


![]()



Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal leesboeke om lees in die klas aan te moedig en te bevorder.







ISBN: 9781776253845
Beginnerlesers
Dit is Katryn se eerste dag by die nuwe skool. Sy voel bang en onseker, maar maak gou nuwe vriende.
Katryn deel haar toebroodjies met ‘n klasmaat en red ‘n verskrikte duif.
Hierdie oulike verhaal oor ‘n vriendelike en behulpsame sebratjie leer kinders dat alle emosies belangrik is, en dat ons in enige situasie empatie en respek kan betoon.

ISBN: 9781776253821
Beginnerlesers
Lukas is bang vir die donker en vreemde geluide. Hy voel skaam wanneer hy nie soos sy maats op die groot wiel by die kermis wil ry nie. Met ‘n bietjie wysheid en leiding van sy pa, leer Lukas egter dat dit baie dapper kan wees om ‘nee’ te sê. Hierdie oulike verhaal oor ‘n bang olifantjie leer kinders dat alle emosies belangrik is, en dat dapperheid vir almal anders lyk.

ISBN: 9781776253883
Beginnerlesers
Miekie is vandag kwaad. En hoe dan ook anders met ‘n irriterende boetie en maats wat haar terg. Maar Juffrou help haar op die regte pad.
Miekie verf ‘n pragtige muurskildery wat nie net die skoolmuur ophelder nie, maar ook haar bui.

Hierdie oulike verhaal oor ‘n vurige meerkatjie leer kinders dat alle emosies belangrik is. Die belangrikste is egter ons reaksie op hoe ons voel.




ISBN: 9781776253869
Beginnerlesers
Simon is hartseer omdat sy beste maat moes wegtrek. Hy is ook hartseer toe sy hondjie doodgaan en hy by die skool geboelie word. Met Mamma se hulp leer hy egter dat mens glad nie skaam hoef te voel om te huil nie. Wanneer hy ‘n nuwe stokperdjie kry, begin hy sterker en minder alleen voel. Hierdie oulike verhaal oor ‘n hartseer leeutjie leer kinders dat alle emosies belangrik is, en dat moeilike situasies ons kan help om ons innerlike krag te ontdek.

ISBN: 9781776250516
Beginnerlesers
Padda is moeg daarvoor om net heeldag te sit en kwaak. Hy wil rondreis en die wêreld sien, maar sal hy ooit weer veilig tuis kom? ’n Opwindende interaktiewe avontuur vir dapper klein reisigers. Die boek is perfek vir peuters en bevat loergaatjies en ‘n uitvou-verrassing aan die einde. Dit ontwikkel geletterdheidsvaardighede en ruimtelike woordeskat.

ISBN: 9781776250349
Beginnerlesers
Dil hou van grappies vertel … maar hy hou nie van pizza met pynappel op nie. Krok hou van kosmaak … maar hy hou nie daarvan as iemand vir hom lag nie. Dil hou van Krok en Krok hou van Dil. Krok en Dil is beste maats en hulle sal jou laat skater van die lag!

Die boek bevat drie skreeusnaakse strokies wat perfek is vir beginnerlesers:
• Krok die kok;
• Vandag gaan ek nie lag nie; en
• Krok in ’n rok

Beginnerlesers
Lees is maklik en lekker met Krok en Dil!
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag – en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Dié nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ’n knorrige krokodil en ’n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.




ISBN Titel VLAK 1
9781776250905 Krok in die bad (Vlak 1 Boek 1)
9781776250929 My pet is weg! (Vlak 1 Boek 2)
9781776250943 Krok die kok (Vlak 1 Boek 3)
9781776250967 Ek is ‘n vis! (Vlak 1 Boek 4)
9781776250981 In die lug (Vlak 1 Boek 5)
9781776251001 Kyk vir my! (Vlak 1 Boek 6)
9781776251025 Waar is die maan? (Vlak 1 Boek 7)
9781776251049 By die see (Vlak 1 Boek 8)


ISBN Titel
9781776251063 Krok kan toor (Vlak 1 Boek 9)
9781776251087 Die suur sap (Vlak 1 Boek 10)
VLAK 2
9781776251339 Wat doen jy met my boek? (Vlak 2 Boek 1)
9781776251414 Ek wens ek was ’n reus (Vlak 2 Boek 2)
9781776251438 Hier is nie ’n tier nie! (Vlak 2 Boek 3)
9781776251452 Kom ons gaan op ’n reis! (Vlak 2 Boek 4)
9781776251476 Ek hou van blou (Vlak 2 Boek 5)










ISBN Titel
9781776251490 Krok kan nie fluit nie (Vlak 2 Boek 6)
9781776251513 Help, ek waai weg! (Vlak 2 Boek 7)
9781776251537 Kyk my rooi neus (Vlak 2 Boek 8)
9781776251551 Sneeu! Sneeu! Sneeu! (Vlak 2 Boek 9)
9781776251575 Daar is ‘n koei in my tuin (Vlak 2 Boek 10)
VLAK 3
9781776252008 Ek is ‘n krok! (Vlak 3 Boek 1)
9781776252022 ‘n Gat in die grond (Vlak 3 Boek 2)
9781776252046 Krok op ‘n fiets (Vlak 3 Boek 3)
9781776252060 Net een soos jy (Vlak 3 Boek 4)
9781776252084 SuperDil! (Vlak 3 Boek 5)
9781776252107 Ek soek ‘n nuwe naam (Vlak 3 Boek 6)
9781776252121 Dokter Krok (Vlak 3 Boek 7)
9781776252145 Seemonster! (Vlak 3 Boek 8)


ISBN Titel
9781776252169 Kolle net waar jy kyk (Vlak 3 Boek 9)
9781776252183 Ek gaan nie slaap nie! (Vlak 3 Boek 10)
4
9781991273000 ‘n Nuwe bril vir Dil (Vlak 4 Boek 1)
9781991273024 ‘n Dag op die dak (Vlak 4 Boek 2)
9781991273048 Ek dink ek het ‘n eier gelê! (Vlak 4 Boek 3)
9781991273062 Wat ‘n waatlemoen! (Vlak 4 Boek 4)
9781991273086 Prins Dil en die draak (Vlak 4 Boek 5)
9781991273109 Hoera vir modder! (Vlak 4 Boek 6)
9781991273123 Ek soek ‘n stert (Vlak 4 Boek 7)
9781991273147 Bak en brou (Vlak 4 Boek 8)
9781991273161 Ek skrik vir niks! (Vlak 4 Boek 9)
9781991273185 Wortels? Jig (Vlak 4 Boek 10)







ISBN: 9781776250660
Voorskool en grondslagfase
Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?”
Toe almal moeg word vir haar vrae, besluit sy om die antwoorde iewers anders te gaan soek—in boeke! En kort voor lank begin sy haar eie stories vertel …
’n Bemagtigende verhaal oor die krag van boeke en stories, en die verskil wat een meisie kan maak indien sy bereid is om moeilike vrae te vra.
Die boek is ook beskikbaar in Engels (9781776250622), Setswana (9781776250646) en isiZulu (9781776250684).
ISBN: 9781779990907
Voorskool en grondslagfase
Ontdek hoe een dapper meisie ‘n landswye beweging vir gelykheid ontketen het! Sluit aan by Zulaikha Patel, die vreeslose voorstander van gelykheid, in haar ongelooflike reis wat op net 13 begin het!
Teen die agtergrond van Pretoria Girls High School het Zulaikha dapper ‘n standpunt ingeneem teen diskriminerende haarbeleid, wat ‘n landswye beweging vir verandering ontsteek het.
Hierdie inspirerende verhaal, vertel in Zulaikha se eie woorde, dien as ‘n baken van hoop en bemagtiging vir jong lesers oral.
Ervaar die verhaal van ‘n meisie wat gewaag het om die norme uit te daag en ‘n stem vir transformasie geword het.
ISBN: 9781779990518
Voorskool en grondslagfase
Elke oggend wanneer Ta’mkhulu Zinzo help om sy skoene te laat blink, herinner hy hom dat hy groot skoene het om vol te staan. Zinzo wil sy pa’s trots maak, al woon hulle ver weg in die stad. Sy oupa stel ’n goeie voorbeeld deur vriendelik en sorgsaam teenoor almal in die dorp te wees. Maar wanneer die kinders by die skool van Zinzo se onkonvensionele familie hoor, is hulle glad nie vriendelik met hom nie. Kan Zinzo vir hulle wys dat om anders te wees nie iets is waarvoor ’n mens bang moet wees nie? Groot Skoene is ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat aanvaarding, begrip en vriendelikheid teenoor die LGBTQI+ gemeenskap aanmoedig. Hierdie prenteboek is nie net ’n huldeblyk aan die onbreekbare bande van familie nie, maar ook ’n viering van die moed om in jou eie skoene te staan.







ISBN: 9781779990617
Voorskool en grondslagfase
Hierdie is ’n boek oor feetjies. Daar is net een probleem … om elke hoek en draai kruip monsters weg wat lawwe poetse bak. Is daar ooit enige feetjies in hierdie boek?
ISBN: 9781776253722
Voorskool en grondslagfase
Toe Mohandas Gandhi eendag van ‘n trein af gegooi word, is dit die begin van ‘n reis. ‘n Reis om ‘n einde te maak aan die onregverdige behandeling van Indiërs in Suid-Afrika. ‘n Reis om almal te leer dat jy die wêreld kan verander sonder om geweld te gebruik. ‘n Reis om die wêreld ‘n beter plek te maak. ‘n Lang reis wat begin met een klein woord: “Nee”.
ISBN: 9781776252503
Voorskool en grondslagfase
“Hoe Voel Jy?” is ’n eerste boek oor emosies vir jong kinders. Dit is ontwerp om kinders bekend te stel aan hoe hulle in verskillende situasies mag voel om hulle te help om daardie gevoelens te herken. Elke afdeling volg vier diere-karakters soos hulle die dokter besoek, gaan swem en ander scenario’s ervaar. Benewens ’n eenvoudige verhaal om te lees laat hierdie boek ook kinders toe om met hulle ouers te bespreek hoe hulle mag voel deur die gesig-kaarte in ’n uitgesnyde vorm te plaas. Die gesig-kaarte word gebêre in ’n seeskulp op die voorblad sodat hulle weer en weer gebruik word soos kinders groter word.
Die boek is ook beskikbaar in Engels (9781838990251) en isiZulu (9781776252527).





ISBN: 9781779991287
Voorskool en grondslagfase
Zazi droom van dans, maar sy is te bang om te probeer. Wat as sy nie goed genoeg is nie? Wat sal mense sê?
Met aanmoediging van haar ouers konfronteer Zazi haar vrese en vind die moed om na haar hart te luister.
Dans op jou eie maat is ‘n inspirerende storie oor die nastreef van jou drome en om ander toe te laat om jou op die reis te ondersteun.
ISBN: 9781776252893
Voorskool en grondslagfase
Jy is Besonders” is ’n bemagtigende boek van positiewe bevestiging vir bruin seuns. Hierdie boek leer seuns om hul unieke talente en belangstellings te omhels en te vier terwyl dit hulle aanmoedig om groot te droom en kreatief te wees. Bou selfvertroue en veerkragtigheid van ’n jong ouderdom met maklik-om-te-volg rymende teks en helder inklusiewe illustrasies wat trots Suid-Afrikaanse kinders weerspieël.
Die boek is ook beskikbaar in Engels (9781776252879), isiXhosa (9781776252930), isiZulu (9781776252916) en Sesotho (9781776252954).
ISBN: 9781776250547
Voorskool en grondslagfase
Athandwa se hart is anders as ander mense s’n. Vir so lank as wat sy kan onthou, kan sy haar hart hoor sing. Eers maak dit haar ’n bietjie bang. Hoekom is sy anders as ander mense? Maar toe sy haar hart probeer stilmaak, ontdek Athandwa ’n geheim—en ’n baie spesiale liedjie … een wat Mamma, Gogo en Koko ook ken.

Jy is liefde is ’n liriese verhaal oor hoe liefde en ons uniekhede ons oor generasies heen bind.
Die boek is ook beskikbaar in isiZulu (9781776250561), Sepedi (9781776250882) en Engels (9781776250523).






ISBN: 9781776251100
Voorskool en grondslagfase
Hierdie prenteboek vertel op ’n deernisvolle en prettige manier die storie van verskillende gesinne wat kinders aanneem. Dit is die perfekte wegspringplek vir ouers wat met kinders oor aanneming wil gesels, en dit help kinders om te verstaan dat elke gesin spesiaal is—al lyk ons nie noodwendig dieselfde nie.
Die outeur se tantieme op die boekverkope word aan Engo geskenk. Engo is ’n niewinsgewende en nieregeringsorganisasie wat individue en aanneem-gesinne ondersteun en aannemings fasiliteer.
Die boek is ook beskikbaar in Engels (9781776251124).
ISBN: 9781776251803
Voorskool en grondslagfase
Speel is ’n noodsaaklike deel van die leerproses. Kom ons speel moedig kinders aan om die wêreld te verken en hul verbeelding te gebruik.
Die boek is propvol diverse karakters in trots Suid-Afrikaanse omgewings, en moedig kinders aan om hul eie stories op te maak, hulself uit te daag om nuwe speletjies baas te raak en hope pret saam met hul maats te hê.
ISBN: 9781779991065
Voorskool en grondslagfase
My stem kan vreemde dinge doen My stem kan skree of fluister. Dit kan mense laat regop sit as hulle daarna luister.
Kom ontdek die krag van jou stem in hierdie inspirerende prenteboek. Jou stem kan ‘n trooskombers wees of ‘n saal se dak laat lig. Jou stem kan iemand se dag opvrolik of die wêreld verander.

Daar is net een stem op aarde wat soos joune klink – so, gebruik dit vandag nog om ‘n verskil te maak!


ISBN: 9781776253326
Voorskool en grondslagfase
’n Nuwe gesin het langsaan ingetrek. Vuyo kan hulle uit sy slaapkamervenster sien. Die ma dans, die pa lag, die hond hou aan om sy stert te waai … Hoekom lyk die dogtertjie hartseer?
‘n Liriese boek oor vriendskap en vriendelikheid wat jong kinders aanmoedig om ander te aanvaar en te ondersteun.
Ook beskikbaar in isiZulu, isiXhosa, Sepedi, en Afrikaans.

ISBN: 9781779991089
Voorskool en grondslagfase
Neo hou van avonture, maar soms voel hy ’n bietjie bang. Gelukkig is sy suster, Thandi, sterk en dapper, en sy het ’n slim plan om vir Neo veilig te laat voel. Sy gee vir hom ’n spesiale kombers – ’n onsigbare kombers. En dit werk! Hy is nie eens meer bang vir die hoogste boom in die tuin nie. Maar sal die onsigbare kombers help wanneer Neo na ’n nuwe skool moet gaan … en aan die swemgala moet deelneem? ’n Inspirerende storie oor dapper wees en in jouself glo.

ISBN: 9781776253289
Voorskool en grondslagfase
Wim se verjaardag is om die draai … en hy weet presies wat hy wil hê! ’n Hond!
Maar ongelukkig het sy ma en pa ander planne.
Hulle reken ’n hond raas te veel, hulle mors te veel en hulle is te veel werk.

So, wat gaan Wim vir sy verjaardag vra? ’n Elektriese kitaar? ’n Troetel-luislang? ’n Motorfiets?
Of het hy dalk ’n ander slim plan om sy ma en pa van plan te laat verander …?
Wim se verjaardagplanne sal kleuters – en ma’s en pa’s – laat skater van die lag.






