Skip to main content

Feeskoerant 31 Maart

Page 1


Feeskoerant

Inligting, opinies en resensies

. Op ’n stortingsterrein buite Oudtshoorn wag ’n voorspelling van waarheen die mensdom dalk op pad is. Dié drama ondersoek die impak van tegnologie: Skouspel of gruwel? Met Tobie Cronjé, Annelisa Weiland, Marlo Minnaar, Brendon Daniels, Alyssa Dionne en Gretha Brazelle. Foto: Hans van der Veen

Kom besoek ons by die fees!

FEES VANDAG SÓ

TONEEL & STAND-UP

09:30 Boklied

09:30 Police Cops: The Original 09:30 Spoel

10:00 The Fool’s Guide

11:00 Rescue Remedy

12:30 Liewe Heksie word ‘gescam’

13:30 Boesman en Lena

14:00 Die ander dogter

15:00 CRYBABY

15:30 Sade in Hollandse kombuise

16:00 Oepsie

16:30 Adam Small 90

16:30 Hartsbriewe

16:30 Jakob

17:30 Akrasia

18:00 kykNET: Die oord-voorskou

18:00 Effens anders

18:00 Seun

18:30 Die gebed van ’n halfmens

18:30 ge-gebergtes

19:00 Atropa: Die wraak van vrede

19:30 Comedy by Committie!

19:30 Please, Don’t Call Me Moffie

20:00 Antie Wi’oekal

20:00 Play Things

22:00 Raunchy Renditions

MUSIEKTEATER

10:00 As die mooi aan ons haak 10:00 Mathys Roets: Songs of Leonard Cohen

11:00 Amanda Strydom en Je-Ani

Swiegelaar: Tillie / Mathilda

13:00 Anna Davel en Ilse Klink in harmonie

13:30 PLEKTRUM

14:30 Een keer om die son: Die klankbaan

16:30 Vrou, vrouer, vrouste

18:00 Die Vyftigers

20:00 Die Karoo Kunslied

DANSTEATER

09:30 The Reservation

13:30 Wings of Light: Dance of an Angel

VISUELE KUNS

09:00 Kunsuitstallings open

11:00 Visuelekuns-rondleiding

12:30 Kiekies: Rondleiding

KKNK Boekstories

10:30 Biltong en Dior met Louis Jansen van Vuuren

12:00 Een keer om die son met François Bloemhof

14:30 Waar bloed kruip met Marieta Carrick

16:00 Malema: Money. Power. Patronage. met Pauli van Wyk

Praat Saam met Netwerk24 en Die Burger

9:00 Sal Afrikaans nog die skoolbus haal of is die taal eerder finaal ’n skoolverlater? Kabous Meiring in gesprek met dr. Jaco Deacon, prof. Marné Pienaar en Pieter Rademeyer

Playback-teater

12:30 Wonderlike waarhede met Angelique Filter, Matthew Gray, Shannon Hendry, Sonja Louw, Jasmine Maduna, Kgahlisho Matloga en Cole Wessels

Ander gesprekke

12:00 Die Onderhoud met Wicus Pretorius

16:00 Cornelia Faasen in gesprek met minister Ricardo Mackenzie

KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL

07:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring

08:00 Historiese wandeltoer

11:00 Brousels en baksels

11:00 Olyf tot olyfolie

11:00 Wildehondekloof: Fynbos-fynproe

12:30 Te Heerlik: Tee-en-smaak-ervaring

14:00 Olyf tot olyfolie

14:30 Miniatuur-herinneringe: ’n Borsspeld-werksessie

14:30 Suikerkoekie-versierklasse

15:00 Brousels en baksels

20:00 Sterrekyk in die Klein Karoo

Toe waarheid nog bestaan het, die kamera nie gelieg het

Die wêreld is uit wans en waarheid het ’n skaars kommoditeit geword. Brandstofbronne word met alle mag beskerm, maar die waarheid... dit word deesdae eerder verdraai.

