Skip to main content

Bloemnuus - E-edition - 15 Jan 2026

Page 1

Donderdag 15 Januarie 2026

GRATIS

Tel: 051 404 7600

Gr.1’s tree gretig aan om hul ABC so 1, 2, 3 te leer

‘Ons kannie waggie!’

Dineo Makamole, ’n gr. 1-onderwyser aan die Laerskool Brebner, saam met een van haar nuwe leerders, Aliyah Joi Solomons. FOTO: Lientjie Mentz

Duisende gr.1-leerders het op Woensdag 14 Januarie met hul skoolklere agter die banke ingeskuif. In ’n klas by die Laerskool Brebner was een seun wat ’n bietjie hartseer was, maar verder was daar opgewonde gesiggies, die meisies se

hare netjies vasgebind en die klere blinknuut. Ouers het tot Vrydag die geleentheid om hul foto’s van gr.1-leerders in hul skooldrag met BloemNuus te deel, vir aanlyn publikasie op bloemnuus.co.za. E-pos dit na lientjie.mentz@ novusmedia.co.za.

St Andrew’s School het sy gr.1-leerders op Dinsdag 13 Januarie by die skool verwelkom. Hier is Josua Jansen saam met sy ouers, Liza-Marié en Piet-Theron Jansen. FOTO: Madré Marais

Juffrou Elsa Franke saam met Logan Crisp in sy klas by Saint Andrew’s. FOTO: Madré Marais

Reynders Greyling het Woensdag sy eerste dag in gr. 1 aan die Laerskool Willem Postma begin. FOTO: Verskaf

Hierdie drie rakkers is al maatjies vandat hulle 18 maande oud is, en Woensdag het hulle saam hul skoolloopbaan begin, onderskeidelik aan Grey-kollege (primêr) en Eunice Primary School. Links is Ryan Cronje, saam met Heidi Booyens en Eben Myburg. FOTO: Verskaf

Drie maatjies op die eerste dag van gr. 1 aan die St Andrew’s School Bloemfontein is van links Adriaan Griesel, Hunter Marais en Heath Saffy. FOTO: Madré Marais

R41 800

Mimosa Mall Gift Cards to be won!

· 42 km - Entry Fee: R230. Temporary License number: R50 · 21 km - Entry Fee: R170. Temporary License number: R50

in association with Louzanne Coetzee Foundation & Bloemfontein Striders

· 10 km - Entry Fee: R120. Temporary License number: R50 · 5 km Fun Run - Entry Fee: R80. ONLINE ENTRIES: www.mimosamall.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bloemnuus - E-edition - 15 Jan 2026 by Novus Media - Issuu