Die KKNK se bekroonde Karoo Kaarte-span, wat vanjaar ook ’n kykNET Fiëstas Blou Stoel-prys ontvang het, is terug met Spoel, ’n splinternuwe drama uit dié projek se navorsing. In Spoel word Oudtshoorn onthou deur die mense wat geleer het om mooi te kyk. Die stuk volg vier Oudtshoorn-inwoners – fotograwe en kinders uit fotograaffamilies – wie se lewens oor geslagte heen voor en agter die lens ontvou het. Met Ira Blanckenberg, Theo Witbooi, Chantell Phillipus, Janion Kennedy en Melikhaya Blou. Teks Tiffany Witbooi en regie Neil Coppen. Foto: Ryan’s Photography Kom besoek ons by
FEES VANDAG SÓ
TONEEL & STAND-UP
09:30 ge-gebergtes
09:30 Liewe Heksie word ‘gescam’ 10:00 Boesman en Lena
11:00 CRYBABY
11:00 Sade in Hollandse kombuise
11:00 Verwelkingslied
13:00 Beste van alle tye
13:00 Die ‘Real Housewife’
14:30 Ek is nie Danie
14:30 Hortjies dig: Die storie van digter Peter Blum
14:30 Rondomtalie / Marry-go-round
15:30 Filled
16:00 Effens anders
16:00 Jakob
16:00 Magda Louw en haar Erhard: How Louw can you go?
16:30 Boklied
17:30 Ganga Nyoko! Inzima Nyoko!
18:00 Antie Wi’oekal
18:30 Die gebed van ’n halfmens
18:30 Reünie
18:30 The Ugly Noo Noo
19:30 Comedy by Committie!
20:00 Akrasia
20:00 Jammer vir die podcast 22:00 Granaatsap
MUSIEKTEATER
10:00 Anna Davel en Ilse Klink in harmonie
10:00 As die mooi aan ons haak
11:00 Amanda Strydom en Je-Ani Swiegelaar: Tillie / Mathilda
12:30 Die siel van Eugène Marais
13:00 Mathys Roets: Songs of Leonard Cohen
13:30 Soos ’n lafenis
16:30 Jak de Priester: 25 jaar van songs
18:00 Die lewe en die langpad
20:00 PLEKTRUM
20:00 Twee oseane
DANSTEATER
09:30 Wings of Light: Dance of an Angel 19:30 GAT
VISUELE KUNS
09:00 Kunsuitstallings open 11:00 Visuelekuns-rondleiding
12:30 Kiekies: Rondleiding
Skandeer dié QR-kode VIR DIE VOLLEDIGE PROGRAM
GRATIS GESPREKSREEKSE
KKNK Boekstories
10:30 Riviere in die wildernis met Karlien van Jaarsveld
12:00 Lyfluister: Jou innerlike kompas in donker tye met Gretha van der Merwe
14:30 Dharma-dwaas in Doodloopstraat met Sjaka S. Septembir
16:00 KLAWER met Rocco de Villiers
Praat Saam met Netwerk24 en Die Burger
09:00 Is dit ‘The Godfather’ of eerder ‘Die kadervader’? Met Kabous Meiring en Mike Bolhuis
Storievertel
16:00 Die spoor van ’n storie met Pietman Geldenhuys en André Boezak
Ander gesprekke
12:00 Die Onderhoud: Wicus Pretorius in gesprek met Premier Alan Winde
12:30 ‘Atropa’: Tom Lanoye, Marthinus Basson en die geselskap in gesprek
KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL
07:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring
08:00 Historiese skattejag en skets
09:30 Suikerkoekie-versierklasse
10:00 Miniatuur-herinneringe: ’n Borsspeld-werksessie
11:00 Brousels en baksels
11:00 Olyf tot olyfolie
11:00 Wildehondekloof: Fynbos-fynproe
12:30 Te Heerlik: Tee-en-smaak-ervaring
14:00 Olyf tot olyfolie
15:00 Brousels en baksels
20:00 Sterrekyk in die Klein Karoo
LIEWE HEKSIE WORD ‘GESCAM’ WINGS OF LIGHT: DANCE OF AN ANGEL
Wanneer woorde begin opdroog
Deur Diane de Beer
Sommer uit die staanspoor wonder ek oor die vertaling van die titel (die lemons wat lemoene geword het). Hoewel ’n mens die keuse verstaan omdat die Engelse en Afrikaanse woorde dieselfde klink en miskien was die korter “lemoene” makliker om mee te werk as “suurlemoene”, maar ek sou die suurder weergawe verkies het.
