Gr 3-Afrikaans Huistaal-Leesboek-Fase 9

Page 1

Karin tel haar seëninge

Die avon ture van Ben, Lebo en Hanna

Fase 9

Ben, Lebo en Hanna Die avon ture van

Fase 9

Dr Nalize Scheepers

Illustrasies: Johann Strauss

Samesteller: Dr Nalize Scheepers

Illustrasies: Johann Strauss Ontwerp: Romandi Wagenaar

Eerste uitgawe 2018

Besit en uitgegee deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Reg.nr.: 2011/011959/07

ISBN: 9781990945304

...................................................... 7 Op
.......................................... 17
.................................................... 29
............................. 41
............................................................ 53
Inhoudsopgawe Fase 9 Karin tel haar seëninge
julle merke, gereed, gaan!
Word gou gesond, Lebo
Die see is nie almal se speelmaat nie!
Ben se verrassing
6

Karin tel haar seëninge

7

“Julle kort penne, potlode, uitveërs en nuwe kosblikke,” sê Mamma. Sy maak ’n lysie van alles wat die kinders nodig het vir die skool wat volgende week begin. “Gaan maak solank reg, ons gaan netnou winkels toe.”

Ben is vanjaar in graad 3. Hy kan nie wag om na die lang vakansie weer al sy maatjies te sien nie. Karin gaan vir die eerste keer speelgroepie toe. Sy is baie opgewonde om nuwe maatjies te maak.

8

Die kinders ry saam met Mamma winkel toe.

Die parkeerterrein wemel van motors en mense wat parkeerplek soek. Mamma ry ’n paar keer in die rondte, maar kry nêrens ’n plek om te parkeer nie. “Daar’s een!” roep Karin en wys na ’n parkeerplek naby die winkel se ingang.

Mamma ry nader, maar sien dit is ’n parkeerplek vir gestremde mense. “Ons mag nie hier parkeer nie,” sê Ben vir Karin. “Sien jy die geel teken wat op die parkeerplek geverf is? Dit beteken net mense in rolstoele mag hier parkeer.”

9

“Dis onregverdig,” sê Karin vies. “Hoekom moet ons so ver parkeer? Dis warm en ek wil nie ver loop nie,” kla sy. Mamma gaan parkeer op ’n ander plek. Hulle loop op die sypaadjie na die winkel toe. Karin loop koponderstebo en sleep haar voete. Sy is glad nie gelukkig nie. Toe hulle by die winkel aankom, draai ’n wit bussie by die spesiale parkeerplek in. ’n Vrou klim uit en haal ’n rolstoel uit die kattebak. Dan maak sy die agtersitplek se deur oop en help ’n seun in sy rolstoel in. Hy ry tot op die sypaadjie en waai vir Ben en Karin. “O, dis André,” sê Ben. “Hy was laas jaar in my klas.” Ben waai vir André. “Sien jou volgende week by die skool!” roep hy.

10

Karin kry skielik vreeslik skaam. Sy was kwaad omdat sy ver moes loop, maar nou verstaan sy hoekom die parkeerplek naby die ingang is. Dit is sodat mense in rolstoele maklik in die winkel kan kom. Die parkering is ook groter as gewone parkerings om die rolstoel maklik in en uit die motor te laai.

11

Mamma stoot die trollie tussen die rakke deur.

“Julle mag elkeen ’n nuwe kosblik en waterbottel kies,” sê sy. “Mag ek asseblief die bloues kry?” vra Ben. Karin kies ’n pienk kosblik en ’n geel waterbottel.

12

André wil ook ’n nuwe kosblik hê, maar die rak is te hoog. Ben sien dit en loop nader. “Kan ek vir jou ’n kosblik van die rak a´aal?” vra hy. “Dit sal gaaf wees, dankie, Ben,” sê André en glimlag.

13

Karin staan tjoepstil vir hom en kyk. Sy voel sleg oor wat sy vroeër gesê het. Ek is baie gelukkig om te kan rondloop wanneer ek wil, dink sy. Ek sal probeer om nie weer so ondankbaar te wees nie. “Ek dink ons het nou alles wat nodig is,” sê Mamma. “Kom ons betaal.” Ben pak die trollie uit. Hy sien hoe André sy ma help om hulle inkopies in plastieksakke te pak. Ben, Karin en Mamma dra die inkopiesakke na die motor. “Dit lyk nie of jy omgee om so ver terug te loop motor toe nie, Karin,” sê Mamma met ’n glimlag. “Nee, Mamma,” sê Karin verleë. “Ek sal nooit weer kla as ek vir Mamma of Pappa moet help nie. En ek sal nie weer vies raak as ek ver moet loop nie.

14

Ek is jammer oor wat ek vroeër gesê het.” Ben

glimlag. Hy weet Karin het vandag ’n les geleer.

15

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.