Í4$È-A-SOS-FG02ÈÎ
2
0
0
4
-
A
-
S
O
S
-
F
G
0
2
SOSIALE WETENSKAPPE FASILITEERDERSGIDS: GEOGRAFIE Graad 4
Sosiale Wetenskappe Fasiliteerdersgids: Geografie
1804-A-SOS-FG02
Í2$È-A-SOS-FG02ÆÎ
Graad 4
Aangepas vir KABV
M Lübcker E van Emmenes
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE ................................................................................................................ 3 TYDROOSTER EN TYDSBESTUUR ............................................................................... 5 ASSESSERINGSVEREISTES .......................................................................................... 6 STUDIEWENKE EN -METODES ...................................................................................... 7 ANDER NUTTIGE INLIGTING .......................................................................................... 7 VOORWOORD .................................................................................................................. 8 JAARPLAN ....................................................................................................................... 9 Eenheid 1: Mense en plekke ......................................................................................... 13 Les 1: Plekke om in te woon.............................................................................14 AKTIWITEIT 1 ....................................................................................... 14 Les 2: Werk wat mense op verskillende plekke doen .......................................14 AKTIWITEIT 2 ....................................................................................... 15 Les 3: Geboue op verskillende plekke en hul gebruike ....................................15 AKTIWITEIT 3 ....................................................................................... 16 Les 4: Paaie en voetpaadjies – hoe hulle in nedersettings gebruik word .........17 AKTIWITEIT 4 ....................................................................................... 17 Les 5: Identifiseer bakens: natuurlik en mensgemaak......................................17 AKTIWITEIT 5 ....................................................................................... 18 Les 6: Beskryf en teken ’n kort reis ..................................................................18 AKTIWITEIT 6 ....................................................................................... 18 Les 7: Behoeftes en begeertes.........................................................................18 AKTIWITEIT 7 ....................................................................................... 19 Les 8: Basiese behoeftes: water, kos, energie, skuiling en gesondheidsorg ... 19 AKTIWITEIT 8 ....................................................................................... 19 Les 9: Maniere waarop mense hulle behoeftes bevredig ................................ 19 AKTIWITEIT 9 ....................................................................................... 19 HERSIENINGSOEFENING .................................................................. 22 EENHEID 2: Kaartleesvaardighede .............................................................................. 24 Les 10: Verskillende aansigte van eenvoudige voorwerpe ...............................25 AKTIWITEIT 10 ..................................................................................... 25 Les 11: Prente of letters as simbole of sleutels ................................................25 Les 12: Grootskaalkaart se simbole .................................................................25 AKTIWITEIT 11 ..................................................................................... 26 AKTIWITEIT 12 ..................................................................................... 26 Les 13: Eenvoudige ruitnette en ruitverwysings ...............................................26 AKTIWITEIT 13 ..................................................................................... 27 Les 14: Lees en skryf rigtings op kaart en omgewing .......................................27
1
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
EENHEID 3: Lees belangrike kaarte ............................................................................ 28 Les 15: Hoe dui ons oseane en land op ’n kaart aan? .....................................28 Les 16: Suid-Afrika se provinsies en hulle hoofstede .......................................29 AKTIWITEIT 15 ..................................................................................... 29 Les 17: Die aarde is rond en die kaart is plat ...................................................29 AKTIWITEIT 16 ..................................................................................... 30 EENHEID 4: Voedsel en boerdery in Suid-Afrika ....................................................... 32 Les 18: Kos wat mense eet vanaf plante en diere ............................................33 Les 19: Maniere hoe mense hulle kos verkry ...................................................33 AKTIWITEIT 17 ..................................................................................... 33 Les 20: Bestaansboerdery en kommersiële boerdery ......................................34 AKTIWITEIT 18 ..................................................................................... 34 Les 21: Verbouing van voedsel in dorpe en stede............................................34 Les 22: Verskillende soorte boerdery ...............................................................35 Les 23: Saaiboerdery in Suid-Afrika .................................................................35 Les 24: Vrugteboerdery in Suid-Afrika ..............................................................35 Les 25: Lewendehawe: grootvee, kleinvee en pluimvee ..................................36 Les 26: Gevallestudie: veeboerdery in Suid-Afrika ...........................................36 AKTIWITEIT 19 ..................................................................................... 37 Les 27: Vernaamste saai- en veeboerderygebiede in Suid-Afrika ....................37 Les 28: Wat is verwerkte en onverwerkte voedsel? .........................................37 Les 29: Hoe en waarom voedsel verwerk word ................................................38 Les 30: Van die plaas na die fabriek, van die winkel na die huis ......................38 EENHEID 5: Water in Suid-Afrika ................................................................................. 40 Les 31: Watergebruike .....................................................................................41 AKTIWITEIT 20 ..................................................................................... 41 Les 32: Watergebruike in nywerhede ...............................................................41 Les 33: Water as ’n hulpbron............................................................................42 Les 34: Die watersiklus ....................................................................................45 Les 35: Waterberging en die belangrikheid daarvan ........................................45 AKTIWITEIT 21 ..................................................................................... 45 Les 36: Natuurlike waterbronne........................................................................45 Les 37: Les 39: Persoonlike en daaglikse gebruike wat water besoedel ..........46 Les 38: Herwinning van afvalwater en riool ......................................................46 STUDEER/HERSIENING ..................................................................... 47 HERSIENINGSOEFENING .................................................................. 48
2
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
LESELEMENTE LEERDOELWITTE: Wat die leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.