Die betekenis van die regte een sê net soveel meer en het ’n sterker verband met die stuk. Nie dat dit enige afbreuk doen aan ’n baie verfrissende en pittige komediedrama, soos dit in die gids beskryf word, nie.
Words, words, words, I’m so sick of words, sing Eliza Doolittle in die gewilde musiekblyspel My Fair Lady, maar dit was lank gelede en deesdae is dinge baie anders op sosialemedia-vlak, waar jy dikwels beperk word met die hoeveelheid woorde wat mag gebruik word. Dié keer is dit beperkings wat veral jong mense op hol het.
En soos die verhouding tussen die twee jong verliefdes blom en dan bloei en dan weer blom, ens. ens. ens., kan ’n mens die frustrasie verstaan. Vir hulle voel dit of al die beperkings hul romantiese vooruitsigte kortwiek. En tog, as die woorde opdroog of in die meeste gevalle oorbodig is, is die tweetjies maar te bly om van die woorde ontslae te raak en met die meer tasbare liefde om te gaan.
Dit is ’n speelse stuk, al is die onderwerp een wat baie romantiese vooruitsigte kelder. In ’n eeu waarin dit nog nooit makliker was om met mekaar in verbinding te tree nie, het ons juis te kampe met ’n gebrek aan kommunikasie. En soos altyd kom dit maar van bo af. Die groot wêreldleiers spring rond, toon ’n liederlike gebrek aan die vermoë om te kommunikeer. Wat nog van twee jong verliefdes wat hulle bes probeer om sin te maak van wat nou met hulle gebeur, en dit met al die kommunikasiemiddele tot hul beskikking. En dan tree die beperkings in, jy moet jou woorde letterlik begin tel...
Die aanbieding en die teks het baie herinner aan ’n ander vertaalde stuk wat onlangs aangebied is – Tien duisend ton met Cintaine Schutte en Albert Pretorius, wat ’n effe ouer inslag gehad het, maar beide stukke fokus op die aftakeling van ’n verhouding. In hierdie geval het die kyker wel die geleentheid gehad om kant te kies.
Maar in Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene word die verhoudingspel suiwer gelei deur die twee jong mense wat dinge met woorde wil beheer, maar nie altyd weet hoe om te maak nie. Dit is ’n uitdaging om te weet wanneer en hoe om dinge te sê, en die beperkings help soms juis om hulle meer te laat dink oor wat werklik belangrik is.
Dié tweespel gaan een van die gewilde produksies op die fees wees. Dis lekker vermaaklik en die teks bied genoeg pitkos.
MET Mienke Ehlers en Dean John Smith TEKS Sam Steiner VERTALING, VERWERKING EN REGIE Kanya Viljoen OORSPRONKLIKE TITEL Lemons, Lemons, Lemons, Lemons, Lemons
Tot 4 April in die Gimsaal.
Visuele kunste bied stof tot nadenke, moedig gesprek aan
Deur Richardt Strydom
Daar is iets stil ambisieus aan hierdie jaar se visuelekunste-program by die KKNK. Groot mylpale soos die 30 jaar-viering van die fees kan dikwels kreatiwiteit kniehalter. Die kulturele argief is immers ’n komplekse palimpses van agendas, narratiewe, beskouinge en kontekste.
