Gr 8-Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-Fasiliteerdersgids
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Fasiliteerdersgids
Graad 8
Aangepas vir KABV
S Loots
B Pretorius
G08 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat die leerders aan die einde van die les moet weet (uit die KABV geneem)
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die inhoud te kan verstaan
AKTIWITEIT
Vrae wat in die les voorkom en beantwoord moet word ten einde die leerder se kennis van die les te toets
OEFENING
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
SAMPLE
G08 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Rooster en tydsbestuur
Die onderrigtyd vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is twee uur per week. Aangesien hierdie vak die ontwikkeling van rekeningkundige vaardighede van leerders in graad 8 en graad 9 insluit, moet een uur per week gebruik word vir finansiële geletterdheid in terme van die jaarplan. Die onderstaande tabel wys hoeveel weke aan elke onderwerp per eenheid bestee moet word (uit die KABV geneem).
Finansiële geletterdheid: Algemene Grootboek en Proefbalans
Entrepreneurskap: Vlakke en funksies van bestuur
Hersieningstoets
Week (2 uur per week)
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4–7
Week 8–10
Week (2 uur per week)
Week 1
Week 2–4
Week 5–6
Week 7–10
Fasiliteerdersgids
G08 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
• Stel vir die leerders ’n rooster vir elke eenheid op. Maak seker dat hulle elke eenheid se werk in die spesifieke tyd afhandel.
• Hou by die voorgestelde jaarplan of verander dit soos dit julle pas.
• Moenie toelaat dat die leerders agterraak nie, anders gaan hulle sukkel om die lesse in te haal.
• Maak seker dat die leerders elke week twee uur aan die vak bestee.
Assesseringsvereistes
Assessering is ’n deurlopende, beplande proses om inligting oor leerderprestasie te identifiseer, in te samel en te vertolk. Assessering in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe fokus op kennis, vaardighede en waardes wat nodig is om ingeligte, etiese, produktiewe en verantwoordelike deelname aan die ekonomie te verseker.
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe dek waardevolle ekonomiese, entrepreneurskaps-, finansiële en bestuursvaardighede wat die leerders op sukses in verskillende ekonomiese en sake-omgewings voorberei. Die fasiliteerder moet al hierdie vaardighede in ag neem wanneer onderrig, leer en assessering plaasvind.
Die leerders word op twee wyses geassesseer.
1) Informele assessering
• Dit vind tydens die onderrig- en leerproses plaas.
• Dit is gewoonlik die aktiwiteite wat tydens lesse voltooi word, asook besprekings en waarnemings.
• Die uitslae van informele assessering word nie opgeteken nie.
2) Formele assessering
SAMPLE
• Alle assesseringstake wat deel vorm van die formele-assesseringsprogram vir die jaar word as formele assessering beskou.
• Die assessering word formeel deur ’n fasiliteerder/tutor nagesien.
• Voorbeelde van formele assessering behels toetse, eksamens en projekte.
G08 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Voorwoord
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe bestaan uit drie komponente, naamlik die ekonomie, entrepreneurskap en finansiële geletterdheid. Hierdie fasiliteerdersgids is as hulp vir die fasiliteerder opgestel. Die fasiliteerder moet die antwoorde wat in hierdie gids gegee word, gebruik om die leerders se aktiwiteite en oefeninge na te sien.
Elke les moet deeglik aan die leerders verduidelik word, besprekings moet gevoer word en al die aktiwiteite in die les asook die hersieningsaktiwiteite moet deur die leerders voltooi word ter voorbereiding vir toetse of eksamens. Dit is altyd ’n goeie plan om die vrae en antwoorde saam met die leerders deur te gaan om vir hulle terugvoer oor moontlike foute of goeie antwoorde, of take wat voltooi is, te gee.
Die fasiliteerdersgids sal beide fasiliteerder en leerder deur die jaar begelei en moet saam met die handleiding gebruik word. Elke les bevat gepaste aktiwiteite wat die leerders moet voltooi om die les beter te verstaan. ’n Oopboektoets aan die einde van elke eenheid sal hul kennis oor daardie eenheid toets. Dit sal voorbereiding vir toekomstige toetse en eksamens vergemaklik.
Leerders word ook van ’n werkboek voorsien wat al die nodige antwoordblaaie bevat wat hulle benodig om die aktiwiteite wat verband hou met finansiële geletterdheid te voltooi. Daar word in die onderskeie aktiwiteite aangedui wanneer hulle die werkboek moet gebruik. Leerders benodig ’n sakrekenaar om hulle te help met die finansiële geletterdheidsgedeeltes.
Dit is belangrik dat die leerders tydskrifte en koerante lees oor verskillende onderwerpe wat in die handleiding behandel word om sodoende groter indieptekennis van die onderwerpe op te bou. Hulle moet ook weet wat met die land se ekonomie en finansiële sake gebeur.
G08 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Hoe om die fasiliteerdersgids te gebruik
1. Die volledige inhoud in die handleiding moet met die leerders behandel word.
2. Die fasiliteerders is verantwoordelik daarvoor om toe te sien dat die leerders ’n skrif van 72 bladsye aanskaf om aktiwiteite in die handleiding te beantwoord.
