Skip to main content

Feeskoerant 29 Maart

Page 1


Feeskoerant

Inligting, opinies en resensies

’n Gemeenskap gedurig aan die trek. Hulle ken van swaarkry, van swaar dra, maar die brokkies vreugde, die medemenslikheid en die skatkis word vandag en môre deur die Garage Dance Ensemble

Kom besoek ons by

FEES VANDAG SÓ

MOEDERBOEKE EN SUSTERTALE

TONEEL & STAND-UP

09:00 Messy

09:30 Hortjies dig: Die storie van digter Peter Blum

09:30 Magda Louw en haar Erhard: How Louw can you go?

09:30 Please, Don’t Call Me Moffie

10:00 The Fool’s Guide

11:00 Pas

11:00 Zip Zap Circus: MOYA

12:00 Atropa: Die wraak van vrede

13:00 ge-gebergtes

13:00 Granaatsap

13:00 Ouma en die ou koeie

13:30 Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene

14:00 Boesman en Lena

15:30 Akrasia

16:00 Antie Wi’oekal

16:30 Internet Sensasie 2.0

17:30 Beste van alle tye

18:00 Ek is nie Danie

18:00 Jammer vir die podcast

18:30 Rondomtalie / Marry-go-round

19:30 Die ‘Real Housewife’

19:30 Spoel

20:00 Ganga Nyoko! Inzima Nyoko!

20:00 Oepsie

22:00 Filled

MUSIEKTEATER

10:00 A Victor Borge Tribute

10:00 MOORDBALLADES

13:00 Woordenaar

13:30 Willie Strauss: Tong in die quiche

14:30 KLAWER

16:30 As die mooi aan ons haak

16:30 Die siel van Eugène Marais

16:30 Twee oseane

20:00 Jak de Priester: 25 jaar van songs

20:00 Soos ’n lafenis

DANSTEATER

19:30 GAT

VISUELE KUNS

09:00 Kunsuitstallings open

11:00 Visuelekuns-rondleiding

GRATIS GESPREKSREEKSE

KKNK Boekstories

10:30 The Shadow State met Jeff Wicks

12:00 Vere langs die pad met Stephan Henrico

14:30 Die skuld wat bloed betaal met Sandra Skinner 16:00 Valskermbataljon-verhale met Mike Bolhuis

Praat Saam met Netwerk24 en Die Burger

08:30 Munisipale dienslewering – of eerder diensontbering? met onder andere minister Anton Bredell en Petrus van Eeden

Storievertel

16:00 Die spoor van ’n storie met Pietman Geldenhuys en Churchill Naudé

Ander gesprekke

10:00 Moederboeke en sustertale met Antjie Krog en Tom Lanoye

12:30 Van komedie tot digkuns: Lizz Meiring, Chris van Niekerk en Joanie Combrink

KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL

07:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring

08:00 Historiese wandeltoer 11:00 Olyf tot olyfolie

11:00 Wildehondekloof: Fynbos-fynproe

12:30 Te Heerlik: Tee-en-smaak-ervaring

14:00 Olyf tot olyfolie

14:30 Miniatuur-herinneringe: ’n Borsspeld-werksessie

20:00 Sterrekyk in die Klein Karoo

Andrew Buckland skep met sy aweregse verbeelding

’n unieke ervaring

In die 80’s moes kunstenaars mooi dink en bontstaan om hul stemme te laat hoor.

Sê jy iets, is die veiligheidspolisie op jou spoor. Sit jy ’n wag voor jou mond, bly die gehore weg. In 1988 het Andrew Buckland, onder regie van Janet Buckland, die uitsonderlike solovertoning The Ugly Noo Noo aangebied.

Met sy aweregse verbeelding het hy ’n landskap geskep wat vir hom die vryheid gegee het om sy sê te sê. Buckland se spel is die werktuig wat die gehoor se verbeelding aan die loop sit, met die ikoniese kunstenaar wat met sy beweging en gebare fel kritiek op die destydse bestel kon lewer.

“Dis ’n delikate balans om die gehoor se nuuskierigheid te prikkel, soos ’n speletjie op steroïede, soos jy hulle inlok,” verduidelik Andrew.

Speel is hoe dit alles begin het. Hy was die jongste van sewe kinders en het vir ure lank op sy eie gespeel, die held in sy eie wêreld. Hy het later ook sy eie spesifieke styl geskep. “Ek was altyd baie lief vir taal wat saam met beweging en stilte gebruik word.”