Die kuratele mandaat, onder die vaandel Dialogues Across Place and Time – of dan Grenslose gesprekke, die Afrikaanse titel – dra sy eie gewig. Dit is ’n kuratoriale doel wat moed verg – om ’n feesprogram in die hart van die Klein Karoo direk te anker in die ongemak van die hede en verlede, en terselfdertyd ook ’n pad oop te maak na die toekoms. Liza Grobler se kuratoriale visie slaag daarin om hierdie gewig met sekerheid te dra – ’n ryk en genuanseerde aanbieding van uitstallings wat saampraat rondom ’n gedeelde fokus: Die manier waarop plek en geheue op komplekse wyse verstrengel is. die resultaat is ’n program wat sowel gewortel voel as opreg wyd is in sy reikwydte.
Die onbetwiste middelpunt van die 2026-program is Plek/Place, ’n mylpaal-groepuitstalling wat feeskunstenaars van elke jaar van 1996 tot 2025 verenig. Die uitstalling toon ’n indrukwekkende reeks kunstenaars wat ver buite die landsgrense erkenning geniet – onder wie Willie Bester (1998), Wim Botha (2002), Claudette Schreuders (2003), Lien Botha (2004), Minnette Vári (2005), Diane Victor (2013), Willem Boshoff (2014), Berni Searle (2015) en Mary Sibande (2022). Om soveel beduidende stemme in ’n enkele uitstalling in Oudtshoorn bymekaar te bring – kunstenaars wie se gesamentlike loopbane drie dekades van verandering in die land se visuele kunste karteer – is om ’n spieël voor die fees self te hou, en voor die breër verhaal van kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns. Plek/Place verdien om as meer as ’n retrospektief verstaan te word: Dit is ’n daad van institusionele geheue, en ’n grootmoedige een.
Dit is ook geen geringe taak nie. Oor die afgelope 30 jaar het verskeie kurators elk hul eie visie op die visuelekunste-program afgedruk – elke een ’n nuwe lens, ’n nuwe stel prioriteite, ’n nuwe verhouding met die plek en sy gehoor. Grobler dra dus nie net die gewig van ’n kuratoriale tema nie, maar ook die verantwoordelikheid van ’n institusionele geheue wat oor drie dekades strek. Dat sy terselfdertyd as hoofkurator van sowel Plek/Place as die feesprogram optree, versterk die samehang van die geheel – dit is een kuratoriale visie wat soos ’n draad deur die hele aanbod loop.
Plek/Place is op sigself ’n kuratoriale uitdaging van formaat. Die uitstalling bring die feeskunstenaars van al 30 jaar bymekaar – werke en kunstenaars van uiteenlopende agtergronde, benaderings en media, van tradisionele skilderwerk tot eksperimentele digitale video. Om elke kunswerk sy eie ruimte en fokus te gun, en tog ’n samehangende geheel te skep, vereis ’n fyn hand en ’n helder oog. Vanjaar se feeskunstenaar is nomThunzi Mashalaba, en die keuse voel presies reg. Haar solo-uitstalling, So, I Let Silence Explain, is ’n intieme persoonlike dialoog wat nuwe en historiese werke byeenbring – werke waarin figuratiewe vormgewing, abstraksie, kleur en tekstuur saamwerk om die grense van tyd en ruimte te oorskry. Die persoonlike en die universele vloei hier besonder ineen.
Waar Mashalaba die grense van tyd deur die persoonlike verhaal ondersoek, kies Lucas Heinen en Marisa Maré die mees elementêre van materiale as vertrekpunt. In die historiese kloktoring van die C.P. Nel-museum het Heinen en Maré Stof tot verhaal, ’n plekspesifieke installasie, geskep. Geput uit hul onderskeie agtergronde in musiek en visuele kuns, het die twee kunstenaars begin met iets so elementêr as moontlik: stof, versamel van die oppervlakke van die sandsteengebou self. Deur SEM-beelding verwerk en tot 5 000 keer vergroot, word daardie stof ’n landskap – ’n abstrakte blik op die spore van mense, tyd en plek. Besoekers word aangemoedig om interaktief deur die uitstalling te beweeg – maak laaie oop, lig voorwerpe op en blaai deur boeke – elke gebaar aktiveer klanklandskappe waarin die verlede as’t ware hoorbaar word.
