Skip to main content

17 jan namib times e-edition

Page 1

N$6

namib times

SERVING THE COASTAL COMMUNITY SINCE 1958 NO 7099 FRIDAY 17 JANUARY 2025 Tel: +264 64 - 205854 / +264 64 - 461866 /Fax: +264 64 - 204813 / 064 - 461824 / Website: www.namibtimes.net

inside Action Against Chief Marshall Ranger Demanded Page 2

TransNamib to Invest N$ 1.7 billion in Locomotive Upgrade Read full article on page 4

Ontgroening by Skole is Ongrondwetlik Tref-en-trap Ongeluk · Ouers Op Oorlogspad... Marshallino Beukes

Die dekades-lange praktyk by sommige skole om nuwelinge te onderwerp aan fisieke en emosionele afknouery, beter bekend as ontgroening, het skoolouers in Swakopmund woedend. Namib Times is die afgelope week oorval met oproepe van ontstoke ouers wie se spruite onderworpe aan hierdie praktyk was (is). Volgens hulle is dit net 'n ander vorm van afknouery en die feit dat skoolhoofde van die spesifieke skole dit toelaat is onaanvaarbaar vir die woedende ouers. Een van die ouers het aangedui dat sy kind hierdie jaar Graad 6 by 'n sekere hoërskool moet herhaal en dat hulle (ouers) alreeds moes sukkel om die leerder se moraal weer te lig om terug te keer skool toe. “My kind se selfbeeld was reeds laag nadat hy verlede jaar gedruip het en nou moet dit nog verder met hierdie praktyk vertrap word,” het die ouer uitgevaar. Volgens hom het sy kind blykbaar aanvanklik geweier om deel van die ontgroeningsproses te

wees, aangesien hy dit alreeds laas jaar deurgemaak het. Hy is glo egter “in sy gesig” deur die skool se prinsipale gewaarsku dat sou hy nie deelneem nie, die skoolhoof hom van die skool sal verwyder. Met die Namibiese Wet op Basiese Onderwys wat uitdruklik enige vorm van ontgroeningspraktyk wat fisieke of emosionele skade aan studente kan veroorsaak, aangesien dit as 'n vorm van mishandeling en teen die wet beskou word verbied, oortree diesulke skole dus die wet. Nog 'n ontstoke ouer van 'n ander hoërskool in Swakopmund het geen doekies omgedraai nie. Hy het aangedui dat sou sy kind by die skool ontgroen word, hy sonder woorde direk na die skoolhoof sal gaan en hom goed opdons, waarna hy homself aan die polisie sal gaan oorgee. Volgens hierdie ouer het sy klagte by die Ministerie van Onderwys se Streekskantoor hom net verder verwar en woedend gemaak, nadat daar blykbaar aan hom gesê is dat alle skole dit doen. “Waar staan dit in die RegeringsGazette dat skole dit mag doen of toelaat? Wat dra die praktyk by tot kinders se opvoeding?” wil hy weet. Hy het aangedui dat as deel van die ontgroeningsproses by diè skool glo insluit dat die Vervolg op bladsy 2

– !Gonteb Familie soek Geregtigheid

“Die gebrek aan vordering in die ondersoek is kommerwekkend..” Marshallino Beukes

Die familie van wyle Kevin Kelly !Gonteb het vandeesweek hul ontevredenheid rakende die feit dat die persoon of persone wie vir sy dood verantwoordelik is tot hede nie gearresteer is nie. “Ons voel dat daar nie genoeg vordering met hierdie saak gemaak word nie, veral in ag genome dat die area waar die voorval plaasgevind het kringtelevisiekameras het, maar geen verdagtes is nog geïden-

tifiseer nie. Ons is gefrustreerd dat die polisie nie die uitslag van die nadoodse ondersoek met ons gedeel het nie. Dit is ontnugterend aangesien die polisie skaars uitreik om ons Vervolg op bladsy 2

Arandis Accident Deceased Truck Driver Identified Page 4

ECDC Opens at Green Valley Page 12

Sports News

Pages 19 -20


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
17 jan namib times e-edition by Namib Times Virtual - Issuu