

Feeskoerant

Inligting, opinies en resensies

KKNK 30: Vier fees, word verbyster! Opwinding, waagmoed, kreatiwiteit. En elke nou en dan snak jy na jou asem. Suiwer akrobatiese teater. Dit is presies wat Zip Zap Circus: MOYA vir feesgangers bied. Met die Reënboognasie as tema, en die verkenning van die veelkleurige mikrokosmos van Suid-Afrika, is dit voorwaar ’n viering van wie ons is en wat ons vermag – kwalik meer gepas vir die KKNK se 30ste verjaardag. Slegs twee vertonings: 28 en 29 Maart om 11:00 in die Absa Burgersentrum. Moet nie die seldsame geleentheid misloop om hierdie verbysterende talent van die Zip Zap Circus in hul KKNK-debuut te beleef nie. Foto: Joan Ward


Kom geniet Aan Tafel met Hannes & Vriende.
Daagliks by die Checkers Kuierverhoog.
Kom besoek ons by die fees!
FEES VANDAG SÓ



TONEEL & STAND-UP
9:00 Granaatsap
9:30 Spoel
10:00 Rondomtalie / Marry-go-round 11:00 Beste van alle tye
11:00 Boklied
11:00 Die ‘Real Housewife’
11:00 Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene
11:00 Zip Zap Circus: MOYA
13:00 Filled
13:30 Jakob
14:00 Boesman en Lena
14:30 Internet Sensasie 2.0
16:00 Jammer vir die podcast
17:30 Pas
18:00 Hortjies dig: Die storie van digter Peter Blum
18:00 Oepsie
18:00 The Ugly Noo Noo
18:30 Ouma en die ou koeie
20:00 Effens anders
20:00 Ganga Nyoko! Inzima Nyoko! 22:00 Messy
MUSIEKTEATER
10:00 Jak de Priester: 25 jaar van songs
10:00 Willie Strauss: Tong in die quiche
13:00 A Victor Borge Tribute
13:30 Soos ’n lafenis
14:30 Die lewe en die langpad
16:30 MOORDBALLADES
16:30 Woordenaar
19:30 Die siel van Eugène Marais
VISUELE KUNS
9:00 Kiekies
12:00 Kunsuitstallings open

Skandeer dié QR-kode VIR DIE VOLLEDIGE PROGRAM

GRATIS GESPREKSREEKSE
KKNK Boekstories
10:30 Klein konings met Theo Kemp

12:00 Van ’n afstand af met Koos van der Merwe
14:30 Vredemaker met Reggie Peace
16:00 Eerlike digkuns met Antjie Krog, Bibi Slippers en Danie Marais
Praat Saam met Netwerk24 en Die Burger
8:30 Vir wie moet Oudtshoorn in 2026 stem?, met gespreksleier Jody Hendricks
Storievertel
16:00 Die spoor van ’n storie, met Pietman Geldenhuys en gaste onder andere Poem Mooney
KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL
7:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring
8:00 Historiese wandeltoer
10:00 Miniatuur-herinneringe: ’n Borsspeld-werksessie
11:00 Brousels en baksels
11:00 Olyf tot olyfolie
11:00 Wildehondekloof: Fynbos-fynproe
12:30 Te Heerlik: Tee-en-smaak-ervaring
14:00 Olyf tot olyfolie
15:00 Brousels en baksels
20:00 Sterrekyk in die Klein Karoo
Navigating the 30th KKNK for NON-AFRIKAANS SPEAKERS


