Skip to main content

Bloemnuus - E-edition - 3 Julie 2025

Page 1

Donderdag 3 Julie 2025

Tel: 051 404 7600

GRATIS

Novus Media stel gratis nasionale nuusplatform bekend

Nuut, nuwer, Nova aanlyn Novus Media stel hierdie week amptelik NovaNews.co.za bekend. Dit is ’n omvattende, nasionale nuusplatform met bydraes van 21 gemeenskapskoerante, insluitend BloemNuus.

Dié digitale nuussentrum lewer betroubare, diepgaande joernalistiek in Engels en Afrikaans – sonder betaalmure of versteekte koste. Die nuwe platform bied gebruikers maklike toegang deur enige webblaaier, met die opsie om ’n ikoon op hul mobiele tuisblad by te voeg vir onmiddellike toegang tot brekende nuus, gemeenskapsnuusflitse en nasionale en internasionale dekking. Wat die platform uniek maak, is die hiper-plaaslike inhoud van 21 Novus Media-gemeenskapstitels wat in druk oor die Noord-, Oos- en Wes-Kaap, en oor die Vrystaat heen, versprei word. BloemNuus, BloemExpress, NoordkaapBulletin,Vista, VrystaatKroon, Hermanus Times, Eikestadnuus, Tygerburger, Paarl Post en PE Express is onder meer deel hiervan. Die afsonderlike webwerf van elke gemeenskapskoerant, soos reeds met bloemnuus.co.za, sal ’n stem aan plaaslike gemeenskappe gee terwyl hulle aansienlik groter gehore met uitgebreide nuusdekking betrek. “NovaNews.co.za is ’n eenstopbestemming vir betroubare joernalistiek, wat alles dek van brekende nuus tot hiper-plaaslike gemeenskapstories, asook leefstyl-, skole- en sportnuus. Die platform beklemtoon sy verbintenis tot die lewering van outentieke, betroubare nuus op plaaslike en nasionale vlak,” sê Esmé Smit, hoofbestuurder van Novus Media. “Ons bied nuus waarop jy kan staatmaak – nuus wat nie vals is nie, nuus wat saak maak; naby aan die huis en divers, getrou aan ons reënboognasie en kultuur,” sê sy. Lise Beyers, nasionale digitale nu-

Dié digitale nuussentrum lewer betroubare, diepgaande joernalistiek in Engels en Afrikaans – sonder betaalmure of versteekte koste NovaNews op Facebook volg. In die Soektog na die ster-kompetisie kan deelnemers een van vyf Pick n Pay-koopbewyse van R4 000 of ’n luukse verblyf van twee nagte vir twee mense by The Boardwalk Hotel in Gqeberha wen, geldig vir ses maande. Reiskoste is vir die wenner se eie sak. In die Nou waa is daai star-kompetisie sal verskeie sterre in berigte op die novanews.co.za-tuisblad versteek word. As jy ’n ster vind, klik daarop en ’n vorm sal verskyn om jou in staat te stel om jou op die NovaNews-nuusbrief in te teken. Volg dan NovaNews op Facebook. Die kompetisies duur twee weke lank op die hoof- NovaNews-webwerf.

Digitale vernuwing

Die tuisblad van NovaNews.co.za bied ‘n venster op die nuus waaroor gemeenskappe oor Suid-Afrika heen plaaslik praat. Nasionale en internasionale nuus is ook hier te kry.

usredakteur vir Novus Media, sê sy is opgewonde oor die bekendstelling van dié baanbreker-mediaplatform. “Die unieke gemeenskapstemme van ons diverse land is vir te lank nie gehoor nie. “Daar is soveel stories wat in ons gemeenskappe versteek lê en NovaNews sal hierdie stories 'n platform gee, tesame met die feit dat hulle ons lesers oor die land heen ingelig hou

oor belangrike nasionale en internasionale nuus. “Hierdie baanbreker- digitale platform bring Novus Media se gemeenskapskoerante bymekaar en skep ’n ongekende media-ekosisteem wat die outentieke stem van plaaslike gemeenskappe bewaar terwyl dit nasionale en internasionale nuusdekking naatloos integreer – wat hiper-plaaslike storievertelling én globale perspektief aan aansienlik

uitgebreide gehore bied op 'n manier soos geen ander digitale mediawebwerf nie.”

Bekendstellingskompetisies Om die bekendstelling te vier, bied Novus Media twee kompetisies aan vir gebruikers wat hulle op die NovaNews-nuusbrief inteken en

Novus Media se verbintenis tot toeganklike digitale joernalistiek word deur ’n vernuwende gebruiker-ervaring verteenwoordig. Lesers kry onmiddellik toegang tot nuus, met navigasie wat hiperplaaslike gemeenskapstories met nasionale en internasionale dekking verbind. Met vals nuus wat mediageloofwaardigheid toenemend uitdaag, beklemtoon novanews.co.za sy toewyding aan feitelike, bevestigde verslaggewing waarop gemeenskappe kan staatmaak. Die platform is nou beskikbaar by novanews.co.za, met kompetisiebesonderhede op die webwerf en betrokke sosialemediakanale.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bloemnuus - E-edition - 3 Julie 2025 by Novus Media - Issuu