Senior Fase Graad 9 • Fasiliteerdersgids
Bybelonderrig
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
G09 ~ Bybelonderrig
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE:
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
SAMPLE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.
DEFINIEER:
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK:
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE:
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik
AKTIWITEIT:
Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING:
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD:
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word
STUDEER/HERSIENING:
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
G09 ~ Bybelonderrig
ROOSTER EN TYDSBESTUUR
Die handleiding is so geskryf dat die lesse nie baie lank is nie. Daar is baie opleeswerk wat die leerling self moet doen. Die leerder kan nie die Bybel bestudeer as iemand anders die leeswerk en navorsing doen nie.
Dit sal die leerder baie help as hy/sy ’n notaboek en pen byderhand hou terwyl hy/sy lees. Die leerder kan dan aantekeninge maak van feite wat hy/sy lees en later weer wil opsoek of navors. Hy/sy kan ook enige vrae wat op daardie oomblik by hul opkom neer te skryf en dit dan later te bestudeer.
Die aantekeninge kan ook gebruik word tydens Bybelstudies. Die leerder moet probeer om ‘n paar naslaanboeke aan te skaf wat dieper insig in die Bybel kan gee. Gebruik hierdie boeke saam met die lesse.
Die lesse is so beplan dat die leerling so min of meer twee ure per week daaraan moet bestee, sodat hy of sy die hele les volledig kan voltooi. Hulle kan egter hul eie tydsbeplanning doen en kan selfs meer tyd aan elke les spandeer.
Bybelonderrig is gemik op ‘n intense studie van die Bybel. Die leerder moet dit op ‘n stil, rustige plek doen en nie gejaagd wees nie.
Die fasiliteerder speel ‘n belangrike rol in die Bybelonderrig lesse. Die leerder het te alle tye leiding nodig. Dit is belangrik dat die fasiliteerder hom-/haarself ook blootstel aan intense studie van die Bybel.
Gaan rustig deur elke les voordat u dit saam met die leerder doen. Dit sal aan u die insig gee om die leerder te lei deur die les en die aktiwiteite.
SAMPLE
ASSESSERINGSVEREISTES
Daar is geen formele assesserings vir Bybelkunde nie.
VOORWOORD
AANBEVOLE BOEK
DIE BYBEL
HANDBOEK BY DIE BYBEL – DEUR PAT EN DAVID ALEXANDER. VIERDE UITGAWE. LUX VERBI.
BYBEL KONKORDANSIE.
Meer as een siening en verduideliking gee ‘n breër perspektief oor ‘n onderwerp.
Die bg. boeke help net om ‘n breër insig te gee in die lesmateriaal wat behandel word.
Gebruik dit slegs aanvullend tot die lesmateriaal.
Die Internet kan ook van hulp wees, as die leerder navorsing wil doen oor ‘n spesifieke onderwerp.
INLEIDING
Die handleiding is so geskryf dat elke les op die leerder se eie tyd deurgewerk kan word. Die fasiliteerder moet egter hom of haarself verryk met kennis aangaande die onderwerpe.
Die fasiliteerder moet self in diepte studie doen oor elke onderwerp, sodat die fasiliteerder die leerder kan lei deur die lesse. Die fasiliteerder moet te alle tye die leerder die vryheid gee om sy/haar eie opinie te gee. Die leerder is geregtig daarop om sy/haar eie mening te ontwikkel aangaande kwessies in die Bybel.
Die fasiliteerder gee net riglyne aangaande die lesse. Gee aan die leerder die nodige inligting en laat die leerder dan toe om dit op sy/haar eie te bestudeer.
SAMPLE
JAARPLAN
1 Elohim
2 El ha kadosh
3 El Gibbor
4 Adonai Echad
5 Abba 2
6 Die lewe en leer van Jesus
7 Die boodskap en prediking van Jesus
8 Jesus se verhoor, kruisiging en opstanding
9 Die religieuse sienings ten opsigte van Jesus
10 Wat het Jesus vir ons nagelaat in die moderne era.
11 Wonderwerke oor die dood
12 Wonderwerke van genesing
13 Wonderwerke in die natuur
14 Wonderwerke van uitdrywing
15 Jesus vaar op na die Hemel
16 Die dissipels ontvang die Heilige Gees
17 Die getal 7 in die Bybel
18 Die bekering van Saulus
19 Paulus se sendingreise
EENHEID 1: Die Name van God
LEERDOELWITTE:
Nadat die leerder hierdie eenheid voltooi het, moet hy/sy in staat wees om die volgende te doen:
begryp die Name van God.
pas elke naam toe in God se Voorsienigheid van sy/haar lewe.
hê ’n dieper insig in wie God is.
1.1. Les 1: ELOHIM: Skeppende God
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Die gedeelte gaan oor die Skepping van die wêreld. Elohim dui God aan as die Skeppende God. Jahwe word gebruik om Here aan te dui. Jahwe beteken ook “Onafhanklike Een”.
Gaan saam met die leerder deur sy/haar aantekeninge. Bespreek met die leerder dat God die aarde onafhanklik as Here geskep het. Niemand het aandeel daarin gehad, behalwe God nie.
Slegs God kan iets uit niks skep. Daarom kan ons sê dat God die Skeppende Here is. Die woorde Elohim en Jahwe word dus in hierdie verhaal vermeld.
Laat die leerder toe om sy/haar eie mening weer te gee en voer ‘n oop gesprek met die leerder.
AKTIWITEIT 1:
Gen. 2:4 – 3:24
Dit is dan die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nie ‘n mens om die grond te bewerk nie vers 7 Die Here God het toe vers 8 Die Here God het toe ‘n tuin ……. vers 9 Die Here God ………. vers 15 Die Here God ….. vers 16 Die Here God vers 18 Verder het Die Here God vers 19 Die Here God het toe vers 21 toe het die Here God ‘n diep slaap
Gen. 3: 1 Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is …. vers 3 God het net gesê vers 5 maar God weet vers 8 hulle het gehoor hoe die Here God en sy vrou het vir die Here God weggekruip vers 9 maar die Here God het na die mens geroep ….. vers 11 Die Here God vra toe …… vers 13, vers 14, vers 16, vers 17, vers 21, vers 22, vers 23, vers 24. Die naam van God kom 25 keer voor slegs in die gedeelte.
Gen. 14: 18: God die Allerhoogste
Gen. 14: 19 – 20, 22: God die Allerhoogste, God die Skepper, Here
Gen. 27: 20: Die Here, u God
Gen. 1: 26: Toe het God gesê ….
Lees die opstel van die leerder en gee punte vir die leerder se opinie en mening. Die leerder moet kan insien dat God ook ons Skepper Vader is. Gee punte vir tien relevante menings van die leerder. Vermenigvuldig dit met twee om die totaal van 20 punte te kry. [10 x 2 = 20]
1.2. Les 2: EL HA KADOSH: Die Heilige God
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Die volgende is net ‘n riglyn ten opsigte van die leerder se aantekeninge:
Psalm 71: 2 – Hier word God die Heilige van Israel genoem. Dit dui daarop dat dit die God is wat deur die volk Israel aanbid en verheerlik is. God het hulle verlos van die slawerny van Egipte.
Jesaja 1: 4 – God word hier ook aangedui as die “Heilige van Israel”. Dit kom sterk na vore dat God in die Ou Testament veral as die Heilige of die God van Israel gesien word. Israel het hulself as die volk beskou wat deur God uitverkies is.