SCAN FOR ENGLISH WEBSITE

JAK DE PRIESTER: 25 JAAR VAN SONGS BOESMAN EN LENA


Bekroonde ‘Karoo Kaarte’ woeker al 5 jaar, gee Oudtshoorn-stories lewe
Deur Diane de Beer
Karoo Kaarte is vanjaar vyf jaar oud en beslis een van die troefkaarte van die KKNK. Dit is pas weer bewys toe die projek by die onlangse kykNET Fiësta-toekennings ’n Blou Fiësta gewen het vir uitsonderlike werk.
Transformasie was een van die groot drome van wyle dr. David Piedt, ’n voorsitter van die KKNK en geliefde inwoner van Oudtshoorn, en iets wat met groot vrug in die uitvoerende en visuele kunste toegepas kan word. Die Karoo Kaarte-projek is juis begin om te verseker dat die kunstefees die hele gemeenskap omhels.
Die kern is die stories waarom alles draai: Uiteenlopende Oudtshoorn-stories wat orals opgediep word en wat uiteindelik deel word van ’n lewende argief.
Van die begin af het die projek uitgestaan en bewys dit gaan baie doen om Piedt se droom te bevorder.
Twee briljante kunstenaars met koppe wat regstaan vir enigiets en slim dink, is hiervoor verantwoordelik: die teatermaker Neil Coppen en die visuele kunstenaar Vaughn Sadie. Hulle het seker gemaak hulle is nie die spil waarom alles draai nie. Die sukses sou afhang van die bemagtiging van die hele Oudtshoorn. En die kunste sou die hoofspeler wees om die stories van die Oudtshoorn-gemeenskap meer inklusief aan te bied.
Storievertelling is hulle wapen en dit word slim en meerdoelig aangewend.
Die hele gemeenskap is aangemoedig om deel te neem aan dié grootse projek, wat eerstens met navorsing begin het en met die fokus op inwoners wat hul stories oorvertel.
Die doel was om alle inwoners eienaarskap te gee en ’n gevoel van samesyn te ontwikkel. Met Suid-Afrika se verwikkelde verlede het elke dorpie en gehuggie oor die land heen sy eie gebreke en uitdagings wat nie sonder ’n hupstoot en daadwerklike betrokkenheid gaan verdwyn nie.
Coppen en Sadie het die kunste op verskeie maniere ingespan om ’n revolusie te ontketen, gebou op samehorigheid en ’n gedeelde erfenis.
Daar is veral klem gelê op elkeen se individuele rol wat hulle in die dorp gespeel het en sou wou speel.
Dit is ook waar die sukses van Karoo Kaarte lê: Dit word bestuur deur mense wie se harte en arms oopstaan om almal van die gemeenskap te betrek wat betrokke wil raak.
Elke jaar is die opwinding onder die deelnemers en gehore groot om te sien waarmee die span en inwoners hierdie keer vorendag gaan kom. En jaar ná jaar trek Coppen en Sadie en die deelnemende gemeenskap nog ’n haas uit die hoed wat gehore en kykers se asem wegslaan.
Die aanbiedings trek groot aandag met Karoo Kaarte wat ’n sterk komponent van die fees geword het. Groot talent is blootgelê en Oudtshoorn het besef dat die fees se kunstenaars nie almal van ver kom nie. Baie is deel van die dorp en hulle kry nou die beurt om te skitter.
Om alles te kroon het 2023 se inspirerende fisieketeaterproduksie Droomkraan Kronieke, wat fokus op kinderspeletjies en drome, talle gehoorlede (en beoordelaarspaneellede) se harte gesteel.


Die verbeeldingryke spel en stories het tot ’n welverdiende tweede Herrie-prys gelei.
Verandering is moeilik om te bewerkstellig, maar met kreatiwiteit en die kunste aan jou kant, is die doelwit haalbaar.
En ja, hierdie span en die hele gemeenskap wat betrokke is, asook die feesbestuur, kan maar breëbors wees oor die Blou Fiësta wat hulle verlede week ontvang het.
Wat die Karoo Kaarte-projek uitstaande maak in die feestelandskap is die volhoubaarheid, die voortgesette betrokkenheid en die omvattende optekening van ’n inklusiewe geskiedenis.
Lees meer oor die projek in die feesgids en maak ’n punt daarvan om Karoo Kaarte se teaterproduksie Spoel in die Laerskool Wesbank-teater te gaan kyk en ’n draai te maak by die kunsuitstalling Kiekies in die Karoo Kaarte-galery (langs die Oudtshoorn Toerismekantoor).
Karoo Kaarte is ’n KKNK-projek, ondersteun deur die Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds, Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport en Oudtshoorn-munisipaliteit.

