Skip to main content

Bloemnuus - E-edition - 25 Sept 2025

Page 1

Donderdag 25 September 2025

Tel: 051 404 7600

GRATIS

Stepping into colourful tapestry of Free State’s rich tourism offering There was a lot of activity at the first Free State Uncovered Expo and Festival held at the War Museum of the Boer Republics in Bloemfontein on Saturday, 20 September. Representatives of the tourism industry throughout the Free State exhibited at the expo. Visitors could do a heritage tour, visit a living history re-enactment camp, and enjoy entertainment by school groups and artists like Brendan Peyper. Some of the re-enactors are from the left, front: Hayden Panaino and Travis Stewart; back: Josua Wilkens, Twin Mosia, James Linton, Christine Panaino and Vulcan Rehbok. Photo: Lientjie Mentz

Bestuurder (19) na verwagting in Desember voor hof

Vervolging begin ná ongeluk LIENTJIE MENTZ Die polisie het op Maandag 22 September bevestig dat die 19-jarige bestuurder van ’n bakkie wat op 24 Januarie in ’n noodlottige ongeluk was waarin drie leerlinge van die Dr. C.F. Visserskool oorlede is, vervolg gaan word. Twee boeties, Ryan (6) en Ayden (8) Smit, en hul niggie Leané van Papendorp (8) is in die botsing by die verkeerslig op die N8 by die Aljos Superspar buite Bloemfontein dood. Ryan en Leané is op slag dood, en Ayden is later die dag in die Busamed-hospitaal oorlede toe sy hart ’n tweede keer gaan staan het.

Tennique Joubert (6) en Adri Jonck, bestuurder van die motor waarin die kinders op pad skool toe was, is in die ongeluk beseer. Sy is Leané se ma. Die bestuurder van die Hilux-bakkie wat teen Jonck se oranje Chevrolet Spark gebots het, is glo nou in Amerika. Ooggetuies beweer die bakkie, wat ’n sleepwa met staal gesleep het, het nie by die rooi verkeerslig gestop nie. Volgens kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, gaan die verdagte teregstaan op drie aanklagte van strafbare manslag, een van roekelose en nalatige bestuur, verontagsaming van ’n padverkeersteken en die oortreding van regulasies wat betrekking het op die aantal mense wat hy in dié voertuig kon vervoer. Na verwagting sal die verdagte sy

eerste hofverskyning op 3 Desember maak. Earle sê die SAPD werk saam met die Nasionale Vervolgingsgesag om ’n deeglike saak voor die hof te bring.Die direkteur van openbare vervolging het die dossier twee keer aan die polisie vir verdere ondersoek teruggestuur. Martin en Yolande Smit, ouers van Ryan en Ayden, het ondertussen ’n liefdadigheidsorganisasie R.A.L. Foundation gestig waarmee hulle die drie kinders se nagedagenis wil eer deur ander in nood te help. Hulle het Sondag hondekos aan die diere by New Beginnings geskenk. Martin skryf op Facebook hulle het besluit om die skenking aan die diereskuiling te doen omdat hul twee seuns so lief vir diere was. Hy nooi mense om hulle in dié projek te ondersteun.

Die drie leerlinge aan die Laerskool Dr. C.F. Visser wat in Januarie in die motorbotsing oorlede is, is van links Ryan Smit, Leané van Papendorp en Ayden Smit. Foto: Lientjie Mentz

JUMPING CASTLES | PICNIC AREA | MUSIC DJ'S | AMUSEMENT RIDES | FOOD VENDORS | FLEA MARKET | JURASSIC GIANTS | DINO PLAYGROUND | DINO EXHIBITIONS • www.dinoworldsouthafrica.com Dinosaur World Festival info@dinoworldsouthafrica.com

• 078 179 7484 NM10029533-EX240925


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bloemnuus - E-edition - 25 Sept 2025 by Novus Media - Issuu