Gr 7-Tegnologie-Handleiding

Page 1


Graad 7 • Handleiding Tegnologie

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Tegnologie

Handleiding

Graad 7

Aangepas vir KABV
L Faurie J Lubbinge A Schwartz

Handleiding

VOORWOORD

Tegnologie kan gedefinieer word as die gebruik van kennis, vaardighede, waardes en hulpbronne om aan mense se behoeftes en begeertes te voldoen deur die ontwikkeling van praktiese oplossings vir probleme, deur sosiale en omgewingsfaktore in ag te neem.

INLEIDING

Hierdie boek is ontwikkel om die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) te ondersteun. Die inhoud is georganiseer in onderwerpe wat in die KABV uiteengesit is. Die outeurs het gepoog om die boek se inhoud so omvattend as moontlik binne die raamwerk van die kurrikulum saam te stel.

Die hoofdoel van die boek is om leerders toe te rus met ’n goeie, basiese kennis van verskeie aspekte in tegnologie en om hulle te help om die teorie in die praktyk toe te pas.

Ons het spesiale voorsorg getref om:

• Die inhoud leerdervriendelik te maak.

• Die inhoud aantreklik te illustreer.

• Die inhoud bedryfsverwant te maak.

• Toepaslike en stimulerende aktiwiteite te verskaf.

• Ekstra aktiwiteite vir verdere oefening aan die einde van elke eenheid te verskaf.

• Leerders te motiveer om meer uit te vind oor die verskillende vakgebiede in tegnologie.

Die Tegnologie-handleiding word deur die Tegnologie-fasiliteerdersgids ondersteun.

STUDIEWENKE

• Moenie leerwerk tot die aand voor die toets of eksamen uitstel nie. Stel ’n studierooster op om jou tyd doeltreffend te benut.

• Kies ’n geskikte studiemetode wat by jou behoeftes pas en oefen dit dan in. Studievaardighede moet ingeoefen word as jy goed wil presteer.

• Jy kan enige studiemetode gebruik om Tegnologie te bemeester, maar om goeie uitslae te behaal, word die volgende beginsels voorgestel:

Sample

1. Oorsig Kry ’n oorsig oor die werk wat geleer moet word. Lees alles vinnig deur om te sien waaroor die werk gaan.

2. Vrae Stel vrae op oor die werk wat jy kan gebruik om te leer: Waarom? Hoe? Wat? Waar? Wie? Wanneer? Watter? Byvoorbeeld: Wat is tekenkonvensies? Hoe word dit gebruik?

3. Lees en leer Lees en leer hierdie vrae deeglik.

4. Opsê Sê die vrae en antwoorde hardop sonder om in jou boek te kyk.

5. Kontroleer Indien jy die werk ken, verstaan en opsê, vergelyk jou antwoorde met die inhoud in die handleiding. Hou aan leer totdat jy alles onthou.

6. Herhaal Herhaal die werk elke dag.

VAKINHOUD EN BEPLANNING

Handleiding

G07

KWARTAAL 1 EENHEID 1:

Ontwerpvaardighede

Leer doelwitte

Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy jou kennis en begrip omtrent die volgende kan demonstreer:

Wat is tegnologie?

Ontwerpproses

• Ondersoek

• Ontwerp

• Maak of vervaardig

• Evalueer

• Kommunikasie

Ontwerpoorwegings

Inleiding

Tegnologie handel oor die oplos van alledaagse probleme op verskeie maniere. Ons gebruik tegnologie in alle situasies elke oomblik van ons lewe, maar tegnologie verander daagliks. Industrieë streef daarna om produkte te verbeter om mense se lewenstandaarde te verhoog.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Ambagsman ’n Vaardige werkman in die industrie.

Argitek

Beperkings

Ergonomie

Iemand wat geboue ontwerp.

Aspekte wat die omstandighede bemoeilik waarin die werk gedoen moet word, bv. tyd, materiale, koste, ens.

Hoe gebruikersvriendelik ’n produk is.

Estetika

Evalueer

Grafiese ontwerper

Ingenieur

Landmeter

Meganisering

Hoe mooi ’n produk lyk.

Om die gehalte of doeltreffendheid van ’n produk/ voorstel te beoordeel.

Iemand wat produkte ontwerp.

Iemand wat brûe (siviele ingenieur), enjins (meganiese ingenieur) of elektriese stelsels (elektriese ingenieru) ontwerp.

Iemand wat landopmetings doen.

Take wat deur meganismes en masjiene verrig word.

Ontwerpvoorstel ’n Kort stelling van ’n probleem of behoefte.

Produkte

Sample

Items wat vervaardig word om te verkoop.

Projekverslag ’n Verslag wat die elemente van die ontwerpproses bevat.

Skets

Spesifikasies

Tekening

Vloeidiagram

’n Skets word vryhand met ’n potlood geteken om ’n gedagte of idee oor te dra.

Die kriteria van die finale oplossing, bv. vorm, grootte, ens.

2D en 3D diagramme met ’n potlood en tekeninstrumente geteken.

Dui elke stap van die vervaardigingsproses aan.

Wetenskaplike ’n Kundige in natuurlike of fisiese wetenskappe.

LES 1: Wat is tegnologie?

Tegnologie behels al die maniere waarop mense goedere en dienste skep om praktiese oplossings te vind vir ons daaglikse bestaan (om aan basiese behoeftes soos voedsel, skuiling, kommunikasie, klere en vervoer te voldoen) en om ons fisiese wêreld te ondersoek.

Die vroegste vorme van tegnologie sluit in die gebruik van gereedskap om boumateriaal te sny en skuilings te bou, asook die vermoë om vuur te beheer. Vandag se tegnologie sluit in rekenaars, motors en geriefskos, asook die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie en die verkenning van die ruimte. Tegnologie ontwikkel voortdurend en speel ’n belangrike rol in die samelewing.

• Verbeterde tegnologie lei tot ’n toename in produksie.

• Verbeterde gereedskap stel werkers in staat om werk vinniger en makliker te doen.

• Meganisering lei tot massaproduksie en minder handearbeid.

• Ontwikkeling in vervoer lei tot korter reistyd.

• Ontwikkeling in die elektroniese bedryf lei tot doeltreffender kommunikasiekanale soos die internet, selfone en televisie.

Ongeag hoe gevorderd tegnologie is, daar sal altyd probleme wees wat aandag kort en opgelos moet word.

Aktiwiteit 1

Instruksies

Beantwoord die volgende vrae:

1. Definieer tegnologie in jou eie woorde.

2. Beskryf kortliks wat sal gebeur as alle meganiese stelsels skielik nie meer bestaan nie. Hoe sal ons lewens lyk as daar geen masjiene (motors, pompe, rekenaars, mikrogolfoonde, ens.) is nie.

3. Bespreek die impak van herwonne materiaal op die omgewing.

4. Kies ’n woord uit die woordbank en voltooi die tabel deur aan te dui watter bedryf by die vervaardiging en die gebruik van yster betrokke is.

Sample

(Ystererts is ’n mineraal om yster mee te vervaardig.)

mynwese groothandel kleinhandel/diens produksie vervoer

Aksie Bedryf

Ystererts word ontgin.

Erts word padlangs versprei.

Erts word gesmelt om yster te maak.

Klaargemaakte yster word verkoop.

Iemand vervaardig en verkoop spitspaalheinings.

LES 2: Ontwerpproses

Ons gebruik die ontwerpproses om alledaagse probleme te identifiseer en op te los. Die ontwerpproses bestaan uit die volgende vyf stappe:

1. Ondersoek

2. Ontwerp

3. Maak/Vervaardig

4. Evalueer

5. Kommunikeer

Hier is ’n voorbeeld van die ontwerpproses met die verskillende stappe wat jy moet volg.

STAP 1: Ondersoek

1.1 Identifiseer die probleem (behoefte/begeerte)

1.2 Analiseer bestaande produkte ten opsigte van: Veiligheid Materiale se geskiktheid Doeltreffendheid Koste Vervaardigingsmetode

1.3 Ondersoekstrategie

Doen ondersoek deur die volgende metodes:

• Verkry inligting (biblioteeknaslaanstelsel, internet, indekse, tydskrifte, winkelbesoek).

• Versamel inligting (vraelyste, dataversamelingsvorms, literatuurondersoeke).

• Toets inligting om die verskillende eienskappe te bepaal of te vergelyk.

• Sorteer/bevestig inligting.

Omkring of onderstreep die metode wat jy gebruik het.

• Die ondersoekfase lê die grondslag vir enige tegnologiese proses.

• Ons moet eers alle aspekte van die probleem identifiseer, voordat ons die probleem kan oplos.

• Versamel inligting deur soveel as moontlik bronne te raadpleeg.

• Sorteer die inligting wat jy versamel het en hou net die bruikbaarste inligting oor. Gee erkenning aan alle bronne.

• Pas die ondersoekproses by jou werkwyse aan vir optimale resultate.

STAP 2: Ontwerp

2.1 Ontwerpopdrag (Kort geskrewe idees, insluitend die omskrywing van die probleem, wie beïnvloed word, hoe die produk gebruik gaan word, betroubaarheid en impak op die omgewing.)

2.2 Ontwerpidees (Gebruik die ontwerpopdrag en vryhandsketse om ’n paar oplossings te vind. Kies die beste oplossing.)

2.3 Ontwerpspesifikasies (omvattender as ontwerpopdrag). Lys van produkeienskappe/ beskrywing (besonderhede van grootte, vorm, kleur, ens.)

Materiale (waarvan die produk gemaak word)

Koste

Veiligheid

Standaard waaraan voldoen moet word

• Die eerste stap in die ontwerpfase is om ’n ontwerpopdrag op te stel.

• ’n Ontwerpopdrag is ’n opsomming van die probleem wat die ontwerpspesifikasies uiteensit.

• Dink aan moontlike oplossings vir die probleem en maak vryhandsketse om jou denkproses voor te stel.

• Notas by die sketse hoef nie in drukskrif te wees nie.

• Vryhandsketse word in potlood en sonder ’n liniaal geteken.

STAP 3: Maak/vervaardig

3.1 Beplanning

• Formele tekeninge wat afmetings en hoeveelhede aandui (op aparte papier).

• Hulpbronlyste (Apparaat/ gereedskap)

3.2 Vervaardigingsproses (hoe word dit gemaak)

• Formele tekeninge wat afmetings en hoeveelhede aandui (op aparte papier).

• Hulpbronlys (Apparaat/gereedskap)

• Produksievaardighede (Vaardighede wat nodig is om produk te vervaardig, bv. opmeting.) ...............................................................................

• Veiligheidsmaatreëls (Demonstreer kennis en begrip van veilige werkpraktyke.)

• Tydens die vervaardigingsproses teken ons formele tekeninge van die produk se verskillende aansigte deur verskillende konvensies (lynsoorte) te gebruik.

• Formele tekeninge behels ortografiese tekeninge (2D), isometriese tekeninge (3D) en perspektieftekeninge.

• Formele tekeninge toon afmetings, versteekte besonderhede en enige ander inligting wat nodig is om die produk te maak.

• Maak notas by formele tekeninge oor hoe die produk moet lyk.

• Dit is baie belangrik om alle gereedskap tydens die vervaardigingsproses versigtig te hanteer

• Onthou dat die finale produk altyd mooi moet lyk.

STAP 4: Evalueer

4.1 Wie doen die evaluering?

4.2 Hoe word die evaluering gedoen?

4.2.1 Evalueer die produk deur dit te vergelyk met die:

• ontwerpopdrag

• ontwerpspesifikasies

Sample

4.2.2 Evalueer die vervaardigingsproses met betrekking tot die doeltreffendheid van:

• werkwyse

• vaardighede

• tydbestuur

• Dit is jou verantwoordelikheid om die produk deurlopend te evalueer

• Maak seker die ontwerp voldoen aan die vereistes wat in die ontwerpopdrag gestel is.

STAP 5: Kommunikeer

5.1 Berei aanbieding voor

• Bestaande tekeninge

• Alle geskrewe dokumentasie (ontwerpopdrag, plakkate, PowerPoint en beredenering van ontwerp)

5.2 Kommentaar op ontwerpproses

• Was die ontwerp/projek suksesvol? …………………………………………….....................

• Waarom sê jy so? ...........…………………………………………………………………………

• Noem moontlike verbeteringe............................................................................................

• Tydens die kommunikasiefase word al die opdragte in ’n portefeulje saamgevat.

• Skryf jou naam en van op die voorblad en maak ’n vryhandkunstenaarsvoorstelling of plak ’n foto van die finale produk.

• Die finale dokument moet netjies, agtermekaar en met ’n inhoudsopgawe aangebied word.

○ Het ek die doel bereik?

○ Waar het ek probleme ondervind?

• Skryf ’n verslag oor die finale produk en plaas dit agterin die portefeulje. Oorweeg die volgende vrae:

○ Waarop kan ek verbeter? Hoe meer besonderhede jy in jou verslag insluit, hoe makliker sal die vervaardigingsproses wees.

Aktiwiteit 2

Instruksies

Skep jou eie templaat van die ontwerpproses en hou dit byderhand wanneer jy jou PAT’s doen.

Handleiding

LES 3: Ontwerpoorwegings

Bepaal die produk se geskiktheid vir die doel: Ondersoek

Vra jouself die volgende vrae om te bepaal of die produk geskik is vir die doel waarvoor dit benodig word:

• Wie gaan die produk gebruik?

• Waarom gaan hulle die produk gebruik?

• Waar gaan hulle die produk gebruik? (Dit bepaal die soort materiaal waarvan die produk gemaak moet word.)

• Wanneer gaan hulle die produk gebruik?

• Hoe gaan hulle die produk gebruik?

Gebruik die frase “vier wortels en een haas” om die vrae te onthou.

Aktiwiteit 3

Instruksies

Bou die model en beantwoord die vrae.

Benodighede

• duimspyker

• gom

Stappe

1. Maak ’n afskrif van die volgende bladsy en plak dit op karton.

2. Knip die skêr se twee lemme uit.

3. Druk ’n duimspyker van agter af deur om die twee lemme bymekaar te hou.

4. Beweeg nou die lemme en kyk hoe dit werk.

Beantwoord die volgende vrae oor die skêr om te bepaal of dit geskik is vir die doel waarvoor dit benodig word:

• Wie gaan die produk gebruik?

• Waarom gaan hulle die produk gebruik?

• Waar gaan hulle die produk gebruik? (Dit bepaal die soort materiaal waarvan die produk gemaak moet word.)

• Wanneer gaan hulle die produk gebruik?

• Hoe gaan hulle die produk gebruik?

Insert thumbtack from the back.�-------,. .ft. Druk ’n duimspyker van agter af deur.

Sample

Cut out the two halves of the scissors. Knip die twee helftes van die sk ê r uit.

• Omvattende verduidelikings van konsepte in eenvoudige taal.

• Interaktiewe, pret en praktiese aktiwiteite met alledaagse voorwerpe wat leerders help om die konsepte te bemeester.

• Sluit tekenblaaie en stap-vir-stap-instruksies vir tekeninge in.

• Alfabetiese lys van belangrike terminologie vir maklike naslaan.

• Leerders word gewys hoe om die praktiese assesseringstake te voltooi.

• Gebruik in die klaskamer of tuis.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.