Skip to main content

Gr 12-Afrikaans Eerste Addisionele Taal-Fasiliteerdersgids Letterkunde 2

Page 1

Í5,È-E-EAT-FG02GÎ 2

1 1

2

-

E

-

E

A T -

F

G

0

2

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL FASILITEERDERSGIDS: LETTERKUNDE Graad 12


Afrikaans Eerste Addisionele Taal Fasiliteerdersgids: Letterkunde

Aangepas vir KABV

2 11 2 - E - E AT- F G 0 2

Í5,È-E-EAT-FG02GÎ

Graad 12


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

INHOUDSOPGAWE VOORWOORD .................................................................................................................... 3 LESELEMENTE .................................................................................................................. 5 JAARPLAN ......................................................................................................................... 6 EENHEID 1: Poësie ............................................................................................................ 9 Les 1: Literêre begrippe................................................................................................. 9 Les 2: Gedig: “Luisterswaeltjies” (T.T. Cloete) ............................................................ 14 Les 3: Gedig: “Rondom my” (Dawie de Jager) ............................................................ 15 Les 4: Gedig: “Huiskat” (Elisabeth Eybers).................................................................. 16 Les 5: Gedig: “Ek het ’n huisie by die see” (H.A. Fagan) ............................................. 17 Les 6: Gedig: “die dag op nuweland” (Jeanne Goosen) .............................................. 17 Les 7: Gedig: “Ken jy die see ...” (Uys Krige) .............................................................. 18 Les 8: Gedig: “Wetenskapmannetjies” (Antjie Krog) .................................................... 19 Les 9: Gedig: “Die dans van die reën” (Eugène Marais).............................................. 20 Les 10: Gedig: “Klara Majola” (D.J. Opperman) .......................................................... 21 Les 11: Gedig: “By die robot in Eerstelaan” (Marita van Aswegen) ............................. 22 EENHEID 2: Roman: Onderwêreld.................................................................................. 24 Les 12: Roman – proloog ............................................................................................ 24 Les 13: Hoofstuk 1....................................................................................................... 25 Les 14: Hoofstuk 2 en 3............................................................................................... 26 Les 15: Hoofstuk 4 en 5............................................................................................... 27 Les 16: Hoofstuk 6 en 7............................................................................................... 28 Les 17: Hoofstuk 8 en 9............................................................................................... 29 Les 18: Hoofstuk 10 en 11........................................................................................... 31 Les 19: Hoofstuk 12 en 13........................................................................................... 32 Les 20: Hoofstuk 14 en 15........................................................................................... 33 Les 21: Hoofstuk 16 en 17........................................................................................... 34 Les 22: Hoofstuk 18 en 19........................................................................................... 36 Les 23: Hoofstuk 20 en 21........................................................................................... 37 Les 24: Hoofstuk 22 en 23........................................................................................... 38 Les 25: Hoofstuk 24 en 25........................................................................................... 40 Les 26: Hoofstuk 26 en 27........................................................................................... 41 Les 27: Hoofstuk 28 en 29........................................................................................... 42 Les 28: Hoofstuk 30 en 31........................................................................................... 43 Les 29: Hoofstuk 32 en 33........................................................................................... 44 Les 30: Hoofstuk 34 en 35, epiloog ............................................................................. 46 Les 31: Ontleding van die roman ................................................................................. 48 Les 32: Toets jou kennis oor die roman....................................................................... 48 Les 33: Toets jou kennis oor die roman....................................................................... 51 BYLAE: LITERÊRE TERME ............................................................................................. 55

© Optimi

1


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

VOORWOORD Welkom by Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 12. Al die werk vir die jaar word in die handleidings vervat. Taalkunde en letterkunde het aparte handleidings en fasiliteerdersgidse. Al die werk in beide handleidings moet behandel word soos in die jaarplan aangedui. In letterkunde word daar tien gedigte en die roman Onderwêreld behandel. Dit is belangrik dat die kandidate die gedigte se ontledings en alle aspekte van die roman goed ken. Die letterkundehandleiding is in twee eenhede verdeel: een vir prosa en een vir poësie. Al die letterkunde-aspekte moet teen die einde van kwartaal 2 behandel wees, soos in die jaarplan aangedui. •

EENHEID 1: POËSIE Tien gedigte: o “Luisterswaeltjies” – T.T. Cloete o “Rondom my” – Dawie de Jager o “Huiskat” – Elisabeth Eybers o “Ek het ’n huisie by die see” – H.A. Fagan o “die dag op nuweland” – Jeanne Goosen o “Ken jy die see ...” – Uys Krige o “Wetenskapmannetjies” – Antjie Krog o “Die dans van die reën” – Eugène Marias o “Klara Majola” – D.J. Opperman o “By die robot in Eerstelaan” – Marita van Aswegen

•

EENHEID 2: ROMAN Onderwêreld – Fanie Viljoen o Dit is uiters belangrik dat die kandidate die roman lees. o Die aantekeninge en besprekings in die handleiding is breedvoerig en behoort genoegsame insig te gee. o Die vrae en antwoorde oor die gedigte en roman is volgens die KABV opgestel.

Verwys na die taalkundehandleiding en -fasiliteerdersgids en die portefeuljeboek vir inligting oor portefeuljetake en eksamens. Let wel dat die kandidaat slegs kontekstuele vrae in vraestel 2 (letterkunde) van die eksamen sal moet beantwoord, daarom word die aktiwiteite oor die langvrae (literêre opstelle) in die studiewerkgids geïgnoreer. Die kandidate moet al die aktiwiteite in die handleiding voltooi. Gaan die antwoorde saam met hulle na en doen hersiening waar nodig.

© Optimi

3


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

ASSESSERINGSVEREISTES Vir elke afdeling van Afrikaans Eerste Addisionele Taal kan die kandidate ’n ander manier gebruik om te leer, maar dit bly belangrik om alles wat geleer word oor en oor in te oefen. Onthou om die volgende by elke afdeling te doen: Poësie: Elke gedig word in detail ontleed (analyse). Die kandidate moet die gedigte, die ontleding daarvan en die poësieterme ken. Die terme is van toepassing op alle gedigte, so as die kandidate dit leer en verstaan, sal hulle beter presteer. Prosa: Die roman móét gelees word. Die kandidate moet al die karakters ken, hul van mekaar kan onderskei, die gebeure in die verhaal kan identifiseer, konflik kan raaksien en karakterontwikkeling kan aandui.

© Optimi

4


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

DEFINIEER Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES Aansporing om die inhoud in diepte na te vors.

AKTIWITEIT Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

STUDEER/HERSIENING Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

© Optimi

5


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

JAARPLAN WEEK

DATUM BEGIN

LES KWARTAAL 1 Taalstrukture en -konvensies Les 1 Les 2

1–2

Letterkunde Poësie – Les 1: Literêre begrippe Poësie – Les 2: “Luisterswaeltjies” (T.T. Cloete) Prosa (Onderwêreld) – Les 12: Proloog Prosa (Onderwêreld) – Les 13: Hoofstuk 1 Taalstrukture en -konvensies Les 3 Les 4 Letterkunde

3–4

Poësie – Les 3: “Rondom my” (Dawie de Jager) Poësie – Les 4: “Huiskat” (Elisabeth Eybers) Prosa – Les 15: Hoofstuk 2 en 3 Prosa – Les 16: Hoofstuk 4 en 5 Prosa – Les 16: Hoofstuk 6 en 7 Taalstrukture en -konvensies Les 5 Les 6 Letterkunde

5–6

Poësie – Les 5: “Ek het ’n huisie by die see” (H.A. Fagan) Poësie – Les 6: “die dag op nuweland” (Jeanne Goosen) Prosa – Les 17: Hoofstuk 8 en 9 Prosa – Les 17: Hoofstuk 10 en 11 Prosa – Les 17: Hoofstuk 12 en 13 Taalstrukture en -konvensies Les 7 Les 8 Letterkunde

7–8

Poësie – Les 7: “Ken jy die see ...” (Uys Krige) Poësie – Les 8: “Wetenskapmannetjies” (Antjie Krog) Prosa – Les 20: Hoofstuk 14 en 15 Prosa – Les 21: Hoofstuk 16 en 17 Prosa – Les 22: Hoofstuk 18 en 19

© Optimi

6

DATUM VOLTOOI


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Taalstrukture en -konvensies Les 9 Les 10 Letterkunde

9 – 10 Prosa – Les 23: Hoofstuk 20 en 21 Prosa – Les 24: Hoofstuk 22 en 23 Prosa – Les 25: Hoofstuk 24 en 25

KWARTAAL 2 Taalstrukture en -konvensies Les 11 Les 12 11 – 12

Letterkunde Poësie – Les 9: “Die dans van die reën” (Eugène Marais) Poësie – Les 10: “Klara Majola” (D.J. Opperman) Prosa – Les 26: Hoofstuk 26 en 27 Prosa – Les 27: Hoofstuk 28 en 29 Taalstrukture en -konvensies Les 13 Les 14

13 – 14

Letterkunde Poësie – Les 11: “By die robot in Eerstelaan” (Marita van Aswegen) Prosa – Les 28: Hoofstuk 30 en 31 Prosa – Les 29: Hoofstuk 32 en 33

15 – 16

Taalstrukture en -konvensies Hersien taalaspekte en skryfwerk: Bylae A en B Letterkunde Poësie – Les 26: “Rondom my” (Dawie de Jager) Poësie – Les 27: “Huiskat” (Elisabeth Eybers) Prosa – Les 30: Hoofstuk 34 en 35, epiloog Prosa – Les 31: Ontleding van die roman Taalstrukture en -konvensies Hersien taalaspekte en skryfwerk: Bylae A en B

17 – 18

Letterkunde Poësie – Hersien poësie (les 1 – 11) Prosa – Les 32: Toets jou kennis oor die roman Prosa – Les 33: Toets jou kennis oor die roman

19 – 20

© Optimi

Junie-eksamen

7


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

KWARTAAL 3 21 – 22

23 – 24

Taalstrukture en -konvensies Hersien taalaspekte: Bylae A Letterkunde Poësie – Hersien les 1 – 5 Taalstrukture en -konvensies Hersien taalaspekte: Bylae A Letterkunde Prosa – Hersien les 12 – 20

25 – 26

Taalstrukture en -konvensies Hersien taalaspekte: Bylae A Letterkunde Poësie – Hersien les 6 – 11

27 – 28

Taalstrukture en -konvensies Hersien skryfwerk: Bylae B Letterkunde Prosa – Hersien les 21 – 31

29 – 30

Taalstrukture en -konvensies Hersien skryfwerk: Bylae B Letterkunde Hersien letterkunde soos nodig. Rekordeksamen KWARTAAL 4

31 – 34

Taalstrukture en -konvensies Doen hersiening soos nodig. Letterkunde Doen hersiening soos nodig.

