Skip to main content

BloemNuus - E-Edition - 23 Okt 2025

Page 1

Donderdag 23 Oktober 2025

Tel: 051 404 7600

GRATIS

Geld, gebede en steun vir ‘man met hart van goud’

Ongeluk in Amerika ruk gesin LIENTJIE MENTZ Gebede gaan van oral op vir die Bloemfonteiner wat in ’n ongeluk in Amerika ernstig beseer is en steeds in ’n koma in ’n hospitaal behandel word. Dries Botha (32), ’n bouer wat die afgelope seisoen op ’n plaas in Minnesota gewerk het, was op Sondag 12 Oktober saam met ’n kollega in ’n ongeluk. Dries en sy kollega het die Sondag met ’n Razor-veldkar op die plaas naby Crookston gery toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan het. Dries is per lugambulans na Minneapolis geneem, waar hy ’n noodoperasie aan sy hoofslagaar moes ondergaan. Sy maag en milt moes ook weer uit sy ribbekas in plek geskuif word. Ander beserings wat hy opgedoen het, sluit in: ’n gebreekte femur en ’n gebreekte linkergewrig; ’n geskeurde diafragma; hy het gesig- en neusbreke; asook gebreekte ribbes. Dries het ook ernstige hoofbeserings opgedoen. Sy vrou, Kayla, het nadat sy van die ongeluk gehoor het inderhaas na Amerika gevlieg om haar man in die hospitaal te gaan ondersteun.

Dries en Kayla Botha met hul twee kinders, Sion (3) en Hannah (10).

“Daar was al soveel wonderwerke sedert die ongeluk,” vertel Kayla. “Dit was al donker toe die ongeluk gebeur het, maar die Here se engele was by Dries. Iemand het die Razor se ligte gesien en gaan ondersoek instel.” Die kollega wat saam met Dries was, het ligte beserings opgedoen en intussen na Suid-Afrika teruggekeer. ’n Paar dae voor die ongeluk het Dries vir Kayla ’n dagstukkie gestuur wat hy die dag gelees het: U, Here is ’n skild rondom my. U herstel my eer. U lig my kop weer op. Ek het tot die Here geroep. Vanaf sy heilige berg het Hy my geantwoord. Ek het gaan lê en slaap en weer wakker geword, want die Here het oor my wag gehou. (Psalm 3: 4-6).

Intussen het ’n vriendin, Le-Andre Myburg, ’n Back-a-Buddy-rekening vir die egpaar oopgemaak om hulle met toenemende uitgawes te help. “Dries is ’n geliefde man, pa, seun, boetie en ’n vriend vir so baie. Hy is ’n man met ’n hart van goud − altyd gereed om ander te help. Hy en Kayla het twee pragtige kinders wat baie graag wil hê hul pappa moet huis toe kom en gesond wees,” skryf sy op die webblad. Le-André sê die lugambulans kos hulle $70 000 (sowat R1,2 miljoen rand) en die daaglikse rekenings vir die hospitaal en hoë sorg, is baie hoog. “Boonop werk nie Kayla of Dries nou wat beteken dat hulle nie ’n inkomste het nie.” Kayla is ’n skoonheidsterapeut in Bloemfontein en verdien geen inkomste terwyl sy daar is nie. Boonop kos die verblyf wat sy daar het haar ongeveer R1 000 ’n dag; vervoer kos sowat R500 met die Uber van en na die hospitaal. Le-André het die rekening geopen om die egpaar met dié uitgawes te help, en ook hul uitgawes hier in Bloemfontein waar die kinders op hul ouers wag. Vriende, familie, kennisse en wildvreemde mense wat omgee, het al sowat R145 000 bygedra.

Dries Botha van Bloemfontein is in ’n koma en sy ernstige beserings word in ’n hospitaal in Amerika behandel. Foto’s: Verskaf

Dood bevestig weer gevaar van aanloklike water in steengroef LIENTJIE MENTZ EN TEBOHO SETENA Die gemeenskap vra dringend ingryping ná die verdrinking van Benjamin van Wyk (20) in die Witherow-steengroef in Heidedal. Van Wyk, wat op Donderdag 16 Oktober dood is, is een van talle mense − waarvan heelwat kinders − wat in dié diepblou water van die steengroef verdrink het.

Lede van die Welkom-polisie se duik-eenheid het die soektog na Van Wyk ná twee dae afgelas − hulle kon die lyk nie vind nie. Sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het gesê duikers het regdeur die soektydperk gewerk, tot op die punt waar vasgestel is dat Van Wyk se lyk moontlik deur strome gedra is of na ’n dieper deel van die steengroef verskuif het. Die dieper gedeelte strek na

raming tot ongeveer 50m. ’n Geregtelike ondersoek is begin na die jong man se verdrinking. Kareli sê volgens inligting wat die polisie ontvang het, het Van Wyk en sy twee vriende na die steengroef gegaan om te swem. Nadat hy in die water gespring het, is hy nie weer gesien nie. Gemeenskapsaktiviste meen byna 50 mense het al in dié

steengroef verdrink. Op die groeiende lys mense wat daar verdrink het, is onder meer Dustin Kukari en Reginald Manie Ruiters. Sommige van die slagoffers het tydens visvangaktiwiteite verdrink. Ander menslike oorskot wat ontdek is, is vermoedelik in die water gegooi nadat die slagoffers elders vermoor is. DA-raadslid Attie Terblanche vra dat die Heidedal-swem-

bad weer heropen word sodat mense daar veilig kan swem. Hy sê die swembad is steeds toe, al sou dit op 1 September geopen het. “Die swembad is in ’n skokkende toestand − die water is groen en vuil, en die gras is lank.” Terblanche sê die verwaarloosde swembad lei daartoe dat kinders in die gruisgroef gaan swem, wat weer tot verdrinkings aanleiding gee.

Benjamin van Wyk (20), wat verlede week verdrink het. Foto: Verskaf

CELEBRATING OUR 30TH YEAR OF EXCELLENCE AND EXPERTISE! Day Hospital

Trust us to take care of you and your family.

Creating a DEEPR healing experience. D – DIGNITY We treat everyone with dignity, kindness & empathy

E – EMBRACE GROWTH We constantly strive to grow & develop as human beings on all levels

E – EXCEL We strive to achieve the highest standard of service

P – PATIENT CENTRED Our patients are priority in all we do

R – RESPECT We treat all people, as well as all processes with the utmost respect

Day Hospital (051) 436 4320 | Rehabilitation Hospital (051) 250 4500 | Preller Plein, Dan Pienaar, Bloemfontein | www.citymed.co.za

Follow us

NM10033015-BL231025


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
BloemNuus - E-Edition - 23 Okt 2025 by Novus Media - Issuu