Fase 6
Tom en die
tweeling
Lees is lekker
Tom en die tweeling
7
Daar het nuwe maats langs Tom en Tandi ingetrek. Mamma sê dit is hulle nuwe bure. Tom en Tandi wonder hoe die nuwe maats lyk. Is hulle vriendelik? Is hulle kwaai? Hulle loop tot by die tuinhekkie om te kyk of die nuwe maats voor in die tuin speel. Hulle sien niemand nie. 8
Tom en Tandi hoor kinders lag. ’n Hond blaf vrolik. “Gaan haal die bal, Kolle!” roep ’n meisie. Tom en Tandi loer nuuskierig oor die muur. Hulle sien twee meisies wat met twee hondjies speel. Tom kyk en kyk. Hy kan sy oë nie glo nie. “Ek sien twee van alles!” sê Tom. Tandi lag lekker. “Nee, Tom, hulle is ’n tweeling.”
9