35 – 40

© Optimi

Eindeksamen

8


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

EENHEID 1: Poësie Les 1: Literêre begrippe LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • •

•

die digter se bedoeling kan identifiseer die kenmerke van soorte gedigte te kan verduidelik, en hoe versreël- en strofebou, rym, halfrym (alliterasie en assonansie), ritme, herhaling, beeldspraak en stylfigure met die tema/boodskap verband hou terme kan definieer (die literêre terme is in graad 10 en 11 bestudeer, maar word vir hersienings- en verwysingsdoeleindes in les 1 herhaal) (Dit is die beste om hierdie begrippe te integreer met die lees van elke gedig om sodoende te verseker dat kandidate dit reg verstaan en kan identifiseer.)

Elke gedig is in Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12 ontleed. Werk deur die inhoud saam met die kandidate. Kandidate moet addisionele notas oor die gedigte maak sodat dit makliker is om te leer en te onthou. Dit is belangrik dat die leesproses volgens die KABV hier toegepas word. Volg die onderstaande stappe vir elke gedig. STAP 1: Prelees • Stel die teks bekend aan die kandidate. Lees die titel en die inhoud. • Lees die biografie van die digter saam met die kandidate. Dit is belangrik dat hulle verstaan in watter omstandighede die digter was toe die gedig geskryf is of watter lewenservarings die digter gehad het. STAP 2: Lees • Dit verwys na die verstaan van die teks en om na literêre beginsels te kyk en dit toe te pas. • Bestudeer die notas (bespreking) en woordverklarings. • Toon aktiewe begrip van die gedig. STAP 3: Postlees • Noudat die kandidate ’n geheelbeeld van die gedig het, kan hulle daarop reageer. • Die kandidate beantwoord die vrae oor die gedig. • Merk die antwoorde saam met die kandidate volgens die memorandum.

© Optimi

9


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Voordat ons gedigte kan ontleed en bestudeer, is dit belangrik om sekere kenmerke van poësie te verstaan. Digters het in sekere omstandighede geskryf, daarom praat ons van “digters en hul tyd”. Deur poësie reflekteer digters oor die gebeurtenisse en idees wat ’n indruk in hulle lewens gemaak het. As ons die tydperk waarin die digter gelewe het verstaan, sal ons sy/haar idees en agtergrond – en ook sy/haar gedigte – beter verstaan. Werk saam met die kandidate deur die poëtiese begrippe van Verskuns vir Eerste Addisionele Taal (Best Books studiewerkgids). 1.

Hoe moet ek ’n gedig lees? • Kyk na die titel van die gedig – dit gee reeds ’n idee van waaroor die gedig gaan. • Lees die hele gedig vinnig sodat jy weet waaroor dit gaan. • Lees die gedig vir ’n tweede of derde keer deur en merk die moeilike dele of begrippe. • Gebruik ’n woordeboek om die moeilike woorde na te slaan en die betekenisse neer te skryf. • Lees die gedig weer deur – sommer hardop – en probeer agterkom hoe die dele bymekaar inskakel, en wat die gedig vir ons probeer sê. • Let ook op na hoe die gedig uitgelê is (uiterlike bou), en watter tegnieke stylfigure gebruik is (innerlike bou) – sien volgende bladsy.

2.

Ontleding van poësie (analysis of poetry) Die volgende inligting gaan jou en die kandidate help om gedigte te kan ontleed sodat die dieper betekenis duidelik na vore kom. 2.1 Tema of hoofgedagte (theme/main idea) Elke gedig het ’n hoofgedagte of tema. ’n Tema dra die kernboodskap of bedoeling van die digter oor. ’n Gedig kan ’n verhalende of ’n liriese gedig wees. 2.2 Vorm (form) ’n Gedig is in ’n spesifieke vorm geskryf. Gedigte is in reëls geskryf. Ons praat in Afrikaans van versreëls of reëls. Hierdie reëls word in strofes gegroepeer. In vrye vers, veral moderne vrye vers, skep die digter sy/haar eie vorm. Daar is geen beperking met betrekking tot ritme, rym of patroon nie. Enjambement of reëls wat oorloop na die volgende reël kom slegs in poësie voor. Dit word meestal gevind aan die einde van ’n reël waar daar geen leestekens is nie. (’n Gedig kan wel sonder leestekens geskryf wees sonder dat daar enjambement is.) Die gevoel duur gewoonlik voort in die volgende reël en die digter se gedagtes bly ongebroke. 2.3 Woordkeuse (diction / choice of words) Die digter se woordkeuse skep ’n bepaalde atmosfeer en plaas die gedig in die regte tyd en plek. Woordkeuse beïnvloed ook die ritme en luim van die gedig. In ’n rymende gedig is goeie woordkeuse belangrik. Brabbeltaal en slengtaal (slang)

© Optimi

10


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

word vir effek gebruik. Kaapse Afrikaans is ’n algemene verskynsel en dien ook ’n belangrike doel. 2.4 Gevoel of toon (feeling/tone) Die gevoel of toon van ’n gedig weerspieël die digter se subjektiewe gedagtes en houding. Soos in ander vorme van letterkunde kan die toon vriendelik, skerp, sarkasties, ironies, woedend, humoristies of neerhalend wees. Die toon help baie om die luim en atmosfeer te skep. 2.5

Stemming/atmosfeer (atmosphere) Gemoedstoestand – watter emosie die gedig uitdruk.

TERME WAT VIR ELKE GEDIG GEKEN MOET WORD

Die uiterlike bou van ’n gedig (hoe die gedig aan die “buitekant” lyk en hoe dit uitgelê is – die tipografie) Gedigte word op ’n sekere manier uitgelê, waar die woorde byvoorbeeld ’n prentjie vorm. By die uiterlike bou kyk ons na die strofebou en versbou van die gedig (hoeveel strofes die gedig het en hoeveel versreëls elke strofe het), wat die rympatroon van die gedig is, en wat die ritme is. Dinge soos die gebruik van leestekens (of leestekens wat ontbreek), tipografiese wit en alleenplasing is ook deel van die uiterlike bou van ’n gedig. 1.

Strofebou • ’n Strofe met twee reëls = koeplet • ’n Strofe met vier reëls = kwatryn • ’n Strofe met ses reëls = sekstet • ’n Strofe met agt reëls = oktaaf

2.

Rympatroon (rhyme scheme) • aaaa Slagrym • aabb Paarrym • abab Kruisrym • abba Omarmde rym • abcd Gebroke rym / vrye vers (enige uitsondering) (’n Gedig met geen vaste rym, geen vaste strofebou, geen vaste verslengtes en soms geen vaste hooflettergebruik het nie, is vrye vers, free verse.)

3.

Halfrym: die assosiasie met klanke (sound devices) Halfrym gaan oor die klanke en nie die letters nie (bv. woorde met f en v in dieselfde reël is alliterasie, al verskil die spelling). Indien jy gevra word om halfrym aan te

© Optimi

11


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

haal/dui, moet jy die letters onderstreep waarin die halfrym voorkom. 3.1 Alliterasie (alliteration) Alliterasie is die herhaling van dieselfde konsonante/medeklinkers, gewoonlik aan die begin van woorde in dieselfde reël, bv. “kind en kraai koggel”. 3.2 Assonansie (assonance) Assonansie is die herhaling van vokale/klinkers binne-in woorde, bv. “oor die groen poel spoel” 4.

Ritme (rhythm) Die ritme van ’n gedig dui die pas aan en moet by die betekenis van die gedig pas. ’n Stadige ritme weerspieël ’n somber (sombre, sad) betekenis, terwyl ’n vinnige pas op ’n gelukkige gemoedstemming kan dui. Wanneer versreëls min of meer ewe veel lettergrepe bevat, skep dit ook ritme, bv. hoe / la / ter / hoe / kwa / ter EN wie’s / daar / in / die / wa / ter?

5.

Tipografiese wit (white space) Wit gedeeltes in ’n gedig, tussen strofes en ook in ’n strofe self.

6.

Alleenplasing (the placement of a single word in a line) ’n Enkele woord in ’n versreël.

7.

Voorplasing/agterplasing (placement at the beginning or end of a line) ’n Woord word voor/agter in ’n reël geplaas om dit te beklemtoon.

Die innerlike bou van ’n gedig (die inhoud of die “binnekant” van die gedig) Die inhoud van die gedig en die stylfigure/beeldspraak wat gebruik word, verwys na die innerlike bou van ’n gedig. STYLFIGURE/BEELDSPRAAK (poetic devices) 1.

2.

3.

Herhaling (repetition) Herhaling beklemtoon die inhoud in ’n gedig en skep ’n spesifieke vorm of patroon. Reëls of strofes word deur herhaling aanmekaar verbind. Herhaling kan die stemming in ’n gedig versterk, bv. “... van haar eerste, haar heel eerste soen ...” Vergelyking (simile) Twee begrippe/dinge wat met mekaar vergelyk word op grond van ooreenkomste. Net soos die woorde “as” of “like” in Engels die simile aandui, dui die woorde “soos”, “net soos” of “nes” die vergelyking aan, bv.: Hy loop soos ’n krap. Hy is net soos ’n politikus. Haar vel is nes dié van ’n krokodil. Metafoor (metaphor) Twee begrippe/dinge wat met mekaar vergelyk word, sonder die woorde “soos”, “net soos” of “nes”, bv.: Hy is ’n vark.

© Optimi

12


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

4.

Personifikasie (personification) ’n Menslike eienskap/handeling word aan lewelose dinge gegee, bv. die tafel roer, die ketel sing.

5.

Sinekdogee (synecdoche) Sinekdogee is wanneer daar na ’n deel van iets verwys word in plaas van die geheel, bv.: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” – ons bedoel eintlik: Gee ons vandag alles wat ons nodig het.

6.

Metonimia (metonymy) Metonimia kan maklik met sinekdogee verwar word. Metonimia is wanneer ons na een saak verwys wat baie na aan ’n ander saak staan en amper as een aspek gesien word, bv.: Die ketel kook, maar dit is eintlik die water in die ketel wat kook. Nog ’n voorbeeld: Hy het die bottel lief, maar hy het eintlik die drank in die bottel lief.

7.

Klanknabootsing/onomatopee (onomatopoeia) Dit is die namaak van klanke in woorde. Sulke woorde help ons om in ons verbeelding ’n prentjie te vorm van die dinge, mense en plekke wat beskryf word, bv. kaplaks, tjirp en tiengelieng.

8.

Ironie (irony) Die bedoelde betekenis van woorde is die teenoorgestelde as die eintlike betekenis van die woorde, bv.: Die naam van die grootste hond in Suid-Afrika is “Kleintjie”.

9.

Kontras (contrast) Twee woorde/beelde/uitdrukkings/idees in kontras, bv. lank en kort.

10.

Simboliek (symbolism) ’n Woord wat ’n beeld voorstel of andersom, bv. duif = vrede.

11.

Paradoks (paradox) Skynbare teenstrydigheid, bv.: Om die waarheid te sê, moet ek lieg (ironiese inslag/ agtergrond).

12.

Wending (turn of thought or argument) Verandering, gewoonlik aangedui deur die woord “maar”.

Ander terme wat jy moet ken: Konflik (conflict) 1. Innerlik: Konflik binne ’n karakter oor keuses/besluite/emosies. 2. Uiterlik: Fisiese konflik tussen twee karakters (woorde of baklei). Spreker (speaker) In elke gedig is daar ’n spreker (speaker). Die spreker is wie die gedig “vertel”.

© Optimi

13


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

1. 2.

Eenheid

1

Eerstepersoonsverteller (vertel uit sy/haar eie oogpunt) Alomteenwoordige verteller / Derdepersoonsverteller (asof die verteller alles sien/hoor/ervaar en weet wat al die karakters voel/ervaar/dink) Onthou: Die spreker is nie noodwendig die digter nie.

Universeel (universal) ’n Term wat aandui dat iets algemeen is. Alle mense kan hulself daarmee assosieer.

Les 2: Gedig: “Luisterswaeltjies” (T.T. Cloete) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • • •

die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord

Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Behandel “Luisterswaeltjies” saam met die notas in die gedigontleding. • Die kandidate beantwoord die vrae in hul werkboek. • Die kandidate merk hulle antwoorde deur die memorandum te gebruik. Gaan saam deur die antwoorde, maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is, en verduidelik enige begrippe of antwoorde waarmee die leerders gesukkel het. Memorandum 1. Hulle luister die mense se telefoongesprekke af. 2. Leerder se respons, byvoorbeeld: Hulle kla oor die koue winter wat op pad is en dat hulle wens hulle was eerder in die noordelike halfrond waar dit lekker warm is. 3. Hulle luister na die telefoongesprekke. 4. Uit die suide/vanaf die Suidpool 5. a. praat b. warm c. welige 6. Die mense 7. a. Tipografiese wit b. Om te wys daar volg ’n nuwe gedagte. 8. “knieserig,” “brom”, “barre” (enige twee) 9. Dit pas by mense wat kla oor die koue in die winter. 10. Dit bind gedagtes saam wat bymekaar hoort. 11. die kort woorde/harde klanke/negatiewe woorde 12. presies 13. Onwaar, want hulle bel mekaar om te vertel hoe sleg dit is. © Optimi

14


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

14. 15. 16.

Eenheid

1

Die mense brom oor die koue, maar die swaeltjies doen iets daaromtrent. Hulle hou nie van die koue nie. Leerder se respons. In die een foto lyk dit asof die swaeltjies na die telefoongesprek luister en in die ander lyk dit asof hulle vir mekaar vertel wat hulle volgende moet doen – hulle moet vinnig trek, want die koue kom. Leerder se respons, byvoorbeeld: Ja, dit is ’n oulike manier om te verklaar waarom die swaeltjie altyd op die telefoondraad sit. / Nee, dit is verspot om te dink dat swaeltjies mense se gesprekke oor die telefoondraad kan hoor.

17.

Les 3: Gedig: “Rondom my” (Dawie de Jager) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • • •

die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord

Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Behandel “Rondom my” saam met die notas in die gedigontleding. • Die kandidate beantwoord die vrae in hul werkboek. • Die kandidate merk hulle antwoorde deur die memorandum te gebruik. Gaan saam deur die antwoorde, maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is, en verduidelik enige begrippe of antwoorde waarmee die leerders gesukkel het. Memorandum 1. Dat die spreker sy geliefde by hom wil hê. 2. Hy moet rustig wees en nie oorhaastig optree nie. 3. paarrym: aa 4. Hy tree oorhaastig op. 5. a. metafoor b. Hy kan die hartseer in haar oë lees. 6. “Kom wys my wie jy is en wie jy graag wil wees. / Kom wees net jy, kom wees net jy.” 7. Leerder se respons, byvoorbeeld: Sy het seergekry in ’n liefdesverhouding. / Sy is bang om betrokke te raak. / Sy ken hom nie goed genoeg nie. 8. “Kom wees net jy”

© Optimi

15


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Les 4: Gedig: “Huiskat” (Elisabeth Eybers) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • • •

die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord

Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Behandel “Huiskat” saam met die notas in die gedigontleding. • Die kandidate beantwoord die vrae in hul werkboek. • Die kandidate merk hulle antwoorde deur die memorandum te gebruik. Gaan saam deur die antwoorde, maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is, en verduidelik enige begrippe of antwoorde waarmee die leerders gesukkel het. Memorandum 1. Dit handel oor ’n huiskat. 2. Die kat lyk net soos ’n luiperd (wilde dier). 3. Sy lek haarself skoon en lê in die son. 4. Sy word met ’n reptiel vergelyk, want haar oë toon geen emosie nie. 5. Enige geskikte antwoord, byvoorbeeld: Ja, mense kan baie naar met diere wees. OF Nee, die kat behoort haar huismense te ken. 6. Die enjambement boots die bewegings van die kat na. 7. Enige geskikte antwoord, byvoorbeeld: Dit is baie effektief, want ’n mens kan eintlik die kat sien beweeg terwyl jy die gedig lees. 8. “strak bene”; “luiperdlies”; “fluwelig”; “vloeibaar”; “koud”; “los”; “lenig” 9. “koud”; “arglistig”; “smalend” 10. Die kat se oë is “Smal skerwe van agaat” (versreël 6). 11. Nee, dit lyk net so. Katte hou daarvan om in die son te lê en warm te bak, veral in die winter. 12. Enige geskikte antwoord, byvoorbeeld: Ek dink die kat tree bloot op soos ’n kat. OF ’n Mens sou verwag dat die kat meer liefde vir haar huismense sal wys.

© Optimi

16


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Les 5: Gedig: “Ek het ’n huisie by die see” (H.A. Fagan) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • • •

die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord

Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Behandel “Ek het ’n huisie by die see” saam met die notas in die gedigontleding. • Die kandidate beantwoord die vrae in hul werkboek. • Die kandidate merk hulle antwoorde deur die memorandum te gebruik. Gaan saam deur die antwoorde, maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is, en verduidelik enige begrippe of antwoorde waarmee die leerders gesukkel het. Memorandum 1. Die gedig vertel vir ons dat hierdie persoon sy of haar lewe op geloof bou. Niks of niemand sal dit kan vernietig nie. 2. Dit wys vir ons hoe weerloos die huisie is. 3. Dit is nag, die golwe slaan hard en die winde waai. 4. Dit is koud en onveilig buite die huis, maar dit is veilig en warm binne die huis. 5. Dit boots die golwe na wat die hele tyd teen die rotse slaan. 6. Dit laat die nag spokerig klink. 7. Ja, ons is bewus daarvan dat die huisie in gevaar is. 8. Dit laat die gedig ’n eenheid vorm. 9. Hy of sy maak gebruik van gehoor en sig. 10. Die huisie is die metafoor vir die persoon se geloof. 11. golf 12. oseane 13. vensters

Les 6: Gedig: “die dag op nuweland” (Jeanne Goosen) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • • •

die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord

Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. © Optimi

17


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Behandel “die dag op nuweland” saam met die notas in die gedigontleding. Die kandidate beantwoord die vrae in hul werkboek. Die kandidate merk hulle antwoorde deur die memorandum te gebruik. Gaan saam deur die antwoorde, maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is, en verduidelik enige begrippe of antwoorde waarmee die leerders gesukkel het.

• • •

Memorandum 1. Dit handel oor ’n rugbywedstryd wat op Nuweland in Kaapstad plaasvind. 2. Die rugbyspelers raak al hoe meer gehawend soos wat die wedstryd voortgaan. / Die toeskouers raak al meer opgewonde. 3. Enige geskikte antwoord, byvoorbeeld: Nee, die spreker kyk meer na die toeskouers as na die wedstryd. 4. Die spreker praat van “ons”. Dit beteken dat hy of sy deel van die groep voel. 5. Die spreker is senuweeagtig, omdat die meisie van Swellendam baie vinnig brei. Dalk is hy/sy bang dat sy haarself sal beseer. 6. Ja, want sy brei al hoe vinniger soos wat die wedstryd meer spanningsvol word. 7. Haar kêrel speel dalk in die wedstryd, of dalk vind sy dit makliker om die spanning te verwerk as sy haar hande besig hou. 8. Dit is baie effektief, want ons kry ’n goeie beeld van hoe die spelers lyk en hoe gewelddadig die wedstryd is. 9. Dit is ’n simbool van onskuld. 10. Die wedstryd en die pogings van die rugbyspelers het nie ’n indruk op haar gemaak nie. 11. Die herhaling bind die gedig tot ’n eenheid. 12. Enige geskikte antwoord, byvoorbeeld: Ja, ’n rugbywedstryd kan nogal gewelddadig raak. 13. rooi (“bloederig”); mislikgroen; blou; pers; sneeuwit 14. Die verskillende kleure maak die gedig lewendig. Ons besef dat dit ’n gemors kan wees, omdat daar so baie verskillende kleure is.

Les 7: Gedig: “Ken jy die see ...” (Uys Krige) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • • •

die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord

Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. • Behandel “Ken jy die see ...” saam met die notas in die gedigontleding. © Optimi

18


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Die kandidate beantwoord die vrae in hul werkboek. Die kandidate merk hulle antwoorde deur die memorandum te gebruik. Gaan saam deur die antwoorde, maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is, en verduidelik enige begrippe of antwoorde waarmee die leerders gesukkel het.

• •

Memorandum 1. “Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.” 2. Hy spreek die koper so aan – gebruik dit as ’n eienaam. 3. Dit dui aan dat hy meer gaan vertel./Dit verhoog die spanning. 4. ababb 5. a. “bulderende” b. “stil, soet” / “dae, dae lank sal duur” / “bries ’n bulderende wind” c. personifikasie 6. b. “stil” en “bulderend” d. “bries” en “wind” 7. vergelyking 8. “ons” is die vissers en “hy” is die dood. 9. Leerder se respons, bv.: Nee, want hulle het kos op die vuur gemaak. 10. Leerder se respons, bv.: verskriklike angs (agony, mortal fear) 11. Leerder se respons, bv.: Wanneer dit onweer is, kry die see ’n donkergroen kleur. 12. Leerder se respons, bv.: Ja, enigiemand behoort bang vir die see te wees./Nee, dit is deel van hulle lewe en hulle is gewoond daaraan. 13. a. Mev. Mathee sit elke dag en wag vir haar seuns: Waar – “telkens ... oor die golwe tuur”. b. Mev. Mathee dink haar seuns lewe nog. Waar: “Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds vir tee”. c. Al drie mev. Mathee se seuns is dood. Waar: “aldrie agter die kerkhofmuur”. d. Mev. Mathee kon dit nie verwerk dat al haar seuns dood is nie en het haar kop verloor / waansinnig geraak. Waar: Hulle is al begrawe en sy besef dit nie. 14. Versreël 6 en 8

Les 8: Gedig: “Wetenskapmannetjies” (Antjie Krog) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • • •

die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord

Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. © Optimi

19


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Behandel “Wetenskapmannetjies” saam met die notas in die gedigontleding. Die kandidate beantwoord die vrae in hul werkboek. Die kandidate merk hulle antwoorde deur die memorandum te gebruik. Gaan saam deur die antwoorde, maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is, en verduidelik enige begrippe of antwoorde waarmee die leerders gesukkel het.

• • •

Memorandum 1. Wetenskaplikes en wiskundiges 2. Strofe 1: Die wetenskapmannetjies kyk na die son en maak berekenings. Strofe 2: Die spreker kyk liewer na die sonsondergang omdat dit mooi is. Strofe 3: Sy sê sy waardeer liewer die natuur omdat dit mooi is en konsentreer op dinge wat haar laat goed voel, want syfers bring alleenheid. 3. a. Definitief: sonder twyfel en “as ‘t ware”: ’n mens kan maar so sê/so te sê. b. Dat sy dit nie regtig glo nie/dat dit nie vir haar baie saak maak nie. 4. a. “Julle” kyk na die son as iets wat hulle ondersoek. Hulle maak berekeninge. “Ons” kyk hoe mooi die son is, waardeer dit as deel van die natuur. b. Leerder se eie respons. 5. “hoe die son sy kop stamp” 6. Die verandering in die posisie van die son en die kleure word beskryf: Eers sien jy net die rooi kleur, dan hoe die lug en wolke rondom skakerings van rooi kry en dan as die son wegraak, begin die voorwerpe soos bome al donkerder word totdat ’n mens net hulle donker afbeeldings teen die rooi lug kan sien. Die tipografie werk saam omdat die versreëls langer word soos die skaduwees langer word. 7. Leerder se respons. Waarskynlik NEE, want sy het prentjies geteken wanneer sy moes huiswerk doen. 8. Hulle werk op hulle eie – sit nie saam met vriende en geniet die sonsondergang nie. 9. Leerder se respons – wanneer jy hoog sit, kan jy verder sien. 10. a. Leerder se respons, bv.: Sy was nie baie geïnteresseerd nie. b. Leerder se respons. 11. Leerder se respons, bv.: Op die platform net onder die lemme.

Les 9: Gedig: “Die dans van die reën” (Eugène Marais) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • • •

die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord

Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. © Optimi

20


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Behandel “Die dans van die reën” saam met die notas in die gedigontleding. Die kandidate beantwoord die vrae in hul werkboek. Die kandidate merk hulle antwoorde deur die memorandum te gebruik. Gaan saam deur die antwoorde, maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is, en verduidelik enige begrippe of antwoorde waarmee die leerders gesukkel het.

• • •

Memorandum 1. Dit gee vir ons ’n aanduiding waaroor die gedig gaan. Ons weet dat dit liries gaan wees, want dit handel oor ’n dans en oor ’n lied. Ons verwag dat dit liries gaan wees omdat dit oor ’n dans en ’n lied gaan. 2. Sy loer oor die bergtop, sy lag saggies, sy wink met die een hand, sy roep saggies, sy vertel die winde van die dans en sy nooi hulle uit. 3. Strofe 1: Daar is ’n belofte van reën. Strofe 2: Die diere reageer op die koms van die reën. Strofe 3: Die reën arriveer op die aarde. 4. Dit verwys na die donderweer. 5. Die reën het nog nie gekom nie. 6. Die suisgeluid boots die wind na. 7. “want die werf is wyd” 8. Gehoor, sig en reuk. 9. Dit beklemtoon die feit dat sy hulle “Suster” is. Dit beklemtoon ook die feit dat hulle opgewonde is oor haar koms. 10. Enige van die volgende: “haar armband blink en haar krale skitter” (versreël 6) – die weerlig “haar krale skud” (versreël 18) – die donderweer “haar koperringe blink” (versreël 19) – die weerlig 11. Enige van die volgende: Die hele gedig is ’n voorbeeld van personifikasie, want die reën word as ’n vrou/mens/suster voorgestel. “die asem van die wind raak weg” (versreël 23) – die wind word as ’n mens voorgestel. 12. Die reën het eers oor die bergtoppe geloer. Nou het sy aangekom. 13. Die inkeping stel die dans van die reën visueel voor.

Les 10: Gedig: “Klara Majola” (D.J. Opperman) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • • •

die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord

Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. © Optimi

21


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Behandel “Klara Majola” saam met die notas in die gedigontleding. Die kandidate beantwoord die vrae in hul werkboek. Die kandidate merk hulle antwoorde deur die memorandum te gebruik. Gaan saam deur die antwoorde, maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is, en verduidelik enige begrippe of antwoorde waarmee die leerders gesukkel het.

• • •

Memorandum 1. Klara Majola se blinde pa het gaan hout soek om vuur te maak vir die winterkoue. Toe hy teen skemer nog nie terug is nie, het sy hom gaan soek. Sy het egter in die donker verdwaal en het die nag in die koue verkluim. 2. “verkluim” 3. “kapok” 4. “Klara Majola wou haar vader”. Die lang a-klank herhaal die klank in Klara se naam en beklemtoon dit op hierdie manier. 5. a. Sy was bang haar pa gaan verdwaal en toe verdwaal sy self. 6. “haar arms en bene bruin/en kromgetrek soos wingerdstok”

Vergelyking

“nooit sal ek in die Bokkeveld/so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.”

Paradoks

“Klein Klara Majola lê verkluim”

Alliterasie

“die koue geweld sif stadiger oor my uit die ruim”

Metafoor

a-assonansie, herhaling, haar naam staan telkens in die bevoorregte posisie aan die begin van die versreël en in die laaste versreël word haar naam beklemtoon deur die pouse vóór en ná haar naam wanneer die leser by die kommas ’n oomblik wag. Hulle is waarskynlik hard/kromgetrek, leweloos en skurf. Ja, want die verhaal begin waar sy verdwaal het en eindig by vandag. Waar. “Klara Majola het verdwaal.” Leerder se respons, byvoorbeeld: Ja, want as dit koud is, pyn alles en ’n mens begin bewe; om koud te kry is aaklig. Ja, want as alles wit is, kan jy niks onderskei nie en alles lykdieselfde.

7.

8. 9. 10. 11. 12.

Les 11: Gedig: “By die robot in Eerstelaan” (Marita van Aswegen) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet die kandidate: • • •

die literêre aspekte van die gedig kan onderskei die gedig lees en verstaan die vrae oor die gedig beantwoord

Gebruik Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, Graad 12. © Optimi

22


Fasiliteerdersgids G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

• • •

Eenheid

1

Behandel “By die robot in Eerstelaan” saam met die notas in die gedigontleding. Die kandidate beantwoord die vrae in hul werkboek. Die kandidate merk hulle antwoorde deur die memorandum te gebruik. Gaan saam deur die antwoorde, maak seker hulle weet wat die regte antwoorde is, en verduidelik enige begrippe of antwoorde waarmee die leerders gesukkel het.

Memorandum 1. Die leser kan die prentjie visualiseer, want dit is gewoonlik waar die bedelaars in ons land staan. 2. Versreël 27: “‘mammie hy’s blind,’ piep ’n dogtertjie sag” 3. “twee pare” 4. “blikkie” 5. Twee keer 6. Die tsotsi is ’n lid van ’n a) bende wat die b) blinde man hiernatoe gebring het sodat hy geld moet c) bedel. Hulle weet die mense sal hom jammer kry en dan vir hom geld gee. Hy het nie ’n keuse nie en moet die heeldag staan en bedel. Hy is baie d) bang vir hulle, want hy sal nooit weer by sy huis uitkom nie. Wanneer die motoriste vir hom e) geld in sy f) blikkie gooi, vat die man dit en koop vir homself g) drank. 7. Waar: “nog” 8. Die woord “klingel” in strofe 7 sê vir die leser dat die geld in die blikkie val en dit is voorbeeld van klanknabootsing. 9. Inversie word in versreël 17 gebruik om die sin anders te maak. 10. “sy hart klop vinnig soos dié van ’n kind” is ’n voorbeeld van ’n vergelyking. 11. “as die dood hom tog net wil kom haal” is ’n voorbeeld van personifikasie. 12. Leerder se respons: Ja, want dit is byvoorbeeld bekend dat straatkinders in lande soos Indië gebruik word om geld vir sindikate in te samel. 13. Leerder se respons, bv.: Ja, want ons gee graag en kry hulle jammer. / Nee, want hulle koop net drank of verdowingsmiddels daarmee. 14. Leerder se respons, bv.: Ja, want ek het al gesien dat hulle gestremdes in rolstoele rondstoot om geld te bedel – so ’n persoon sal nie uit sy eie die heeldag in die son sit nie. / Nee, ek dink hulle doen dit vrywillig, want somtyds gee die mense vir hulle ook kos.

© Optimi

23


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Gr 12-Afrikaans Eerste Addisionele Taal-Fasiliteerdersgids Letterkunde 2 by Impaq - Issuu