Gr 9-Bybelonderrig-Handleiding

Page 1


Senior Fase

Graad 9 • Handleiding

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE:

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

SampleNuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK:

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE:

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT:

Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING:

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD:

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word

STUDEER/HERSIENING:

Sample

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

G09 ~ Bybelonderrig

VOORWOORD

AANBEVOLE BOEK

DIE BYBEL

HANDBOEK BY DIE BYBEL – DEUR PAT EN DAVID ALEXANDER. VIERDE UITGAWE. LUX VERBI.

BYBEL KONKORDANSIE.

Meer as een siening en verduideliking gee ‘n breër perspektief oor ‘n onderwerp.

Die bg. boeke help net om ʼn breër insig te gee in die lesmateriaal wat behandel word.

Gebruik dit slegs aanvullend tot die lesmateriaal.

Die Internet kan ook van hulp wees, as die leerder navorsing oor ʼn spesifieke onderwerp wil doen

INLEIDING

Die handleiding is geskryf met die doel om jou ʼn breër kennis te gee van jou geloof. Dit is ook daarop gemik om jou geloof te verdiep. Die Bybel kan slegs deur intense studie bemeester word en dan sal daar nog steeds nuwe feite wees wat jy elke dag sal ontdek. In graad 8 het jy baie geleer aangaande die aardrykskunde van die Bybellande. In graad 9 gaan jy dieper delf in wie God is en hoe dit ons lewens beïnvloed.

Jy werk deur elke les op jou eie tyd. Probeer egter om ten minste twee ure per week te spandeer aan die Bybelonderrig. Werk vir jouself ʼn lesplan uit, sodat jy al die lesse deurgaan in die kwartaal.

Die lesse is duidelik uiteengesit en by elke les is ekstra leeswerk wat jy kan doen. Doen jou leeswerk met ʼn notaboek byderhand en maak aantekeninge van feite wat jy raak lees. Jy kan dit dan met jou fasiliteerder bespreek.

Jy kan die studiemateriaal ook tydens jou normale Bybelstudietyd gebruik.

Ek hoop dat hierdie jaar se werk vir jou ʼn verdieping sal gee in hoe jy die Bybel bestudeer en hoe jy jou geloof benader.

Geniet die werk!

JAARPLAN

1 Elohim

2 El ha kadosh

3 El Gibbor

4 Adonai Echad

5 Abba 2

6 Die lewe en leer van Jesus

7 Die boodskap en prediking van Jesus

8 Jesus se verhoor, kruisiging en opstanding

9 Die religieuse sienings ten opsigte van Jesus

10 Wat het Jesus vir ons nagelaat in die moderne era

11 Wonderwerke oor die dood

12 Wonderwerke van genesing

13 Wonderwerke in die natuur

14 Wonderwerke van uitdrywing

15 Jesus vaar op na die Hemel

16 Die dissipels ontvang die Heilige Gees

17 Die getal 7 in die Bybel

18 Die bekering van Saulus

EENHEID 1: Die Name van God

LEERDOELWITTE:

Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:

 Jy moet die Name van God kan begryp.

 Jy moet elke Naam kan toepas in God se voorsiening in jou lewe.

 Jy moet ‘n dieper kennis hê van Wie God is.

INLEIDING

Die verskillende name wat vir God gebruik is in die Ou Testament is die refleksie van ‘n volk, Israel wat in die antieke Midde-Ooste gewoon het. Die name van God leer ons ‘n paar eienskappe van God. Hy is die Enigste, Lewende, Ware, Algenoegsame, Ewige, Heilige en Persoonlike God.

Die studie van die Name van God fokus meer op die Persoonlike Aard van God, want God het ‘n persoonlike verhouding met ons.

God wil by elkeen van ons betrokke wees. Hy wil ‘n persoonlike verhouding met ons LEEF. Die name van God maak dit vir jou duidelik wat God vir ons elkeen wil beteken.

Die verskillende name van God, omvat ook al die dimensies wat God IS!

Daar is twee Hebreeuse woorde wat “God” beteken. Dit is EL en ELOHIM. EL beteken ″Die Godheid″. Dit dui op God se Almag en Sy Goddelike natuur. ELOHIM is die meervoudsvorm en beteken ″die EEN waarin al die Goddelike eienskappe teenwoordig is”.

Die naam ELOHIM bespreek ons in Les 1 volledig.

Die woord Jahwe word ook verskeie kere in die Bybel gebruik om God te beskryf. Dit word as ‘n persoonsnaam vir God gebruik. Die Jode het egter uit eerbied hierdie naam nie gebruik nie, en dit vervang met Adonai. Dit beteken “Here”. Hulle het Adonai gebruik tydens openbare voorlesings.

Sample

In Eksodus 3: 13 – 16 openbaar God Homself aan Moses as “Jahwe”. In vers 14 sê God aan Moses: “Ek is wat Ek is”. God sê hierdeur dat Hy aktief teenwoordig is by Sy volk. God bestaan – HY IS. Daar is geen twyfel aan God se bestaan nie.

Lees ook die volgende gedeeltes:

• Eksodus 34: 6

• Miga 7: 18 – 20

• Psalms 103, 111 en 146.

Dit is in die gedeeltes duidelik WIE God is en hoe die volk God gesien het.

God is die God van die hele wêreld. God kan nie tot een volk beperk word nie. God is die “Skepper”, “Regter” en “Koning” van alle mense.

Die bestudering van die name van God gee ons ‘n dieper insig in God. Die name van God verduidelik al die dimensies van God as ‘n Vader en Heerser. God is nie net ons Vader nie, Hy is baie meer as dit.

Ek hoop dat die bestudering van die handleiding vir jou ‘n dieper insig sal gee in God, ons Vader en Heerser.

Ons behandel slegs vyf name van God in die handleiding. Dit gee jou die geleentheid om rustig deur die studiemateriaal te werk.

Daar is egter nog talle ander name wat in die tekste en navorsing voorkom. Ek meld net kortliks die volgende name net vir die nuuskieriges:

EL OLAM: Die Ewige God

EL ELYON: Ewige God

MESSIAS: Die Gesalfde

RUACH HA KOIDESH: Heilige Gees

IMMANUEL: God met ons

EL ROI: Die God wat sien wat gebeur

YESHUA: Verlosser

YAHWEH SHAMMAH: Die Here is daar

ALEF EN TAV: Alfa en Omega

EL SHADDAI: God die Almagtige

YAHWEH JIREH: Die Een wat voorsien

YAHWEH ROHI: Die Here is my Herder

YAHWEH SHALOM: Die Here is vrede

YAHWEH RAPHA: Die Here wat genees

YAHWEH TSIKENU: Die Here ons Geregtigheid

YAHWEH NISSI: Die Here is my banier

Daar word nog vele meer name vir God gevind in navorsing. Jy kan gerus meer navorsing doen, as jy wil!

1.1. Les 1: ELOHIM: Skeppende God

Dit beskryf God as die Skepper – Hy het iets gemaak uit niks. Hy is die Enigste Een wat dit kan doen. Genesis 1:1 sê: “In die begin het God (Elohim) die hemel en aarde geskape”. Daar is in die Ou Testament net drie basiese name wat God beskryf. Dit is El, Elohim en Jahwe.

Die benaming El kom 25 000 keer voor in die OT. Dit is in die Semitiese taal ‘n algemene benaming vir God. Die algemene betekenis is net god. Dit is selfs gegee vir beelde wat aanbid is as gode. Dit word dus bepalend gebruik as dit God beskryf.

Lees Deuteronomium 5: 9. “Ek die Here jou God is ‘n jaloerse God”. In die vers word Here as Jahwe (HEER) aangedui en God as Elohim. Jahwe beteken ook ″ die Onafhanklike Een”. Op die wyse is God onderskei van ander gode.

Elohim is in die Semitiese tale die meervoud van El. Dit is eers gebruik om talle ander gode te beskryf, maar later veral in die noorde van Israel is ‘n dieper betekenis daaraan geheg. Dit is gebruik om God te beskryf. Die naam is gebruik om aan te dui dat als aan God behoort, selfs die mens en die hele Skepping. (Numeri 23: 19)

Wat beteken die naam Elohim vir ons as gelowiges?

Ons moet God loof en prys as die Skepper. Hy is die enigste EEN wat iets uit niks kon maak. Roep God op Sy Naam Elohim as jy hom prys vir die skepping van jou eie liggaam.

Ons moet God se Skepping respekteer en oppas. Daarom is dit belangrik om jou omgewing te bewaar. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor God se Skepping. Natuurbewaring kan dus ook gesien word as die uitlewing van ons Christenskap. Die kleinste dingetjie wat jy doen, kan bydrae tot God se eer. Self as jy net kies om nie jou papiertjie by die motor se ruit uitgooi nie.

Dit skep by jou ‘n verantwoordelikheid ten opsigte van jou diere wat jy as troeteldiere aanhou. God het die diere ook geskape. Ons as Christene moet dus alle diere respekteer – wild en mak Jy mag geen dier onnodiglik skade aandoen nie. God het aan ons sekere diere toegeken as voedsel. Ons moet dit ook op ‘n verantwoordelike wyse bestuur.

Jy het egter ‘n verantwoordelikheid teenoor jou liggaam. Deur jou liggaam gesond te hou. Voedsaam te eet en genoeg te oefen vereer jy ook God as Skepper. Deur jou te weerhou van verkeerde dinge soos ‘n losbandige lewe, drank- en dwelmmisbruik eer jy ook God deur Sy skepping God het my en jou as ‘n gees geskape, en daarmee saam het Hy aan ons ‘n liggaam gegee. ‘n Intieme verhouding met God en ‘n gesonde leefstyl loop hand aan hand.

In 1 Korintiërs 6: 19 – 20 skryf Paulus: “… julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet dus God in julle liggame verheerlik”. Ons liggame is ‘n tempel van God.

Dit behoort aan God. Jy het dus ‘n verantwoordelikheid teenoor God om jou liggaam op te pas en te versorg.

Die volgende teksverse kan jy ook gaan bestudeer:

• Psalm 139: 14 – 15

• Daniël 1: 12 – 15

• 1 Korintiërs 10: 31

• 1 Timoteus 4: 8

• 3 Johannes 1: 2

God het ook alle mense geskape. Jou naaste is deur God geskape. Jy het dus ‘n verantwoordelikheid teenoor God om die mense om jou met liefde te behandel. Die Tien Gebooie vra: ″Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”.

KERNINHOUD:

Sample

Die les gaan oor God as ons Skepper. God het nie net ons, as mense, geskep nie. God het ook die natuur en die diere daarin geskape. Ons het dus ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself en ook die natuur.

Ons moet God loof en eer as die Skepper God. Hy is Groot en Almagtig en Sterk.

God vertrou ons met Sy skepping. Jou verantwoordelikheid hou nie op by jouself nie. Hoe tree jy teenoor jou medemens op? Is daardie persoon waarvan jy nie hou nie, nie ook God se maaksel nie? En wat vra God van jou in verband met jou medemens?

God vra dat jy jou naaste sal liefhê soos jouself. Dit is vir ons, as mens, een van die moeilikste dinge om te doen. Want wat maak ek nou as iemand my verontreg het? God vra dat ons daardie persoon onvoorwaardelik sal vergewe.

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Bestudeer die geskiedenis in Genesis 2: 4 tot 3: 24. Jy het in Les 1 nou geleer van Elohim en Jahwe.

Let op hoe die twee name in kombinasie met mekaar gebruik word. Skryf vir jouself aantekeninge neer daaroor en bespreek dit met jou fasiliteerder.

AKTIWITEIT 1:

Lees die onderstaande teksgedeeltes en beantwoord dan die daaropvolgende vrae.

Skryf die gedeelte uit die teks neer waar die woord Elohim (God) voorkom.

• Gen. 2: 4 – 3: 24

• Gen. 14: 18

• Gen. 14: 19 – 20

• Gen. 14: 22

• Gen. 27: 20

• Gen. 1: 26

Skryf ‘n kort opstel van 150 – 200 woorde oor die volgende onderwerp: Hoe sien jy God as jou Skepper Vader? Wat is die betekenis van die naam Elohim vir jou?

Jy gaan geassesseer word op jou eie mening en opinie. Dit is belangrik dat jy ‘n verbinding kan sien tussen God as Skepper en jou verantwoordelikheid as skepsel. Gee ten minste tien geldige menings. Jy kry twee punte vir elk van die menings.

(10 x 2) = [20]

1.2. Les 2: EL HA KADOSH: Die Heilige God

EL HA KADOSH beteken: Die Heilige God. God is Heilig. God haat die sonde en Hy wil hê dat Sy kinders hul volkome moet wy aan Hom. Dit is belangrik vir ons as kinders van God om ons af te sonder vir God, sodat ons ons volkome kan wy aan God.

Jesaja 5: 16: “Die Here die Almagtige is verhewe, Hy laat reg geskied; die Heilige God laat Hom ken as die Heilige, Hy oordeel regverdig”.

In die visioen wat in Jesaja 6: 1 – 9 aangeteken is kan God se Heiligheid duidelik gesien word. God word hier duidelik as ‘n heilige God beskryf.

Jesaja beskryf hoe hy God op ‘n hoë troon sien sit het. Die hoë troon is ‘n simbool daarvan dat God hoog bo ons verhewe is.

God se kleed was so groot dat dit die tempel gevul het. Dit dui op God se almag wat oor die hele aarde strek.

Die serafs het Hom gedien. Die serafs was die hoogste hemelwesens Al die simbole dui daarop dat God Heilig en magtig is.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 9-Bybelonderrig-Handleiding by Impaq - Issuu