Donderdag 4 September 2025
Tel: 051 404 7600
GRATIS
Nuwe spoedkameras is in Julie deur die Mangaung-metro se verkeersafdeling in ontvangs geneem, maar van dié toerusting is nog min in die metro in gebruik gewaar. Foto: Lientjie Mentz
‘Bestuurders hou glad nie by verkeersreëls’
Wie hou ’n oog? LIENTJIE MENTZ
Drie ongelukke in een oggend in Curielaan is een van die talle voorbeelde van motorongelukke in die stad wat buite beheer geraak het. Dié drie ongelukke is op Vrydag 29 Augustus deur ER24 in Bloemfontein aangemeld. VR Med het in Augustus 23 ongelukstonele in Curielaan, OR Tambostraat, Bayswater en natuurlik op die N1 en N8 aangedoen. Pieter du Plessis, woordvoerder van VR Med, sê die oorsaak van ongelukke is veelvuldig. “Spoed is ’n groot faktor,” sê hy.
“Daar is ook baie mense wat op hul selfoon praat, of selfs tik, terwyl hulle bestuur.” Hy sê Vrydagoggend voor werk, op pad van Langenhovenpark na die Laerskool Universitas, het hy 35 mense waargeneem wat met hul selfone doenig was terwyl hulle bestuur het. Hy meen die ander groot oorsaak van ongelukke is mense wat rooi verkeersligte ignoreer, of wegtrek voordat verkeersligte van rooi na groen oorslaan. “Talle bestuurders in die stad hou glad nie by verkeersreëls nie,” sê hy. Noodwerkers sê baie ongelukke gebeur saans, en daar is beslis alkohol betrokke by baie van dié ongelukke. Personeel van AfriForum se gemeenskapsveiligheidsentrum in
Die ongelukstoneel van Vrydag in Curielaan, Bloemfontein. Foto: VR Med
Langenhovenpark is in Augustus na 107 tonele ontbied. Hoewel die stad se direktoraat vir veiligheid en vervoer wys dat talle verkeersboetes in Julie uitgeskryf is, is dit ’n druppel aan die emmer van die omvang van oortredings wat daagliks deur motoriste begaan word. Volgens ’n verslag van die Mangaung-metro se seksie 80-komitee is 3 518 boetes, wat R2,5 miljoen beloop, in Julie uitgeskryf. In dié tyd is 366 motors gekonfiskeer weens die oortreding van parkeerreëls, en 30 bloedtoetse vir die toets van dronkbestuur is geneem. Van dié boetes is net 558, wat R525 050 beloop, betaal. Die metro het in Julie nuwe roterende spoedkameras in gebruik geneem, maar min van dié kameras is nog in gebruik gesien. Dit is die verantwoordelikheid van die metro se wetstoepassings-afdeling om toe te sien dat verkeerswette en munisipale reëls toegepas word. Dirk Kotzé, DA-raadslid, sê die metro beplan om op 9 en 10 Oktober ’n veiligheidsberaad aan te bied. ■ Lees op bloemnuus.co.za oor die Facebook-inskrywing van Lara Rossouw, wat sy geskryf het nadat sy op ’n ongelukstoneel afgekom het en daarna raad by kenners gekry het oor wat om te doen as dit met jou gebeur, of jy self in ’n ongeluk is.
Verwelkom ’n warm lente Chanté Venter, ’n tweedejaarstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het die heerlike somerweer op lentedag 1 September gevier met blomme en ’n pragtige, koel somer-uitrusting van Foschini Loch Logan. Volgens die SuidAfrikaanse weerdiens duur die warm, sonnige weer nog voort vir die volgende paar dae. Vir dié Donderdag en Vrydag word ’n sonnige 28°C voorspel. Die foto is geneem met die vriendelike samewerking van die Loch Logan-waterfront. Foto: Carlo Herholdt/Herholdt Studios
Interdisciplinary Team:
We provide acute and subacute inpatient and outpatient physical rehabilitation for people who cannot return to their home and previous level of function after being successfully treated for severe illness or injury.
• Doctors • Physiotherapists • Occupational Therapists • Speech Therapists • Social Workers • Rehabilitation Nurses • Dieticians • Psychologists
051 412 3300 • 051 451 1479 hillandale@nurturehealth.net
6 Woodland Hills Boulevard, Woodland Hills, Bloemfontein, 9332 NM10027074-BL040925