Gr 8-Bybelonderrig-Handleiding

Page 1


Senior Fase

Graad 8 • Handleiding

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Bybelonderrig

Handleiding

Graad 8

SAMPLE

LM van der Walt Í2(È-A-BIE-SG01MÎ

Les

Les

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE:

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK:

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE:

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

SAMPLE

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT:

Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING:

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD:

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word

STUDEER / HERSIENING:

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

AANBEVOLE BOEK

VOORWOORD

Die Bybel Handboek by die Bybel. Pat en David Alexander. Vierde Uitgawe. Lux Verbi. 2009. Reis deur die Bybel. V. Gilbert Beers

INLEIDING

Die handleiding is geskryf met die doel om jou ‘n breër kennis te gee van jou geloof. Dit is ook daarop gemik om jou geloof te verdiep. Die Bybel kan slegs deur intense studie bemeester word en dan sal daar nog steeds nuwe feite wees wat jy elke dag sal ontdek. In graad 8 gaan ons kortliks kyk na die aardrykskunde van die Bybellande. Ons gaan ook die geskiedenis van die Ou en die Nuwe Testament behandel. In die vierde kwartaal gaan ons kyk na die Gelykenisse van Jesus.

Jy werk deur elke les op jou eie tyd. Probeer egter om ten minste twee ure per week te spandeer aan Bybelonderrig. Werk vir jouself ‘n lesplan uit, sodat jy al die lesse in die kwartaal deurgaan

Die lesse is duidelik uiteengesit en by elke les is ekstra leeswerk wat jy kan doen. Doen jou leeswerk met ‘n notaboek byderhand en maak aantekeninge van feite wat jy raaklees.

Jy kan dit dan met jou fasiliteerder bespreek.

Jy kan die studiemateriaal ook tydens jou normale Bybelstudietyd gebruik.

Ek hoop dat hierdie jaar se werk vir jou ‘n verdieping sal gee in hoe jy die Bybel bestudeer en hoe jy jou geloof benader.

Geniet die werk!

SAMPLE

1

2

3

4

JAARPLAN

1 Aardrykskunde van die Bybellande in Palestina.

2 Die land Palestina.

3 Die Kusvlakte en die Sentrale Bergland.

4 Die Jordaanvallei

5 Die Dooie See

6 Die klimaat, plantegroei en die dierelewe in Palestina.

7 Aardrykskunde van Bybel lande buite Palestina.

8 Skepping

9 Kain en Abel

10 Noag

11 Abram en Isak

12 Jakob en Esau

13 Josef

14 Moses

15 Die geboorte van Jesus

16 Die skaapwagters en die besoek uit die Ooste

17 Die vlug na Egipte en kindermoord.

18 Johannes die Doper

19 Die doop van Jesus

20 Die versoeking van Jesus

21 Jesus se eerste optrede en die roeping van die dissipels.

SAMPLE

22 Die gelykenis van die saaier

23 Die gelykenis van die onkruid tussen die koring

24 Gelykenis van die barmhartige Samaritaan

25 Gelykenis van die mosterdsaad en die suurdeeg

26 Gelykenis van die onvrugbare vyeboom

27 Die gelykenis van die verlore skaap

EENHEID 1 Aardrykskunde van die

Bybellande

LEERDOELWITTE:

Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:

 Kennis hȇ van die ligging van die verskillende Bybellande binne Palestina.

 Kennis hȇ van die klimaat, plantegroei en dierelewe in die Bybellande.

 Kennis hȇ van die verskillende Bybellande buite Palestina

INLEIDING

Die eenheid fokus op die aardrykskunde van die Bybellande binne en buite Palestina. As jy ‘n goeie idee het van die lande se ligging sal dit die storie van die Bybel vir jou meer geloofwaardig maak. Dit gee aan jou die versekering dat hierdie lande wel bestaan het. Dit is nie net plekke wat deur mense uitgedink is nie.

Die eenheid vertel jou ook meer van die plante en diere wat voorkom in die lande. Baie van die plante en diere word ook in die Bybel gemeld. Dit gee aan jou ‘n breër kennis van die wȇreld van die Bybel.

Les 1: Aardrykskunde van die Bybellande in Palestina

Kennis van die aardrykskunde van die Bybellande is noodsaaklik om die Bybel goed te kan verstaan. Die meeste plekke in die Bybel is nie aan ons bekend nie. Dit is plekke wat ons nog nooit gesien het nie. Die Bybellande is vir ons net name van vreemde plekke. Sodra ons egter onsself denkbeeldig in die plekke kan plaas, word die Bybel vir ons ‘n werklikheid.

SAMPLE

Daar is nie baie bronne beskikbaar wat vir ons die nodige inligting kan verskaf aangaande die aardrykskunde van die Bybellande nie. Die Bybel self is die grootste bron waaruit ons die inligting kan verkry.

Daar is ‘n aantal lande wat in die Bybelse tyd reeds bestaan het, en vandag nog bestaan. Dit is plekke soos, Jerusalem, Damaskus, die Dooie See en die Jordaanrivier.

Jerusalem vandag (www.biblewalks.com)

Daar word ook in die Bybel ‘n klomp plekke bymekaar genoem. Ons lei daaruit af dat die plekke naby aan mekaar geleë was. ‘n Voorbeeld hiervan vind ons in Josua 15 – 19. In die gedeelte word die erfdele van die verskillende stamme van Israel in Kanaän beskryf.

Die Bybel gee ook in sommige gevalle baie noukeurige beskrywings van die ligging van plekke. In Rigters 21:19 word die ligging van Silo noukeurig beskryf.

Die ou Geskrifte van die Bybelse tyd kan ook vir ons lig werp op die aardrykskunde van die Bybellande. Flavius Josefus was ‘n bekende Joodse geskiedskrywer. Hy het in die eerste eeu na Christus geleef. Josefus het twee boeke geskryf wat noukeurige en interessante inligting verskaf oor Palestina.

Eusebius was ‘n Joodse geleerde wat in die vierde eeu na Christus geleef het. Hy was die biskop van Cesaréa en het dus baie goeie kennis gehad van Palestina. Eusebius het veral reisbeskrywings nagelaat in sy boek, “Oor die Heilige Plekke” van die plekke in Palestina.

Daar is ook in die verlede baie opgrawings gedoen, wat lig werp op die ligging van verskeie plekke in die Bybel. Die meeste vergane stede van die Bybel lê onder ‘n heuwel.

SAMPLE

Die tipe heuwel word ‘n “tell” genoem. In die Bybelse tyd is die meeste stede op ‘n heuwel gebou. Dit was meestal vir veiligheid. As die stad verwoes word, met ‘n aardbewing of as gevolg van oorlog, is dit net gelykgemaak Die volgende stad is dan net bo-op die bouvalle gebou. Dit is hoe ‘n tell ontstaan het.

Die opgrawings het verskeie artikels opgelewer wat ons baie vertel van die mense en die lewe in die Bybelse stede. Met elke opgrawing werk die argeoloë deur verskeie lae of “strata”. Elke laag verteenwoordig ‘n bewoningsfase. Dit beteken dat elke stad se tyd van bewoning bestudeer kan word.

Die bestudering van die Bybellande is dus baie interessant en insiggewend. In die volgende lesse gaan ons spesifieke plekke van nader bekyk.

DEFINIEER:

‘n Tell: Dit is die ruïneheuwels van ou stede in die Bybelse tyd.

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Gaan doen navorsing oor die argeologiese werk en opgrawings wat reeds in Palestina en omliggende dele gedoen is.

Wat leer ons uit die tipe opgrawings?

Maak aantekeninge in jou werksboek van jou bevindinge en bespreek dit met jou fasiliteerder.

AKTIWITEIT 1:

Beantwoord die volgende vrae:

1) Gee jou eie opinie waarom jy dink dat dit noodsaaklik is om die aardrykskunde van die Bybel te bestudeer. Noem drie geldige redes (3)

2) Gee die betekenis van ‘n tell en beskryf hoe dit ontstaan. (3)

3) Wat is die naam van die Joodse skrywer wat ‘n boek geskryf het oor Palestina? (1)

4) Noem een plek wat reeds in die Bybelse tyd bestaan het, en vandag nog bestaan? (1)

5) Wat leer ons uit die opgrawings wat gedoen word? (2) [10]

Les 2: Die land Palestina

Palestina is geleë in Suidwes-Asië. Palestina is ‘n baie klein gedeelte van die wȇreld en om te dink dat die meeste Bybelse gebeurtenisse hier afgespeel het!

Die deel van die wȇreld word die Land van die Vyf Seë genoem. Die gedeelte word omring deur die volgende seë:

• Swart See (Noorde)

• Middellandse See (Weste)

• Rooi See (Weste)

• Arabiese See (Suide)

• Persiese Golf (Suide)

• Kaspiese See (Ooste)

In die tyd van die Bybel het hierdie dele egter onder verskillende state of lande geval. Die onderstaande is ‘n kaart van die Vyf Seë:

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.