The Ugly Noo Noo het byvoorbeeld lyf gekry toe hy Janet (sy vrou) se afkeur in die berugte Parktown Prawn beleef het. Hy was vasgevang in die politieke milieu van die tyd. Hoe moes hy as ’n wit man sy ervaringe op ’n verhoog uitbeeld?

Dit is hoe die ontmoeting tussen man en insek ontstaan het. Hy het geweet hy moet op ’n sinvolle manier sy deel bydra. The Ugly Noo Noo was die allegorie wat vir hom die uitkoms gebied het.

Met dié klassieke stuk Suid-Afrikaanse teater en sy jongste skepping, The Fool’s Guide, word oud en jonk opnuut meegevoer deur die spel van dié ikoon in die wêreld van die fisieke teater.

In tipiese Buckland-styl is die nuwe stuk ’n besinning oor kwessies wat nou op die voorgrond is, en hy doen ’n deurtastende ondersoek van die tegnologie op sy unieke manier met Die Nar, Jan Alleman en Die Onskuldige wat ingespan word. Sosiale media met al sy euwels, selfone wat net soveel ’n las as ’n redding is, en die groot debat oor kunsmatige intelligensie is pitkos vir die alledaagse nar met sy oog skerp op die moderne lewe.

Buckland het vroeg al besef dat jy mense se vrese kan takel deur dit met oënskynlike lawwighede uit te beeld. Baie dekades later het sy vroeëre werk nog presies dieselfde impak omdat sy fisieke teater ’n universele taal praat.

Hy is nou ouer en hy praat maklik daaroor. Danksy sy verhoogervaring kon hy deur die jare aan sy werk skaaf en elke gedagte verfyn, om die eindproduk vars te hou en dit te verbeter.

Die teks is nog net so slu soos lank gelede en gehore lag luidkeels vir sy streke op die verhoog, maar die eintlike impak lê steeds in die woorde wat telkens ’n uitklophou lewer.

Buckland is ’n kunstenaar wat al die elemente van teater met storievertelling kombineer. Jy het hier te make met ’n ware woorden-bewegingsteater-genie. Hy is een van Suid-Afrika se unieke kunstenaars wat ’n verhoogwêreld van sy eie geskep het wat plaaslik sowel as in die buiteland gehore betower.

Diegene wat al Buckland se teater ervaar het, weet hoe ’n merkwaardige kunstenaar hy is, en op die jonges en die oningewydes wag daar ’n ervaring soos min. Jy sal nie weer so iets beleef nie.

The Ugly Noo Noo is nog tot 4 April te sien en The Fool’s Guide van 29 Maart tot 3 April, albei in die Van Reede-skoolsaal.

Dis 'n fees om 'n Matie te wees –en óns fees voluit.

Deur Diane de Beer

Breyten se bok blêr nog steeds

MET De Klerk Oelofse, David Viviers, Obed de Koker, Ntombi Makhutshi, Wian Taljaard, Keagon Cochrane, Hannah Borthwick, Jurgen McEwan en Ben Albertyn TEKS Breyten Breytenbach REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson

Boklied het in 1998 ’n opskudding by die KKNK veroorsaak toe ek nog op skool was. Die grootmense het daaroor gepraat asof dit ’n skandaal was: Te vreemd, te eksplisiet, te moeilik om te verstaan. Ek het nie die produksie destyds gesien nie, maar die gerugte het my bygebly.

Byna drie dekades later, in 2025 en 2026, laat herleef Marthinus Basson nou Breyten Breytenbach se toneelstuk vir ’n nuwe geslag. Voor die vertoning het ek die kritiese diskoers rondom Breytenbach se werk herbesoek – spesifiek die spanning tussen die sigbare en die uitspreekbare, waar taal breek onder die gewig van betekenis. Ek was nie seker ek was gereed nie. Ek was nie seker dat dit selfs die punt was om gereed te wees nie.

Die ervaring begin met karakters wat stil-stil op ’n stel verskyn wat soos ’n vagevuur-wagkamer of ’n spookagtige tronk voel. Die akteurs sweef soos fragmente van spraak; hulle Afrikaans buig en breek totdat betekenis in ritme ontbind. In hierdie “poësie van misverstaan” begin jy na asem en toon luister eerder as na grammatika. Verwarring word ’n vorm van deelname.