Groot Afrikaanse musieksterre het eerste treë op KKNK-verhoë gegee
Deur Ilza Roggeband
Laurika, Nataniël, Elzabé, Kerkorrel, Jannie en Christa, Amanda, onse Mimi en Lucas. Hulle almal was deel van die eerste KKNK in 1995. Ander name het in die volgende jare gevolg. Goosen, Kramer, Kombuis. Patricia Lewis en Jurie Els, Valiant Swart en Piet Botha.
In 2000 is daar drie groot buitelugkonserte: Afskop, Klein Karoo Pops en Kaktus. Daar is daardie jaar ook drie ander kleiner verhoë. In Baron van Reedestraat is daar ’n stegie waar jy afstap en die rokerige Tassenberg Stalteater vind. In die middel van die dorp, by die C.P. Nelmuseum, het RSG ’n verhoog waar daar elke dan en wan iemand sing. Op ’n klein lappie grond by ’n motorhandelaar, oorkant die Burgersentrum, slaan Huisgenoot vir die eerste keer ’n klein verhogie by die KKNK op. Die Stalteater is vir die rockers. RSG is meer middelmoot.
Huisgenoot is, om eerlik te wees, nog nie seker wat hulle daar maak nie. Ek stel die program saam en daar is die verhoog vir sangers, maar daar is ook die geleentheid om akteurs te ontmoet wat by die fees is. Twee totaal onbekende sangers tree op daardie klein verhogie op: Theuns Jordaan en Dozi. Al twee van hulle verkoop al die CD’s wat hulle saamgebring het binne dae uit.
Theuns se twee plekke op die program – die eerste Saterdag en die Donderdag – word ses plekke en soos die fees vorder, begin al meer feesgangers agter hom aanloop na daar waar hy sing. Teen die Saterdag is hy soos die fluitspeler van Hamlin met ’n skare wat hom agtervolg, so te sê so dat die sypaadjies voor die motorhandelaar volgepak staan.
Dis asof die Afrikaanse musiekbedryf in 2000 na ’n ander rat oorgeskakel het. ’n Fees soos die KKNK het vir kunstenaars deure oopgemaak wat nog nooit daar was nie. Huisgenoot gaan later die jaar ook Aardklop toe met ’n verhoog en in Oktober word Skouspel, met net backing tracks as begeleiding, vir die eerste keer by Sun City gehou.


In 2001 skuif Huisgenoot se verhoog na ’n oop stuk grond naby die Queen’s Hotel. Kurt Darren, Juanita du Plessis en Karen Zoid is van die nuwe name wat daar optree. In 2002 is Theuns, Dozi, Kurt en Juanita die groot trekpleisters by Afskop en Zoid is op Kaktus Nog nuwelinge volg in die vroeë 2000’s. Eden, Shine 4, Nicholis Louw, ddisselblom, Gian Groen, Fokofpolisiekar, Jan Blohm, Jak de Priester, Klopjag, Brandon October, Robbie Wessels, Abel Kraamsaal, Fredi Nest, Wicus van der Merwe, Emo Adams, Amor Vittone, Bok van Blerk...
Ja, ander feeste en optredes het gehelp, maar wanneer jy na die bloeitydperk van Afrikaanse musiek tussen 2000 en 2007 kyk, is dit die KKNK wat die grootste broeikas was. Soos die sangers en groepe meer geword het, en die platemaatskappye besef het dis ’n skatkis propvol goue munte, het die versoeke om by Huisgenoot op tree al meer geword. Om die program saam te stel was ’n uitdaging, maar om nuwe talent te hoor en net te wéét hulle gaan ’n sukses wees, was ’n vreugde.
Die KKNK het nie net vir nuwe kunstenaars blootstelling gegee nie, dit het hulle die geleentheid gegee om te groei en te leer. Dis een ding om voor 200 mense in ’n skoolsaal te sing, dis ’n heel ander ding om op ’n groot verhoog met groot klank voor 5 000 mense op te tree. Wie wat in die vroeë 2000’s as nuwelinge op die gratis verhoë gesing het, is vandag nog by ons? ’n Magdom. Talent, harde werk en deursettingsvermoë het hulle tot hier gekry, maar dankie aan die KKNK wat vir hulle die hupstoot na die eerste trappie van die leer van sukses gegee het.
Sit dít op jou lysie van die buitelugkonserte op die Feesmark: Voluit Openingskonsert (28 Maart om 20:00), Kaktus (2 April om 17:00) en Karoo Pops (29 Maart om 20:00).





