Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Lewensoriëntering
Fasiliteerdersgids
Graad 9
Aangepas vir KABV
LM van der Walt Í2)È-A-LIO-FG01`Î
ROOSTER EN TYDSBESTUUR
Daar is by elke les ’n aanduiding van die tydsduur wat dit in beslag moet neem. Elke les is ook so saamgestel dat dit oor ’n tydperk van twee weke gedoen kan word.
Daar moet ook vir die Liggaamsopvoeding tyd ingeruim word elke week.
Die tydstoekenning vir Lewensoriëntering is twee ure by week. Een uur per week word aan Liggaamsopvoeding spandeer en die oorblywende uur sal tussen die vier ander onderwerpe verdeel word. Dit beteken dat 70 uur beskikbaar is vir die onderrig van Lewensoriëntering. Dit sluit eksamentyd uit. ’n Vaste periode per week moet aan
Liggaamsopvoeding toegeken word.
Gewigswaarde van die onderwerpe soos geneem uit die KABV.
Lewensoriëntering
ASSESSERINGSVEREISTES
Assessering is ’n deurlopende proses om die leerders se vordering te monitor. In Lewensoriëntering word sekere vaardighede vereis. Dit sluit besluitneming, kommunikasie, selfgelding, onderhandeling, doelwitstelling, probleemoplossing en kreatiewe denke in.
Leerders word op twee wyses geassesseer:
1) Informele assesseringstake
Dit vind plaas tydens die onderrigproses. Dit is gewoonlik die aktiwiteit wat voltooi moet word aan die einde van elke les.
2) Formele assessering
Alle assesseringstake wat deel vorm van die formele assesseringsprogram vir die jaar, word as formele assessering beskou. Dit word formeel nagesien deur ’n nasiener en opgeteken. Geen aktiwiteit in die handleiding is vir formele assessering nie. Verwys asseblief na die portefeuljeboek vir alle formele assesserings. Die fasiliteerder merk die take self.
ASSESSERINGSPROGRAM
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 3
Taak 1
Skriftelike Taak LOT
Taak 2 Junie-eksamen LOT
Taak 3 Projek LOT
Assesseringsinstrument vir die LOT-take
Kriterium 1:
Gereeldheid van deelname (20 punte)
0% = 0 punte
1 – 5% = 1 punt
6 – 10% = 2 punte
11 – 15% = 3 punte
16 – 20% = 4 punte
21 – 25% = 5 punte
26 – 30% = 6 punte
31 – 35% = 7 punte
36 – 40% = 8 punte
41 – 45% = 9 punte
46 – 50% = 10 punte
51 – 55% = 11 punte
56 – 60% = 12 punte
61 – 65% = 13 punte
66 – 70% = 14 punte
71 – 75% = 15 punte
Taak 4 Novembereksamen LOT
76 – 80% = 16 punte
81 – 85% = 17 punte
86 – 90% = 18 punte
91 – 95% = 19 punte
96 – 100% = 20 punte
STUDIEWENKE EN -METODES
Lewensoriëntering as vak maak baie staat op die leerders se eie insigte en ondervindinge. Die fokus van die vak is om die leerders gereed te maak vir die volwasse lewe daar buite. Daar is dus nie baie feite in die lesmateriaal wat gememoriseer moet word nie. Dit sal egter die leerders bevoordeel om die onderwerpe te gaan navors en sodoende nog meer kennis te bekom.
JAARPLAN
1 1 Lewenstylkeuses
2 Seksuele gedrag en seksuele gesondheid
3 Tydsbestuurvaardighede
2
3
4
SAMPLE
4 Kwessies wat verband hou met burgerregte enverantwoordelik-hede
5 Grondwetlike waardes en rolmodelle
6 Beskikbare opsies nadat graad 9 voltooi is
7 Loopbane en vakkeuses
8 Konsep: vrywillige diens
9 Gesondheids- en veiligheidskwessies wat verwant is aan geweld
10 Verskaffers van studie- en loopbaanbefondsing
11 Bydraes van verskillende religieë tot die bevordering van vrede.
12 Sportetiek in alle fisiese aktiwiteite
13 Uitdagende situasies: Depressie, hartseer, verlies, trauma en krisis
1
LIGGAAMSOPVOEDING
Eenheid 5 KWARTAAL LES
Veiligheidskwessies wat verband hou met fiksheidsaktiwiteite
Deelname aan aktiwiteite wat die liggaamlike gesondheidsvlak verbeter.