Die geselskap toon totale toewyding. Ek sou graag wou weet wat die repetisie-logistiek behels het, hoe ’n veer in ’n anus daarin geslaag het om perfek op sy plek te draai sonder om te val, en waar daardie pers, slap kunspenis, wat teen die einde klaarblyklik reeds baie onvanpaste plekke besoek het, al oral was.

Toe ek die produksie tydens verlede jaar se Woordfees gesien het, het die gehoor se reaksie gewissel tussen ongemak en om te lag.

Basson se regie skep ’n treffende kontras in die opvoering. Sekere tonele vereis langdurige naaktheid, tog word ’n gesimuleerde, uitputtende Kama Sutra-reeks volledig geklee in chiffon en nylon uitgevoer. Die uitputtende inspanning word self deel van die betekenis.

Regdeur die stuk sit ’n koggelaar in die gehoor en breek die vierde muur met perfekte tydsberekening. Hy skreeu presies wat baie van ons in die teater gesit en dink het. Ek was meer as tevrede, as ’n toeskouer wat ’n kaartjie gekoop het, dat hy ons kon verteenwoordig. Dit was asof hy my gedagtes gelees het.

In die tweede bedryf, geïnspireer deur Aristophanes se Die voëls, daal ’n deurskynende plastiekseil neer. Daar agter loop skaduwees van lewende voëls heen en weer en gaan sit op onsigbare stokkies. Hierdie spookagtige, magnetiese beelde – saam met daardie onmoontlike, draaiende veer – suggereer karakters wat probeer uitstyg bo die chaos, net om dit weer in die lug bo hulle tegemoet te kom. ’n Stil, byna engelagtige figuur kyk van die bokant van die verhoog af toe. Bedaard en afsonderlik, asof hy reeds berusting gevind het in dít wat die ander karakters nog nie begryp nie. Teen die einde sien ons die beelde wat in 1998 verontwaardiging ontlok het, soos De Klerk Oelofse se karakter wat in ’n bokmasker met ’n strop om sy nek spring – nou nie meer skandalig nie. Ook nie die oomblik net daar voor toe ’n karakter skynbaar ’n roos in die wêreld bring nie.

Wanneer die derde bedryf verby is, pak Basson en die res van die geselskap summier hul goed op en loop by die teater uit. Die gehoor, gewoonlik vinnig om kunstenaars staande toe te juig, bly aarselend en onseker sit. Hierdie ongemaklike einde bewys dat Breytenbach se teater hom teen afsluiting verset.

Afrikaanse teater het nie meer ’n skandaal nodig om sy lewenskragtigheid te bewys nie. Die bok staan nou vir uithouvermoë. Hy staan vir die hardegat-daad van steeds praat, steeds luister, en steeds probeer om onsself deur kuns te verstaan. Meer as 27 jaar later blêr die bok nog steeds. Ons luister stééds.

Tot 3 April in die Johnny Bisschoff-saal.
Miss Mandy: KKNK se ‘feesouma’ dink terug aan Madiba en die dansende volstruis

Die oproep kom op ’n middag in 1994. Dis Pieter Fourie, uit die bloute, bykans 16 jaar sedert hy my in 1978 my heel eerste professionele kontrak as aktrise in die destydse Kruik se hoofgeselskap aangebied het. “Ons gaan volgende jaar ’n kunstefees in Oudtshoorn begin en jy móét mos daar wees – skryf ’n nuwe produksie om die fees te open,” beveel hy opgewonde. En om 17:00 op 10 April 1995 open my musiekteaterstuk The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder in ’n volgepakte Banketsaal.

Dit was die begin van my liefdesverhouding met die moeder van die Afrikaanse kunstefeeste en ek het nog nie één afspraak met haar gemis nie. (Behalwe natuurlik die jaar toe die Pestilensie als tot stilstand gebring het.)

Daar is soveel herinneringe – die hitte voordat daar in sommige sale lugreëling was. ’n Man in die voorste ry het flou geword en ek stop toe net daar en sê: “Maak oop die deure! Let my people breathe!” Die volstruismannetjie wat elke dag vir my kom dans het langs die heining by die Riempies waar ek vir jare in dieselfde kamer gebly het. Die personeel by die Riempies het my altyd gulhartig ontvang en die kombuis het elke jaar spesiaal vir my kerrievis gemaak en in my kamer se yskas gesit.

