Gr 8-Bybelonderrig-Fasiliteerdersgids

Page 1


Senior Fase Graad 8 • Fasiliteerdersgids

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Bybelonderrig

Fasiliteerdersgids

Graad 8

LM van der Walt Í2(È-A-BIE-FG01%Î

G08 ~ Bybelonderrig

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE:

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK:

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE:

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

SAMPLE

G08 ~ Bybelonderrig

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT:

Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING:

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD:

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word

STUDEER / HERSIENING:

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

SAMPLE

G08 ~ Bybelonderrig

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Die handleiding is so geskryf dat die lesse die belangrikste inligting bevat. Daar is baie opleeswerk wat die leerling self moet doen. Die leerder kan nie die Bybel bestudeer as iemand anders die leeswerk en navorsing doen nie.

Dit sal die leerder baie help as hy/sy ‘n notaboek en pen byderhand hou terwyl hy/sy lees. Die leerder kan dan aantekeninge maak van feite wat hy/sy raaklees en later weer wil opsoek of navors. Hy/sy kan ook enige vrae wat op daardie oomblik by hul opkom neerskryf en dit dan later bestudeer.

Die aantekeninge kan ook gebruik word tydens bybelstudies. Die leerder moet probeer om ‘n paar naslaanboeke aan te skaf wat dieper insig in die Bybel kan gee. Gebruik hierdie boeke saam met die lesse.

Die lesse is so beplan dat die leerling so min of meer twee ure per week daaraan moet bestee, sodat hy of sy die hele les volledig kan voltooi. Hulle kan egter hul eie tydsbeplannig doen en kan selfs meer tyd aan elke les spandeer.

Bybelonderrig is gemik op ‘n intense studie van die Bybel. Die leerder moet dit op ‘n stil, rustige plek doen en nie gejaagd wees nie.

Die fasiliteerder speel ‘n belangrike rol in die Bybelonderriglesse. Die leerder het te alle tye leiding nodig. Dit is belangrik dat die fasiliteerder hom-/haarself ook blootstel aan intense studie van die Bybel.

Gaan rustig deur elke les voordat u dit saam met die leerder doen. Dit sal aan u die insig gee om die leerder te lei deur die les en die aktiwiteite.

SAMPLE

G08 ~ Bybelonderrig

ASSESSERINGSVEREISTES

Die Bybelonderrig het nie streng assesseringsvereistes nie. Die leerder se opinie en insig is baie belangrik.

Daar word na elke les ‘n aktiwiteit gegee wat vir assessering tel. Die punte uiteensetting word duidelik weergegee. As die leerder twyfel, raadpleeg die fasiliteerdersgids

Elke kwartaal se assesserings tel 100 punte in totaal.

Die indeling van die kwartale is as volg:

G08 ~ Bybelonderrig

KWARTAAL 3 PUNTE TOTAAL

15

16

17

18

19

20

21

3.6.

KWARTAAL 4

22

23

24

25

26

27

TOTAAL

VERWERK NA 100

VOORWOORD

AANBEVOLE BOEK

DIE BYBEL

HANDBOEK BY DIE BYBEL – DEUR PAT EN DAVID ALEXANDER. VIERDE UITGAWE. LUX VERBI. BYBEL KONKORDANSIE. REIS DEUR DIE BYBEL. V.GILBERT BEERS. LUX VERBI.

Meer as een siening en verduideliking gee ‘n breër perspektief oor ‘n onderwerp.

Die bogenoemde boeke help net om ‘n breër insig te gee in die lesmateriaal wat behandel word.

Gebruik dit slegs aanvullend tot die lesmateriaal.

Die Internet kan ook van hulp wees, as die leerder navorsing wil doen oor ‘n spesifieke onderwerp.

1

2

3

4

JAARPLAN

1 Aardrykskunde van die Bybellande in Palestina.

2 Die land Palestina.

3 Die Kusvlakte en die Sentrale Bergland.

4 Die Jordaanvallei

5 Die Dooie See

6 Die klimaat, plantegroei en die dierelewe in Palestina.

7 Aardrykskunde van Bybellande buite Palestina

8 Skepping

9 Kain en Abel

10 Noag

11 Abram en Isak

12 Jakob eb Esau

13 Josef

14 Moses

15 Die geboorte van Jesus

16 Die besoek uit die Ooste

17 Die vlug na Egipte en kindermoord.

18 Johannes die Doper

19 Die doop van Jesus

20 Die versoeking van Jesus

21 Jesus se eerste optrede en die roeping van die dissipels

SAMPLE

22 Die gelykenis van die saaier

23 Die gelykenis van die onkruid tussen die koring

24 Gelykenis van die barmhartige Samaritaan

25 Gelykenis van die mosterdsaad en die suurdeeg

26 Gelykenisse van die onvrugbare vyeboom

27 Die gelykenis van die verlore skaap

EENHEID 1 Aardrykskunde van die Bybellande

LEERDOELWITTE:

Nadat die leerder hierdie eenheid voltooi het, moet hy/sy in staat wees om die volgende te doen:

 Kennis hê van die ligging van die verskillende Bybellande binne Palestina.

 Kennis hê van die klimaat, plantegroei en dierelewe in die Bybellande.

 Kennis hê van die verskillende Bybellande buite Palestina.

INLEIDING

Die eenheid fokus op die aardrykskunde van die Bybellande binne en buite Palestina. As die leerder ‘n goeie idee het van die lande se ligging sal dit die storie van die Bybel meer geloofwaardig maak. Dit gee aan die leerder die versekering dat hierdie lande wel bestaan het. Dit is nie net plekke wat deur mense uitgedink is nie.

Die eenheid vertel die leerder ook meer van die plante en diere wat voorkom in die lande. Baie van die plante en diere word ook in die Bybel gemeld. Dit gee aan die leerder ‘n breër kennis van die wêreld van die Bybel.

Les 1: Aardrykskunde van die Bybellande in Palestina

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Riglyne vir die fasiliteerder aangaande die opdrag van die leerder.

Argeoloë werk met artefakte. Dit is nagelate vervaardigde produkte van die mens. Dit sluit ook oorblyfsels van die mens soos skelette in Die argeologie van Palestina word Bybelse argeologie genoem.

SAMPLE

Bybelse argeologie is ‘n eiesoortige argeologie. Die Bybelse opgrawings word gedoen om veral die volgende vraag te beantwoord: “Hoe pas die waargenome feite by die verhaal van die Bybel in?”

Oor die jare het opgrawings in Egipte en Palestina die betroubaarheid van die Bybel al meer en meer bevestig. Die navorsingsmetodes het ook verander oor die jare. Deesdae word elke oppervlak intensief verken met nuwe wetenskaplike tegnieke.

Argeologie leer ons dat mense altyd iets agterlaat as hulle op ‘n plek gewoon het. Ons kan baie leer uit die agtergeblewe voorwerpe. Ons leer van hulle leefwyse, voedsel verbruik, landboumetodes, godsdiens, rituele en kultuur.

Bespreek die leerder se bevindinge met hom/haar. Die leerder kan die Internet ook gebruik vir inligting.

Die leerder kan ook mooi foto’s soek van die opgrawings gedoen en in sy/haar werksboek plak.

Die fasiliteerder moet die leerder lei in die navorsing en aan die leerder die geleentheid bied om sy/haar kennis te verbreed van die wêreld van die Bybel.

AKTIWITEIT 1:

Die volgende is die antwoorde op die vrae gegee: Die leerder moet dit in die werksboek beantwoord.

1) Kennis van die aardrykskunde van die Bybellande is noodsaaklik om die Bybel goed te ken (1) en die Bybel te verstaan (1). Die meeste plekke in die Bybel is nie aan ons bekend nie (1). As ons egter die name aan die plekke se ligging koppel, maak dit vir ons die storie van die Bybel meer werklik (1).

Merk enige drie feite. (3)

2) ‘n Tell is ‘n ruïneheuwel. (1) In die Bybelse tyd is die meeste stede op ‘n heuwel gebou. (1) Wanneer die ou stad verwoes word, word die volgende stad net bo-op gebou. (1) (3)

3) Flavius Josefus (1)

4) Jerusalem, Damaskus, Dooie See, Jordaanrivier. (1)

Fasiliteerder merk enige EEN van die bogenoemde name reg vir 1 punt.

5) Dit vertel ons van die mense van die Bybelse tyd se lewens, kultuur, geloof en boerderye. (2)

Fasiliteerder let op na die leerder se eie opinie. Leerder kan die inligting uit die “NUUSKIERIG” blokkie gebruik in die antwoord. Fasilteerder merk enige TWEE relevante feite. [10]

Les 2: Die land Palestina

SAMPLE

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Die leerder moet sekere gedeeltes in die Bybel lees en die verskillende landskappe identifiseer. Die volgende dien as riglyn vir die fasiliteerder:

Genesis 1:9 – Die see.

Genesis 19:24 – Sodom en Gomorra.

Genesis 36:24 – Warmbronne in die woestyn

Genesis 23:9 – Makapela grot/spelonk

Psalm 68:16 – Basonberg

Josua 10:16 – Grot van Makkeda

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.