2
3
4
Veiligheidskwessies wat verband hou met sportdeelname.
Deelname aan en uitvoering van ’n spelplan vir individue of ’n spansport.
Veiligheidskwessies wat verband hou met bewegingsaktiwiteite.
Deelname en afronding van eie en portuurgroep se uitvoering van bewegingsaktiwiteite.
Veiligheidskwessies wat verband hou met buitelugontspanningsprogramme
Deelname en uitvoering van beweging tydens ’n buitelugontspanningsprogram: STAP EN VOETSLAAN.
EENHEID 1 Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk
LEERDOELWITTE:
Nadat die eenheid voltooi is moet die leerder:
Die invloed van die media, omgewing, vriende, gesin, kultuur en religie op persoonlike lewenstylkeuses identifiseer.
Ingeligte besluitnemingvaardighede kan toepas.
Selfversekerd en selfgeldend kan optree.
Risikofaktore wat kan lei tot ongesonde seksuele gedrag kan identifiseer.
Die gevolge van ongesonde seksuele gedrag kan herken.
Strategieë implementeer om ongesonde seksuele gedrag te hanteer
Bewus te wees van plekke waar hulp ontvang kan word.
Vaardighede ontwikkel om hul werk te kan bestuur en tyd doeltreffend kan benut.
Te kan lees en skryf vir verskillende redes.
INLEIDING
Dit is belangrik vir die leerder om die lewensvaardighede wat hul aanleer te gebruik om hul persoonlike potensiaal te gebruik en ontwikkel. Dit stel die leerder in staat om doeltreffend te reageer op die uitdagings wat die wêreld om hul stel. Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en liggaamlike verandering. Dit is belangrik vir die leerder om te kan bou aan ’n positiewe selfbeeld en aanvaar te word deur hul portuurgroep. Die eenheid stel die leerder in staat om nog verdere lewensvaardighede te ontwikkel. Dit help ook die leerder om ’n emosionele intelligensie te ontwikkel wat hul sal bemagtig om uitdagings te kan hanteer. Hierdie eenheid bied nuwe kennis ter aanvulling van die vorige graad se werk.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
By elke les kan die DEFINIEER blokkie geraadpleeg word vir nuwe terme.
Elke les is so saamgestel dat jy rustig daardeur kan werk en dan is daar vrae aan die einde van die les. Die vrae toets jou begrip van die leerstof. Daar is ook by sommige lesse vrae wat jou insig toets en toepassingsvrae om jou te help om die vereiste uitkomste te bemeester. Daar is by elke les vir jou ’n tydsaanduiding. Dit is die aanbevole tydsduur wat jy het om die les deur te werk en jou vrae te voltooi.
Verdere inligting in verband met navorsing oor rook:
Geskiedenis van tabak
SAMPLE
Tabak is al gebruik voordat die Europese nedersetters in Amerika geland het. Die Indiane het vredespype gerook. Die tabak is as ruilmiddel gebruik. Hulle het geglo dat tabak ’n geskenk van die gode is. Hulle glo dat as jy die rook uitasem, dit jou gebede en gedagtes hemel toe dra. In die Weste is die rook van tabak as ’n teken van manlikheid beskou.
Tabakproduksie
Tabakblare word versigtig gedroog, want dit bepaal die kwaliteit van die tabak. Die stysel in die blare sit om in suiker, tydens die drogingsproses. Die groen blare verkleur nou stelselmatig in skakerings van bruin. Sigare word vervaardig van luggedroogde tabak.
Pyptwak word vervaardig van tabak wat oor ’n vuur gedroog word. Dit bevat min suiker en baie nikotien. Sigarette word van songedroogde tabak vervaardig. Dit bevat min suiker en nikotien.
Die gevare van rook
Nikotien maak die tabakrook gevaarlik. Dit is ’n vloeibare, giftige stimulant wat in die tabakblare voorkom. Die mens raak verslaaf aan rook. Dit is ’n kalmeermiddel, maar lei tot hoë bloeddruk.
Die teer in die sigaret benadeel ’n persoon se longe. Dit is dikwels die oorsaak van longkanker.
