Í5,È-E-EAT-SG02oÎ 2
1 1
2
-
E
-
E
A T -
S
G
0
2
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL HANDLEIDING: LETTERKUNDE Graad 12
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Handleiding: Letterkunde
Aangepas vir KABV
2 11 2 - E - E AT- S G 0 2
Í5,È-E-EAT-SG02oÎ
Graad 12
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
INHOUDSOPGAWE VOORWOORD .................................................................................................................... 3 LESELEMENTE .................................................................................................................. 4 JAARPLAN ......................................................................................................................... 4 EENHEID 1: Poësie ............................................................................................................ 8 Les 1: Literêre begrippe .................................................................................................... 8 Les 2: Gedig: “Luisterswaeltjies” (T.T. Cloete) ................................................................ 13 Les 3: Gedig: “Rondom my” (Dawie de Jager) ................................................................ 13 Les 4: Gedig: “Huiskat” (Elisabeth Eybers) ..................................................................... 13 Les 5: Gedig: “Ek het ’n huisie by die see” (H.A. Fagan) ................................................ 14 Les 6: Gedig: “die dag op nuweland” (Jeanne Goosen).................................................. 14 Les 7: Gedig: “Ken jy die see ...” (Uys Krige) .................................................................. 15 Les 8: Gedig: “Wetenskapmannetjies” (Antjie Krog) ....................................................... 15 Les 9: Gedig: “Die dans van die reën” (Eugène Marais) ................................................. 15 Les 10: Gedig: “Klara Majola” (D.J. Opperman) .............................................................. 16 Les 11: Gedig: “By die robot in Eerstelaan” (Marita van Aswegen) ................................ 16 EENHEID 2: Roman: Onderwêreld.................................................................................. 17 Les 12: Roman – proloog................................................................................................ 17 Les 13: Hoofstuk 1 .......................................................................................................... 17 Les 14: Hoofstuk 2 en 3 .................................................................................................. 18 Les 15: Hoofstuk 4 en 5 .................................................................................................. 18 Les 16: Hoofstuk 6 en 7 .................................................................................................. 19 Les 17: Hoofstuk 8 en 9 .................................................................................................. 19 Les 18: Hoofstuk 10 en 11 .............................................................................................. 19 Les 19: Hoofstuk 12 en 13 .............................................................................................. 20 Les 20: Hoofstuk 14 en 15 .............................................................................................. 20 Les 21: Hoofstuk 16 en 17 .............................................................................................. 21 Les 22: Hoofstuk 18 en 19 .............................................................................................. 21 Les 23: Hoofstuk 20 en 21 .............................................................................................. 21 Les 24: Hoofstuk 22 en 23 .............................................................................................. 22 Les 25: Hoofstuk 24 en 25 .............................................................................................. 22 Les 26: Hoofstuk 26 en 27 .............................................................................................. 23 Les 27: Hoofstuk 28 en 29 .............................................................................................. 23 Les 28: Hoofstuk 30 en 31 .............................................................................................. 23 Les 29: Hoofstuk 32 en 33 .............................................................................................. 24 Les 30: Hoofstuk 34 en 35, epiloog ................................................................................ 24 Les 31: Ontleding van die roman .................................................................................... 25 Les 32: Roman ............................................................................................................... 26 Les 33: Roman ............................................................................................................... 26 BYLAE: LITERÊRE TERME ............................................................................................. 27 © Optimi
1
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
VOORWOORD Welkom by Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 12. Al die werk vir die jaar word in die handleidings vervat. Taalkunde en letterkunde het aparte handleidings en fasiliteerdersgidse. Al die werk in beide handleidings moet behandel word soos in die jaarplan aangedui. In letterkunde word daar tien gedigte en die roman Onderwêreld behandel. Dit is belangrik dat jy die gedigte se ontledings en alle aspekte van die roman goed ken. Die letterkundehandleiding is in twee eenhede verdeel: een vir prosa en een vir poësie. Al die letterkunde-aspekte moet teen die einde van kwartaal 2 behandel wees, soos in die jaarplan aangedui. •
EENHEID 1: POËSIE Tien gedigte: o “Luisterswaeltjies” – T.T. Cloete o “Rondom my” – Dawie de Jager o “Huiskat” – Elisabeth Eybers o “Ek het ’n huisie by die see” – H.A. Fagan o “die dag op nuweland” – Jeanne Goosen o “Ken jy die see ...” – Uys Krige o “Wetenskapmannetjies” – Antjie Krog o “Die dans van die reën” – Eugène Marias o “Klara Majola” – D.J. Opperman o “By die robot in Eerstelaan” – Marita van Aswegen
•
EENHEID 2: ROMAN Onderwêreld – Fanie Viljoen o Dit is uiters belangrik dat jy die roman lees. o Die aantekeninge en besprekings is breedvoerig en behoort genoegsame insig te gee.
Verwys na die taalkundehandleiding en -fasiliteerdersgids en die portefeuljeboek vir inligting oor portefeuljetake en eksamens. Let wel dat jy slegs kontekstuele vrae in vraestel 2 (letterkunde) van die eksamen sal moet beantwoord, daarom word die aktiwiteite oor die langvrae (literêre opstelle) in die studiewerkgids geïgnoreer.
© Optimi
3
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES Aansporing om die inhoud in diepte na te vors.
AKTIWITEIT Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER/HERSIENING Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
© Optimi
4
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
JAARPLAN WEEK
DATUM BEGIN
LES KWARTAAL 1 Taalstrukture en -konvensies Les 1 Les 2
1–2
Letterkunde Poësie – Les 1: Literêre begrippe Poësie – Les 2: “Luisterswaeltjies” (T.T. Cloete) Prosa (Onderwêreld) – Les 12: Proloog Prosa (Onderwêreld) – Les 13: Hoofstuk 1 Taalstrukture en -konvensies Les 3 Les 4 Letterkunde
3–4
Poësie – Les 3: “Rondom my” (Dawie de Jager) Poësie – Les 4: “Huiskat” (Elisabeth Eybers) Prosa – Les 15: Hoofstuk 2 en 3 Prosa – Les 16: Hoofstuk 4 en 5 Prosa – Les 16: Hoofstuk 6 en 7 Taalstrukture en -konvensies Les 5 Les 6 Letterkunde
5–6
Poësie – Les 5: “Ek het ’n huisie by die see” (H.A. Fagan) Poësie – Les 6: “die dag op nuweland” (Jeanne Goosen) Prosa – Les 17: Hoofstuk 8 en 9 Prosa – Les 17: Hoofstuk 10 en 11 Prosa – Les 17: Hoofstuk 12 en 13 Taalstrukture en -konvensies Les 7 Les 8 Letterkunde
7–8
Poësie – Les 7: “Ken jy die see ...” (Uys Krige) Poësie – Les 8: “Wetenskapmannetjies” (Antjie Krog) Prosa – Les 20: Hoofstuk 14 en 15 Prosa – Les 21: Hoofstuk 16 en 17 Prosa – Les 22: Hoofstuk 18 en 19
© Optimi
5
DATUM VOLTOOI
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies Les 9 Les 10 Letterkunde
9 – 10 Prosa – Les 23: Hoofstuk 20 en 21 Prosa – Les 24: Hoofstuk 22 en 23 Prosa – Les 25: Hoofstuk 24 en 25
KWARTAAL 2 Taalstrukture en -konvensies Les 11 Les 12 11 – 12
Letterkunde Poësie – Les 9: “Die dans van die reën” (Eugène Marais) Poësie – Les 10: “Klara Majola” (D.J. Opperman) Prosa – Les 26: Hoofstuk 26 en 27 Prosa – Les 27: Hoofstuk 28 en 29 Taalstrukture en -konvensies Les 13 Les 14
13 – 14
Letterkunde Poësie – Les 11: “By die robot in Eerstelaan” (Marita van Aswegen) Prosa – Les 28: Hoofstuk 30 en 31 Prosa – Les 29: Hoofstuk 32 en 33
15 – 16
Taalstrukture en -konvensies Hersien taalaspekte en skryfwerk: Bylae A en B Letterkunde Poësie – Les 26: “Rondom my” (Dawie de Jager) Poësie – Les 27: “Huiskat” (Elisabeth Eybers) Prosa – Les 30: Hoofstuk 34 en 35, epiloog Prosa – Les 31: Ontleding van die roman Taalstrukture en -konvensies Hersien taalaspekte en skryfwerk: Bylae A en B
17 – 18
Letterkunde Poësie – Hersien poësie (les 1 – 11) Prosa – Les 32: Toets jou kennis oor die roman Prosa – Les 33: Toets jou kennis oor die roman
19 – 20
© Optimi
Junie-eksamen
6
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
KWARTAAL 3 21 – 22
23 – 24
Taalstrukture en -konvensies Hersien taalaspekte: Bylae A Letterkunde Poësie – Hersien les 1 – 5 Taalstrukture en -konvensies Hersien taalaspekte: Bylae A Letterkunde Prosa – Hersien les 12 – 20
25 – 26
Taalstrukture en -konvensies Hersien taalaspekte: Bylae A Letterkunde Poësie – Hersien les 6 – 11
27 – 28
Taalstrukture en -konvensies Hersien skryfwerk: Bylae B Letterkunde Prosa – Hersien les 21 – 31
29 – 30
Taalstrukture en -konvensies Hersien skryfwerk: Bylae B Letterkunde Hersien letterkunde soos nodig. Rekordeksamen KWARTAAL 4
31 – 34
Taalstrukture en -konvensies Doen hersiening soos nodig. Letterkunde Doen hersiening soos nodig.
35 – 40
© Optimi
Eindeksamen
7
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid 1 1 1
EENHEID 1: Poësie Les 1: Literêre begrippe LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen: • •
•
die digter se bedoeling kan identifiseer die kenmerke van soorte gedigte te kan verduidelik, en hoe versreël- en strofebou, rym, halfrym (alliterasie en assonansie), ritme, herhaling, beeldspraak en stylfigure met die tema/boodskap verband hou terme kan definieer
Volg hierdie stappe by elke gedig.
STAP 1: Prelees • Lees die titel en die inhoud. • Lees die biografie van die digter. Dit is belangrik om te verstaan in watter omstandighede die digter was toe die gedig geskryf is of watter lewenservarings die digter gehad het. STAP 2: Lees • Dit verwys na die verstaan van die teks en om na literêre beginsels te kyk en dit toe te pas. • Bestudeer die notas (bespreking) en woordverklarings. • Toon aktiewe begrip van die gedig. STAP 3: Postlees • Noudat jy ’n geheelbeeld van die gedig het, kan jy daarop reageer. • Beantwoord die vrae oor die gedig. • Merk die antwoorde saam met die fasiliteerder volgens die memorandum.
Voordat ons gedigte kan ontleed en bestudeer, is dit belangrik om sekere kenmerke van poësie te verstaan. Digters het in sekere omstandighede geskryf, daarom praat ons van “digters en hul tyd”. Deur poësie reflekteer digters oor die gebeurtenisse en idees wat ’n indruk in hulle lewens gemaak het. As ons die tydperk waarin die digter gelewe het verstaan, sal ons sy/haar idees en agtergrond – en ook sy/haar gedigte – beter verstaan. © Optimi
8
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid 1 1 1
Gaan deur die poëtiese begrippe van Verskuns vir Eerste Addisionele Taal (Best Books studiewerkgids). 1.
Hoe moet ek ’n gedig lees? • Kyk na die titel van die gedig – dit gee reeds ’n idee van waaroor die gedig gaan. • Lees die hele gedig vinnig sodat jy weet waaroor dit gaan. • Lees die gedig vir ’n tweede of derde keer deur en merk die moeilike dele of begrippe. • Gebruik ’n woordeboek om die moeilike woorde na te slaan en die betekenisse neer te skryf. • Lees die gedig weer deur – sommer hardop – en probeer agterkom hoe die dele bymekaar inskakel, en wat die gedig vir ons probeer sê. • Let ook op na hoe die gedig uitgelê is (uiterlike bou), en watter tegnieke stylfigure gebruik is (innerlike bou) – sien volgende bladsy.
2.
Ontleding van poësie (analysis of poetry) Die volgende inligting gaan jou en die kandidate help om gedigte te kan ontleed sodat die dieper betekenis duidelik na vore kom. 2.1 Tema of hoofgedagte (theme/main idea) Elke gedig het ’n hoofgedagte of tema. ’n Tema dra die kernboodskap of bedoeling van die digter oor. ’n Gedig kan ’n verhalende of ’n liriese gedig wees. 2.2 Vorm (form) ’n Gedig is in ’n spesifieke vorm geskryf. Gedigte is in reëls geskryf. Ons praat in Afrikaans van versreëls of reëls. Hierdie reëls word in strofes gegroepeer. In vrye vers, veral moderne vrye vers, skep die digter sy/haar eie vorm. Daar is geen beperking met betrekking tot ritme, rym of patroon nie. Enjambement of reëls wat oorloop na die volgende reël kom slegs in poësie voor. Dit word meestal gevind aan die einde van ’n reël waar daar geen leestekens is nie. (’n Gedig kan wel sonder leestekens geskryf wees sonder dat daar enjambement is.) Die gevoel duur gewoonlik voort in die volgende reël en die digter se gedagtes bly ongebroke. 2.3 Woordkeuse (diction / choice of words) Die digter se woordkeuse skep ’n bepaalde atmosfeer en plaas die gedig in die regte tyd en plek. Woordkeuse beïnvloed ook die ritme en luim van die gedig. In ’n rymende gedig is goeie woordkeuse belangrik. Brabbeltaal en slengtaal (slang) word vir effek gebruik. Kaapse Afrikaans is ’n algemene verskynsel en dien ook ’n belangrike doel. 2.4 Gevoel of toon (feeling/tone) Die gevoel of toon van ’n gedig weerspieël die digter se subjektiewe gedagtes en houding. Soos in ander vorme van letterkunde kan die toon vriendelik, skerp,
© Optimi
9
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid 1 1 1
sarkasties, ironies, woedend, humoristies of neerhalend wees. Die toon help baie om die luim en atmosfeer te skep. 2.5
Stemming/atmosfeer (atmosphere) Gemoedstoestand – watter emosie die gedig uitdruk.
TERME WAT JY VIR ELKE GEDIG MOET KEN
Die uiterlike bou van ’n gedig (hoe die gedig aan die “buitekant” lyk en hoe dit uitgelê is – die tipografie) Gedigte word op ’n sekere manier uitgelê, waar die woorde byvoorbeeld ’n prentjie vorm. By die uiterlike bou kyk ons na die strofebou en versbou van die gedig (hoeveel strofes die gedig het en hoeveel versreëls elke strofe het), wat die rympatroon van die gedig is, en wat die ritme is. Dinge soos die gebruik van leestekens (of leestekens wat ontbreek), tipografiese wit en alleenplasing is ook deel van die uiterlike bou van ’n gedig. 1.
Strofebou • ’n Strofe met twee reëls = koeplet • ’n Strofe met vier reëls = kwatryn • ’n Strofe met ses reëls = sekstet • ’n Strofe met agt reëls = oktaaf
2.
Rympatroon (rhyme scheme) • aaaa Slagrym • aabb Paarrym • abab Kruisrym • abba Omarmde rym • abcd Gebroke rym / vrye vers (enige uitsondering) (’n Gedig met geen vaste rym, geen vaste strofebou, geen vaste verslengtes en soms geen vaste hooflettergebruik het nie, is vrye vers, free verse.)
3.
Halfrym: die assosiasie met klanke (sound devices) Halfrym gaan oor die klanke en nie die letters nie (bv. woorde met f en v in dieselfde reël is alliterasie, al verskil die spelling). Indien jy gevra word om halfrym aan te haal/dui, moet jy die letters onderstreep waarin die halfrym voorkom. 3.1 Alliterasie (alliteration) Alliterasie is die herhaling van dieselfde konsonante/medeklinkers, gewoonlik aan die begin van woorde in dieselfde reël, bv. “kind en kraai koggel”.
© Optimi
10
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid 1 1 1
3.2 Assonansie (assonance) Assonansie is die herhaling van vokale/klinkers binne-in woorde, bv. “oor die groen poel spoel” 4.
Ritme (rhythm) Die ritme van ’n gedig dui die pas aan en moet by die betekenis van die gedig pas. ’n Stadige ritme weerspieël ’n somber (sombre, sad) betekenis, terwyl ’n vinnige pas op ’n gelukkige gemoedstemming kan dui. Wanneer versreëls min of meer ewe veel lettergrepe bevat, skep dit ook ritme, bv. hoe / la / ter / hoe / kwa / ter EN wie’s / daar / in / die / wa / ter?
5.
Tipografiese wit (white space) Wit gedeeltes in ’n gedig, tussen strofes en ook in ’n strofe self.
6.
Alleenplasing (the placement of a single word in a line) ’n Enkele woord in ’n versreël.
7.
Voorplasing/agterplasing (placement at the beginning or end of a line) ’n Woord word voor/agter in ’n reël geplaas om dit te beklemtoon.
Die innerlike bou van ’n gedig (die inhoud of die “binnekant” van die gedig) Die inhoud van die gedig en die stylfigure/beeldspraak wat gebruik word, verwys na die innerlike bou van ’n gedig. STYLFIGURE/BEELDSPRAAK (poetic devices) 1.
2.
Herhaling (repetition) Herhaling beklemtoon die inhoud in ’n gedig en skep ’n spesifieke vorm of patroon. Reëls of strofes word deur herhaling aanmekaar verbind. Herhaling kan die stemming in ’n gedig versterk, bv. “... van haar eerste, haar heel eerste soen ...” Vergelyking (simile) Twee begrippe/dinge wat met mekaar vergelyk word op grond van ooreenkomste. Net soos die woorde “as” of “like” in Engels die simile aandui, dui die woorde “soos”, “net soos” of “nes” die vergelyking aan, bv.: Hy loop soos ’n krap. Hy is net soos ’n politikus. Haar vel is nes dié van ’n krokodil.
3.
Metafoor (metaphor) Twee begrippe/dinge wat met mekaar vergelyk word, sonder die woorde “soos”, “net soos” of “nes”, bv.: Hy is ’n vark.
4.
Personifikasie (personification) ’n Menslike eienskap/handeling word aan lewelose dinge gegee, bv. die tafel roer, die ketel sing.
© Optimi
11
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid 1 1 1
5.
Sinekdogee (synecdoche) Sinekdogee is wanneer daar na ’n deel van iets verwys word in plaas van die geheel, bv.: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” – ons bedoel eintlik: Gee ons vandag alles wat ons nodig het.
6.
Metonimia (metonymy) Metonimia kan maklik met sinekdogee verwar word. Metonimia is wanneer ons na een saak verwys wat baie na aan ’n ander saak staan en amper as een aspek gesien word, bv.: Die ketel kook, maar dit is eintlik die water in die ketel wat kook. Nog ’n voorbeeld: Hy het die bottel lief, maar hy het eintlik die drank in die bottel lief.
7.
Klanknabootsing/onomatopee (onomatopoeia) Dit is die namaak van klanke in woorde. Sulke woorde help ons om in ons verbeelding ’n prentjie te vorm van die dinge, mense en plekke wat beskryf word, bv. kaplaks, tjirp en tiengelieng.
8.
Ironie (irony) Die bedoelde betekenis van woorde is die teenoorgestelde as die eintlike betekenis van die woorde, bv.: Die naam van die grootste hond in Suid-Afrika is “Kleintjie”.
9.
Kontras (contrast) Twee woorde/beelde/uitdrukkings/idees in kontras, bv. lank en kort.
10.
Simboliek (symbolism) ’n Woord wat ’n beeld voorstel of andersom, bv. duif = vrede.
11.
Paradoks (paradox) Skynbare teenstrydigheid, bv.: Om die waarheid te sê, moet ek lieg (ironiese inslag/ agtergrond).
12.
Wending (turn of thought or argument) Verandering, gewoonlik aangedui deur die woord “maar”.
Ander terme wat jy moet ken: Konflik (conflict) 1. Innerlik: Konflik binne ’n karakter oor keuses/besluite/emosies. 2. Uiterlik: Fisiese konflik tussen twee karakters (woorde of baklei). Spreker (speaker) In elke gedig is daar ’n spreker (speaker). Die spreker is wie die gedig “vertel”. 1. 2.
Eerstepersoonsverteller (vertel uit sy/haar eie oogpunt) Alomteenwoordige verteller / Derdepersoonsverteller (asof die verteller alles sien/hoor/ervaar en weet wat al die karakters voel/ervaar/dink) Onthou: Die spreker is nie noodwendig die digter nie.
© Optimi
12
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid 1 1 1
Universeel (universal) ’n Term wat aandui dat iets algemeen is. Alle mense kan hulself daarmee assosieer.
Les 2: Gedig: “Luisterswaeltjies” (T.T. Cloete) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet jy: • • •
die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord
Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Gaan saam deur die ontleding van “Luisterswaeltjies” saam met die fasiliteerder. • Beantwoord die vrae in jou boek. • Merk jou antwoorde saam met die fasiliteerder. Vra as jy ’n vraag of antwoord nie verstaan nie.
Les 3: Gedig: “Rondom my” (Dawie de Jager) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet jy: • • •
die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord
Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Gaan saam deur die ontleding van “Rondom my” saam met die fasiliteerder. • Beantwoord die vrae in jou boek. • Merk jou antwoorde saam met die fasiliteerder. Vra as jy ’n vraag of antwoord nie verstaan nie.
Les 4: Gedig: “Huiskat” (Elisabeth Eybers) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet jy: • • • © Optimi
die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord 13
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde
Eenheid 1 1 1
Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Gaan saam deur die ontleding van “Huiskat” saam met die fasiliteerder. • Beantwoord die vrae in jou boek. • Merk jou antwoorde saam met die fasiliteerder. Vra as jy ’n vraag of antwoord nie verstaan nie.
Les 5: Gedig: “Ek het ’n huisie by die see” (H.A. Fagan) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet jy: • • •
die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord
Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Gaan saam deur die ontleding van “Ek het ’n huisie by die see” saam met die fasiliteerder. • Beantwoord die vrae in jou boek. • Merk jou antwoorde saam met die fasiliteerder. Vra as jy ’n vraag of antwoord nie verstaan nie.
Les 6: Gedig: “die dag op nuweland” (Jeanne Goosen) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet jy: • • •
die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord
Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Gaan saam deur die ontleding van “die dag op nuweland” saam met die fasiliteerder. • Beantwoord die vrae in jou boek. • Merk jou antwoorde saam met die fasiliteerder. Vra as jy ’n vraag of antwoord nie verstaan nie.
© Optimi
14