Fase 9
Karin tel haar seĂŤninge
Die
avonture va
n
Ben, Lebo en Hanna
Inhoudsopgawe
Fase 9 Karin tel haar seĂŤninge ....................................................... 7 Op julle merke, gereed, gaan! ........................................... 17 Word gou gesond, Lebo..................................................... 29 Die see is nie almal se speelmaat nie! .............................. 41 Ben se verrassing ............................................................. 53
6
Karin tel haar seĂŤninge
7
“Julle kort penne, potlode, uitveërs en nuwe kosblikke,” sê Mamma. Sy maak ’n lysie van alles wat die kinders nodig het vir die skool wat volgende week begin. “Gaan maak solank reg, ons gaan netnou winkels toe.” Ben is vanjaar in graad 3. Hy kan nie wag om na die lang vakansie weer al sy maatjies te sien nie. Karin gaan vir die eerste keer speelgroepie toe. Sy is baie opgewonde om nuwe maatjies te maak. 8
Die kinders ry saam met Mamma winkel toe. Die parkeerterrein wemel van motors en mense wat parkeerplek soek. Mamma ry ’n paar keer in die rondte, maar kry nêrens ’n plek om te parkeer nie. “Daar’s een!” roep Karin en wys na ’n parkeerplek naby die winkel se ingang. Mamma ry nader, maar sien dit is ’n parkeerplek vir gestremde mense. “Ons mag nie hier parkeer nie,” sê Ben vir Karin. “Sien jy die geel teken wat op die parkeerplek geverf is? Dit beteken net mense in rolstoele mag hier parkeer.”
9