Met ’n kamera jaag jy ’n stuk waarheid, sê ’n karakter in Spoel. Ja, in die donkerkamer van ouds kon ’n fotograaf bietjie rondspeel met byvoorbeeld lig en skerpheid, maar anders as vandag met kunsmatige intelligensie in ’n digitale era waarin haas enigiets geskep kan word, is daar ’n egtheid in die foto’s wat uit ’n film ontwikkel is. Dit is ’n oomblik vasgevang in tyd, maak nie saak of dit persoonlik of polities is nie; of dit spontaan was of mense opgetof in hul beste klere en netjies gerangskik nie – dit het gebeur, dit is hoe dit was.

Die verhale is geskoei op die waarheid, dit gaan leen uit die argiewe van fotograaffamilies en van koerante (veral Saamstaan) van Oudtshoorn en dit dek die hele spektrum van die dorp se inwoners.

En oral die swart-wit-foto’s – soms tekenend van ’n skrille kontras tussen die geleefde wêreld van swart, wit en bruin; soms juis ter stawing van soortgelyke vreugdes van vrolike geleenthede, die spesiale onthou-jy-nogoomblikke van families.

Tiffany Witbooi se teks laat die mense uit die foto’s klim, hulle kry lyf, ’n konteks word geskep om die beelde in te kleur. Die menslikheid is ontroerend. Jy word inderdaad deel van ’n gemeenskap (iets wat die Karoo Kaarte-span met hul gemeenskapsteater by uitstek regkry). “Oudtshoorn het nie rondom ons gebeur nie, ons het hom net lank genoeg stilgehou om deur hom te kan sien.” En ons as kyker sien deur die lens van die fotograaf, aangevul met staaltjies en stories.

En só is die politiek greintjie vir greintjie deel van ons geskiedenis. Jy sien die foto’s van verset en opstande en van geweld. Ja, jy kan dit oor jou laat spoel, as jy wil, afstand behou en dit probeer delegeer tot die verlede.

Dit verban tot die laai van “ons het dit al tot vervelens toe gesien”.

Aikôna, nie hier nie, kyk bietjie dieper en besin. Kom ons gaan haal die foto’s uit van die dag toe die argitek van apartheid, Hendrik Verwoerd, die dorp besoek het en ’n see van wit gesiggies hom verwelkom het. Ook van die uitsonderlike geleentheid toe die Amerikaanse sangeres Eartha Kitt hier opgetree het. By ’n ander geleentheid was dit Suid-Afrika se eie “singende seeman”, Gé Korsten. Stel dit naas mekaar, laat beelde van die verskillende geleenthede mekaar opvolg, wissel dit af, laat die figurante verskyn, laat die uiteenlopende musiek opklink...

Dit is ware teater, wanneer jy nog verras kan word, jy iets opnuut kan sien, daardeur geraak word.

Tot 4 April in die Laerskool Wesbank-teater.

MET Ira Blanckenberg, Theo Witbooi, Chantell Phillipus, Janion Kennedy en Melikhaya Blou TEKS Tiffany Witbooi REGIE Neil Coppen

Antjie en Tom besin oor moeders en verlies

Dit is altyd ’n belewenis om Antjie Krog en Tom Lanoye saam op ’n verhoog te beleef. Nadine Petrick was by die gesprek Moederboeke en sustertale

“Jy kom nooit weg van die verhouding met jou ma nie.” So sê Antjie Krog; digter, skrywer, genreverskuiwer. Langs haar op die verhoog, haar vriend en kollega, die Belgiese skrywer en teaterman, Tom Lanoye. Ewe befaamd, ook véélbekroond en ewe eiesinnig.

En as jy ’n skrywer is, of dit geneties so bepaal is, al dan nie, dan gaan daardie spesifieke verhouding waarskynlik íéwers in jou eie werk neerslag vind, in die einste taal wat jy aan moederskoot geleer het. Jy pen dit neer op die enigste manier wat jy weet hoe, jy kaap die herinneringe soos wat jý dit onthou, munt dit in jou eie woorde (á la Krog), en hoop maar jou familie kan daarmee saamleef. Die Poolse skrywer Czeslaw Milosz het immers gesê: “When a writer is born into a family, the family is finished.”

