Skip to main content

BloemNuus - E-Edition - 11 Desember 2025

Page 1

Donderdag 11 Desember 2025

Tel: 051 404 7600

GRATIS

Rooi, oranje, geel, groen ... Bloemfontein is dubbeld so mooi in dié seisoen Bloemfontein ná ’n bui reën bederf inwoners dikwels met ’n skouspelagtige dubbele reënboog. Jeanine Louw staan hier op 27 November by Northridge Mall met dié merkwaardige verskynsel agter haar. Jeanine, wat in 2019 die wenner van BloemNuus se Matriekrok-kompetisie was, het pas haar mediese studie in Stellenbosch voltooi en trou op 13 Desember. FOTO: Engela le Roux

Finansiële bestuurder afgedank oor ongerymdhede

Groot bedrog oopgevlek LIENTJIE MENTZ

’n Finale hofbevel is verkry en ’n werknemer van die Hillandale-huiseienaarsvereniging (HHOA) is afgedank nadat sy glo miljoene by dié vereniging gesteel het. In ’n nuusverklaring wat Willem van Huyssteen, uitvoerende hoof van die HHOA-bestuur op Dinsdag 9 Desember aan inwoners gestuur het, sê hy die finansiële bestuurder word verbind met onregmatighede binne die HHOA se finansies-afdeling ná ’n formele ondersoek wat op 29 September begin is.

Kaydene Davids van Netwerk24 berig regter Corné van Zyl het laat in November Elrine Jacobs (40) onder finale sekwestrasie geplaas. Jacobs, ’n geoktrooieerde rekenmeester, het die spoglandgoed Woodland Hills Wildlife Estate glo uit meer as R20 miljoen bedrieg. In die nuusverklaring sê die bestuur ’n kurator is aangestel om te help met die ondersoek en die verhalingsproses. Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) is ook in kennis gestel, en ’n dissiplinêre proses is afgehandel; waarna Jacobs afgedank is. Van Huyssteen bevestig in

die verklaring ’n forensiese oudit word gedoen, wat verslag sal lewer oor die ongerymdhede. “Hoewel daar in die media bedrae gekommunikeer is, is niks nog amptelik bevestig nie,” sê die verklaring. Die verklaring sê verder die HHOA sal al sy geldelike verpligtinge nakom. “In die 20-jarige bestaan, het die HHOA altyd ’n skoon oudit gekry. “ ’n Bekwame span lei die proses.” In ’n verklaring wat Van Huyssteen by die hof ingedien het, sê hy Jacobs het groot bedrae geld bestee op aanlyn weddenskapplatforms.

Die ingang na die Woodland Hills-wildlandgoed. FOTO: Facebook

R41 800

Mimosa Mall Gift Cards to be won!

· 42 km - Entry Fee: R230. Temporary License number: R50 · 21 km - Entry Fee: R170. Temporary License number: R50

in association with Louzanne Coetzee Foundation & Bloemfontein Striders

· 10 km - Entry Fee: R120. Temporary License number: R50 · 5 km Fun Run - Entry Fee: R80. ONLINE ENTRIES: www.mimosamall.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook