Gr 9-Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-Fasiliteerdersgids

Page 1


Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

EBW-woordeboek: Die EBW-woordeboek is daar sodat leerders die begrippe elke kwartaal kan hersien. Fasiliteerders mag slegs hierdie bladsy kopieër.

EBW-woordeboek vir kwartaal : Naam:

Terminologie Bladsynommer Definisie

Afdeling A

Riglyne vir die onderrig en nasien van EBW

Riglyne vir die onderrig en nasien van EBW

Inleiding

EBW is ’n praktiese vak wat leerders aan die kommersiële wêreld rondom hulle blootstel. Dit stel hulle ook bekend aan die basiese beginsels van elkeen van die drie handelsvakke (Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie) wat in die VOO-fase aangebied word.

Die volgende analogie kan leerders help om die verskillende elemente van die drie vakke in perspektief te plaas:

y Ekonomie kan met ’n woud vergelyk word. Dit is die studie van hoe die woud (die bome as geheel) die naburige ekosisteme (ander lande) beïnvloed en ook hoe die woud werk en wat gedoen kan word om die woud meer suksesvol te maak.

y Besigheidstudies is die studie van ’n enkele boom (besigheid) in die woud. Dit kyk na sommige van die elemente waaruit die boom bestaan en hoe dit die boom se groei beïnvloed, ens. Daarbenewens is dit belangrik om na die impak van die boom op die woud te kyk, asook die woud se impak op die boom.

y Rekeningkunde is ’n tak van die boom. Die ander takke verteenwoordig weer die verskillende besigheidsfunksies soos produksie, bemarking, inligtingstegnologie, menslike hulpbronne, ens.

A.1

Notas oor die gebruik van hierdie fasiliteerdersgids

y Aktiwiteitnommers: Die aktiwiteite in hierdie fasiliteerdersgids is volgens die drie EBW temas ingedeel en nie in die volgorde van die KABV JOP nie. Dit fasiliteer kontinuïteit binne die temas, veral met die Finansiële geletterdheidsafdeling (Rekeningkunde).

Aktiwiteite is duidelik gemerk (Eko 1 – x, Fin 1 – y, Ent 1 – z) sodat dit maklik is om te vind.

y Hersiening: Die EBW KABV dek die volgende onderwerpe en fasiliteerders moet toesien dat leerders die basiese begrippe bemeester voordat hulle met nuwe afdelings voortgaan. Daar ’n kort hersieningsafdeling in die Finansiële geletterdheidafdeling om die grondslag van rekeningkundige begrippe te hersien.

3.1 OORSIG VAN ONDERWERPE

Onderwerp Graad

Inhoud

Die ekonomie 7 Die geskiedenis van geld; behoeftes en begeertes; goedere en dienste; ongelykheid en armoede; die produksieproses

8 Regering; nasionale begroting; lewenstandaard; markte

9 Die ekonomiese stelsels; die ekonomiese kringloop; prysteorie; arbeidswetgwing

Finansiële geletterdheid 7

8

9

Entrepreneurskap 7

Rekeningkundige begrippe; inkomste en uitgawes; begrotings; besparing

Rekeningkundige begrippe; brondokumente; rekeningkundige kringloop; rekeningkundige vergelyking;

Kontantontvangstejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal; Algemene Grootboek en Proefbalans

Kontanttransaksies van ’n handelsonderneming; Algemene Grootboek en Proefbalans; krediettransaksies

Besighede; die entrepreneur; begin ’n besigheid; entrepreneursdag

8 Produksiefaktore; ondernemingsvorme; vlakke en funksies van bestuur

9

Sektore van die ekonomie; bestuursfunksies van ’n besigheid; sakeplan

y Tyd mag leerders dalk nie toelaat om al die aktiwiteite in die handleiding te voltooi nie. Daar is in baie gevalle ook praktiese besprekings of navorsingsopsies om te gebruik. Die fasiliteerder moet besluit wat die mees geskikte aktiwiteite is om te gebruik en moet deur die leerders se behoeftes gelei word.

y Die Entrepreneurskap Werkblaaie word aan die einde van die handleiding as ’n volledige eenheid gegee sodat dit enige tyd van die jaar gebruik kan word om die proses te vergemaklik.

y Afdeling B gee spesifieke riglyne vir elke aktiwiteit in die volgende formaat:

a) Notas en voorstelle vir die fasiliteerder

b) Addisionele hulpbronne (waar moontlik of toepaslik)

c) Moontlike antwoorde

y Afdeling C bevat die volgende:

y Die fasiliteerder moet die EBW KABV dokument byderhand hou om na te verwys indien nodig.Sample