Lanoye se Sprakeloos (2009) en Krog se Binnerym van bloed (2025), beide outobiografiese romans, ontgin hierdie verhouding tussen ma en kind. Die moeders, albei aan die einde van hulle lewe; die seun en dogter, peinsend oor die verlies. Nié net die verlies aan ’n lewe nie, maar ook die verlies aan woorde en herinneringe. Die twee boeke tree dus perfek in gesprek met mekaar, en in die diskoers, getiteld Moederboeke en sustertale, ontsluit Lanoye en Krog dié verhoudings op ’n intieme manier selfs verder.

Lanoye se ma, die een wat hom lief gemaak het vir teater en wat geglo het dat kuns dié belangrikste is, was ’n doodgewone vrou van ’n slagter, maar eweneens ’n flambojante diva wat haar meer tuis op die verhoog as in ’n slaghuis gevoel het. Sy het glo gereeld ’n hartaanval gefake vir aandag, met gevolg dat Tom aanvanklik nie die nuus oor haar beroerte wou glo nie. Sy het eers haar spraak verloor, en toe haar lewe. Die skrywer Dot Serfontein, Antjie se ma, was nie siek nie, maar die ouderdom was ongenaakbaar. “Ek kon dit nog op ’n manier hanteer, maar haar éénsaamheid, dit was verskriklik moeilik om te aanskou.” Twee formidabele, welsprekende vroue, uiteindelik stil en weerloos.

Soos in die boeke, is die gesprek vol humor en patos. Die voorlesings en vertellings ontroer, net vir die gehoor om oomblikke later te proeslag vir staaltjies wat Lanoye en Krog al om die beurt opdis. Jy hoor hoe Dot vir Antjie aanmaan om tog nét nie ’n gedig oor Verwoerd se dood vir die jaarblad te skryf nie (want wat weet ’n st. 6-kind van die Afrikaner en politiek!), maar haar dan flink in ’n beter rigting stuur. “Beskryf iets soos vir ’n blinde; skep ’n beeld”… en dit word Antjie se heel eerste gedig. En sy glo steeds, dít is wat ’n digter maak.

Tom vertel dat selfs klein kwale vir sy ma ’n bewys van haar uitsonderlikheid was. Hoe ’n klein aarbeipitjie skynbaar in haar oog ontkiem het. “Kan jy glo? Dit het nog nooit met enigiemand anders gebeur nie!” Sy kon ’n drama maak van alles, en dié drama het ook in sy bloed gaan lê.

Hulle bepeins ook hul families, die integriteit van ’n outobiografiese teks en hoe skrywers ’n verbinding moet maak tussen waarheid en mitologie. En dan, ’n laaste voorlesing. Sy ma wat sterf. Al wat oorbly, is die rebellie van taal teen die ewige stilte. En dis die taal van hulle moeders.

Ondersteun deur

Dié ‘klein’ teater het groot trefkrag

Een van die vreugdes van die KKNK is die kortteater-konsep genaamd Blitsteater. Diane de Beer het gaan inloer en sommer vinnig ’n paar van vanjaar se aanbod kafgedraf.

Blitsteater is ’n ware mengelmoes. Elke speler of groep kan hul eie tema en styl kies. Die spelers kan jonk en onbekend wees, of gesoute enkelinge of ensembles.

Anything goes. En dit is veral hoekom dit so goed werk. In Badtyd, met die innemende Eldon van der Merwe wat mooi werk met die kreatiewe teks van Kristen Fichardt, kan ’n mens sien dat hier verder uitgebou kan word. Frases soos “ma se laaste asem vasgevang in die tas” of “stil dae en rainy days” draal in die kop.

Nie net slaan die woorde diep nie, dit vertel ’n storie waaroor niemand wil praat nie, maar dit word op so wyse aangepak dat dit jou onkant vang. Van der Merwe is briljant – met sy natuurlike aanslag, kontak met die gehoor en die karakter wat hy onmiddellik omarm.

Die is teater wat nie geringgeskat moet word nie.

Dieselfde kan gesê word van Faith Kinniar se Uittreksels/Excerpts Sy is iemand wat skryf en toneelspeel.

Sy bied ’n sterk versameling monoloë aan wat verskeie kwessies takel: Westerse inmenging wat al dekades en dekades voortduur, sielkundige kondisionering, sensuur en veroordeling onder die dekmantel van godsdiens.

Sy het ’n eiesoortige manier waarop sy haar stories vertel wat die gehoor betrek. Dit is duidelik dat ’n groot loopbaan op haar wag. Sy het iets om te sê oor dinge waaroor mense liefs stilbly, al dra almal kennis daarvan.

Sonja Louw en Mila Sobolewski se Apple het ’n baie atmosferiese en visuele aanslag. Dit begin met die een karakter wat op haar maag lê in ’n opblaasswembadjie, volgepak met deurskynende balle (dit lyk amper soos seepbelle). Die ander karakter hou haar van die kant af dop, en dan ontwikkel ’n gestoeiery, ’n tipe magspel waarin elkeen hul bestaansreg wil bekragtig.

Die ongewone manier waarop hulle beweegkuns gebruik om veral ’n emosionele storie vas te lê, is baie verfrissend in dié konteks.

René Cloete en Christie van Niekerk se Wag, wag is ’n vorm van “theatre sports” met ’n sterk improvisasie-element, en hulle span die baie gewillige gehoor in om hul proefkonyne te wees.

Die gehoor is klaarblyklik ’n groep spelers wat ’n eerste ronde oorleef het en wat nou deur die volgende oefeninge moet worstel.

Miskien is hierdie geharde teaterganger al te dikwels aan soortgelyke (en ongewilde) gehoordeelname blootgestel om dit te waardeer, maar die res van die gehoor was geesdriftige deelnemers.

En Cloete se spel om haar misnoeë met haar mederegisseur te kenne te gee omdat dié haar nie raadpleeg nie, maak die ervaring meer as die moeite werd.

Dit is die verskeidenheid, die entoesiasme en in baie gevalle die trefkrag wat Blitsteater so aanloklik maak. Ek het ook al talle van vandag se opkomende sterre die eerste keer in een van die kort en kragtige aanbiedinge gesien.

Die konsep skep vir jongelinge geleenthede, en dink net, dalk sien jy iemand wat hul eerste verhoogtreë danksy dié platform gee. Daar kan kwalik iets meer opwindends wees, vir almal betrokke...

Apple met Mila Sobolewski en Sonja Louw, onder regie Zara West.

Universiteit Stellenbosch Kadetjoernaliste by KKNK 2026

Buckland creates an entire world all on his own

The Ugly Noo Noo WITH Andrew Buckland PLAY Andrew Buckland DIRECTOR Janet Buckland

Crafting an entire world with nothing but his voice and body, Andrew Buckland stands alone on an empty stage and forces you to pay attention to him – and only him. Hopping and jumping and bending and twisting, contorting in every possible way, he switches from human to insect to foul-mouthed chicken in a matter of seconds.

You simply cannot look away.

38 years since its inception, Buckland remains fully committed to giving himself over wholeheartedly to the comedy and absurdity of The Ugly Noo Noo. What he offers his audience more than anything else in this piece is a masterclass in physical theatre. Intentionality is imbued in every single choice he makes. When he moves, it’s deliberate and it’s with his entire body. When he speaks, he falls back on an endless library of accents and sounds, each one crafted to bring that character, in that moment, to life. Behind this exhibition of physicality lies the script that Buckland enacts.

RSG

Until 4 April, Van Reede-skoolsaal

‘Ridiculous’ would be the best word to describe the plot of this story, and I mean that in the best possible way. The story contorts almost as much as Buckland does, veering wildly between left-leaning prawns, an assassin ant, and the poor humans caught in the crossfire. It’s a fantastic blend of comedy and commentary, one that surely feels just as relevant now as the day it debuted.

All this to say, there was something quite special about watching an award-winning and groundbreaking play put on by its original creator. In our digitally overwhelming age, the stark set-up of The Ugly Noo Noo gives us an equally stark reminder: that one committed performer, with one voice and one body, is enough to hold an audience captive.

Andrew Buckland never once lost my attention. There was nothing else to focus on.

en ATKV-Kuierkol

RSG en die ATKV se Kuierkol is terug by die KKNK en beslis dié plek om te wees vir die KKNK se 30ste verjaarsdag! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers en geniet die heerlike versnaperings wat rondom die Kuierkol beskikbaar is. Maak ’n draai, ons sien jou daar!

Dié kuierplek vir elke iemand!

In die Netwerk24feeskafee by die C.P. Nelmuseum

Vanaf 22:00 tot laat

09:00 Begin jou dag saam met RSG

10:00 Regstreeks op RSG: Eloise Cupido

11:30 Jak de Priester

12:00 Halrika Breytenbach

13:00 Regstreeks op RSG: Martelize Brink

14:30 BAZOO, die vriendelike bergskilpad

15:00 Blaaskansie

16:00 Selby Williams

16:30 Whaden Johannes

17:00 Bier-uur met Beer Adriaanse

18:15 PJ Jansen

19:15 Mr. Heinz

20:15 Breez’n

VOLSTRUIS, OLYWE, BEESSTERT: DIE UNIEKE KOSKULTUUR VAN DIE KLEIN KAROO

LANDBOUGESPREK

MET Kabous Meiring in gesprek met Gerrit Swepie le Roux (Doornkraal), Julia le Roux (Doornkraal) en Jerry Aries (Wes-Kaapse regering)

So uniek soos sy aangrypende landskappe, is die Klein Karoo die tuiste van kostradisies wat nêrens anders gevind word nie. Sluit aan by die Le Roux-familie van Doornkraal terwyl hulle stories deel wat oor geslagte heen strek. Jerry Aries, die Wes-Kaapse departement van landbou se waarnemende hoofdirekteur vir landbouprodusentondersteuning en -ontwikkeling, sluit by hulle aan.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie • Absa Kuierkamer

Deur Jade Wainwright
Ondersteun deur die

Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie

IN DIE FEESMARK

Kom fees voluit tot jy voos is by die Klein KKNK-teater!

10:30 Trieng!

Agt uiteenlopende 20-minuut-blitsvertonings vorm deel van hierdie jaar se Blitsteater. Kom sluit aan vir teater wat jou aan die skouers gryp en stukkie vir stukkie losskud uit die alledaagse. Vars. Vinnig. Verniet.

11:00 Excerpts | Uittreksels & Veer

11:30 Met die maan gepla & Wag, wat?

Excerpts | Uittreksels & Veer

Met die maan gepla & Wag, wat?

Apple & Badtyd

Dom, PasOp! & Haasvoël

Apple & Badtyd

Dom, PasOp! & Haasvoël

11:30 LAPA Lekkerleesminuut

13:00 Hou die wêreld vas 15:30 Kaskenades!

ABSA KUIERKAMER

Kom vier drie dekades van kuns, kultuur en klank by die Absa Kuierkamer. Hier wag ’n ruimte waar verbeelding, samekoms en musiek mekaar vind.

12:00 Kaas- en wynproe met Meerendal

12:45 Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Rolanda Marais, Dean John Smith en Nic de Jager

15:00 Joshua na die Reën

Aan tafel met en vriende!

Elke dag ontvou twee kuieroomblikke, waar welbekende

Suid-Afrikaners by die Checkers-kombuistafel aansluit vir vermaaklike gesprekke oor hartskos en lewensreise.

11:45 Met Ivan Botha en Donnalee Roberts

Aanbieder Hannes van Wyk

14:15 Met Margit Meyer-Rödenbeck en Je-ani Swiegelaar

Aanbieder Hannes van Wyk

Klein Karoo Agri is opgewonde om in 2026 by die KKNK betrokke te wees. Kom kuier by ons en neem ’n foto by die CASE- en die Suzuki-uitstalling! Of kom sit rustig en geniet Vida e Caffè se koffies en lekkernye.

31 MAART

Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie Juanita du Plessis 15:30 Aan tafel met Checkers 14:15 Leah 13:00 Aan tafel met Checkers 11:45 ADAM 10:30 YoungstaCPT 20:45 Zaan Sonnekus 19:30 Monark 18:15 Rooksein 17:00

Checkers Kuierverhoog vanaf 10:30 • Feesmark-verhoog 17:00

MÔRE OP DIE MUSIEKVERHOË: 1 APRIL Dr. Victor & The Rasta Rebels (20:45) • Riaan Benadé (19:30) • Craig Lucas (18:15) • Droomsindroom (17:00) • The Muses (15:30) • Aan tafel met Checkers (14:15) • Andriëtte Norman (13:00) • Aan tafel met Checkers (11:45) • Millennium (10:30)

Kom besoek ons by die fees!

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook