefde vir Afrikaans as taal beklemtoon het. Annelien Diedericks het namens die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) ’n groete-boodskap en boek, Afrikaans: Ons pêrel van groot waarde, van die FAK aan die toer oorhandig. “Vanuit die ou Goewermentsgebou, wat vanjaar sy 150ste verjaardag vier, stuur Naln en die Vriende van Naln ondersteuning en mooi wense saam met Solidariteit se Afrikaans Amptelik 100-lettertoer,” het sy aan Carien Bloem, hoof van onderwysprojekte by AfriForum en projekleier, gesê. Die toer het vanaf Bloemfontein na Gariepdam vertrek as die volgende punt langs die roete. Die Afrikaans Amptelik 100-lettertoer het op sy pad uit die noorde by bestemmings aangedoen, waartydens inwoners, vakansiegangers en alle belangstellendes hul verjaardagwense vir Afrikaans

Die toer het Donderdag in Kroonstad en Bloemfontein aangedoen kon aflewer én dié reusekunswerk kon besigtig. Die nege letters staan elk sowat 2m hoog en het ’n gesamentlike gewig van nagenoeg 720kg. Elke letter is aan die Afrikaans Amptelik 100-oorsigkomitee, sowel as agt instellings van die Solidariteit-beweging, toegeken – elkeen is met ontwerpe eie aan die onderskeie instellings versier. Elkeen van hierdie instellings maak in hul veld ’n belangrike bydrae tot die groei en voortbestaan van Afrikaans en beeld hul ywer vir die taal op ’n kunstige wyse uit op die reuseletters. Dié instellings is AfriForum, Solidariteit, Maroela Media, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), Sol-Tech, Akademia, die Solidariteit-skoleondersteuningsentrum (SOS) en Helpende Hand. Volgens Bloem sal die kunswerk vir die duur van die Afrikaans Amptelik 100-feesvieringe, wat van 8 tot 11 Mei plaasvind, by die Afrikaanse Taalmonument uitgestal word. Daarna sal dit weer na die noorde van die land geneem word om – net betyds vir die noordelike been van die fees wat van 22 Mei af in Pretoria gehou word – ’n meer permanente staanplek in die skadu van die Voortrekkermonument te kry. “Die Afrikaans Amptelik 100-lettertoer toon op ’n simboliese wyse dat Afrikaans behoort aan almal wat haar in die uithoeke van ons mooi land praat, sing, skryf, studeer, lees en waarlik lééf. “Te midde van die uitdagings wat die taal ondervind, kan ons hierdie mylpaal in die kleurryke bestaan van Afrikaans met volle oorgawe vier,” sluit Bloem af.

Besoekers kon hul liefde vir die taal tydens die Afrikaans Amptelik 100-lettertoer oordra. Hier is Marisa en Gerdré Kruger se spruite Rohan (5) en Gerhard (2) op besoek in Bloemfontein. Foto: Lientjie Mentz

Die letters wat “Afrikaans” uitspel by die Taalmonument in die Paarl. Foto: Verskaf

NURSES WITHOUT A PRESCRIPTION

Understand

Heal Plan Organize Laugh Encourage

Listen Respond

!#"# Support Bandage Comfort

THANK YOU OPTIMA NURSING STAFF!

We really care...

TEL: 051 502 1800 | FAX: 051 502 1810 | nsm.optima@mcare.co.za www.optimabloem.co.za | 17 ADDISON STREET, HOSPITAALPARK, BLOEMFONTEIN

NM10011030-BL080525


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook