Eerste Addisionele Taal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Fasiliteerdersgids
Graad 2
Sample
Dr N Scheepers
Inleiding vir die fasiliteerder
Impaq se benadering tot Eerste Addisionele Taal in graad 2
Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om te dink en kennis te verwerf, kreatief te wees, hul eie identiteit te ontwikkel en hul gevoelens en idees uit te druk wanneer hulle met ander kommunikeer. Die leerder se huistaal vorm dus ’n belangrike grondslag en is die instrument waarin hy/sy kommunikeer en leer.
Doeltreffende taalonderrig en leer vereis die ontwikkeling en skep van leergeleenthede en interaksies wat fokus op die ontwikkeling van die leerder se vermoë om te luister, praat, dink, redeneer, lees en skryf.
Die leerprogram is gebaseer op 20 leereenhede wat oor die 40 weke van die akademiese jaar strek. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae.
Elke dag het een of twee gedetailleerde taalsessies binne een van die volgende fokusareas:
• Luister en praat
• Lees en klanke
• Skryf en handskrif
Luister en praat
Luister en praat vorm integraal deel van enige ander leerarea. Tyd word spesifiek afgestaan aan gefokusde aktiwiteite wat luister- en praatvaardighede ontwikkel. Die luister- en praataktiwiteite is saamgestel om die leerders se woordeskat uit te brei en taalstruktuur te verbeter. Die fasiliteerder moet genoeg geleenthede skep vir die leerder om spontaan oor ’n onderwerp te gesels. Indien die leerder nie spontaan gesels nie, kan die fasiliteerder vrae vra of prentbesprekings en/of stories gebruik om die gesprek aan die gang te sit.
Die luister- en praataktiwiteite sluit in gesprekke rondom spesifieke onderwerpe, prentbesprekings, besprekings om nuwe stories aan die leerder bekend te stel, en besprekings na elke storie. Die graad 2 Eerste Addisionele Taalprogram bied gefokusde luister- en praatsessies, maar soms word luister en praat met lees- of skryfsessies geïntegreer.
Die leessessies bied verskeie geleenthede vir taalonderrig, soos vrae en antwoorde, logiese opeenvolging van gebeure en die evaluering van die leerder se begrip van wat hy/sy lees. Dit is belangrik om leessessies met luister- en praataktiwiteite te integreer.
Lees
Leesvaardigheid is ’n belangrike komponent van hierdie program. Die jaarplan is gebaseer op die leesreeks: Lees is lekker, wat uit vier fases, Fases 2 – 5, bestaan. Elke fase bestaan uit vyf stories. Namate die leerders deur die jaar vorder, word die stories en sinne stelselmatig langer.
Die program is saamgestel om woordherkenning en sinskonstruksie te bevorder. Die leerder lees gereeld hoëfrekwensiewoorde (woorde wat gereeld in enige leestekste voorkom) om leesvaardigheid te bevorder. Soos wat die leerder se vaardigheid verbeter, word daar minder tyd aan hoëfrekwensiewoorde vir leesvoorbereiding bestee. Die fasiliteerder gebruik sigwoorde om die leerder vir elke leesles voor te berei en gebruik flitskaarte in die Fasiliteerderhulpmiddel om nuwe woorde bekend te stel. Die flitskaarte bevorder woordherkenning en verbeter uiteindelik die leerder se leesvaardigheid.
Die leesprogram maak voorsiening vir individuele lees, asook gedeelde lees waar die leerder saam met die fasiliteerder lees. Die leerder sal reeds met al die woorde bekend wees wanneer hy/sy die teks moet lees. Daar is egter sessies waar daar van die leerder verwag word om onvoorbereide tekste te lees.
Klanke
Elke leereenheid bevat verskeie klankaktiwiteite, wat wissel tussen die bekendstelling van nuwe klanke, vaslegging van klanke en woordbou-aktiwiteite.
Die klankreeks is oor die 20 leereenhede versprei. Die leerders word bekendgestel aan die meeste enkelklanke, lang vokale en enkele dubbelklanke. Die klanksessies fokus hoofsaaklik op klank- en leesvaardigheid, en nie op handskrif nie. Die leerder sal dus nie tydens die addisionele taalsessies patrone voltooi en skrifoefeninge doen nie, maar eerder fokus op woordbou, fonemiese bewustheid en leesoefeninge.
Skryf
Skryfaktiwiteite fokus op die addisionele taalspreker se vermoë om eenvoudige woorde en sinne in sy/haar tweede taal te skryf. Die leerder sal aanvanklik baie teks kopieer en ‘saam’ met die fasiiteerder skryf. Soos wat die leerder se vaardigheid ontwikkel, raak die skryfaktiwiteite meer uitdagend en die leerder skryf woorde en selfs eenvoudige sinne in sy/haar addisionele taal.
Materiale en hulpbronne
Die leerder in graad 2 skryf met ’n potlood. Alle geskrewe aktiwiteite word in die werkboek uiteengesit. Die leerder sal egter ’n blanko oefenboek (gebruik verkieslik ’n boek met Ierse lyne en kantlyne) nodig hê vir kreatiewe skryfwerk en skryfoefeninge.
Hoe om die fasiliteerdersgids te gebruik
Materiale en hulpbronne en hoe om dit te gebruik
Die graad 2-pakket bestaan uit die volgende produkte:
1. Fasiliteerdersgids
2. Werkboek
3. Lees is lekker, Fases 5 tot 8
4. Fasiliteerderhulpmiddel:
• Klanke en woorde vir klanklesse
Sample
• Flitskaarte (Sigwoorde)
5. Assessering (portefeuljeboek en portefeuljeboekmemorandum)
Die volgende bykomende hulpbronne moet aangeskaf word:
• Potlood vir die skryfaktiwiteite.
• ’n Blanko oefenboek met Ierse lyne en kantlyne
Die fasiliteerdersgids
Die fasiliteerdersgids bestaan uit 20 leereenhede. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae. Elke dag is ingedeel in een of twee taalsessies wat luister en praat, lees, klanke, handskrif en skryf dek. Verwys na die voorgestelde dagprogram vir die tydindeling van die sessies.
Elke sessie word afgesluit met twee inligtingsblokkies – Konseptualisering en Hulpbronne. Die konseptualisering-blokkie bevat ’n kort opsomming oor die konsepte wat vasgelê word, en die hulpbronne-blokkie bevat ’n lysie van artikels wat vir die sessie verskaf word.
By elke sessie word daar van twee simbole gebruik gemaak:

Die uiltjie dui aan wat die fasiliteerder moet doen.

Die potlood dui aan wat die leerder moet doen.
Werkboek
Die werkboek bevat 57 aktiwiteite wat die lees- en skryfvaardighede ondersteun.
Die leesreeks: Lees is lekker
Die leesreeks bestaan uit Fase 2 – 5 en vyf stories per fase. Vind al die flitskaarte met sigwoorde uit die leesreeks in die Fasiliteerderhulpmiddel.
1. Klanke en woorde vir klanklesse
Die Fasiliteerderhulpmiddel bevat klankkaarte en woorde vir die klankaktiwiteite. Die klanke is in die volgorde waarin dit in die fasiliteerdergids gebruik word, en nie alfabeties nie. Die klank wat bekendgestel word, is in kleur.
2. Flitskaarte (Sigwoorde)
Die sigwoorde uit die leesreeks is in alfabetiese volgorde. Gebruik die woorde saam met die leeslesse in die fasiliteerdersgids.
Voorgestelde dagprogram vir graad 2
Per week: 23 ure
1. Huistaal (HT): 8 ure
2. First Additional Language (FAL): 2 ure
3. Wiskunde: 7 ure
4. Lewensvaardighede (LV): 6 ure
home classroom college workplace
1802-E-EAT-FG01