C.1 Gedetailleerde nasienriglyne vir hersiening aan die einde van die kwartaal

C.2 Junie-eksamen en gedetailleerde nasienriglyne

C.3 Novembereksamen en gedetailleerde nasienriglyne

A.2 Groepwerk

EBW is ’n vak wat die leerder toelaat om die kommersiële wêreld waarin hulle leef te analiseer, asook om die verskillende rolle wat ons speel en die interaksie met ander mense binne ons diverse samelewing te ondersoek. In baie van die oefeninge en aktiwiteite sal leerders voordeel trek uit besprekings en debatte om ’n breër perspektief te kry. In ’n tradisionele skoolomgewing sal dit tot groepswerk en klasbesprekings lei.

In ander opvoedkundige situasies, soos tuisonderrig, groepsonderrig of selfstudie, moet leerders en die fasiliteerder meer kreatief wees om te verseker dat hierdie soort besprekings plaasvind. Soms kan ’n vriend of familielid gevra word om by die bespreking aan te sluit, of die leerder kan buitemuurse kulturele, sport- of sosiale groepe gebruik. Aanlynfasiliteite soos blogs en besprekingsgroepe kan ook geskep word om verskillende menings te verkry en besprekings aan te moedig.

A.3 Assessering

A3.1 Hoe werk assessering?

Formele vs informele assessering

Informele assessering sal bespreking, debatte of vraag-en-antwoordsessies insluit waar geen punte gegee hoef te word nie. Die doel is om leerders aktief te laat dink oor ’n konsep en nuwe kennis vir hulself te ontdek.

Formele assessering sal toetse, eksamens, projekte en ander aktiwiteite insluit wat nagesien word. Punte kan aangeteken vir die SGA-portefeulje (Skoolgebaseerde assessering) gebruik.

Assessering VAN leer

Dit bestaan uit summatiewe assessering aan die einde van ’n afdeling, kwartaal of jaar en toets of die leerder die konsepte verstaan. Dit word gebruik vir rapporteringsdoeleindes en die akkumulasie van hierdie punte sal bepaal of ’n leerder ’n afdeling of graad voltooi het en na die volgende een kan voortgaan.

Assessering VIR leer

Dit is ’n gedeeltelike assessering (ook genoem formatiewe assessering) wat tydens die proses van ’n projek of aktiwiteit plaasvind, waar die fasiliteerder deurlopende terugvoer oor vordering gee. Hierdie soort assessering kan in verskillende stadiums ingegee word om die fasiliteerder in staat te stel om terugvoering te gee. Dit gee leerders die geleentheid om die aktiwiteit te hersien en in lyn met hul doelwitte te bring, foute op te los of afdelings aan te pas wat nie aan die aktiwiteitsvereistes voldoen nie, alvorens dit vir finale nasien ingehandig moet word.

Assessering AS leer

Die proses om self te assesseer, eerder as om geassesseer te word, is ’n belangrike lewensvaardigheid en staan ook bekend as selfassessering. As leerders meer tyd neem om hul eie werk na te gaan voordat hulle dit inhandig, sal hulle beter resultate behaal. Die proses om hul eie werk te vergelyk met die assesseringsinstrument waarmee dit gemerk sal word, sal onmiddellik probleme identifiseer wat hulle dan kan regmaak. In werksituasies is dit altyd belangrik om werk wat ingehandig moet word te kontroleer voordat dit aan ’n bestuurder oorhandig word. Sample

A3.2 Assesseringsinstrumente

Daar is verskeie assesseringsinstrumente wat gebruik kan word om verskillende doelwitte te bereik. As fasiliteerder is dit belangrik dat jy die rol wat elkeen speel verstaan en toepas. Wanneer ’n aktiwiteit gegee word, moet leerders weet hoe dit geassesseer gaan word. In die meeste gevalle, behalwe waar ’n memorandum gebruik word, moet die assesseringsinstrument, saam met die aktiwiteit, aan die leerder gegee word. Nasien is dikwels ’n kombinasie van objektiwiteit (reg of verkeerde antwoorde) en subjektiwiteit, waar die nasiener diskresie moet gebruik om ’n spesifieke punt binne ’n moontlike reeks punte toe te ken.