Die koolstofmonoksied in rook veroorsaak slagaarverdikking en kan ’n hartaanval of beroerte veroorsaak.
Swanger vroue moet glad nie rook nie, want dit is nadelig vir die ongebore baba.
Rook en jongmense
Sigarette het ’n baie negatiewe uitwerking op jongmense. Al die bogenoemde nadele beïnvloed ook jongmense. Maar daar is ander faktore wat veral vir tieners nadelig kan wees. Jou fiksheid word
veral aangetas. Rokers kan nie fisies so goed presteer soos voorheen nie. Sportmense kom gou agter dat rook hulle longkapasiteit beperk tydens deelname.
Rook laat die hartklop versnel en die roker hoes al hoe meer. Tieners wat rook is 3-5 keer meer geneig om alkohol te gebruik as nie-rokers. Kinders onder 18 mag volgens wet nie rook nie.
AKTIWITEIT 1:
Merk die vrae soos beantwoord deur die leerling. Gebruik eie diskresie. Vereenselwig jouself met die TV-program wat die leerder gebruik het. Dit sal jou help in die nasien van die vrae. [30]
1.2. Les 2: Seksuele gedrag en seksuele gesondheid (4 ure)
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Daar is volledige inligting op die webblad: www.mieliestronk.com Tik in by die SOEK opsie: MIV/Vigs
AKTIWITEIT 2:
SAMPLE
2.1.1) Meisies moet die skool verlaat en voltooi nie hul skoolloopbaan nie.
2) Baie tieners kan nie hulle babas versorg nie en dit lei tot kinderverwaarlosing en mishandeling.
3) Dit plaas stremming op die tiener en sy of haar ouers as gevolg van die swangerskap.
4) Dit kan lei tot alkohol en dwelmmisbruik, as gevolg van die stres wat dit plaas op die tiener.
(enige ander geldige mening/nagevolg kan reggemerk word, as dit relevant is en sin maak – gee punte vir enige drie gevolge genoem) (3)
2.2. Leerder se eie opinie is belangrik. Nasiener gebruik eie diskresie. Gee punte
vir enige drie relevante en geldige stellings. (3)
2.3. Die volgende vier is korrek:
• Seksuele kontak
• Bloed
• Swanger vrou dra dit oor aan haar baba
• Met geboorte en borsvoeding (4) [10]
1.3. Les 3: Tydsbestuursvaardighede (3 ure)
AKTIWITEIT 3:
1. Die onderstaande tydrooster is slegs ’n voorbeeld. Die leerder kan dit op enige wyse opstel. Die opdrag tel nie vir assessering nie.
2. Die onderstaande is slegs ’n voorbeeld van EEN dag se joernaalinskrywing. Die leerder moet ’n week se inskrywings doen. Gaan aan die einde van die week met die leerder deur die inskrywings. Vra vrae soos: hoe het dit gevoel om dit te doen? Het dit gehelp om sekere emosies te verwerk? Sal die leerder aanhou om dit te doen en waarom?
Maandag 7 Maart
Ek het vandag maats gemaak met die nuwe seun wat langs ons ingetrek het. Hy was baie gaaf. Sy naam is André. Hy kom van die buiteland af Hy sê dat hy my nog alles sal vertel van sy vorige land.
Ons het by my ouma gaan kuier. Sy was baie siek en voel nou beter. Dit was lekker om met haar te gesels.
Ek het klaar al my skoolwerk gedoen, en gaan nou slaap. (15)
Merk die joernaal volgens die volgende assesseringstabel: 1
Nie bereik
Leerling het een volledige week gedagboek
Leerling toon vermoë om sinvol sy of haar dag te beskryf
Leerling gebruik woordeskat wat op sy of haar ouderdomsvlak is Leerling toon vermoë om gevoelens uit te druk
Leerling het goeie en omvattende dagboek geskryf
Gedeeltelik bereik 3 Uitstekend bereik
OEFENING 1.6: OOPBOEKTOETS
Gebruik die assesseringstabel om die leerling se opstel na te sien. Gebruik jou eie diskresie. Die leerling se opinie is belangrik. Die leerder moet insig toon in wat hul uit die les geleer het.