Die visuelekunste-program strek egter veel verder as hierdie drie uitstallings, en die reikwydte daarvan gee gestalte aan Grobler se kuratoriale belofte. Van ’n fotografie-uitstalling deur Karoo Kaarte wat diep in die dorp se eie argief delf, tot bydraes van internasionale kunstenaars uit Duitsland, België, die Demokratiese Republiek die Kongo, Nigerië, Frankryk, Portugal en Denemarke – die gesprek begin plaaslik en eindig êrens ver buite die landsgrense.
Die visuele kuns is gratis en oor verskeie venues oor Oudtshoorn heen versprei – ’n bewuste keuse wat die gesprek uit die galery en in die dorp in dra. Grenslose gesprekke is nie ’n tema wat op uiteenlopende werk afgedwing word nie. Dit is ’n ware gesprek, en een wat die moeite werd is om aan deel te neem.
So, I Let Silence Explain is daagliks te sien tot 4 April in die Prince Vintcent-gebou.
Kaptein Kappie is al 30 jaar op die KKNK-skip en skrik g’n vir donderstorms!
Deur Ilza Roggeband
Sy naam is Pieter-Jan Kapp, maar almal ken hom as Kappie. Wanneer jy by die KKNK is en jy sien die ligte, verhoë en klanktoerusting – van die buitelugareas tot die meer intieme sale – moet jy weet Kappie en sy span was daarvoor verantwoordelik.
Hy kan spog dat hy van die eerste fees tot nou toe op een of ander manier agter die skerms gewerk het.
Hoe het jy betrokke geraak?
Ek het ná my studies aan die Technikon Pretoria (deesdae die Tshwane-Universiteit van Tegnologie) by ’n beligtingsmaatskappy begin werk. Ons was betrokke by The Crossing, ’n venue by die Grahamstadfees wat deur Karen Meiring bestuur is. In 1994 was daar ’n oproep uit Oudtshoorn en planne vir ’n fees. ’n Groep van ons het vir ’n recce gekom, die beplanning het begin en in 1995 is die eerste fees gehou.
Ek was 25 jaar oud en het toe net beligting gedoen. Einde 2006 het ek ander geleenthede begin soek en in daardie tyd het Karen, wat toe die besturende direkteur van die KKNK was, die bestuur by die Oude Libertas-teater in Stellenbosch oorgeneem. Ek het ’n geleentheid gesien en het vir Karen gevra of ek die tegniese bestuurder van die KKNK en Oude Libertas kan word. My eerste KKNK in daardie posisie was 2007.
Wat onthou jy van die eerste fees?
Ons het ’n groot buitelugverhoog sonder ’n dak gebou, want die mense van Oudtshoorn het gesê dit reën nie daardie tyd van die jaar in Oudtshoorn nie. Dit het toe natuurlik die eerste aand gereën.
Ek onthou ook een jaar toe ons ’n groep studente gekry het om te kom werk. Dit was in die tyd toe goth in die mode was en daar was dus baie studente met Doc Martens aan hul voete, en met swart hare en klere. Hulle het baie swaar gekry in die hitte van Oudtshoon en het een dag agter op ’n trok gestaan wat deur die dorp gery het om af te koel. Daar was ’n foto die volgende dag in die plaaslike koerant met die onderskrif: Duiwelskinders besoek Oudtshoorn.
Wat is jou persoonlike hoogtepunte?
Daar is ’n paar. Coenie de Villiers wat by die Klein Karoo Pops die woorde “as dit reën in die Klein Karoo” sing terwyl dit reën. Soveel spesiale vertonings saam met Laurika. Vuurwerke wat in vertonings gebruik is.
Maar ek dink my grootste hoogtepunt was met Babbel, Nicola Hanekom se plekspesifieke stuk in 2012. Dis op die berg langs die reservoir opgevoer en ’n groot kruis was deel van die stel. Daar was ’n verskriklike donderstorm en ons moes spring om al die toerusting weg te pak. Die son het onder die bank wolke uitgekom en daar het die mooiste dubbel-reënboog verskyn met die kruis perfek in die middel. Ek was gelukkig genoeg om ’n foto daarvan te neem.
Wat is die grootste uitdagings?
Dit neem ongeveer ses maande om alles te beplan. Die grootste uitdaging met die KKNK is dat alles wat ons nodig het om die verhoë te bou, al die ligte, die klanktoerusting en so meer, ingebring moet word. Daar is nie bestaande teaters in Oudtshoorn soos wat daar by die ander feeste is nie. Ons werk dus bietjie harder hier om dinge te laat gebeur. Maar dit is ook die lekker deel van die KKNK – om hard te werk om kunstenaars se drome ’n werklikheid te maak.
Wat is jou hoop vir vanjaar se fees?
Dat mense instroom en die fees kom geniet. Daar word soveel liefde, energie en geld ingestoot om dit vir feesgangers ’n belewenis te maak. Die feit dat die KKNK ná 30 jaar nog staande is, deur pandemies en finansiële krisisse, is ongelooflik. Vir ons as tegnici is ons werk om die fondament te lê sodat kunstenaars hul stories kan vertel en die gehore dit kan geniet. As alles in plek val, maak dit my baie gelukkig.
Die foto wat Pieter-Jan Kapp geneem het ná ’n donderstorm met die kruis van die plekspesifieke produksie Babbel omring deur twee reënboë.
Pieter-Jan Kapp, tegniese bestuurder van die KKNK, wat almal as Kappie ken.
Winand is ’n meester van note en humor
Deur Ilza Roggeband
Dis twee talente wat jy nie sommer in een mens kry nie: Om ’n virtuose pianis én ’n vlymskerp komediant te wees. Met Winand Grundling se A Victor Borge Tribute bring hy hulde aan die legendariese Borge, maar doen dit op ’n eg Suid-Afrikaanse manier.
Borge, ’n Deen wat as jong man na Amerika uitgewyk het, sal dalk meer aan ouer gehore bekend wees, maar die gehoor Saterdag – wat gewissel het van gryskoppe tot jonger mense – het duidelik die konsert terdeë geniet en Grundling staande toegejuig.
Grundling kan duidelik enigiets op die klavier speel (hoewel hy sê sy hande is te klein vir Rachmaninoff) en het die gehoor vermaak met van Mozart tot Brahms, Chopin tot Bach. Hy het op ’n kol gevra vir versoeke uit die gehoor en dit het gewissel van “The Entertainer” tot “Liza se klavier” en “Blouberg se strand”, wat hy met absolute gemak gespeel het.
Daar was ongelukkig net twee vertonings van A Victor Borge Tribute, die ander een was Sondagoggend 10:00, maar hopelik het die woord op straat gesorg vir ’n volgepakte saal vir die tweede vertoning. As jy ooit die kans kry om Grundling, wat ook bekend is as ’n top-orrelis, in aksie te sien, moenie twee keer dink nie. Hierdie humoristiese sy van hom is die tjêrrie op die koek. Mag daar meer wees.
MET Winand Grundling (klavier)
REGIE Winand Grundling
RSG en ATKV-Kuierkol
RSG en die ATKV se Kuierkol is terug by die KKNK en beslis dié plek om te wees vir die KKNK se 30ste verjaarsdag! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers en geniet die heerlike versnaperings wat rondom die Kuierkol beskikbaar is. Maak ’n draai, ons sien jou daar!
Dié kuierplek vir elke iemand!
In die Netwerk24feeskafee by die C.P. Nel-
Vanaf 22:00
09:00 Begin jou dag saam met RSG
10:00 Regstreeks op RSG: Eloise Cupido
11:30 Oompie gaan met vakansie
12:00 Lientjie Sothmann
12:30 Idiome-vasvrae
13:00 Regstreeks op RSG: Martelize Brink
14:30 BAZOO, die vriendelike bergskilpad
15:00 Blaaskansie
16:00 Petronel Baard
16:30 Emile Hager
17:00 Bier-uur met Beer Adriaanse
18:15 Angela Kotze
19:00 The Rocketzz New Generation 20:15 Papier Family Band
KLIMAATSVERANDERING: SAL DIE KLEIN KAROO OORLEEF?
LANDBOUGESPREK
MET Kabous Meiring in gesprek met onder andere prof. Peter Johnston en Laubscher Coetzee
Sonder water word boerdery – en die lewe self – onmoontlik. Hierdie gesprek ondersoek die wetenskaplike feite agter hierdie uitdagings, die strategieë wat boere aanwend om strawwer toestande te trotseer, en hoe die regering en finansiële instellings die Klein Karoo in tye van groot nood kan ondersteun.
Ondersteun deur die Wes-Kaapse regering.
Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie • Absa Kuierkamer
30 MAART 11:00
Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie
IN DIE FEESMARK
fees voluit tot jy voos is by die Klein KKNK-teater!
Skoenlapperhart / Serurubele 11:30 LAPA Lekkerleesminuut met Heinrich Wentzel Zonkie en die laaste boomhuis 15:30 Kaskenades!
Agt uiteenlopende 20-minuut-blitsvertonings vorm deel van hierdie jaar se Blitsteater. Kom sluit aan vir teater wat jou aan die skouers gryp en stukkie vir stukkie losskud uit die alledaagse. Vars. Vinnig. Verniet.
11:00 Dom, PasOp! & Met die maan gepla
11:30 Apple & Haasvoël
12:00 Dom, PasOp! & Met die maan gepla
12:30 Apple & Haasvoël
15:00 Badtyd & Excerpts | Uittreksels
15:30 Veer & Wag, wat?
16:00 Badtyd & Excerpts | Uittreksels
16:30 Veer & Wag, wat?
ABSA KUIERKAMER
Kom vier drie dekades van kuns, kultuur en klank by die Absa Kuierkamer. Hier wag ’n ruimte waar verbeelding, samekoms en musiek mekaar vind.
12:00 Kaas- en wynproe met Meerendal
12:45 Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Jak de Priester, Willie Strauss en Anna Davel
14:00 Joshua na die Reën
Klein Karoo Agri is opgewonde om in 2026 by die KKNK betrokke te wees. Kom kuier by ons en neem ’n foto by die CASE- en die Suzuki-uitstalling! Of kom sit rustig en geniet Vida e Caffè se koffies en lekkernye.
Elke dag ontvou twee kuieroomblikke, waar welbekende
Suid-Afrikaners by die Checkers-kombuistafel aansluit vir vermaaklike gesprekke oor hartskos en lewensreise.
11:45 Met Eloff en De Klerk Oelofse
Aanbieders Hannes van Wyk en Desiré Gardner
Aan tafel met en vriende!
14:15 Met Elvis Blue en Willie Strauss
Aanbieders Magda Louw en haar Erhard
Eloff 20:45 Majozi 19:30 Karin Kortje en Robin Pieters met G-Minor 18:15
Prop 13:00 Aan tafel met Checkers
Checkers Kuierverhoog vanaf
Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie
Jodi Jantjies 17:00 Christia Visser 15:30 Aan tafel met Checkers 14:15 MÔRE
YoungstaCPT (20:45) • Zaan Sonnekus (19:30) • Monark (18:15) • Rooksein (17:00) • Juanita du Plessis (15:30) • Aan tafel met Checkers (14:15) • Leah (13:00) • Aan tafel met Checkers (11:45) • ADAM (10:30)