1. Nasienriglyne

’n Memorandum is ’n lys van moontlike antwoorde wat ’n toets, aktiwiteit of eksamen vergesel en sal die puntetoekenning vir elke vraag aandui. Dit moet gedetailleerd wees, en waar daar meer as een moontlike antwoord is, moet al die opsies gegee word. As dit ’n oop vraag is met meer as een moontlike antwoord, kan dit aangedui word deur byvoorbeeld ’n verklaring soos “Nasiener se diskresie” of “Enige ander geldige antwoord” te gee.

2. Kontrolelys

’n Kontrolelys gee leiding oor die stappe om ’n aktiwiteit te voltooi, en dit toon die puntetoekenning volgens die kompleksiteit van die stappe aan. Dit bevat nie gedetailleerde kriteria nie.

Byvoorbeeld, in ’n aktiwiteit waar leerders gevra word om ’n plakkaat van die produksiefaktore in ’n breinkaartformaat te ontwerp, kan ’n kontrolelys soos hierdie gebruik word. Let daarop dat die kennis oor produksiefaktore (16) meer tel as die vaardigheid om ’n mooi plakkaat te ontwerp (4).

3. Graderingskaal/Assesseringsrooster

’n Graderingskaal of assesseringsrooster is ’n uitbreiding van die kontrolelyskonsep en laat die nasiener ’n reeks punte gee, afhangende van hoe goed die vereistes nagekom word.

LET WEL:

y Hierdie aktiwiteit is ’n informele groepsbespreking om die onderwerp oor Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid bekend te stel en is gebaseer op die VN se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte wat verkrygbaar is vanaf: https://www.un.org/sustainabledevelopment/sustainable-development-goals/

a)

b)

c)

y Leerders is elk een VN-doelkaart gegee en die groep moes besluit watter een van die doelwitte hulle mee gaan werk.

y In hierdie voorbeeld word die instruksies in die rooster ingesluit, maar dit kan ook afsonderlik gegee word.

Debatoefening: VN-volhoubaarheidsdoel

Gee die name van die groepslede en die VN-doelwitte wat vir elk gegee is.

Kies ’n VN-doelwit wat vir jou die belangrikste is uit al die doelwitte wat vir jou groep gegee is en regverdig jou keuse.

Identifiseer werkbare oplossings om die probleem van die VN-doel wat jy gekies het op te los.

d) Gee voorbeelde van hoe die oplossings prakties toegepas kan word.

Totaal

Rubrieke wissel baie en kan in verskeie formate voorkom. Hulle kan ook uitgebrei word om ’n komplekse aktiwiteitsontleding in te sluit en is gewoonlik die assesseringsinstrument van keuse vir groter projekte of aktiwiteite. Hulle word deur spesifieke kriteria waaraan voldoen moet word onderskei om ’n spesifieke punt te behaal. Rubrieke kan vertikaal of horisontaal wees.

LET WEL:

y Die onderstaande voorbeeld is vir ’n oefening oor produksie. Groepe leerders moet drie identiese papiervliegtuie produseer, elk met sy eie handelsmerk, wat vir ’n suksesvolle vlug getoets gaan word.

y Wanneer die aktiwiteit gemerk word, moet die elemente wat op die rubriek bereik is aangedui word (sirkel/onderstreep) en ontbrekende items moet uitgewys word sodat leerders kan sien waar hulle punte behaal of verloor het.

Kriteria Punte 1 - 2 3 - 4 5 - 6

Ontwerp

Sample

Ongebalanseerde vliegtuie of voorbeelde wat nie soos 'n vliegtuig lyk nie

’n Redelike goeie ontwerp met vliegtuigagtige eienskappe

Estetika en handelsmerke

Produksie standaardisering

Vliegtuie lyk nie goed nie/of slordig met geen/onvoldoende handelsmerke

Skerp verskille tussen die drie vliegtuie of nie al drie is voltooi nie

’n Goeie, innoverende en aërodinamiese ontwerp

Vliegtuie lyk mooi met ’n paar sterk eienskappe, redelike netjiese afwerkings, maar geen handelsmerke nie Uitstekende, konsekwente vliegtuie met handelsmerke wat met netheid en akkuraatheid uitgevoer is

Vliegtuie is verskillend en nie baie aandag is aan besonderhede gegee nie

Uitsonderlike produksieakkuraatheid met ’n standaard ontwerp oor al drie vliegtuie

4. Rubriek

A3.3 Soort vrae

Daar is baie verskillende soorte vrae wat in beide formele en informele assesserings gevra kan word en dit sal leerders baie help om meer effektief te beantwoord as hulle die verskillende maniere wat vrae gevra word verstaan.

a) Geslote vrae vereis ’n antwoord wat óf reg óf verkeerd is. Dit is objektief en antwoorde is feitelik.

Byvoorbeeld: Op watter dag het Suid-Afrika sy eerste demokratiese verkiesing gehad?

27 April 1994

b) Oop vrae het ’n wye reeks antwoorde, en die nasiener moet met die leerder se antwoord werk.

Byvoorbeeld: Kies en bespreek enige KSI-projek wat deur ’n JEB-genoteerde maatskappy in SuidAfrika bestuur word. (Let wel: Die nasiener moet self navorsing doen om te kontroleer of die leerder die korrekte feite gebruik het.)

c) Onderwerp- of opinie-tipe vraag. Hier moet leerders hul mening oor ’n saak gee en regverdig. Byvoorbeeld: Dink jy dat die regering genoeg doen om die #feesmustfall-veldtog aan te spreek? Leerders moet óf ja óf nee sê, en dan hul antwoord regverdig vir die hoeveelheid punte waarvoor die vraag gevra is.

d) Komplekse vrae. Vrae met veelvuldige lae moet versigtig benader word om te verseker dat alle aspekte gedek word.

Byvoorbeeld: Verduidelik die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid en gee drie voordele vir ’n werksplek van jou keuse om aan hierdie Wet te voldoen. Die leerder moet i) Die doel van die Wet verduidelik; ii) ’n spesifieke werksplek kies; en iii) toepaslike voordele vir daardie werksplek gee ten einde volpunte te kry. Byvoorbeeld, mense wat in die mynbou- en konstruksiebedryf werk, moet hardehoede dra, maar mense wat in die voedselbedryf werk, moet haarbeskermingsnette dra.

A3.4 Nasien van EBW

3.4.1 Algemene riglyne

y Sommige aktiwiteite gebruik rubrieke of ander nasienriglyne wat nie verdere memorandums benodig nie. (Sien Afdeling A.3.2 oor assessering rakende die gebruik en nasien van die verskillende assesseringsinstrumente.)

y Sommige aktiwiteite vereis introspeksie of groepbesprekings en kan nie spesifieke nasienriglyne voor gegee word nie, veral wanneer dit op koerantberigte, webwerfinligting of aktuele sake gegrond is.

y Ander oefeninge en gevallestudies se nasienriglyne is in sleutelwoordformaat, nie volsinne soos wat leerders moet gebruik nie. Hierdie gee slegs riglyne vir die fasiliteerder wat dit in gedagte moet hou dat antwoorde ’n breër spektrum kan dek.

y Leerders moet aangemoedig word om hul eie mening, motivering, ens. te gee. In baie gevalle is die proses belangriker as die werklike antwoord, d.w.s. om denkprosesse eerder as blote feitekennis te assesseer.

y Waar ’n spesifieke aantal antwoorde gevra word, word slegs daardie hoeveelheid gemerk, d.w.s. merk die eerste drie as drie gevra word. Leerders moet die instruksies nakom.

y Terugvoering aan leerders is altyd belangrik sodat hulle weet wat hulle bereik het en ook uit hul foute kan leer.

3.4.2 Puntetoekenning

Dit is belangrik vir leerders om die waarde van puntetoekenning te verstaan, omdat:

y dit hulle in staat stel om te evalueer hoe om ’n vraag te beantwoord en wat om te prioritiseer

y punte aan tyd gekoppel word en leerders wat te veel skryf sal tyd mors waar daar geen waarde is nie, en dié wat te min skryf, sal nie goed presteer nie. Dit is dus noodsaaklik dat leerders deur die toekenning van punte in die langer vrae gelei word.

3.4.3 Die ekonomie en entrepreneurskap

Rekeningkunde word op ’n spesifieke manier gemerk en sal afsonderlik hanteer word.

y In kortvrae is dit gewoonlik een punt per feit. ’n Feit kan wees:

○ ’n Naam

○ Data of inligting

○ Bewys van toepassing

○ ’n Voorbeeld

○ Uitsonderings: In sommige gevalle kan daar twee punte vir ’n antwoord wees, aangesien dit denke en toepassing vereis, bv. in ’n meervoudigekeusevraag.

y Met langer vrae moet die skryfwerk in volsinne wees wat beide toepassing en insig toon sodat elke feit (soos in die bostaande lys) punte kan verdien.