3. Hersieningsaktiwiteite en aktiwiteite in ’n eenheid maak deel van die inhoud uit en die leerders moet dit voltooi en beantwoord om die inhoud van die vak beter te verstaan.
4. Leerders en fasiliteerders moet oplet watter finansiële geletterdheidsaktiwiteite in die werkboek voltooi moet word. Dit word boaan die aktiwiteit aangedui.
5. Gee aan die leerders ’n sperdatum vir wanneer die aktiwiteite voltooi moet wees. Probeer om by die datums te hou om te verseker dat al die werk gedoen word.
6. Alle hersieningsaktiwiteite en aktiwiteite in ’n eenheid moet saam met die leerders nagesien word. Wanneer die werk klaar gemerk is, moet die antwoorde met hulle bespreek word.
7. Daar word aanbeveel dat die leerders hul antwoorde in die skrif aanvul om verder daarna te verwys en vir toetse en eksamens te leer.
8. Indien die fasiliteerder die antwoorde verskaf het sonder om die leerders die geleentheid te gee om dit self te doen, behaal hulle ’n goeie punt maar onthou dalk niks van die inhoud nie.
9. Nadat formele-assesseringstake, toetse en eksamenantwoordstelle teruggegee is, kan die fasiliteerder saam met die leerders daardeur gaan.
10. Alle formele-assesseringstake en toetse word in die portefeuljeboek voorsien. Die Junie- en Novembereksamen sal aan jou gestuur word.
11. Elke les is só saamgestel dat die leerders rustig daardeur kan werk. Die lesse het elkeen ’n tydstoedeling soos deur die KABV vereis word.
12. Indien jy enige navrae oor die vak het, kan jy gerus die onderwysspesialis kontak.
SAMPLE
1
Jaarplan
Fasiliteerdersgids
G08
Les 1: Hersiening
Elke eenheid begin met ’n hersieningsles om vir leerders ’n oorsig te gee van wat in die vorige eenheid behandel is Hierdie les gee vir leerders ’n oorsig van wat in graad 7 behandel is
Aktiwiteit 1.1 bestaan uit tien stellings waarop leerders telkens “waar” of “onwaar” moet antwoord. Fasiliteerders en leerders moet nie te veel tyd aan hersiening bestee nie. Fasiliteerders kan die vrae mondelings aan leerders stel of leerders kan hul antwoorde neerskryf.
AKTIWITEIT 1.1
Is die stellings waar of onwaar?
1.1.1 Waar
1.1.2 Onwaar
1.1.3 Waar
1.1.4 Waar
1.1.5 Waar
1.1.6 Waar
1.1.7 Onwaar
1.1.8 Onwaar
1.1.9 Waar
1.1.10 Waar
EENHEID 1 SAMPLE
Hierdie aktiwiteit tel geen punte nie en is slegs vir hersieningsdoeleindes.
Les 2: Die ekonomie: Regering
LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les moet leerders:
• die betekenis van regering verstaan.
• die verskillende regeringsvlakke asook die rolle van elke vlak ken
• die rolle van verskillende regeringsvlakke met betrekking tot huishoudings en besighede in die gebruik van hulpbronne en dienste ken.
Dit is belangrik dat leerders al die leerdoelwitte aan die einde van elke les kan voltooi. Gebruik die definisies om die inhoud aan leerders te verduidelik. In hierdie les moet leerders spesifiek kan onderskei tussen die vlakke en take van die regering Die definisies word herhaal sodat die fasiliteerder dit aan leerders kan verduidelik.
DEFINIEER
Demokrasie: ’n Regeringsvorm waar die land se leiers en verteenwoordigers deur die land se bevolking verkies word Infrastruktuur: Fisiese fasiliteite soos paaie, brûe en geboue wat die land se ekonomie benodig om te funksioneer en te groei; kan ook dienste soos elektrisiteit, water en riooldienste insluit
AKTIWITEIT 2.1
2.1.1 (Leerder se eie antwoord.) Die leerder moet ten minste tien relevante vrae neerskryf. Voorbeelde van vrae:
• Wat sluit die president se daaglikse take in?
• Wat is die president se werksure?
• Hoe gereeld vergader die president met sy ministers?
2.1.2 (Leerder se eie antwoord.) Die leerder moet “ja” of “nee” antwoord en enige twee relevante redes gee.
AKTIWITEIT 2.2
SAMPLE
2.2.1 Nasionale regering, provinsiale regering en plaaslike regering
2.2.2
• Wetgewend: Maak en implementeer wette
• Uitvoerend: Pas die wette toe wat deur die wetgewende been gemaak is
• Regterlik: Verseker dat reg en geregtigheid geskied
2.2.3
• Nasionale regering: Verantwoordelik vir die algemene bestuur van die land
• Provinsiale regering: Suid-Afrika het nege provinsies, elk met hul eie doelwitte om die provinsie, en sodoende die land, te verbeter
• Plaaslike regering: Hanteer kwessies wat op plaaslike vlak in dorpe en stede hanteer moet word