ISBN: 9781776250400
Voorskool en grondslagfase
Ek en jy lyk dalk verskillend, ons klink verskillend, ons bly op verskillende plekke en ons eet verskillende kos, maar wanneer ek in jou oë kyk, sien ek myself.
’n Warm, vertroostende boek oor vriendskap en Ubuntu wat beide ons ooreenkomste en verskille vier.
Die boek is ook beskikbaar in Isizulu (9781776250424) en Engels (9781776250417).
ISBN: 9781776252671
Voorskool en grondslagfase
Zandi droom van die groot blou oseaan en helderbont visse. Op ’n dag kry sy ’n spesiale geskenk, wat lei na ’n avontuur vol asemrowende onderwater-ontdekkings. Maar iets bedreig dié toweragtige wêreld … en die enigste manier om dit te beskerm is dalk versteek in stories uit die verlede.
Zandi se lied is ’n bemagtigende en inspirerende storie oor ons verbintenis met die natuur deur Zandile Ndhlovu, Suid-Afrika se eerste swart vroulike vryduik-instrukteur en die stigter van die Black Mermaid Foundation.
Die boek is ook beskikbaar in Engels (9781776252657), isiXhosa (9781776252718), isiZulu (9781776252695) en Sesotho (9781776252732).
ISBN: 9781776250585
Grade 1–3 (Huistaal)
Grade 3–6 (Eerste Addisionele Taal)
Het jy al ’n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen indien jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur indien jy jou pizza met ’n mes en vurk eet?

Kom baljaar saam in dié prettige, holderstebolder rympieboek uit Jaco Jacobs se pen. Jy gaan nêrens ’n lawwer rympieboek as dié een kry nie—al staan jy op jou kop! Die versameling bevat 58 rympies met illustrasies deur Nici Brockwell.




ISBN: 9781776253685
Grade 2–4 (Huistaal)
Grade 3–5 (Eerste Addisionele Taal)
Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier van ‘n ander planeet!
Rudi en Judy baklei gedurig soos kat en hond. Hulle stem oor byna niks saam nie. Maar een aand bestel hulle per ongeluk in plaas van pizza … ‘n ruimtewese! Kort voor lank is daar groot moeilikheid …
ISBN: 9781776253623
Grade 2–4 (Huistaal)
Grade 3–5 (Eerste Addisionele Taal)
Maak jou sitplekgordel vas vir ’n monster-avontuur!
Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter.
Op ’n dag ontdek hy en sy pa die wrak van ’n ou monsterbakkie in ’n stowwerige motorhuis.
Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak … en dit is die begin van ’n maltrap-avontuur!
ISBN: 9781779990457
Grade 2–4 (Huistaal)
Grade 3–5 (Eerste Addisionele Taal)
Theo wens hy kan eendag ’n haarkapper word.
Nes sy oupa al die jare was.

As hy na skêre, skeermesse en knippers kyk, begin sy hande sommer jeuk om nuwe haarstyle uit te toets.
Maar toe van sy oupa se kliënte begin opdaag om hul hare te laat sny, ontdek Theo ’n geheim … ’n MONSTER van ’n geheim!






ISBN: 9781776251315
Grade 2–4 (Huistaal)
Grade 3–5 (Eerste Addisionele Taal)
Riek en Niek gaan ’n weddenskap aan. Hulle gaan hul bes probeer om vir juffrou Burp … e … juffrou Burk te laat lag! Daar is net een probleem. Die wiskunde-onnie is sonder lagspiere gebore. Haar humorsin is soos die Loch Ness-monster—niemand weet of dit regtig bestaan nie. Niemand het haar nog OOIT gehoor lag nie. Sy GLIMLAG nooit eens nie. En … as Niek en Riek die weddenskap verloor, moet hulle iets VREESLIKS doen …
ISBN: 9781776251292
Grade 2–4 (Huistaal)
Grade 3–5 (Eerste Addisionele Taal)
Riek en Niek het ’n plan … ’n Slim plan om SAKKE en SAKKE vol geld by die skool se markdag te maak. Maar dan steel die nare Nanja hulle idee. En boonop vertel sy vir die HELE skool dat Riek en Niek gaan roomys maak wat soos blomkool en spinasie smaak … BLÊG! NIEMAND gaan dit koop nie! Kan Riek en Niek aan ’n plan dink om Nanja terug te betaal EN vet pret by die markdag te hê?
ISBN: 9781779990471
Grade 2–4 (Huistaal)
Grade 3–5 (Eerste Addisionele Taal)
Ben het ’n probleem. ’n Stink probleem. Hy het net een paar sokkies vir die skoolkamp ingepak … en dit ruik kort voor lank aaklig!
Van die kinders op die kamp begin hom terg. Gelukkig het sy beste maat ’n briljante plan …





ISBN: 9781779991225
Grade 2–4 (Huistaal)
Grade 3–5 (Eerste Addisionele Taal)
Jig! Tom verstaan nie wat aangaan nie. Hoekom kry hy skielik elke dag aaklige toebroodjies vir skool? Sy ma weet mos hy hou nie van tuna nie! Het die tweeling dalk iets daarmee te doen …?
ISBN: 9781779991140
Grade 2–4 (Huistaal)
Grade 3–5 (Eerste Addisionele Taal)
Tom is vies. Die tweeling lag vir sy hond. Hulle sê Pretzel sal nooit ’n prys op die skou wen nie. Tom besluit hy gaan hulle verkeerd bewys. Maar het hy ’n pryswenner-plan?
ISBN: 9781779991102
Grade 2–4 (Huistaal)
Grade 3–5 (Eerste Addisionele Taal)
Tom en Clint is woedend. Die tweeling het ’n nare poets op hulle getrek. Nou lag almal by die skool vir Clint. Maar Tom het ’n slim plan –en selfs ‘n BETER poets!