y Wanneer gevallestudies gebruik word, is dit belangrik om by die gevallestudie te hou, d.w.s. hou by voedsel en verpakkingsvoorbeelde as voorraad, indien dit op ’n kitskosvoorbeeld van toepassing is.

y Voorbeelde:

3.1 Hulle staak vir een dag omdat Eskom  ’n 0%-salarisverhoging voorgestel het  en hulle eis ’n verhoging van 15 %  en ’n behuisingstoelaagverhoging van R2 000.  (4)

3.2 y Om ’n spreekbuis vir die werkers se regte te wees. 

y Kollektiewe bedinging vir sy lede. 

y Verbeter die werksomstandighede.  (Maks 6)

y Onderhandel namens die lede.

y Verteenwoordig lede in dissiplinêre kwessies.

y Bied advies aan sy lede t.o.v. arbeidswette

Sample

Nasiener: 3 x 2 punte. Elke aspek moet bespreek word vir die 2 punte.

3.3 3.3.1 ’n Vakbond is enige aantal werknemers in ’n bepaalde beroep  wat saam staan om verhoudings tussen hulself en hul werkgewers te reguleer en verbeter. 

3.3.2 Kollektiewe bedinging is die proses van werknemers wat (gewoonlik deur vakbonde) saamwerk om met werkgewers te onderhandel  oor kwessies soos loonverhogings, werksomstandighede of die hantering van griewe.  (4)

(6)

3.4.4 Finansiële geletterdheid (Rekeningkunde)

Leerders moet baie gesteld wees op die korrekte formaat (opskrifte, datums, dokumentnommers, beskrywings) t.o.v. die KOJ, KBJ en Algemene Grootboek.

Rekeningkundige praktyke verskil in ’n sekere mate t.o.v. die wyse waarop finansiële state aangebied word en sommige van die verskille word in hierdie gids aangedui. Byvoorbeeld, sommige boeke mag na die Debiteuregrootboek as DG verwys wanneer ’n rekeningnommer toegeken word terwyl ander slegs D (en KG of K vir krediteuregrootboek) gebruik of saldo’s kan as “Saldo” of “Rekening gelewer” aangedui word.

Punte word gewoonlik volgens die kompleksiteit van die transaksie toegeken:

y Berekende bedrae sal meer punte tel as eenvoudige transaksies.

y Punte word in sommige gevalle slegs toegeken indien die hele reël korrek is (bv. die rekeningkundige vergelyking).

y Ontbrekende of verkeerde datums en folio’s kan tot gevolg hê dat een of twee punte afgetrek word.

y Metode-punte word vir berekende totale in joernale en ingewikkelde grootboekrekeninge toegeken om te verseker dat leerders nie twee keer vir ’n fout gepenaliseer word nie.

Algemene punte kan ook gegee word (dit sal een punt per oefening wees):

y Opskrifte, datums of verwysings bv. “KOJ 1”

y Gebruik van korrekte dokumentnommers.

y As die Ontledeing van ontvangste-kolom aan die einde van elke dag onderstreep is (sien die onderstaande voorbeeld):

Kontantontvangstejoernaal van Froggies

Neem kennis van hoe die volgende punte op die oefening hierbo aangedui word:

Een  as die Ontleding van ontvangste aan die einde van elke dag geonderstreep is.

KVV  vir berekening.

Een  vir elke korrekte kolom: Dok en Dag (24)

A3.5 Nasienformaat

Die volgende algemene nasienriglyne word gebruik om dit makliker te maak om te standaardiseer:

y Leerders moet in pen skryf sodat daar nie veranderinge nadat die toets of aktiwiteit nagesien is aangebring kan word nie. Rekeningkunde is egter ’n uitsondering. Fasiliteerders kan leerders aanmoedig om in potlood te werk sodat hulle foute kan regstel voordat hulle dit inhandig.

y ’n Rooi pen word gewoonlik gebruik om werk na te sien sodat dit uitstaan (leerders moet in swart of blou skryf). Die nasiener moet ’n regmerkie by elke feit maak (selfs al is dit in die middel van ’n sin) sodat die leerder kan sien waarvoor die punt verdien is.

y Punte per vraag word in die regterkantste kantlyn opgetel.

y Fasiliteerders moet terugvoering gee sodat leerders uit hul foute kan leer. Dit is belangrik om positiewe terugvoer te gee waar dit verdien word.

y Maak een regmerkie vir elke punt en skryf punte per onderafdeling in die kantlyn. Skryf die totaal van elke vraag aan die einde. Sample

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.