FOTOS: HANS VAN DER VEEN • HIERDIE FOTO’S EN VELE ANDER UIT DRIE DEKADES VAN KKNK IN VANJAAR SE FEESGIDS.
Johannes Kerkorrel
Karen Zoid
Theuns Jordaan
Amanda Strydom
Die stilte, en toe: ‘Hier kom die mense!’
Deur Ilza Roggeband
“Ek onthou dat die dorp en die eerste brawe kunstenaars gereed was vir aksie, maar die paaie was stil. Ek en ’n kollega het op die Queen’s Hotel se stoep gesit en begin bekommerd raak. Ná ’n paar uur se naels kou, het die karre uiteindelik begin aankom.
“Ek het opgespring en my baas, Andrew Marais, wat die hoof van die skakelafdeling by Naspers was, op die landlyn gaan bel en gegil: ‘Hier kom die mense! Hier kom die mense!’ ”
Só onthou Anet Pienaar-Vosloo die aand voor die eerste Klein Karoo Nasionale Kunstefees, wat amptelik op 7 April 1995 afgeskop het.
Haar herinneringe aan die KKNK loop wyd. “Ek onthou tannie Rosie Schoeman, ’n formidabele vrou, wat, soos van die ander, ’n sterk persoonlikheid en mening gehad het. Direksievergaderings waar die vonke gespat het, maar ons is altyd as vriende uitmekaar.
“Ek onthou hoe ek, Karen Meiring (feesorganiseerder) en ’n kollega in die middel van die dag klere en al in die hotel se swembad gespring het. Ek dink ook met groot dankbaarheid aan Nic Barrow, een van die stigterslede van die KKNK, en sy elegante vrou, Ferda, wat soveel swier en elegansie aan die fees gegee het.”
Anet was in 1996 instrumenteel in die begin van Krit, die KKNK se eerste feeskoerant. “Krit was een groot plesier,” onthou sy.
“Ons het ’n jong maar briljante joernalis, Stefanie Hefer, gevra om die uitdaging as redakteur aan te pak. Sy het ’n paar gewillige joernaliste oortuig om haar by te staan. Een van hulle was Jan-Jan Joubert. Ek kan in my geestesoog nog sien hoe hy van vertoning na vertoning amper galop met sy notaboekie in sy hand.
“Maar Jan-Jan was ook die rede dat ’n baie vooraanstaande kunstenaar my ’n opstopper wou gee. Ek sit nog ewe jollie op die Queen’s Hotel se stoep – dit was my kantoor – toe die man, gebalde vuis en wit kneukels, op my afstorm en sê: ‘As jy ’n man was, het ek jou vandag gedonner!’ My mond het oopgeval. Hy was bitter ongelukkig oor ’n mening oor sy produksie in Krit, iets waarmee ek as die koerant se sakebaas niks mee te doen gehad het nie.”
Vanjaar sien sy uit na die opelugkonserte, kunsuitstallings, asook ’n hele paar vertonings en die boeketent, “wat ons altyd met oorgawe ondersteun”.
En haar droom vir die toekoms van die KKNK? “Dat ons kinders en kleinkinders die tradisie van die KKNK sal uitbou en dat dit –soos vir ons – hul verbeelding aangryp en hul lewens verryk.”


Anet Pienaar-Vosloo en die jong redaksielede van Krit, die KKNK se feeskoerant wat die eerste keer in 1996 verskyn het.