ISBN: 9781779991188
Grade 2–4 (Huistaal)
Grade 3–5 (Eerste Addisionele Taal)
Dit is naweek.
Tom en Clint gaan in die tuin kamp!
Hulle gaan in ’n tent slaap en wors braai. Maar kort voor lank is daar ’n probleem … ’n MONSTER van ’n probleem!
ISBN: 9781779990822
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Tobie vind uit sy beste maat gaan trek. Dit voel asof ’n olifant op hom geval het. Alles gaan aaklig wees sonder Lennie. Hulle bly al van kleins af langs mekaar. Hulle is albei mal oor krieket. Hulle lag vir dieselfde grappe. Hulle albei hou van pizza sonder pynappel. Waar gaan hy weer ’n maat soos Lennie kry? Tobie besluit om ’n plan te maak – ’n plan wat iemand die horriepiep gaan gee!
ISBN: 9781776250783
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Wat doen ’n mens met duisend blikkies boeliebief?
Het jou oupa se neushare al die voorblad van die koerant gehaal?
Hoe lyk ’n verliefde volstruis?
Wat kan jy alles met die skoolhoof se hartjie-onderbroek aanvang?
Hierdie boek bevat sewe snaakse stories wat jou gaan laat skater, skree of snork van die lag





ISBN: 9781776250783
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Welkom by Kop In Die Wolke—Ella se gunsteling winkel op aarde. ’n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en ’n klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees). En tussen die rakke wag ’n avontuur wat Ella se hele lewe gaan verander … indien sy dapper genoeg is. Iemand probeer seker maak dat die boekwinkel finaal sy deure sluit, maar Ella en haar vriende gaan dit nie toelaat nie, nie eens as dit lewensgevaarlik raak nie. En wie weet, dalk kry hulle hulp uit ’n onverwagse oord—alle boekwinkels huisves mos ’n tikkie towerkrag …
Dit is nie ’n boek nie!
ISBN: 9781776253241
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Dit is nie ’n boek nie … dis ’n avontuur, ’n lag per dag, ’n sirkus, ’n wipwarit, ’n towertapyt!
Hierdie boek bevat ’n rympie vir elke dag van die jaar!
Vertrek saam met Jaco Jacobs op ’n prettige rympiereis in dié bielie van ’n bundel propvol skaterlagrympies.
ISBN: 9781776252244
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
“Lang Pad na Vryheid” deur Nelson Mandela is die ongelooflike verhaal van ’n ware held van ons tyd. Sy beroemde biografie is spesiaal aangepas vir kinders in ’n pragtig geïllustreerde prenteboek-formaat. Ontdek hoe ’n klein seuntjie wie se pa hom “moeilikheidmaker” genoem het, grootgeword het om te veg teen apartheid, Suid-Afrika se eerste swart president geword het en hom beywer het vir vryheid en regverdigheid reg deur die wêreld. Aangepas deur digter Chris van Wyk en geïllustreer deur die Suid-Afrikaanse kunstenaar Paddy Bouma, met ’n inleiding deur aartsbiskop Desmond Tutu, stel “Lang Pad na Vryheid” kinders bekend aan die lewe van een van die wêreld se mees geliefde leiers.
Die boek is ook beskikbaar in Engels (9781529069297), isiXhosa (9781776252473), isiZulu (9781776252466) en Sesotho (9781776252251).





ISBN: 9781776250745
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Rorisang en haar tweelingbroer, Mo, moet die skooljaar by ’n nuwe skool begin nadat hulle ma besluit het dat die gesin uit hul gemaksone moet kom. Die tweeling is al sedert hulle kleuters was in die skool oorkant die pad. Al hulle vriende is daar en die skoolhoof is hulle pa se beste vriend. Die nuwe skool is ver van hulle huis af en soggens sit hulle in die verkeer vas. Rorisang het nog nooit eens van die buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word gehoor nie, en alhoewel sy goed gevaar het in atletiek in haar ou skool, verloor sy ver teen haar nuwe klasmaats. Maar gelukkig maak sy sommer vinnig vriende, leer hoe om sagtebal te speel en neem deel aan die Eisteddfod. Sy oorleef selfs die lang ritte in die motor saam met haar irriterende broer deur speellyste saam te speel wat in elke lid van die gesin se musieksmaak val! ’n Storie oor die belangrikheid van vriendskap en familie en om jou stem te vind te midde van verandering.
Die boek is ook beskikbaar in isiZulu (9781776250868) en Engels (9781776250721).

ISBN: 9781776250080
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Minki het twee beste maats Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek. Lara neem danslesse en eendag wanneer sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hip hop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in.
Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar daar is net een probleem … beide die perdry- en danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van ’n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?
Gratis werkkaarte met aktiwiteite is beskikbaar.
• Die ideale klasleesboek vir ‘n meisieskool.





ISBN: 9781776251278
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Minki en haar maats is baie opgewonde toe hulle ’n onverwagse besoeker kry. Hulle ontdek ’n oulike katjie in die tuin. Waar kom sy vandaan, en sal hulle haar kan help om weer haar huis te kry? Hulle sal egter vinnig ’n plan moet maak, want Minki se hond, Spaghetti, hou glad nie van dié nuwe kuiergas in die huis nie!
Intussen kry Minki ’n nare verrassing toe haar klas ’n belangrike projek moet doen …
Kort voor lank waai die hare behoorlik!
ISBN: 9781776250493
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar span as die Kampkampioene gekroon gaan word en dat niks in haar pad gaan staan nie. Nie eens al beteken dit sy moet vuil speel nie …
• Die ideale klasleesboek vir ‘n meisieskool.
ISBN: 9781776251254
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Lara se danseksamen is om die draai. Sy oefen al weke lank vir hierdie groot dag! Minki en Natalie kan nie wag om haar in aksie te sien op die verhoog nie.