DEFINIEER: Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK: Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE: Enige inligting anders as die inhoud, om die leerders deur die leerproses te begelei.
3
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
VIR DIE NUUSKIERIGES: Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerders aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerders: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik
AKTIWITEIT: Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING: Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD: Beklemtoon die kern van die inhoud, omvattende verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word.
STUDEER/HERSIENING: Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
4
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
TYDROOSTER EN TYDSBESTUUR Ingevolge KABV-beleid moet leerders drie uur per week aan Sosiale Wetenskappe bestee. ’n Kwartaal van 10 weke word dus in 30 uur verdeel. Die tydstoedeling vir Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis is dus 15 uur per kwartaal, en 15 uur per kwartaal vir Sosiale Wetenskappe: Geografie. Leerders moet dus 1½ uur per week aan Geografie wy. Jy sal vind dat sommige opdragte vinniger as ander verloop. Dit is altyd ’n goeie idee om ’n bietjie meer tyd toe te deel aan moeiliker begrippe, vir ekstra hersiening van wat geleer is en tyd om die vaardighede wat leerders verwerf, te oefen. Hierdie fasiliteerdergids bevat ook talle ekstra aktiwiteite en besonderhede om te dek met leerders wat gouer klaarmaak of wat graag hulle kennis verder wil uitbrei as wat van hulle vereis word. Onthou dat tydstoedeling per onderwerp kan wissel, wat beteken dat die lengte van lesse dalk ook sal moet wissel. Volg die riglyne wat vir elke eenheid of les gegee word, maar laat jou bowenal lei deur die leerders en hoe moeilik hulle dit vind om elke onderwerp onder die knie te kry. Volgens die handleiding: Kwartaal 1 – 10 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi. Kwartaal 2 – 10 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi. Kwartaal 3 – 10 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi. Kwartaal 4 – 7 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi en dan tyd afstaan aan hersiening van al die inhoud wat vir die eksamen gedek word. Daar word ook aanbeveel dat leerders die hersieningsoefeninge aan die einde van eenheid 1 en 5 voltooi om die verworwe vaardighede op te knap. Dit sal leerders in staat stel om behoorlik vir die eksamen voor te berei.
5
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
ASSESSERINGSVEREISTES Die aanbevole assesseringsprogram is soos volg: Geskiedenis Projek Kwartaal 1 Geografie Opdrag Opdrag Geskiedenis Junie-eksamen Kwartaal 2 Opdrag Geografie Junie-eksamen Geskiedenis Kwartaal 3-toets Kwartaal 3 Geografie Kwartaal 3-toets Geskiedenis Novembereksamen Kwartaal 4 Geografie Novembereksamen Kodes en persentasies vir optekening en rapportering Beskrywing van Kode bevoegdheid 7 Uitmuntende prestasie 6 Verdienstelike prestasie 5 betekenisvolle prestasie 4 Voldoende prestasie 3 Gemiddelde prestasie 2 Basiese prestasie 1 Ontoereikend
6
Deurlopende assessering: 75%
Novembereksamen 25%
Persentasie 80 – 100 70 – 79 60 – 69 50 – 59 40 – 49 30 – 39 0 – 29
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
STUDIEWENKE EN -METODES Leerders kan ’n breinkaart gebruik om die inligting wat hulle geleer het, te memoriseer. ’n Breinkaart het ’n hoofdoel in die middel, met talle vertakkings met opskrifte en die inhoudsopgawe, en kan baie nuttig wees. Hou dié breinkaart telkens byderhand wanneer ’n nuwe les bygevoeg word. Sodoende word die breinkaart bygewerk en die opsommings wat voor die eksamen gedoen moet word, tot die minimum beperk. Die meeste lesse het ’n aktiwiteit en ’n hersieningsoefening aan die einde van die eenheid. Maak seker dat die leerders die inhoud van die les verstaan. Hersien die aktiwiteite en doen hersieningsoefeninge met die leerders ter voorbereiding vir die eksamens. Elke aktiwiteit en hersieningstoets moet so volledig moontlik wees en vrae moet in volsinne beantwoord word.
ANDER NUTTIGE INLIGTING Indien moontlik, bekom ’n atlas vir die leerders. Atlasvaardighede is baie belangrik in Geografie. Kaarte van jou plaaslike omgewing is nuttig vir werk met kaarte. Daar is ook talle lesse en aktiwiteite aanlyn beskikbaar. Talle organisasies en projekte verskaf nuttige inligting op hulle webtuistes. Google Earth het byvoorbeeld wonderlike lugfoto’s en maak dit moontlik om jou omgewing breedvoerig te bestudeer. Dit sal dit meer toepaslik vir die leerders maak. Google Earth het ook ’n selfoonwebtuiste wat met enige slimfoon met ’n internetverbinding besoek kan word. As dit beskikbaar is, gaan na YouTube en tik jou onderwerp in, byvoorbeeld “mynbou in Suid-Afrika”; talle verskillende video's en potsendings sal beskikbaar wees om te besigtig. Dit is ook baie nuttig vir nuuskierige leerders wat dieper wil delf in die onderwerp wat gedek word. Dié fasiliteerdergids bevat talle nuttige wenke sowel as ekstra oefeninge of aktiwiteite wat jy saam met die leerders kan doen. Hulle is dikwels net so belangrik, omdat hulle ’n lewendige belangstelling in die onderwerp sal prikkel en verdere kennisverwerwing sal aanmoedig.
7
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
VOORWOORD Dié fasiliteerdergids is net vir die fasiliteerder bedoel en nie vir die leerders nie. Die fasiliteerdergids word gebruik saam met die graad 4-handleiding. Die antwoorde vir die aktiwiteite is in dié gids, hoewel sommige aktiwiteite nie ’n spesifieke antwoord sal hê nie. Dit sal só uitgewys word. As fasiliteerder moet jy – waar moontlik – probeer om met die leerders ’n gesprek te voer oor die les wat bespreek gaan word. Gesels in die algemeen oor die onderwerp om die leerders se bestaande kennis te toets. Koppel dit dan aan die onderwerp wat jy gaan behandel, sodat die onderwerp toepaslik sal wees en die leerders dit makliker sal snap.
8
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
JAARPLAN WEEK
EENHEID EN LES
DATUM
DATUM
BEGIN
VOLTOOI
Kwartaal 1
EENHEID 1: PLEKKE WAAR MENSE WOON 1
Les 1: Plekke om in te woon
2
Les 2: Werk wat mense op verskillende plekke doen
3
Les 3: Geboue op verskillende plekke en hul gebruike
4
Les 4: Paaie en voetpaadjies – hoe hulle in nedersettings gebruik word
5
Les 5: Identifiseer bakens: natuurlik en mensgemaak
6
Les 6: Beskryf en teken ’n kort reis
7
Les 7: Behoeftes en begeertes
8
Les 8: Basiese behoeftes: water, kos, energie, skuiling en gesondheidsorg
9
Les 9: Maniere waarop mense hulle behoeftes bevredig
10
Studeer/Hersiening: Breinkaart
11
Hersieningsoefening
9
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
WEEK
EENHEID EN LES
DATUM
DATUM
BEGIN
VOLTOOI
Kwartaal 2
EENHEID 2: KAARTVAARDIGHEDE 12
Les 10: Verskillende aansigte van eenvoudige voorwerpe
13
Les 11: Pas planaansig of boaansig en syaansig bymekaar
14
Les 12: Prente of letters as simbole of sleutels
15
Les 13: Grootskaalkaart se simbole
16
Les 14: Teken jou eie kaart met behulp van simbole en sleutels
17
Les 15: Eenvoudige ruitenette en ruitverwysings
18
Les 16: Lees en skryf rigtings op kaart en omgewing
EENHEID 3: Lees belangrike kaarte 19
Les 17: Hoe dui ons oseane en land op ’n kaart aan?
20
Les 18: Suid-Afrika se provinsies en hulle hoofstede
21
Les 19: Die aarde is rond en die kaart is plat
22
Studeer/Hersiening: Breinkaart
10
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
WEEK
EENHEID EN LES
DATUM
DATUM
BEGIN
VOLTOOI
EENHEID 4: VOEDSEL EN BOERDERY IN
Kwartaal 3
SUID-AFRIKA 23
Les 20: Kos wat mense eet vanaf plante en diere
24
Les 21: Maniere hoe mense hulle kos verkry
25
Les 22: Bestaansboerdery en kommersiële boerdery
26
Les 23: Verbouing van voedsel in dorpe en stede
27
Les 24: Verskillende soorte boerdery
28
Les 25: Saaiboerdery in SuidAfrika
29
Les 26: Vrugteboerdery in Suid-Afrika
30
Les 27: Lewendehawe: grootvee, kleinvee en pluimvee
31
Les 28: Gevallestudie: veeboerdery in Suid-Afrika
32
Les 29: Vernaamste gewas- en veeboerderygebiede in SuidAfrika
33
Les 30: Wat is verwerkte voedsel?
34
Les 31: Hoe en waarom voedsel verwerk word
35
Les 32: Van die plaas na die fabriek, van die winkel na die huis
36
Studeer/Hersiening: Breinkaart
11
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
WEEK
EENHEID EN LES
DATUM
DATUM
BEGIN
VOLTOOI
Kwartaal 4
EENHEID 5: WATER IN SUID-AFRIKA 37
Les 33: Watergebruike
38
Les 34: Watergebruike in nywerhede
39
Les 35: Water as ’n hulpbron
40
Les 36: Die watersiklus
41
Les 37: Waterberging en die belangrikheid daarvan
42
Les 38: Natuurlike waterbronne
43
Les 39: Persoonlike en daaglikse gebruike wat water besoedel
44
Les 40: Herwinning van afvalwater en riool
45
Studeer/Hersiening: Breinkaart
46
Hersieningsoefening
12
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Eenheid 1: Mense en plekke LEERDOELWITTE: Wanneer leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om:
Die verskillende plekke waar mense woon, insluitende plase, nedersettings, dorpe en stede, te identifiseer en beskryf. Die verskillende plekke waar mense werk, te identifiseer en beskryf. Verskillende tipes geboue en hulle gebruike te identifiseer en verduidelik, insluitende huise, diereskuilings, winkels, skole, klinieke, banke, kantore, plekke van aanbidding, fabrieke, vulstasies en spoorwegstasies. Paaie en voetpaadjies en hulle onderskeie gebruike in nedersettings te verstaan. Verskillende landmerke te identifiseer. Die verskil tussen natuurlike en mensgemaakte landmerke te verstaan. ’n Kort reis te beskryf en teken, byvoorbeeld om te verduidelik watter roete hulle skool toe of na ’n winkelsentrum volg. Te verduidelik hoe om van een plek na ’n ander te beweeg met behulp van terme soos links, regs en reguit, belangrike landmerke te identifiseer en paaie of strate se korrekte name te gebruik. Tussen behoeftes en begeertes te onderskei. Die basiese menslike behoeftes, insluitend water, kos, skuiling, gesondheidsorg en energie, te identifiseer. Die verskillende maniere te verstaan waarop mense in hulle behoeftes voorsien. Die kennis wat verwerf is, op ’n gevallestudie of relevante situasie toe te pas.
INLEIDING Dit word sterk aanbeveel dat die leerders ’n lys of boek met terme skep en die woordomskrywings neerskryf van enige nuwe woorde wat hulle leer, veral van dié wat in die studiegids aangedui word. Hulle moet die terminologie verstaan om die inhoud onder die knie te kry, en vrae sal daaroor gevra word in die toetse of eksamens. Tesame met elke onderwerp is daar verskeie voorgestelde internetskakels na meer inligting, of speletjies en aktiwiteite wat jy kan voltooi. Hulle word sterk aanbeveel, maar is nie verpligtend nie. Aan die einde van elke les moet jy egter seker maak dat die leerders die vaardighede wat in die uitkomste gelys word, bemeester het.
13
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Les 1: Plekke om in te woon Bespreek die verskillende plekke waar mense woon, met die leerders. Gesels oor plekke en waarom sekere mense daar woon, byvoorbeeld boere wat op plase woon. Fokus op jou onmiddellike omgewing of plekke wat die leerders onlangs besoek het. Laat hulle vertel van die verskillende plekke waar mense woon, verskillende geboue wat hulle gesien het, wat hulle as belangrike elemente van ’n blyplek beskou en wat hulle vir oorlewing nodig het. Die doel van hierdie les is om die leerders te help onderskei tussen verskillende nedersettings, insluitende plase, dorpies, dorpe en stede. Hulle hoef nog nie te weet wat die verskil tussen plattelandse en stedelike nedersettings is nie, maar as jy reken hulle sal dié begrippe verstaan, bespreek dit gerus met hulle. Laat sowat een uur toe om dié les te voltooi, maar maak voorsiening vir ekstra tyd om die aktiwiteit te voltooi. As jy dink dit is nodig, voeg inligting by die breinkaart of doen ekstra take. Skakels: Besoek die volgende YouTube-skakel. Daar is ’n kanaal met tien verskillende video's, insluitende ’n episode op Sesame Street wat die verskil tussen plattelandse en stedelike gebiede beskryf.
<https://www.youtube.com/watch?v=xp4q9K39UXk&list=PLrSAu6pWkinuoPR1ALjVSav_KfNPHpgFv>
AKTIWITEIT 1
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.
Die antwoorde op dié les sal vir die leerders toepaslik wees. As fasiliteerder behoort jy in staat te wees om te bepaal hoe korrek hulle antwoorde is. Leerders se eie antwoord. (2) Leerders se eie antwoord. (2) Leerders se eie antwoord. (1) Leerders se eie antwoord. (1) Leerders se eie antwoord. (kliniek/hospitaal) (1) Leerders se eie antwoord. (speelplek/ontspanningsentrum/parkie) (1) Leerders se eie antwoord. (2) [10]
Les 2: Werk wat mense op verskillende plekke doen In hierdie les moet die leerders die soorte werk wat mense kan doen, koppel aan die plek of nedersetting waar hulle woon. Dit sal uiteraard verskil van nedersetting tot nedersetting, maar daar sal gemeenskaplike aspekte wees. Probeer om poste uit al drie bedryfsvertakkings te bestudeer, nl. primêr (grondstowwe), sekondêr (vervaardiging of produksie) en tersiêr (verkope van goedere of dienste). Leerders hoef nie nou al dié terme te verstaan nie; dit lê net die grondslag vir die toekoms. 14
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
AKTIWITEIT 2
1.
Werk op ’n plaas
Werk in die stad
plant mielies oes koring saai graan melk koeie plaasbestuurder skaapskeerder ploeg landerye pas vee op
prokureur polisiebeampte bankier onderwyser dokter sjef haarkapper brandweerbeampte (16)
2.
2.1. Pastoor/priester/eerwaarde (enige ander godsdienstige leier) 2.2. Dokter
(2) [18]
Les 3: Geboue op verskillende plekke en hul gebruike Hierdie les bestudeer die verskillende tipes geboue wat ons kry. Dit is ’n baie interessante onderwerp. Besoek die verskillende soorte geboue in die leerders se omgewing of neem foto's daarvan. As enige gebou uniek is, of as daar geboue is wat vir ’n spesifieke doel gebruik word, besoek hulle en bespreek met die leerders. Dié les behoort sowat ’n uur te duur, met ekstra tyd ingebou vir praktiese werk en om die aktiwiteit te voltooi.
15
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
AKTIWITEIT 3
1.
2.
1.1. 1.2. 1.3. 1.4. 1.5. 1.6. 1.7. 1.8. 1.9. 1.10. 1.11. 1.12.
Plek van aanbidding Plaashuis Spoorwegstasie Lughawe Woonstelle Bank Vulstasie Hospitaal/kliniek Huis Skool Inkopiesentrum Diereskuiling
(12 x 1) = (12)
Leerders se eie antwoorde; dit moet toepaslik wees. 2.1. ’n Plek waar gelowiges God kan aanbid. 2.2. Die huis op die plaas waarin die boer en sy gesin woon. 2.3. Die plek waarvandaan mense per trein na ander stasies reis. 2.4. Om te vlieg, binnelands of internasionaal. 2.5. Talle huisies wat opmekaar gestapel is. 2.6. Die plek waar jy jou geld kan bêre of omruil. 2.7. Die plek waar jy jou kar met petrol of diesel kan volmaak. 2.8. Waar siek mense basiese gesondheidsorg kan ontvang. 2.9. Die plek waarin mense woon. 2.10. Waar kinders bymekaarkom om onderrig te ontvang. 2.11. ’n Gebou met verskillende winkels, restaurante en vermaaklikheidsplekke. 2.12. ’n Plek waar mishandelde/verlore diere gevoed, gehuisves en beskerm word. (12 x 1) = (12) [24]
16
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Les 4: Paaie en voetpaadjies – hoe hulle in nedersettings gebruik word Leerders moet kan onderskei tussen ’n pad en ’n voetpaadjie en hoe elkeen gebruik word. Hulle moet prentjies kan herken en verduidelik hoe elkeen in ’n nedersetting gebruik word. Moenie meer as ’n uur aan dié onderwerp wy nie, maar dit sou ’n goeie idee wees om die verskillende soorte paaie wat genoem is, te gaan bekyk. AKTIWITEIT 4
1.
2. 3.
’n Dorp is ’n nedersetting met strate, huise, winkels en geboue soos skole en banke. ’n Stad is groter as ’n dorp. Daar is meer winkels en strate, en soms selfs ’n lughawe. ’n Plaas is ’n groot stuk grond waarop mense woon en plaasdiere aanhou of gewasse plant, of albei. (3 x 2) = (6) Leerders se eie antwoorde; die antwoord en verduideliking moet toepaslik wees. (5 x 2) = (10) 3.1. Onwaar (1) 3.2. Onwaar (1) 3.3. Onwaar (1) 3.4. Waar (1) [20]
Les 5: Identifiseer bakens: natuurlik en mensgemaak Leerders moet die begrip van ’n landmerk verstaan en dat dit iets spesiaals of uniek is aan die gebied waarin dit voorkom. Hulle moet ook kan onderskei tussen mensgemaakte en natuurlike landmerke. Leerders moet dus die tipe landmerk op grond van ’n prent of voorwerp kan uitken. Moenie meer as ’n uur aan dié onderwerp afstaan nie, insluitende die tyd wat nodig is om die aktiwiteit te voltooi. VIR DIE NUUSKIERIGES: Hierdie klein aktiwiteite is nogal belangrik, want hulle sal ’n groter geesdrif vir kennisverwerwing kweek. Verseker dat hulle die aktiwiteite sover moontlik op hulle eie voltooi.
17
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
AKTIWITEIT 5
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.
Natuurlike struktuur Mensgemaakte struktuur Mensgemaakte struktuur Natuurlike struktuur (aanvaar ook mensgemaakte struktuur) Natuurlike struktuur Mensgemaakte struktuur (aanvaar ook natuurlike struktuur) Natuurlike struktuur Natuurlike struktuur Mensgemaakte struktuur Mensgemaakte struktuur (10 x 1) = [10]
Les 6: Beskryf en teken ’n kort reis Voltooi die volgende aktiwiteit met die leerders. As dit moontlik is, ry saam met hulle na ’n gereelde bestemming, maar laat hulle die rigtings aandui. Staan sowat twee uur aan dié onderwerp af en laat die leerders die stappe van die roete voltooi deur ’n basiese kaart te teken en die aanwysings in woorde te beskryf. AKTIWITEIT 6
1. 2.
Draai links in Rivierweg, links in Eerste Laan, en links in Hoofstraat. (5) Draai links in Rivierweg, links in Eerste Laan, en links in Hoofstraat en regs in Werkersweg. Die bank sal aan die linkerkant wees. (8) [13]
Les 7: Behoeftes en begeertes Staan sowat ’n uur aan bespreking van dié begrip af. Maak seker dat leerders die verskil tussen behoeftes en begeertes verstaan. As inleiding, laat hulle ’n lys maak van dinge wat hulle moet hê om te oorleef en ’n tweede lys dinge wat hulle graag wil hê. Probeer tien dinge op elkeen kry en gaan die lyste met die leerders deur. Maak seker dat hulle die items onder die regte hofie geplaas het.
18
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
AKTIWITEIT 7
1. 2. 3. 4. 5.
Behoefte Behoefte Begeerte Behoefte Begeerte (5 x 1) = [5]
Les 8: Basiese behoeftes: water, kos, energie, skuiling en gesondheidsorg Dit is ’n belangrike konsep wat leerders moet verstaan. Staan sowat twee uur aan dié onderwerp af, insluitende die tyd wat benodig word vir die aktiwiteit. ’n Interessante video om saam met leerders te kyk: https://www.youtube.com/watch?v=7oYTNFNvqO0
AKTIWITEIT 8
1. 2. 3. 4. 5.
Kos Energie Water Skuiling Gesondheidsorg (5 x 1) = [5]
Les 9: Maniere waarop mense hulle behoeftes bevredig Dit is belangrik om vroeëre kennis aan dié les te koppel. Wy hoogstens ’n uur aan die les. AKTIWITEIT 9
1. 2. 3. 4.
Boer Verkoopspersoon Haarkapper Myner (4 x 1) = [4]
19
© Optimi
Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
20
1
© Optimi
Fasiliteerdersgids G05 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
STUDEER/HERSIENING: BREINKAART Werk saam met die leerders deur die breinkaart om seker te maak wat hulle weet watter inligting belangrik is. In toekomstige eenhede vorentoe sal hulle hul eie breinkaarte moet skep.
GEBOUE
Huis
Skool
BEROEPE
Boer
(Afhangend van waar hulle woon)
(Afhangend van waar hulle woon)
Skuur
Prokureur
Dokter
Woonstel
Plaas
Bank PLEKKE OM IN TE WOON
MENSE EN PLEKKE Dorp
Kar BEGEERTES
WAAR MENSE WOON
Verduidelik ROETE
Stad
Links Regs
(Ekstras)
Teke n
Selfoon
BAKENS
Behoeftes en begeertes Energie
Gesondheidsorg
Skuiling BASIESE BEHOEFTES
(iets uniek aan die area)
MENSGEMAAK (veranderd | deur mense gebou)
Bome
Riviere
Brûe
Geboue
NATUURLIK
(Noodsaaklik vir jou oorlewing)
Voedsel
Standbeeld
(onveranderd | deel van die natuur)
Water
Berg
Meer
Figuur 48 21
© Optimi
Fasiliteerdersgids G05 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
HERSIENINGSOEFENING
1.1. 1.2. 1.3. 1.4. 1.5. 1.6. 1.7. 1.8.
D E H G B C A F
2.1.
’n Stad, want dit het ’n hospitaal en woonstelgeboue.
2.2.
Enige drie van die volgende: Kerk: ’n Christelike aanbiddingsplek. Woonstelle: Talle huisies wat opmekaar gestapel is. Bank: ’n Plek waar geld gestoor en omgeruil kan word. Vulstasie: Waar jy jou kar met petrol of diesel kan volmaak. Hospitaal: Waar siek/beseerde mense mediese dienste van dokters kan ontvang. Huis: ’n Skuiling waar mense woon. Skool: Waar kinders onderrig ontvang deur klasse by te woon. Winkel: Waar mense goedere koop. Kruidenierswinkel: ’n Winkel wat kos en basiese huishoudelike items verkoop. Poskantoor: Waar pos gesorteer en afgelewer word. Rolprentteater: ’n Teater waar flieks op ’n groot skerm vertoon word. Polisiestasie: Die hoofkwartier van die polisiediens. (3 x 2) = (6)
2.3.
Natuurlike landmerke – enige twee van die volgende: Dam Ou eikeboom Padley Park natuurreservaat
(8 x 1) = (8)
Mensgemaakte landmerke – enige twee van die volgende: Brug Kerk Bank
22
(3)
(2 x 2) = (4)
© Optimi
Fasiliteerdersgids G05 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2.4.
3.
4.1.
Eenheid
1
Enige vier van die volgende: Bankier Dokter Onderwyser Verkoopspersoon Prediker/pastoor/priester Posbode Verpleegkundige/dokter Petroljoggie Kruidenier
(4)
Leerders se eie antwoord. Gebruik die volgende merkskema as riglyn: Kaart is duidelik en akkuraat geteken. Kaart is maklik om te verstaan. Roete is akkuraat en korrek verduidelik.
(6)
’n Behoefte is iets wat noodsaaklik vir jou oorlewing is. Enigeen van die volgende: Kos Water Skuiling Energie Gesondheidsorg ’n Begeerte is iets waarsonder jy kan lewe, maar graag wil hê. Enigeen van die volgende: Slimfoon Rekenaar Fiets Internet Ens.
(2 x 2) = (4)
4.2.
Kos Water Skuiling Energie Gesondheidsorg
(5) [40]
23
© Optimi
Fasiliteerdersgids G05 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
EENHEID 2: Kaartleesvaardighede LEERDOELWITTE Wanneer leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om:
Met verskillende bronne te werk, insluitend kaarte, data en foto’s. Dit beteken dat hulle in staat behoort te wees om uit te vind van plekke, mense, gebeurtenisse en kwessies. Die syaansig en bo-aansig van eenvoudige voorwerpe te identifiseer en teken, soos ’n koppie, hoed, skoen, boks of appel. ’n Planaansig te identifiseer en teken – soos ’n tafel, klaskamer, eenvoudige geboue, bome of ’n sportveld. Prente te ontleed deur syaansigte en planaansigte aan te dui. Simbole as eenvoudige prentjies of letters te identifiseer. Simbole op ’n eenvoudige grootskaalkaart te identifiseer. Sleutels as lyste van simbole met hulle betekenisse op verskillende kaarte op te stel, lees en ontleed. ’n Kaart van ’n plaas, dorpie of deel van ’n dorp te lees met behulp van simbole en ’n sleutel. Vorige kennis van nedersettings en mense op die huidige inligting toe te pas. Hulle eie kaart te teken of voltooi met behulp van simbole en ’n sleutel. Die konsep van alfanumeriese ruitverwysings te verstaan. Ruitverwysings vir simbole op ’n eenvoudige ruitnet te gebruik. Ruitverwysings vir ’n eenvoudige grootskaalkaart te lees en verskaf. Die vier vernaamste kompaspunte of -rigtings op te noem: Noord (N), suid (S), oos (O) en wes (W).
INLEIDING Die doel van hierdie eenheid is om bepaalde vaardighede aan te leer wat leerders in staat sal stel om kaarte te lees en gebruik. Dié vaardighede sluit in om verskillende aansigte van voorwerpe en prentjies of letters as simbole op ’n kaart te identifiseer en te teken. Hulle sal ook leer om ’n kompas, ruitverwysing en sleutels te lees. Sowat agt uur moet aan hierdie eenheid afgestaan word, verdeel tussen die lesse wat aangebied gaan word.
24
© Optimi
Fasiliteerdersgids G05 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Les 10: Verskillende aansigte van eenvoudige voorwerpe Dit is belangrik dat die leerders hierdie onderwerp verstaan. ’n Goeie manier om dit te demonstreer, is om hulle te laat oefen om vanuit verskillende hoeke na ’n alledaagse voorwerp te kyk en dan te teken wat hulle sien. Laat hulle byvoorbeeld ’n pet van voor en van die kant teken. Laat hulle dan op ’n stoel staan en ’n boaansig of voëlperspektief verkry. Hulle moet die pet teken en dan die verskillende tekeninge vergelyk. Indien moontlik, verkry werklike of soortgelyke voorbeelde van al die voorwerpe wat bestudeer word. Laat die leerders dan die werklike voorwerpe vergelyk met dié wat hulle in die studiegids sien. Staan twee uur vir dié onderwerp af, insluitende die les en daaropvolgende aktiwiteit. AKTIWITEIT 10 1. 2. 3.
C A B
(3 x 1) = [3]
Les 11: Prente of letters as simbole of sleutels Leerders moet al die basiese simbole op ’n kaart leer ken. Hulle moet dus weet hoe om hulle te teken en te identifiseer sonder om daaroor te dink. Dis ’n goeie idee om hulle elke week sowat vyf simbole te laat leer en hulle kennis van die simbole gereeld te toets. Les 12: Grootskaalkaart se simbole Dit is belangrik dat die leerders die vaardighede wat hulle in die vorige les geleer het, in hierdie les moet kan toepas om ’n kaart te lees. Wy ’n uur aan die voltooiing van dié twee lesse.
25
© Optimi
Fasiliteerdersgids G05 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
AKTIWITEIT 11
1.1. – 1.4. Internasionale grens
2. 3.
Provinsiale hoofstad
Provinsiale grens
Spoorlyn
Nasionale grens
Pad (4 x 2) = (8) (2)
Pretoria Enige twee van die volgende: Mbabane (Swaziland) Maputo (Mosambiek) Gaborone (Botswana) Maseru (Lesotho)
(2)
4.
Oos-Kaap – Bhisho Vrystaat – Bloemfontein Gauteng – Johannesburg KwaZulu-Natal – Pietermaritzburg Limpopo – Polokwane (Pietersburg) Mpumalanga – Mbombela (Nelspruit) Noordwes – Mahikeng (Mafikeng) Noord-Kaap – Kimberley Wes-Kaap – Kaapstad
(9 x 2) = (18) [30]
AKTIWITEIT 12
Leerders se eie sketse. Sorg dat daar ’n sleutel is en dat die leerders simbole gebruik om na van die voorwerpe in die vertrek te verwys. [10] Les 13: Eenvoudige ruitnette en ruitverwysings Leerders moet die alfanumeriese ruitstelsel verstaan. Hiervoor moet hulle weet hoe ’n kaart in blokke verdeel word en dat die alfabetletter eerste kom.
26
© Optimi
Fasiliteerdersgids G05 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
’n Uitstekende spel wat dié stelsel verduidelik, is Battleships. Speel dit met die leerders en sien hoe boeiend hulle ruitnetstelsels sal vind! AKTIWITEIT 13
1
2. 3.
1.1. Pizza Palms 1.2. Burgerbaai 1.3. Berg Doritos 2.1. D2 2.2. E6 Simbool korrek geplaas in D4 op die kaart.
(3 x 2) = (6) (2 x 1) = (2) (2) [10]
Les 14: Lees en skryf rigtings op kaart en omgewing Leerders moet dié les ten volle verstaan, want die inhoud sal dwarsdeur die Geografieleerplan gebruik word.
27
© Optimi