KKNK het ‘mense gelig uit moedverloor se vlakte’
Ton Vosloo, beskermheer van die KKNK, se betrokkenheid by die fees strek nog verder terug as die meer as 30 jaar gelede se triomfantelike geboorte ... Van die tyd toe daar oral aan deure geklop is om die droom van die eerste Afrikaanse fees op Oudtshoorn ’n werklikheid te maak.
Vosloo vertel: “Toe Nic Barrow en Andrew Marais meer as 33 jaar gelede na my toe gekom het om steun te werf vir die embrio van ’n kunstefees op Oudtshoorn, het ek nie geldelike steun in my kop gehad nie, maar die aura van die dorp Oudtshoorn.
“As koerantman het ek jare tevore dae omgesit in die streekhof om misdadigers in ’n bedrogsaak se verweer aan te hoor. Die hof sit ’n paar uur en dan het jy tyd om die dorp te verken. So het ek langs die hangbrug oor die Grobbelaarsrivier gestap, die sogenaamde volstruishuise bekyk – die weelde-wonings in die boomryke woonbuurte – en die atmosfeer van Langenhoven ingeadem.
“Vir my was dit as uitvoerende hoof van Naspers maklik om ’n fris skenking te beloof om die eerste Klein Karoo Nasionale Kunstefees van stapel te stuur. Die woord Nasionaal in die naam het niks te make met Naspers nie, maar die wens dat die nasionale Afrikaanse kunstefees ons mense sal uitlig van moedverloor se vlakte waarop ons ná die totale politieke omwenteling van 1994 verkeer het.
“Dit het die KKNK reggekry en vir my was die seën daarop toe pres. Nelson Mandela in 2001 as ons gas op die KKNK die seën oor Afrikaans in ons landsbestel uitgespreek het.
“Die KKNK het geblom en etlike ander Afrikaanse feeste het daarna hul buiging gemaak. Die KKNK is trots Afrikaans, met liefde, soos die digter Adam Small dit verwoord in sy boek Die eerste steen?:
RSG en ATKV-Kuierkol
RSG en die ATKV se Kuierkol is terug by die KKNK en beslis dié plek om te wees vir die KKNK se 30ste verjaarsdag! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers en geniet die heerlike versnaperings wat rondom die Kuierkol beskikbaar is. Maak ’n draai, ons sien jou daar!
“Toe ek ’n kind was het ek gehaat soos ’n kind Maar nou dat ek ’n man is, het ek lief soos ’n kind. As daar nou swart en bruin en wit bly, Dan is die grootste hiervan vir my die liefde.”

Dié kuierplek vir elke iemand!
In die Netwerk24-feeskafee by die C.P. Nel-museum
Vanaf 22:00 tot laat

09:00 Begin jou dag saam met RSG
10:00 Regstreeks op RSG: Saterdag Sprankel met Sue Pyler-Slabbert
13:00 Oompie gaan met vakansie
13:30 Lientjie Sothmann
14:00 Oom Karoolus en Lente
14:30 BAZOO, die vriendelike bergskilpad
15:00 Blaaskansie
16:00 Reggie Peace
17:15 Dierbaar
18:30 Kruger & Tutu
19:45 Derek Slam Jam
20:30 Ultra-Mal


Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie
IN DIE FEESMARK

Kom fees voluit tot jy voos is by die Klein KKNK-teater!
10:30 Hou die wêreld vas 13:00 Kaskenades! 11:30 LAPA Lekkerleesminuut 15:30 Skoenlapperhart / Serurubele

Agt uiteenlopende 20-minuut-blitsvertonings vorm deel van hierdie jaar se Blitsteater. Kom sluit aan vir teater wat jou aan die skouers gryp en stukkie vir stukkie losskud uit die alledaagse. Vars. Vinnig. Verniet.
11:00 Met die maan gepla & Veer
11:30 Dom, Pasop! & Haasvoël
12:00 Met die maan gepla & Veer
12:30 Dom, Pasop! & Haasvoël
15:00 Badtyd & Wag, wat?
15:30 Apple & Excerpts / Uittreksels
16:00 Badtyd & Wag, wat?
16:30 Apple & Excerpts / Uittreksels









Elke dag ontvou twee kuieroomblikke, waar welbekende Suid-Afrikaners by die Checkers-kombuistafel aansluit vir vermaaklike gesprekke oor hartskos en lewensreise.
ABSA KUIERKAMER
Kom vier drie dekades van kuns, kultuur en klank by die Absa Kuierkamer. Hier wag ’n ruimte waar verbeelding, samekoms en musiek mekaar vind.
12:00 Kaas- en wynproe met Meerendal
12:45 Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Margit Meyer-Rödenbeck, Lizz Meiring en Chris van Niekerk
Klein Karoo Agri is opgewonde om in 2026 by die KKNK betrokke te wees. Kom kuier by ons en neem ’n foto by die CASE- en die Suzuki-uitstalling! Of kom sit rustig en geniet Vida e Caffè se koffies en lekkernye.



11:45 Met Annelisa Weiland en Brendon Daniels
Aanbieder Hannes van Wyk
Aan tafel met en vriende!
14:15 Met Danie Reënwolf en Deon Lotz
Aanbieder Hannes van Wyk








Vrydenk
28 MAART
14:15
Posduif 13:00 Aan tafel met Checkers Bacchus Nel en sy Bra’s 10:30




(20:00)

Checkers Kuierverhoog vanaf 10:30 en om 22:00 Feesmark-verhoog 20:00
