Maar dan loop dinge onverwags skeef, en Lara se dansdrome is—vir eers—daarmee heen. Minki en Natalie weet nie hoe om hulle beste maat op te beur nie.
Maar een van Minki se gunsteling boeke gee haar ’n plan …




ISBN: 9781776250103
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n lama-tema nie. Hulle gaan lama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en lama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die lama-piñata wat Natalie self gemaak het.
Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die lama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop! Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …
Gratis werkkaarte met aktiwiteite is beskikbaar.
• Die ideale klasleesboek vir ‘n meisieskool.

ISBN: 9781779990266
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
’n Pretdraf? Dit klink na groot pret! Minki kan nie wag om saam met haar twee beste maats deel te neem nie.
Maar Danika gaan ook vir die pretdraf inskryf en sy is van plan om te wen … selfs al beteken dit sy moet ’n nare poets bak om te sorg dat Minki-hulle nie die wedloop kan klaarmaak nie.
Kort voor lank lyk dit of die pretdraf glad nie meer pret gaan wees nie …





ISBN: 9781776250479
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Minki en haar maats is opgewonde oor die skoolkonsert wat voorlê. Hulle klas gaan Aspoestertjie opvoer, en dit gaan fantasties wees! Minki en Natalie is seker dat Lara die hoofrol gaan kry. Sy kan baie goed dans, en boonop is Aspoestertjie haar gunsteling sprokiesprinses. Hulle kan nie wag om te sien hoe sy in haar droomrok lyk nie! Maar by die oudisie loop dinge onverwags skeef … Gaan Minki dit regkry om soos ’n regte Goeie Fee haar towerstaffie te swaai en die konsert te red?
• Die ideale klasleesboek vir ‘n meisieskool.
ISBN: 9781779990242
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Minki se verjaardag is om die draai. Sy mag kies – wil sy ’n present hê of ’n partytjie hou?
Minki wil baie graag haar kamer mooi maak … maar sy wil ook nie die kans laat verbygaan om vir haar maats ’n lekker partytjie te hou nie!
Twee spesiale besoekers by die skool krap egter al haar planne deurmekaar … en gee haar ’n baie oulike verjaardag-idee.
Maar dit lyk of Danika haar bes gaan doen om te sorg dat Minki ’n goor verjaardag het.
ISBN: 9781776252619
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Spoetniek is nie ’n gewone slak nie.
Hy is GROTER as al die ander slakke in die skool se tuin.
En VINNIGER ook.

Riek en Niek laat hom resies jaag teen die ander slakke.
Hy wen elke keer.
Maar nare Nanja hou nie van slakke nie.
Daarom kla sy by juffrou Burp … e … juffrou Burk … en kort voor lank is arme Spoetniek se lewe in gevaar!
Kan Riek en Niek aan ’n slim plan dink om Nanja terug te kry?






ISBN: 9781776252633
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Die skool hou ’n talentkompetisie … en die wenner gaan op TV verskyn! Riek en Niek kan nie wag om deel te neem nie. Riek gaan sy HEEL BESTE skaatsplanktoertjies doen.
Niek gaan almal laat SKATER van die lag.
Maar Nanja gaan ook deelneem – en sy is vasbeslote om te wen.
Daarom maak sy ’n NARE PLAN om seker te maak Riek en Niek staan nie ’n kans nie.
Gaan Riek en Niek dit regkry om die beoordelaars te beïndruk … en vir Nanja ’n les te leer?
ISBN: 9781776252978
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
As mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy’s net ‘n perd. ‘n Bruin perd met ‘n wit vlek tussen die oë. Maar Stella weet van beter. Wanneer sy op Billy se rug klim en deur die woud galop, is alles net perfek! Sy kan nie wag om ná skool saam met haar maat Mira by die pragtige perdryskool langs die see te gaan ry en nuwe toertjies te leer nie. Maar tannie Lara, die eienaar van die perdeplaas, het ‘n geheim ... ‘n geheim wat die einde van die kinders se perdrylesse kan beteken. Wanneer Stella uitvind wat dit is, moet sy baie vinnig ‘n plan beraam om haar geliefde perdryskool te red. Kan die interessante nuwe musiekjuffrou by die skool dalk help? Hoekom voel dit asof die nare Runette alles probeer bederf? Gelukkig het Stella en Mira ‘n plan, ‘n plan wat almal op die dorp se asem sal wegslaan.
ISBN: 9781779990808
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tyd vir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrot perskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees? Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laat omkrul van lekkerkry!



ISBN: 9781776251964
Grade 3–5 (Huistaal)
Grade 4–6 (Eerste Addisionele Taal)
Kan ’n hond se stink talent die wêreld red?
Het jy al ’n bloukaas met hope persoonlikheid teëgekom?
Wat moet jy doen as jou ouma se handgemaakte geskenk in die toilet beland?
Sal jy ’n hele rugbyspan se vuil kouse was?
Hierdie boek bevat sewe stink stories, so druk toe jou neus voor jy begin lees!

ISBN: 9781776251940
Grade 4–6 (Huistaal)
Grade 7–9 (Eerste Addisionele Taal)
“As my ma een doel voor oë gehad het, was dit om my verstand te bevry. My ma het soos ’n grootmens met my gepraat. Sy het gedurig vir my stories vertel, vir my lesse geleer, veral lesse uit die Bybel. Sy was mal oor Psalms. Ek moes elke dag Psalms lees. Sy het my agterna gepeper met vrae daaroor. ‘Wat beteken daardie gedeelte? Wat beteken dit vir jou? Hoe kan jy dit in jou lewe toepas?’ So het dit elke dag van my lewe gegaan. My ma het gedoen wat die skool nie kon doen nie. Sy het my geleer hoe om te dink.”
Trevor Noah het in Suid-Afrika grootgeword met ’n swart SuidAfrikaanse ma en ’n wit Switserse pa – in ’n tyd toe dit teen die wet was vir ’n kind van gemengde rasse om te bestaan. Maar Trevor het bestaan. In Teen die reëls vertel hy van sy grootwordjare. Die stories wat hy in dié boek vertel, sal jou laat lag, huil en jou vol verwondering en inspirasie laat, terwyl jy dié ondeunde seuntjie met sy vlymskerp brein en humorsin leer ken. Teen alle verwagtinge in, en danksy sy ma se onfeilbare liefde en geloof in hom, het Trevor hope struikelblokke oorkom om vir hom ’n belowende toekoms te skep.





ISBN: 9781776250042
Grade 4–7 (Huistaal)
Grade 6–9 (Eerste Addisionele Taal)
Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reisprogramme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS!
Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. Indien Alex hom van Dr. Zuurman en die zombie polisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om Zambië en Egipte te sien!
Gratis Werkboek/Onderwysersgids met vrae en aktiwiteite is beskikbaar.
• Ook beskikbaar as oudioboek (voorlesing deur Jaco Jacobs).

ISBN: 9781776251155
Grade 4–7 (Huistaal)
Grade 6–9 (Eerste Addisionele Taal)
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit alweer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef. Zander se belangstellings beïndruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf ’n bietjie soos lees. Wanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfone in sy ore druk, verdwyn die wêreld rondom hom. Totdat een van die mooiste meisies in die skool hom op ’n dag sien hardloop … Roxy is vasbeslote om Zander te oortuig om landloop te hardloop, en in die proses word sy lewe op sy kop gekeer—in meer as een opsig. Zander se beste vriend verstaan nie sy nuwe obsessie met hardloop nie en wil net oor die Cyber Clash-rekenaarspeletjiekompetisie praat. Daarby is Zander se gevoelens vir Roxy definitief nie platonies nie, en … asof dit nie genoeg is nie, is sy eerste landloopkompetisie op dieselfde dag as sy broer se debuutwedstryd vir die eerste rugbyspan. Zander sal moet kies: Gaan hy sy broer in die steek laat, of vir Roxy?





ISBN: 9781776250189
Grade 5–7 (Huistaal)
Grade 6–8 (Eerste Addisionele Taal)
Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur?
Waldo en Connie is warm op die spoor van ’n inbreker. ’n Kosbare voorwerp word uit ’n antiekwinkel gesteel. Kan Waldo sy geheimsinnige nuwe talent gebruik om dit te probeer terugkry? Kort voor lank is hy en Connie deel van ’n holderstebolder avontuur en hulle ontdek ’n eeue oue geheim wat ten alle koste bewaar moet word …
Gratis skryfaktiwiteite/leesuitdagings is beskikbaar.
ISBN: 9781776250288
Grade 5–7 (Huistaal)
Grade 6–8 (Eerste Addisionele Taal)
Ná ’n raaiselagtige voorval by ’n akwarium besluit Waldo en Connie om ondersoek in te stel. Maar die geheim wat hulle ontdek, is selfs vreemder as wat hulle ooit kon raai … Kan hulle die eienaars van die akwarium help om een van die see se grootste geheime te bewaar?
En wie is die geheimsinnige figuur wat hulle skynbaar agtervolg … ’n beskermengel, of iemand vir wie hulle moet ligloop?
ISBN: 9781776250301
Grade 5–7 (Huistaal)
Grade 6–8 (Eerste Addisionele Taal)
Waldo is seker Connie is in groot gevaar. Wat anders beteken die vreemde gedagteflits wat hy gesien het? En wie is die meisie met die geel reënjas wat vir Waldo ’n ruk lank agtervolg het? Gaan sy weer haar opwagting maak? En wat wil sy hê? Die antwoorde op hierdie vrae gaan Waldo se lewe vir ewig verander …
Die vierde en laaste boek in die reeks.





ISBN: 9781776250165
Grade 5–7 (Huistaal)
Grade 6–8 (Eerste Addisionele Taal)
Wat sluip daar in die maanlig rond?
Waldo en Connie bly in dieselfde woonstelblok … en hulle krap behoorlik kop. Oral in hulle buurt verskyn plakkate en pamflette oor vermiste troeteldiere. En boonop is daar iets vreemds met Waldo aan die gang … hy sien helder oordag dinge wat nie bestaan nie! ’n Nat, slymerige bol hare lei Waldo en Connie op die spoor van ’n onvergeetlike (en gevaarlike) avontuur een wat jou sal laat tjank van lekkerkry!
Gratis skryfaktiwiteite/leesuitdagings is beskikbaar.

ISBN: 9781776250325
Grade 6–7 (Huistaal)
Grade 7–8 (Eerste Addisionele Taal)
Jana wou nog altyd in haar oupa se voetspore volg. Hy was ’n fantastiese joernalis en hulle het ‘n liefde vir feite gedeel. Maar gedurende die eerste paar maande van haar graad-sewe-jaar ontdek sy feite wat baie verskil van dié in die boeke op haar rak. Tannie Kitta, wat Jana van kleins af versorg het terwyl haar ouers gewerk het, sterf aan kanker. Sy was Jana se vertroueling en mentor—die grootmens wat haar die heel beste verstaan het. Jana het skaars begin om haar “ander ma” se dood te verwerk, toe nuwe mense in tannie Kitta se huis intrek. Jana se beste vriendin, Azzlyn, val dadelik vir die oulike nuwe meisie se aweregse sjarme en kort voor lank voel Jana soos ’n buitestaander wanneer hulle drie saam is.
In hierdie vreemde tyd van nêrens-inpas-nie, vind Jana vertroosting in “ontdekkings” wat sy maak. Gewaarwordinge wat sy getrou aanteken met behulp van haar oupa se ou Remington-tikmasjien. Stadig maar seker begin sy deelneem instede daarvan om net ‘n toeskouer te wees. Sy ontdek ’n liefde vir skryf en fotografie, herstel haar vriendskap met Azzlyn en Jessie en saam beplan hulle ’n spesiale afskeid vir tannie Kitta. ’n Storie oor grootword, verlies, familie, maar bowenal, ’n storie oor vriendskap.



ISBN: 9781776250141
Briljant vir eisteddfods!
• Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
• Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
• Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?
• Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?
• Wat is die moeilikste vraag op aarde?
Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek. Vyf-en-sestig rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee.

ISBN: 9781779990594
Grade 6–8 (Huistaal)
Grade 7–9 (Eerste Addisionele Taal)
Partykeer skuld die heelal jou ’n paar cool sokkies. Ethan is uit die veld geslaan toe hy een Saterdagoggend sien hoe die nuwe meisie in sy klas ’n paar sokkies steel. Sommerso helder oordag by ’n vlooimarkstalletjie. Almal by die skool wonder reeds oor die meisie wat aan die einde van die vorige kwartaal by die skool aangekom het. Haar naam is Charlie Prins. Pouses sit sy eenkant. Dit lyk of sy nie raakgesien wil word nie. In watter skool was sy voorheen? Het sy broers of susters? Is sy goed met sport of redenaars of so iets? Niemand weet enige iets van haar nie. Charlie is ’n raaisel – een wat Ethan nie kan wag om te ontsyfer nie. Maar die geheim wat sy wegsteek, is groter – en gevaarliker – as wat hy ooit sou kon raai. Met sy kenmerkende mengsel van humor en deernis vertel Jaco Jacobs in ‘Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins’ die storie van iemand wat desperaat is om te verdwyn, en iemand wat nie kan help om haar raak te sien nie. Instagram-foto’s, bordspeletjiekaartjies en ander visuele elemente maak dié warrelwind van ’n verhaal vir jong tieners ’n onvergeetlike leeservaring. Die boek is ’n verwerking van die gelyknamige draaiboek wat die skrywer in 2022 geskryf het. Die rolprent is in 2023 as deel van kykNET se Storiefilms-projek uitgesaai.





ISBN: 9781776250387
Grade 6–8 (Huistaal)
Grade 7–9 (Eerste Addisionele Taal)
Of jy nou glo in die noodlot of blote geluk of liefde met die eerste oogopslag, alle liefdesverhoudings moet iewers begin. Dié bundel bevat verhale oor eerste ontmoetings deur gevestigde skrywers soos Jaco Jacobs, Zelda Bezuidenhout, Refiloe Moahloli en Sally Partridge, en nuwe stemme soos Cliffordene Norton en Mercy Kannemeyer. Die verhale is soms romanties, soms snaaks, soms alledaags, soms buitengewoon … en die eindes is meestal gelukkig. Die bundel is ryk aan diversiteit en bied ’n verskeidenheid identiteite, karakters en agtergronde.

ISBN: 9781776250363
Grade 7–8 (Huistaal)
Elke droom begin met ’n dromer. Megan Werner, die stigter van die U Dream Global-inisiatief, het in 2018 besluit om saam met ‘n groep van 20 tieners vanuit verskillende agtergronde ’n vliegtuig te bou. In Junie 2019 was die vliegtuig uiteindelik gereed en kon die 17-jarige Megan saam met vyf ander tieners die vlug van Kaapstad na Kaïro aanpak. Hulle doel was om kinders in ander Afrika-lande te inspireer om hul drome na te jaag. Min het die ses tieners egter geweet dat dit uiteindelik HULLE sou wees wat deur die reis geïnspireer sou word. Verskeie avonture en naelbyt-oomblikke het gevolg voordat Meganhulle uiteindelik op Kaïro-lughawe geland het. Hier het hulle grootste ondersteuner, Megan se pa, die tieners ingewag. “Ons het dit gemaak!” het hy gejuig en vir Megan ’n stywe druk gegee. ’n Paar dae later het ’n tevrede span die reis terug na Suid-Afrika aangepak. Oudergewoonte het Megan se pa en sy medevlieënier in hul eie vliegtuig saamgereis om ondersteuning te bied. Maar bokant Tanzanië het die droom in tragedie geëindig …
As jy droom is ’n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop én hartseer. ‘n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem –as dit nie die waarheid was nie …


KONTAKBESONDERHEDE: Kliëntediens
Tel: 011 731 3300
E-pos: customerservices@macmillaneducation.co.za
Kilayne Pelser
Agentskap en Digitale Verkoopsbestuurder
Sel: 076 994 0985
E-pos: Kilayne.Pelser@macmillaneducation.co.za
Bruce Mpofu
Agentskap en Digitale Verkoopskonsultant
Sel: 066 138 2746
E-pos: Bruce.Mpofu@macmillaneducation.co.za