Leerling toon insig in die onderwerp
Leerder se gedagtes volg logies op mekaar
Leerling se woordeskat is relevant tot die opdrag
Leerder gee goeie geldige redes
Leerder het genoegsame kennis van die onderwerp
Nie bereik 2 Gedeeltelik bereik 3 Uitstekend bereik
EENHEID 2 Grondwetlike regte en verantwoordelikhede en die wêreld van werk
LEERDOELWITTE:
INLEIDING
SAMPLE
Nadat die leerder hierdie eenheid voltooi het, moet die leerder in staat wees om die volgende te doen:
Die konsep van burgerregte en verantwoordelikhede verstaan.
Ander mense, soos gestremdes en HIV-lyers te respekteer.
Kennis hê van die betekenis van die viering van ons nasionale dae.
Kan deelneem aan die viering van ’n nasionale dag.
Kan onderskeie tussen positiewe en negatiewe rolmodelle.
Die verkillende opsies verstaan wat daar bestaan nadat graad 9 voltooi is.
Die eenheid handel oor ons grondwetlike regte, asook die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan. Ons gaan kyk wat jou regte as burger van hierdie land is en ook hoe jy ander mense se burgerregte moet respekteer. Dis veral mense wat gestremd is of HIV/Vigs het wat deur die samelewing verwerp word.
Ons gaan ook kyk na die viering van ons nasionale dae. Ons het dit reeds behandel in graad 8, maar ons gaan hierdie jaar ook ’n paar ander dae byvoeg, soos internasionale gedenkdae, asook dae wat aan gesondheidskwessies afgestaan word.
Ons gaan ook kyk na die invloed van rolmodelle in ons lewens, en veral in die leerder se lewe as tiener. Dit is belangrik dat die leerder kan onderskei tussen positiewe en negatiewe rolmodelle. ’n Persoon wat positiewe rolmodelle het in sy/haar lewe is ook self later ’n positiewe rolmodel vir ander.
Laastens kyk ons na die opsies wat die leerder het nadat hy/sy graad 9 voltooi het. Die eerste opsie is om graad 10 tot 12 te voltooi en die Nasionale Senior Sertifikaat (Matriek – graad 12) te behaal. Die leerder verlaat dus nie die skool nie.
Die tweede opsie is om ’n Nasionale Vaardigheidsertifikaat te behaal deur ’n kollege. Dit beteken dat die leerder skool verlaat nadat hy/sy graad 9 voltooi het, en dan aan ’n NCV of VOO-kollege sy sertifikaat behaal.
Ons kyk ook na die verantwoordelikhede en die geleenthede binne die werksomgewing. Dit is belangrik om ook die verantwoordelikhede na te kom teenoor die werkgewer en kollegas en ook om die geleenthede raak te sien en te ontgin.
2.1. Les 4: Burgerregte en verantwoordelikhede (2 ure)
AKTIWITEIT 4:
Geen aktiwiteit in Eenheid 2 tel vir assessering nie. Die Junieeksamen is die enigste punte saam met die LOT wat tel vir die kwartaal.
Die aktiwiteit is dus net vir pret, maar dit is nodig dat die leerder dit doen, om sodoende die kennis en insig te toets wat die leerder deur die les opgedoen het.
Die leerder moet sy/haar eie nasionale dag beplan. Kontroleer na aanleiding van die voorbeeld of die leerder aan al die vereistes voldoen:
Kies ’n naam vir jou dag soos: NASIONALE KUIKENDAG
Kies ’n datum soos: 12 MEI
Skryf ook jou missie neer: OM MENSE BEWUS TE MAAK VAN DIE WREDE OMSTANDIGHEDE WAARAAN KUIKENS ONDERWERP WORD OP SOMMIGE HOENDERPLASE.
Ontwerp ’n embleem wat jou dag verteenwoordig
Skryf neer wat jy vir die dag beplan:
SPREKER
KUIKENS OM TE VERTOON VIDEO WYS VAN KUIKENMISHANDELING.
2.2. Les 5: Grondwetlike waardes en rolmodelle (3 ure)
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Die leerder gaan doen navorsing oor nasionale en internasionale rolmodelle wat verkeerde goed gedoen het.
Die leerder kan ’n lys maak van enige rolmodelle soos hulle verkies. Die volgende inligting het ek gekry op die webwerf www.schoolsportnews.co.za.