My ontmoetings met Madiba, Breyten en Herman van Veen. Die oomblik toe Madiba aan die einde van sy toespraak in suiwer Afrikaans die Groot Verseboek hoog oplig en sê: “Afrikaans is vry.” Dit sal ek my lewe lank onthou.

Toe ek en Miriam Makeba en Johannes Kerkorrel met bierbottels bestook is tydens Kaktus op die Vlaktes en Soli Philander verwoed op die molesmakers geskree het.

Die heerlike kuiers met kollegas van heinde en ver by De Fijne Keuken en later by Jemima’s, Nostalgie en die Black Swan. Ek het een aand in een van die Black Swan se toilette vasgesit – hulle het nuwe deure laat insit voor die fees en my hokkie se deur wou eenvoudig nie oop nie. Die eienaar, Daniël Oosthuizen, het my hoor skree en kom red. Hy stuur toe ’n bottel sjampanje na ons tafel as soenoffer!

Onvergeetlike samewerkings met Zietsie, Lize Beekman, Laurika, Coenie, André Schwartz , Anton Goosen, Gloria Bosman en Stef Bos.

Dankie, my liewe KKNK, vir 30 jaar se werksgeleenthede vir kunstenaars in alle genres. Dankie dat my aansoekvorm elke jaar goedgekeur is. Dankie, Kappie (Pieter-Jan Kapp, hoof van tegniese dienste, wat ook die afgelope 30 jaar by elke KKNK werksaam was).

Amanda Strydom is te sien in Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar: Tillie / Matilda op 30 en 31 Maart om 11:00 in die Absa Burgersentrum.

Dankie aan elke tegniese span met wie ek die afgelope 30 jaar kon saamwerk. Sonder julle kan geen produksie gebeur nie. Dankie!

Hugo Theart, Lizané Basson, Astrid van Ster en Daleen Witbooi. Daleen loop al jare ’n pad met die fees en verwelkom my altyd met ’n stywe druk as ek by die feeskantoor aanmeld.

Dankie aan die musikante wat al die jare saam met my lawaai maak. Hier móét ek Janine Neethling en Coenraad Rall noem.

Die grootste dankie aan die meelewende gehore wat steeds na hierdie ou strydros kom luister. Ek word vanjaar 70. Ek is nou die KKNKfeesouma. Ek wag net vir my goue sertifikaat vir getroue bywoning...

nomThunzi: ‘Ek hoop my kuns praat met feesgangers’

Deur Ilza Roggeband

Vanjaar se feeskunstenaar, nomThunzi Mashalaba van Mthatha in die Oos-Kaap, het ’n outobiografiese benadering tot haar werk en dit bepaal waarmee sy werk – van verf tot tekstiel, en met opvallende kleurgebruik. Haar hoop is dat die werke met feesgangers sal praat.

Wat was die inspirasie vir So, I Let Silence Explain?

Die uitstalling bestaan uit sowel vorige as nuwe werke. Die nuwe werk is ’n voortsetting van my indrukke van sekere oomblikke in my lewe, oomblikke wat steeds van belang is. Deur hierdie werke bymekaar te bring, volg die uitstalling ’n groeiende persoonlike narratief waar ontdekkings in die verlede aansluit by perspektiewe in die hede. Dit laat geheue, ondervinding en tyd toe om in hierdie ruimte te ontmoet.

Wanneer het jy geweet kuns gaan jou lewe word?

Daar was nie een enkele oomblik nie. Dit het eerder ontvou in ’n reeks toevallige gebeure. Klein ontmoetings, geleenthede en ’n besef wat my al hoe nader na die praktiese kant getrek het. Met tyd het nuuskierigheid en ondersoek stadig gewys dat dit ’n leefwyse is, asook ’n manier om die wêreld te verstaan. Wanneer ek terugkyk, was dit onafwendbaar en eenvoudig ’n pad wat voor my oopgemaak het, een tree op ’n slag.

Wie het die grootste invloed op jou loopbaan gehad?

Daar was verskeie invloede. My ma is ’n konstante bron van inspirasie en ek was gelukkig genoeg om merkwaardige lektore te hê (aan die Tshwane-Universiteit van Tegnologie), wie se stemme en lesse my vandag steeds bybly.

RSG en ATKV-Kuierkol

Hulle het mildelik hulle artistieke metodes met ons studente gedeel en die pad aangedui, wat ek steeds gebruik om werk te skep. My tydgenote het ook ’n belangrike invloed op my werk.

Watter bekende kunswerk inspireer jou?

Joseph Kosuth se One and Three Chairs, wat in 1965 geskep is.

Wat hoop jy om in Oudtshoorn te beleef?

Ek het nie vaste verwagtinge nie. Ek hoop om Oudtshoorn met ’n oop gemoed te ervaar met wat die omgewing, mense en proses ook al mag bring.

Wat is jou gunsteling-aanhaling oor kuns? Kuns is vir almal.

So, I Let Silence Explain is daagliks te sien tot 4 April in die Prince Vintcent-gebou.

RSG en die ATKV se Kuierkol is terug by die KKNK en beslis dié plek om te wees vir die KKNK se 30ste verjaarsdag! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers en geniet die heerlike versnaperings wat rondom die Kuierkol beskikbaar is. Maak ’n draai, ons sien jou daar!

Dié kuierplek vir elke iemand!

MET Papier Family Band

In die Netwerk24feeskafee by die C.P. Nelmuseum

Vanaf 22:00 tot laat

09:00 Begin jou dag saam met RSG

10:00 Willie Joubert

11:00 Oompie gaan met vakansie

11:30 Lientjie Sothmann

12:00 Oom Karoolus en Lente

13:00 Innes Benadé

14:00 Idiome-vasvrae

14:30 BAZOO, die vriendelike bergskilpad

15:00 Blaaskansie

16:00 Michael Lindt

17:15 Venter

18:30 Kezia Swartz

19:15 Bacchus Nel en sy bra’s

20:30 Vrydenk Effek

Ingesluit by jou

IN DIE FEESMARK

Kom fees voluit tot jy voos is by die Klein KKNK-teater!

10:30 Zonkie en die laaste boomhuis 11:30 LAPA Lekkerleesminuut

13:00 Skoenlapperhart / Serurubele 15:30 Hou die wêreld vas

Agt uiteenlopende 20-minuut-blitsvertonings vorm deel van hierdie jaar se Blitsteater. Kom sluit aan vir teater wat jou aan die skouers gryp en stukkie vir stukkie losskud uit die alledaagse. Vars. Vinnig. Verniet.

11:00 Apple & Badtyd

11:30 Excerpts | Uittreksels & Veer

12:00 Apple & Badtyd

Excerpts | Uittreksels & Veer

Met die maan gepla & Wag, wat?

Dom, PasOp! & Haasvoël

Met die maan gepla & Wag, wat?

Dom, PasOp! & Haasvoël

ABSA KUIERKAMER

Kom vier drie dekades van kuns, kultuur en klank by die Absa Kuierkamer. Hier wag ’n ruimte waar verbeelding, samekoms en musiek mekaar vind.

12:00 Kaas- en wynproe met Meerendal

12:45 Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Amanda Strydom, Mel die Storieverteller en Christo Davids

Aan tafel met en vriende!

Elke dag ontvou twee kuieroomblikke, waar welbekende

Suid-Afrikaners by die Checkers-kombuistafel aansluit vir vermaaklike gesprekke oor hartskos en lewensreise.

11:45 Met Desiré Gardner en Tobie Cronjé

Aanbieder Hannes van Wyk

14:15 Met Lizz Meiring en Chris van Niekerk

Aanbieder Hannes van Wyk

Klein Karoo Agri is opgewonde om in 2026 by die KKNK betrokke te wees. Kom kuier by ons en neem ’n foto by die CASE- en die Suzuki-uitstalling! Of kom sit rustig en geniet Vida e Caffè se koffies en lekkernye.

Aan tafel met Checkers 14:15 The Rocketzz New Generation 13:00

Aan tafel met Checkers 11:45 Kruger & Tutu 10:30 Rubber Duc 15:30 Karoo Pops 20:00 Jo Black 18:30 Karlien van Jaarsveld 17:00 Checkers Kuierverhoog vanaf 10:30 • Feesmark-verhoog MÔRE

Eloff (20:45) • Majozi (19:30) • Karin Kortje en Robin Pieters met G-Minor (18:15) • Jodi Jantjies (17:00) • Christia Visser (15:30) • Aan tafel met Checkers (14:15) • Prop (13:00) • Aan tafel met Checkers (11:45) • Tino (10:30) Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie

liewe jinne, ons bring jou dinge

Kom besoek ons by die fees!

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook