EENHEID 1: Plaasbeplanning Sample
Produktiwiteit van grond móét eers geëvalueer word, ongeag of dit gehuur of besit word.
• Bepaal die drakrag van die grond.
• Moontlike opbrengs vir gewasproduksie.
Watter landbouhulpbronne het ’n bepalende invloed op die produktiwiteit van ’n boerderyeenheid?
GROND:
Dit is die mees basiese hulpbron van landbou. Grond is die medium vir die produksie van voedsel en nywerheidsgewasse. Grond moet bewaar en verbeter word om volhoubaarheid te verseker.
GRONDDIEPTE:
Gronddiepte speel ’n deurslaggewende rol by die ontwikkeling en produksie van plante. Sekere eenjarige plante met ’n kleiner wortelstelsel is byvoorbeeld meer aanpasbaar op gronde met beperkte diepte van 30 cm en minder. Daarteenoor benodig sekere eenjarige en die meeste meerjarige plante gronde met voldoende gronddiepte van 1 m en meer.
Gronddiepte het ook ’n invloed op beskikbare reserwe grondvog, asook wortelontwikkeling. Beperkte gronddiepte beperk wortelgroei, wat veroorsaak dat plante nie genoeg voedsel en water kan opneem om voldoende bo-grondse groei te verseker om maksimum produksie te verkry nie.
Gronde met voldoende gronddiepte van byvoorbeeld 60 cm daarteenoor verseker normale wortelontwikkeling om voldoende voedsel en water op te neem om maksimum produksie te verseker. Meerjarige plante soos vrugtebome en struikagtige plante vaar en ontwikkel baie swak op vlakker gronde met beperkte diepte. Vlakker gronde is ook geneig om opbou van natrium en kalsiumsoute te veroorsaak omdat sulke gronde se dreinering swak is. Wortelsiektes kom ook meer dikwels in gronde met beperkte grondlaag voor. Dieper grond daarteenoor het ’n hoër dreineringsvermoë, verhoogde reserwe grondvog, asook genoeg grondsuurstof vir plantwortels. Die meeste plante kan hulself ook baie beter en sterker in dieper gronde anker as in vlakker grond
GRONDTEKSTUUR:
Grondtekstuur word geklassifiseer volgens die groottes van die deeltjies. Dit staan bekend as die grondfraksie van die grondeienskappe.
Bestudeer die volgende tabel:
Die mens kan nie die tekstuur van grond verander of verbeter nie, hy kan slegs sy boerderypraktyke by die grondtekstuur aanpas.
Daar is 12 tekstuurklasse, maar grond word in drie breë kategorieë ingedeel:
• Grof
• Medium
• Fyngetekstureerd
’n Goeie mengsel van sand en klei in grond is ’n ideale tekstuurklas.
Grond in verskillende tekstuurklasse het ’n groot invloed op die produktiwiteit van grond. Grondeienskappe moet as ’n kombinasie geïnterpreteer en geëvalueer word.
Fisiese aktiwiteit van grond: Word nie net bepaal deur klei-inhoud nie, maar ook deur kleimineralogie. Die dikte van die grondlaag is ook belangrik. Vlak grond wat fisies baie aktief is, sal konstruksies minder laat bars as dieper gronde.
Normale boerdery aktiwiteite het geen invloed op die grondtekstuur nie, maar wel op ander grondeienskappe soos:
• Struktuur
• Voedingstatus
GROND MET ’N GROWWE TEKSTUUR:
Eienskappe van sandgrond:
• Die grond is gewoonlik goed deurlug.
• Hierdie grond het nie die vermoë om water vas te hou nie
BELANGRIK: Sample
• Die makroporieë kan nie die water vashou nie.
• Kapillêre waterbewegings kan nie plaasvind nie.
GROND MET ’N FYN TEKSTUUR:
Eienskappe van kleigrond:
• Die waterkapasiteit is hoog, met ander woorde dit kan water baie beter vashou
• Die kapillêre waterbeweging is stadig, maar baie goed.
• Weens min makroporieë is die deurlugting nie so goed nie
• In hierdie grond sal plantwortels maklik aan ’n suurstofgebrek ly.
pH VAN GROND:
Die grondreaksie verwys na die suurheid of alkaliniteit van grond en word in pH uitgedruk. Grondsuurheid word geassosieer met die teenwoordigheid van waterstofione. Die pH-syfer dui die suurheid aan en dit wissel tussen 0 en 14.
Waarop berus die pH?
• By pH = 0 is die medium op sy suurste.
• By pH = 7 is die medium neutraal.
• By pH = 14 is die medium uiters alkalies.
’n Aanduiding van die grondreaksie volgens die pH-skaal word deur die volgende syfers verstrek:
pH 3 – 4,5 Baie
pH 4,6 – 5,5
pH 5,6 – 6,5 Effens
pH 6,6 – 7,5
pH 7,6 – 8,5
pH 8,6 – 10
Die pH van die meeste landbougronde wissel tussen 5,5 en 7,5. In hoë reënvalgebiede tref ons suurgrond aan. Hier is die pH tussen 4 en 5,5.
GRONDTEMPERATURE:
Uitstraling deur die son is die primêre bron van alle energie. Sonstraling verhit die lug, die grond en die organismes. Slegs die deel van die energie wat deur die son uitgestraal word, bereik die grond. ’n Deel van die sonstraling wat die grondoppervlakte bereik, gaan verlore deur weerkaatsing en uitstraling van die aarde self.
FAKTORE WAT
GRONDTEMPERATUUR BEÏNVLOED:
• Kleur van die grond.
• Helling
• Soortlike warmte van gronde
• Verdamping.
Sample
• Lengte van die dag
• Plantbedekking
• Gronddiepte.
INVLOED VAN GRONDTEMPERATUUR OP GEWASPRODUKSIE:
1. Saad ontkiem gouer en die ontkiemingspersentasie is hoër as die grondtemperatuur redelik hoog is. Die optimum temperatuur vir die ontkieming van saad is ongeveer 25º C.
2. In Suid-Afrika is die grondtemperatuur gedurende die winter te laag en in die somer te hoog vir optimale plantegroei. Die grondtemperatuur is gewoonlik gunstig vir plantegroei gedurende die lente en die herfs. Die optimale temperatuur vir die groei van gewasse is ongeveer 25º C.
3. Vroeë oeste word op betreklike warm gronde en laat oeste op betreklike koue gronde verkry. Dit is belangrik wanneer gewasse verbou word waarvan die prys deur vraag en aanbod bepaal word.
4. Suidelike hellings in Suid-Afrika is meer onderhewig aan rypskade as noordelike hellings Gewasse wat deur ryp beskadig word, moet dus nie op die suidelike hellings verbou word nie.
5. Grondmikrobes se aktiwiteite neem toe met ’n toename in temperatuur. Hulle verkies ’n optimum temperatuur van ongeveer 25º C. Die grondmikrobes stel plantvoedingstowwe tot die beskikking van die plante.
6. Omdat die mikrobes meer aktief is in die warm grond as in die koue grond, sal hulle die organiese materiaal in die grond as ’n bron van energie gebruik. ’n Verlaging van die organiese inhoud van die grond lei tot die vernietiging van die grondstruktuur wat aanleiding gee tot ongunstige groeitoestande vir plante.
7. Hoe hoër die grondtemperatuur, hoe vinniger verloop die chemiese reaksies in die grond. Dit veroorsaak dat meer voedingstowwe vrygestel en toeganklik gemaak word.
8. Meer voedingstowwe los in die grondwater op by hoër grondtemperature en meer voedingstowwe sal dus tot beskikking van plante wees.
9. Meer verdamping vind plaas vanuit warm grond. Gevolglik sal die grond vinniger droog word wat ongunstige toestande vir plantegroei skep.
WEIKAMPE:
BEGINSELS VIR DIE UITLEG VAN KAMPE:
1. Bepaal die verskillende veldsoorte
2. Probeer om een veldsoort per kamp te hê.
3. Elke veldsoort word in kleiner kampe verdeel.
4. Alle kampe moet veesuipings hê.
5. Kampdrade moenie teen hellings wees nie, want diere trap voetpaadjies uit wat weer tot erosie lei.
6. Genoeg kampe hê.
VOORDELE VAN KAMPSTELSEL:
1. Wisselweiding kan toegepas word.
2. Spaarkampe is beskikbaar vir tye van nood.
3. Minder arbeid is nodig, want vee bly in kampe.
4. Minder erosie kom voor, want die vee trap nie voetpaadjies uit nie.
5. Diere is in ’n beter kondisie, want hulle wei rustig.
6. Beweiding word beter beheer, agteruitgang van kampe word gou vasgestel.
WISSELWEIDING OF WEIVELDROTASIE:
Wisselweiding word gedoen om die beweiding van kampe, die getal vee en die besettingstyd te beheer.
Weiveldrotasie word bepaal deur die soort diere, die reënval en aard van die veld. Weidingsgewoontes van diere verskil. Beeste wei minder uitsoekerig as skape, beeste verkies lang gras en skape verkies korter gras.
Die algemene reël is dat suurveld vir twee jaar bewei word en vir een jaar gerus word. Met soetveld word beter resultate behaal wanneer een helfte van die veld gedurende die winter en die ander helfte gedurende die somer gespaar word.
Redes vir wisselweiding
• Die veld moet weer kan herstel. Sodra ’n kamp gespaar word, kry grasse kans om saad te skiet en te vermeerder. Wanneer gewasse en grasse aanhoudend bewei word, sterf die wortels af. Sodoende is die plant nie in staat om voedingstowwe op te neem nie en sterf.
• Om die veld gesond te hou. Aanhoudende beweiding veroorsaak dat larwes van sekere plae toeneem en diere aan meer siektes onderhewig is weens larwes wat ’n geskikte gasheer soek.
• Om smaaklike grasse te behou. Deur gedurige weiding word smaaklike grasse kort gehou wat selfs later afsterf.
• Om skadelike onkruide te voorkom Onkruide maak gou hul verskyning by oorbeweide velde.
• Om toename van swak grasse en struike te voorkom. Deur aanhoudende beweiding gaan grasse dood en grasse en struike met ’n lae produktiwiteit vermeerder.
• Om genoeg voedsel te verseker. Deur weiveldrotasie is daar altyd ’n spaarkamp wat in tye van nood gebruik kan word.
KENTEKENS VAN OORBEWEIDING:
In baie gevalle word te veel vee op plase aangehou. Dit kan vir die boer lyk of daar genoeg plantbedekking is, maar oorbeweiding kentekens is as volg:
• Lae kalfpersentasie. Kleiner as 75% is ’n aanduiding dat die voeding te min is.
• Lae speenmassa by kalwers.
• Baie vrektes.
• Swak groei van jong beeste.
• Verse kalf nie op drie jaar nie.
Sample
• Lekinnames is baie hoog.
• Beeste se kondisie is swak.
• Slagmassa van osse en verse is baie laag.
• Slagbeeste behaal nie hoër graad nie.
• Bosindringing kom voor.
• Smaaklike grasse verdwyn in laat winter.
• Termietprobleme by sekere grondsoorte kom voor.
DEFINIEER:
WEIDING: Goeie weiding is belangrik vir doeltreffende boerdery. Weiding verskaf sappige voedsel en terwyl diere wei, kry hulle ook goeie oefening. Goeie gehalte weiding is belangrik vir die vetmaak van diere.
KONTOERE:
Die groot rede hoekom boere kontoerwalle maak, is vir die bestryding van gronderosie.
TOPOGRAFIE:
Kontoerwalle is redelik algemeen bekend by saaiboere, veral in hoë reënvalgebiede met ’n golwende landskap, om te voorkom dat die landerye verspoel. Op natuurlike veld is dit egter feitlik ongekend om kontoere te maak. Tog kan dit gebruik word om vernielde veld ’n goeie kans op herstel te gee.
Die beginsel wat toegepas word om waterafloop te beperk en terselfdertyd ook die grond wat kaal en vasgetrap is, te deurlug, is om die grond los te maak. Dit geskied deur ’n zerohelling (presies op die kontoer) met ’n bukswaterpas (dumpy level) uit te meet.
Afhangende van die helling van die oppervlak moet die kontoer met intervalle van 50 m tot 70 m uitgemeet word.
KRITERIA
VIR DIE MAAK VAN KONTOERE:
Die bewerking geskied weg van die aanvoorkontoer af tot ongeveer halfpad na die volgende aanvoor.
’n Ou Soilmaster, wat swaar en sterk is, is die ideale werktuig om te gebruik. Die breedte van die tand is maksimum 50 mm en die tande is 1,5 m (trekkerwielwydte) uit mekaar gespasieer. Die diepte wat gewerk moet word, wissel na gelang van grondsoorte van 75 mm tot 125 mm. As die grond dieper bewerk word, word die grondoppervlak te veel versteur en duur die herstel langer.
BELANGRIK: Sample
Die regte tyd om dit te doen, is ná die eerste goeie lentereën. As die grond te droog is wanneer dit bewerk word, sal die resultate onbevredigend wees. Vermy ook grond wat te nat is.
Daar is ook ander metodes wat gevolg kan word, soos om in baie klipperige veld klippe in rye op die kontoer te pak. Dit sal afloop en erosie voorkom. Dit is egter nie nodig om elke jaar kontoere te maak nie, want dit duur minstens tien jaar voordat die veld moet aandag kry
REDES:
Selfs onder die saaiboere is daar diegene wat geneig is om kontoerwalle te ignoreer, veral op gelyker oppervlakke en in dele van die land waar die reënval laer is. In sekere omstandighede kan ’n boer in dié gebiede nog wegkom sonder kontoerwalle deur die lande volgens die natuurlike kontoer van die land te bewerk en te plant. Dit verminder steeds die afloop van reënwater, wat erosie beperk en vogindringing bevorder.
VOORDELE:
Die maak van kontoere op bewerkte grond verhoog produksie deur vogindringing te verbeter. Daarom is dit ook voordelig om aangeplante weidings in rye volgens die kontoer te plant. Indien die weidings gereeld losgemaak word om gaswisseling (deurlugting) en vogindringing te verhoog, vorm elke ry inderwaarheid ’n kontoerwalletjie. Erosie word sodoende tot die minimum beperk, terwyl die vog die grond beter indring, met gevolglike optimale produksie.
Ontblote veld word hoofsaaklik veroorsaak deur oorbeweiding op lang termyn en die natuurlike werking van rysmiere, wat die oppervlak ontbloot, juis om waterafloop te maksimaliseer sodat hulle rustig in droë ondergrond kan oorleef. Die maklikste en goedkoopste manier om van rysmiere ontslae te raak, is dus om sulke oppervlakke te bevogtig. AKTIWITEIT 1.1:
3. Noem die eienskappe van grond met ’n growwe struktuur. (4) 4. Waarop berus die pH van grond? (6)
5. Noem die faktore wat grondtemperatuur beïnvloed. (7)
6. Wat is die voordele van ’n goeie kampstelsel? (6)
7. Verduidelik die verskil tussen: Wisselweiding (3)
(3)
8. Gee kortliks die redes vir wisselwerking van die veld. (6)
9. Bespreek die voordele van kontoerwalle. (7)
LES 2: PLAASBEPLANNING: HULPBRONBENUTTING
LEERDOELWITTE:
INLEIDING:
TOTAAL: 50
Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:
• Die verskillende hulpbronne op die plaas kan identifiseer en verstaan.
• Die hulpbronne sluit in: grond; reënval; weidings; klimaat; arbeid; inligting; kapitaal en pes- en onkruiddoders.
Grond moet op lang termyn teen die hoogste, moontlike wins produseer en produksie moet volgehou word. Grond moet opgebou en verbeter word.
GROND:
DIE FUNKSIES VAN GROND:
Sample
Die vermoë van grond om te produseer word beïnvloed deur:
• Landboukapasiteit van die grond.
• Gevoeligheid van grond tot verandering of totale vernietiging.
• Klimaat.
• Korrekte bestuurspraktyke.
Normale boerdery aktiwiteite het geen invloed op die grondtekstuur nie, maar wel op ander grondeienskappe soos:
• Struktuur
• Voedingstatus
Vir grondvorming moet alle omgewingsfaktore gunstig wees en aangesien dit baie jare neem om een meter bogrond te produseer.
• Grond stel plantvoedingstowwe beskikbaar:
In normale omstandighede verskil grond se voedingstofstatus afhangende van die klei-inhoud van die grond. Hoe hoër die klei-inhoud, hoe vrugbaarder is die grond. Die funksie kan deur bemesting beϊnvloed word.
• Grond stoor en stel water vry aan plante:
Hierdie eienskap verskil geweldig tussen verskillende soorte grond. In kleigronde kan dit soveel wees as 25 mm water per 100 mm grond en in sandgrond so min as 6 mm water per 100 mm grond Kleigrond se water-vashouvermoë is baie meer as sandgronde, waar water meer geredelik beskikbaar is aan plante.
• Grond laat lugbeweging toe:
Die gemak van lugbeweging hang af van die hoeveelheid en die grootte van die grondporieë. Kleigrond het meer porieë as sandgrond, maar hulle is kleiner en dit bemoeilik lugbeweging. Sandgrond het minder porieë, maar hulle is groter en meer behulpsaam in lugbeweging.
• Grond laat waterfiltrasie toe:
Sandgrond het ’n hoër infiltrasietempo as kleigronde.
• Grond dien as die medium waarin plante groei:
Hoe dieper die grond, hoe beter die wortelontwikkeling. Plante ontwikkel beter en kan beter produseer.
GRONDDATA:
Wat is gronddata?
Gronddata word ingesamel om:
• Grond te beskryf
• Grond te ontleed
• Grond te meet.
Alle data word deur middel van grondopnames ingesamel.
Sample
Om die grond te beskryf, het ons eienskappe nodig soos:
• tekstuur
• struktuur
• diepte
• pH
Omgewingsaspekte is:
• helling
• geologiese oppervlakafsetting
• onderliggende gesteentes
DATA WORD DEUR MIDDEL VAN GRONDOPNAMES INGESAMEL.
GRONDEIENSKAPPE:
Grondeienskappe word afgelei van:
• gronddata
• grondinligting
Grondeienskappe verwys na die samestellende eienskappe en vermoë van die grond. Dit word uitsluitlik deur die grond en omgewing bepaal en is nie afhanklik van die gebruik van die grond nie. Grond het dus die eienskap of dit vrugbaar of onsensitief is vir winderosie. Die omgewing beïnvloed ook grondeienskappe Tekstuur is ’n baie belangrike eienskap van grond. Dit beïnvloed die meeste grondeienskappe wat die algemene gebruik beïnvloed.
Grondeienskappe is:
• vrugbaarheid
• infiltrasietempo
• waterhouvermoë
• versadigde hidrouliese geleivermoë
• interne dreineringsklas
• fisiese aktiwiteite
Grondeienskappe
Tekstuur
Struktuur
Dikte
Klei, sand, leem
Grondkenmerke
Vrugbaarheid
Waterhouvermoë
Fisiese aktiwiteite
Erodeerbaarheid (water)
Tekstuur is ’n baie belangrike eienskap van grond. Tekstuur beïnvloed algemene grondeienskappe
GRONDGESKIKTHEID:
Om die geskiktheid van grond vir gebruik te bepaal, moet die grond se eienskappe geëvalueer word. Grond moet aan sekere vereistes voldoen. Om byvoorbeeld te besproei, moet die versadigde geleiding van grond hoog wees. Die basiese vereistes wat besproeiing aan grond stel, is:
Sample
• voldoende infiltrasie
• interne dreinering
• waterhouvermoë
• eksterne dreinering
REËNVAL:
REËN:
Die doeltreffendheid van reënval is van uiterste belang.
Doeltreffendheid reën hang af van:
• tempo van verdamping
• verspreiding
• betroubaarheid
• grondtoestand en topografie
WIND:
Wind bevorder groei. Hoekom?
Die wind het ’n uitwerking op die manier waarop blare vogtigheid, hitte en koolstofdioksied reguleer. Sterk winde laat blare toe om af te koel
Sterk winde bevorder:
Die tempo van transpirasie Meganiese skade
Plante wat in sterk wind groei, is kleiner, groei abnormaal en lewer aansienlik minder produksie.
HUMIDITEIT:
’n Afname in humiditeit veroorsaak ’n verhoging in transpirasie en verdamping.
WATER:
Alle vorme van lewe draai om water aangesien dit die enkele grootste element is waaruit mens, dier en plant bestaan.
Sonder water sou daar geen landbouproduksie moontlik gewees het nie.
Suid-Afrika word as ’n droë land beskou met ’n gemiddelde reënval van 464 mm per jaar. 89% keer terug na die atmosfeer – transpirasie / verdamping 9% loop terug see toe. 2% dring deur na die grond toe
Reënval is die primêre bron van vars water. Ander bronne is riviere, ondergrondse water en besproeiingsdamme.
Waarom verloor Suid-Afrika water?
Die vinnige ekonomiese ontwikkeling, verstedeliking en nywerheidsgroei veroorsaak dat beskikbare water in Suid-Afrika al hoe minder word. Dit gaan veroorsaak dat die aanvraag in ’n stadium die aanbod gaan oorskry. Suid-Afrika sal sy waterbronne baie deegliker moet benut en doeltreffender gebruik.
Sample
WEIDINGS:
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Natuurlike veld en fossielbrandstowwe is twee van die belangrikste natuurlike hulpbronne op aarde. Albei kan nie hernu word nie en ons moet besef dat hulle uitgeput kan word. Fossielbrandstowwe kan deur son- en windenergie vervang word, maar natuurlike veld is onvervangbaar. Daarom moet dit volhoubaar gebruik word.
NATUURLIKE WEIDINGS:
Goeie weiding is belangrik vir doeltreffende veeboerdery. Weiding verskaf sappige voedsel en terwyl die diere wei, kry hulle ook oefening in.
Hoë gehalte weiding is belangrik vir die vetmaak van diere. Melkkoeie sal vetgemaak word en goed kan produseer. Goeie weiding is veral belangrik by ooie, want swak weidings veroorsaak afname in melkproduksie waar die ooi later die lammers weggooi.
Suid-Afrikaanse weivelde word in drie soorte verdeel: soetveld, suurveld en gemengde veld.
SUURVELD:
Word veral op suurgronde aangetref in hoe reënvalgebiede. Namate die grasse dan ouer word, neem die voedingswaarde af en suurvelde vertoon ’n bruin kleur in die winter.
• Suurveld is ’n smaaklike weiding net in die groeiseisoene.
• Suurvelde is geleë by hoogtes bo 1 350 m met ’n reënval van 700 mm tot 900 mm per jaar.
• Suurvelde se grasbedekking is dig en veld kan straf bewei word. Die bome en struike is egter nie eetbaar nie.
SOETVELD:
Sample
Kom gewoonlik op neutrale, alkaliese gronde in die droër streke voor. Bome en doringbos kom gewoonlik in die soetvelde voor. ’n Kenmerkende eienskap van soetveld is dat die velde die voedingswaarde in alle groeistadiums behou. Die veld vertoon ’n bleekwit kleur in die winter.
• Grasse is smaaklik ná rypwording.
• Veld is ryk aan eetbare bossies.
• Kom in laagliggende gronde voor, met ’n reënval van 125 mm tot 450 mm per jaar. Grondbedekking is laag.
• Veld word maklik beskadig deur beweiding.
• Oorbeweide veld het baie bosindringing.