SAMPLE
In vandag se lewe kyk kinders veral op na sporthelde as hulle rolmodelle. Veral jong kinders kyk op na die persone en wil graag soos hulle wees. Dit gebeur ongelukkig dat rolmodelle ons teleurstel en dinge doen wat nie aanvaarbaar is nie. Die volgende is ’n aantal sulke voorbeelde:
1) In 1996 by die Atlanta Olimpiese Spele, is die Ierse swemmer Michelle Smith daarvan verdink dat sy verbode middels gebruik het om haar prestasie te verbeter. Sy is in 1998 vir vier jaar verban uit swemdeelname toe sy positief getoets het vir verbode middels.
2) Joost van der Westhuizen is ’n voormalige SA rugbyspeler en held van vele! Februarie 2009 het die storie gebreek van hom wat onwelvoeglike dade pleeg met ’n gesellin en dwelms gebruik. Dit het baie mense, veral kinders se harte gebreek. Joost het agterna om verskoning gevra vir sy aksies en het sedertdien weer sy reputasie stadigaan opgebou.
3) Tiger Woods is ’n puik gholfspeler van Amerika. Baie jong seuns het gehoop om soos hy te wees. In Desember 2009 het sy vele buite-egtelike verhoudings op die lappe gekom.
4) Oscar Pistorius het met sy bootongeluk leë bottels drank in sy boot gehad. Hy het egter skotvry daarvan afgekom. Sy optrede was egter nie korrek nie, en baie mense was geskok in hulle held.
AKTIWITEIT 5:
Die aktiwiteit tel nie vir assessering nie. Die leerder moet ’n lys maak van die eienskappe in ’n rolmodel wat hulle as belangrik beskou, en die rede daarvoor gee. Laat die leerder ook die naam van sy/haar rolmodel neerskryf en die keuse motiveer.
Die fasiliteerder kan dan saam met die leerder na sy/haar werkstuk kyk, en daaroor gesels. Toets die leerder se kennis en insig en sy/haar opinie ten opsigte van rolmodelle.
Die volgende kan u dalk help in u besprekings met die leerder.
Eienskappe van goeie rolmodelle:
1) Passie en die vermoë om te inspireer.
2) ’n Duidelike stel waardes en norme.
3) Toon ’n verbintenis tot opbou van die gemeenskap.
4) Onselfsugtigheid en die aanvaarding van ander sonder vooroordele.
5) Die vermoë om krisisse of struikelblokke te oorkom.
Hoe weet ek dat ek ’n goeie rolmodel kies?
1) Gaan kyk na alles wat die persoon in sy/haar lewe gedoen het. Het die persoon ’n bydrae gelewer tot die lewenskwaliteit van ander mense?
2) Volg die persoon se doen en late. Lees op oor die persoon se aksies in die gemeenskap.
3) Die persoon het dieselfde morele waardes en norme as jyself. Julle deel dieselfde sake van belang.
4) As die persoon dalk baie slegte goed begin doen, sal dit beter vir jou wees om die persoon nie meer te idealiseer nie.
2.3.
Les
6:
Beskikbare
opsies nadat graad 9 voltooi is (3 ure)
AKTIWITEIT 6:
Die aktiwiteit tel nie vir assessering nie.
Die leerder moet in tabelvorm die voor- en nadele opweeg tussen die twee opsies, 1) NSS en die 2) NVS kwalifikasies.
Bespreek die leerder se antwoorde. Die onderstaande is slegs ’n riglyn. Die leerder kan ook sy/ haar eie voor- en nadele opweeg.
NSS
NVS VOORDELE NADELE VOORDELE NADELE
Hoef nie skool te verlaat nie
Jy bereik vasgestelde leeruitkomste
Moet al drie jare se leeruitkomste bereik
Vakke moet so gekies word dat dit jou beroepskeuse ondersteun.
Kan universiteitstoelating kry.
SAMPLE
Het tyd om nog te besluit oor ’n beroep.
As jy ’n jaar druip kan dit moontlik jou kanse van universiteitsstudie benadeel.
Jy kan skool verlaat.
Jy kan dadelik jouself oplei vir die beroep van jou keuse.
Jy kan nou onafhanklik raak en jou eie besluite neem.
Jy moet skool verlaat
Dit is moeilik om te verander as jy nie die beroep meer wil volg nie.